1. Ons dit deur ‘n jaarlikse WF en F skryf- en kunskompetisie (in samewerking met die Orania Beweging en Thompson Uitgewers) gratis aan te bied. Die kompetisie is oop van jaar tot jaar en enige skrywer of kunstenaar kan hulle inskrywing enige tyd instuur voor die sluitingsdatum, waar ons dit op Afrifiksie plaas vir bespreking deur ons WF en F aanhangers en die finale beoordeling word gedoen deur ‘n groep Afrikaanse WF en F skrywers (wat jaarliks aangewys word).
2. Ons plaas inligting van enige skrywer wat ‘n Afrikaanse WF of F boek geskryf het hier op Afrifiksie, asook die kunswerke van kunstenaars (met hul kontakbesonderhede om van hulle werke aan te koop of van hulle dienste gebruik te maak).
3. Ons skep inligtingvideos oor WF en F asook besprekings oor ou en nuwe Afrikaanse WF en F boeke en plaas advertensie snitte op “youtube”. As u dan niks wil misloop nie kan u gerus deel word van ons Afrifiksie se youtube-kanaal.
4. Ons het natuurlik ook ‘n “facebook” (bakkiesboek) groep waar ons die gesprek voortsit, oor die toekoms van die Afrikaanse WF en F genre.
5. Ons hoop (meestal droom) ook om in die toekoms byeenkomste te reel en slypskole en kunsklasse aan te bied waar jong en oud saam kan gesels en meer te leer oor die skryf van die volgende Afrikaanse WF en F treffer of om hulle kunswerke op die voorblad van die bogenoemde treffer(s) te sien.
6. En as die belangstelling groei en ons is gereed om die planeet Aarde te verlaat, of saam met ‘n Afrikaanse held of heldin in ‘n donker woud in te waag, kan ons in die toekoms beplan om ‘n tuisgemaakte Afrikaanse WF of F rolprent op die silverdoek te vervaardig.
7. Die stig van ‘n Afrikaanse WF en F skrywers- en kunstenaarsgilde.
NUWE BOEKE BESKIKBAAR
1. ARWANTIË 2953 – Eben van Renen
THOMPSON UITGEWERS, 2011
Dit is die jaar 2953 AD… Die mensdom is verspreid oor meer as ‘n duisend planete in die bekende ruim. Een nasie moes lank wag en ver soek om hulle eie tuiste te vind. Die Arwantyne probeer ‘n bestaan maak op ‘n planeet in die misterieuse onbekende ruimte. Kobus Steyn, rekruut in die Arwantynse ruimtekorps, se drome word verpletter wanneer die Tar hulle verskyning maak. Wanneer ‘n intelligente organism, wat byna oor die hele planeet strek, hom aantas, ontaard Kobus se netjiese, gedetailleerde lewensplan in chaos. Kobus, en sy volksgenote, is gyselaars in hulle eie, verwronge wêreld, en uitgelewer aan die wreedheid en oormag van hul vyande. Kobus self steier onder die druk van sy verlies en sy eie sin vir verantwoordelikheid. Een ding is egter helder en duidelik vir die hele nasie: as Arwantyne het hulle gekom om te bly! …of het hulle?
Bestellings en aankope van ARWANTIË 2953 (boek) kan gedoen word by: ebenvanr@yahoo.com
Aankope van ARWANTIË 2953 (eBoek) kan gedoen word by: http://www.smashwords.com/books/view/100173
2. ONDULAN – Gerrit van Dijk
Xlibris uitgewers, 2011
Sowat 150 jaar ná die Wederkoms van Christus ontvang kadet Taéll Adanaii Shanidar ‘n boodskap tydens ‘n diepruimte-verkenningsekspedisie, dat sy ma en broer ernstig beseer is onder omstandighede wat streng geheim gehou word. By sy terugkeer na die Aarde, vind hy uit dat die enigste persoon wat lig kan werp op die gebeurtenis, is die Sentrin, Aregan Shanidar, An-Jorí van die Shanidar-familie. ‘n Oorlewende uit die Christen-vervolging van die Antichris, vroeg in die 21-ste eeu, is Aregan ‘n sleutelfiguur in die planetêre ruimteverkenningsliggaam, ASTRA, se interdimensionele navorsingsprogram. Die fokusveld van hulle navorsing, is die herwinning van plant- en dierspesies wat uitgesterf het tydens die Slag van Armageddon. Want sedert die wêreldwye vernietiging van die Derde Wêreldoorlog, werk wetenskaplikes van die Duisendjarige Vredesryk onverpoos om die Aarde weer na haar volle eertydse glorie te herstel. Die enigste oplossing vir die herwinning van hierdie uitgestorwe spesies, is uiteindelik om terug te beweeg in tyd, om die DNS van hierdie verlore spesies te onderskep vir ‘n intensiewe teëlprogram. Maar die epiese tog word vertraag deur Helicron, ‘n mede-oorlewende uit die 21-ste eeu wat ernstig waarsku teen hierdie ambisieuse, geskiedkundige onderneming- Lucifer, die Stelselheer wat die Aarde sedert die val van die mens regeer het, is vir die duur van hierdie Duisendjarige regering van Christus, veilig verwyderd van die mensdom, vasgevang in ‘n Gravitasiekolk in ‘n vreemde dimensie. Open jy ‘n deur na die verlede waar Lucifer steeds heers, stel wetenskaplikes die Duisendjarige Vrederyk in gevaar van ‘n demoniese oorname. -’n Demoniese oorname, soos voorspel in Openbaring!
Bestellings en aankope van ONDULAN (boek) kan gedoen word by: gerritvdijk@gmail.com