Die Advertensie

Chantal Pretorius

Die advertensie – 2017 © chantal pretorius

Jeug Fantasie

“Madame Sososiris, is ’n fortuinverteller wat kan handpalms lees, ook  tarrotkaarte en kristalballe,” lees Lisa in die oggendkoerantberig, voordat sy die woonstel binne gaan en die koerant ongeërg op die koffietafel neer gooi, dan op die vuilbruin rusbank val en tv kyk.

Sy sug en dink aan James. Sy sal sy arm moet draai om saam met haar te gaan na die plaasdorpie toe. Dit gaan nie maklik wees om hom te oorreed nie, maar sy gaan probeer. Dis vir hul eie beswul dat hulle moet gaan. Sy is mos al groot en kan nou dinge begin doen vir haarself. Sy wil haar fortuin gevoorspel hê!

***

“Jakkels trou met wolf se vrou,” sê Lisa opgewonde vir James, terwul hulle op die pad is en sy na die fyn reëndruppels kyk wat spat teen die vensterruite. En sy skakel die motorradio aan en ’n moderne liedjie speel. James neem ’n skerp draai om die volgende hoek. Toe sy Audi van die teerpad af ry, op die grondpad, en die motor stop by die parkeerarea. Die enjin word afgeskakel, en die radio gaan ook af. Hulle klim uit. En Lisa se oë dwaal ongeïntrisseerd oor die klein plaashuisie wat so alleen op een groot erf staan. Die huisie se betonbure is spierwit en dis ’n donkerrooi platdak waar ronde glasvensters sonder enige veiligheidsdiwering is. Blykbaar is die eienaar van die huis nie juis gepla oor sekuritiet nie.

Sy verkyk haar verder aan die huis, totdat iemand die vuilwit kantgordyn liggies oopskuif en geheimsinnig na hulle gluur. Sy kan nie mooi sien wie dit is nie. Die fortuinverteller se gesig is weg gesteek agter die gordyn.

Sy skrik amper haar asem weg, toe James sy regterhand op haar skouer kom sit.

“Sal ons gaan, Lisa?” wil James weet en gee haar ’n halwe glimlag.

Lisa kry haar asem terug en hou hom vies deur skrefiesoë dop. “Hemeltjie tog James, vir wat maak jy my so skrik,” vat sy onbewus aan haar hart, wat aanhou klop. “Ja, ek is reg, as jy reg is?”

James haal sy hand van haar skouer af. Daar verskyn ’n ondeunde glimlag om sy mondhoeke. “Is jy bang om in te gaan?” terg James. Hy kyk na die besonderse huis met die vaal tuin en dubbelhoutdeure wat valsgoud deurhandvatsels het, wat hom sommer laat ril oor die wondering wat binnekant die huis aangaan.

Vlugtig skud Lisa kop. “Huh-hu. Ek’s nie bang vir misterie-wonders nie. Dis net wat my pla, dat die huis sover is van die stede af. Waarom sal enige persoon op so ’n eensame en afgeleefde platteland se dorpie wil kom bly om besigheid te doen?” wil sy kopskuddend weet.

James stap haastig draaie om haar, na die patio toe. “Kom jy of wat!” Kom dit tergend uit, dan ernstig. “Ek wil nie heeldag hierso staan nie. Dit gaan ons weer ure neem om terug Pretoria toe te bestuur.”

Lisa sug sag. “Okei, ek kom. Ek kom, James,” antwoord sy buierig terug, en stap op die vuilrooi betontrappe waar James staan. “Ek het iemand nou-nou gesien deur die gordyn loer,” voeg sy nadenkend by.

James sug en kyk weg na die klein houthuisie wat baie ver van hulle af is. Net toe hy die gedagte kry om nuuskierig soontoe te loop, kreun die een dubbeldeur oop.

James en Lisa kyk mekaar met groot nuuskierige oë aan.

Ladies first,” lag James.

Lisa senuagtig giggel-lag. “Ek dog dis nog altyd age before beauty dan?”

Hy lag skepties net oor daai feit.

Nie lank nie, is hulle binne die huis en stap hulle in ’n lang gang af waar skilderye hang teen die roomwit mure van legendariese sprokies oor meerminne, weerwolwe, vampiere, hekse, buiteaardse wesens en towerkunste. Dis besonders om na dit te kyk. Toe hulle weer tot ’n stilstand kom voor nog ’n houtdeur.

Lisa kyk vir James skeef aan. “Wat nou?”

James se skouers val ongeërg en sug. “Klop en vind uit,” spot hy.

Sy gee James ’n spelende klap op die arm. “Moenie sulke goed sê nie, James…” Sy laat die res van die sin in die lug hang.

Hy lag lekker. “Moenie alles so kop toe vat nie, jong. Jy neem die lewe hopeloos te ernstig op.” Hy diep frons. “Wat soek ons hier in elk geval?”

Sy lig een wenkbrou vies omhoog en sag sug. “Niemand kan die toekoms voorspel nie, en ek wil graag weet wat vir my voorlê. Dis seker nie so erg nie? Of wat dink jy?”

Hy rol sy oë in die rondte, en klop hard een keer aan die houtdeur. Hy glo nie aan sulke fortuin goed nie en is skepties oor al sulke voorspellings. Net toe James wou praat, kraak die deur oop en hulle stap raps in, waar daar ’n bloedrooi satyn gordyn hang voor hulle.

James en Lisa vee doodstil die gordyn weg. Hulle oë dwaal oor die vertrek wat met meer skilderye oortrek is teen mure en op laaikaste oor jong volwassenes. Die kamer lyk stikdonker en geheimsinnig vir hulle.

“Wat ruik so?” vra Lisa, en kyk na die houtstoel voor haar, dan gaan sit sy sonder toestemming op die stoel. “Miskien was dit nie so ’n goeie idee om hierheen te kom nie, James.”

James asem in die wierook se geure van gemmer en lemoenblare wat hom so bietjie duislig laat voel. “Nogals ’n lekker reuk. Dit laat my high voel. Moenie nou vir my laat verstaan jy chicken uit nie. Ons is nou hier, so kom ons wag vir die fortuinverteller en na jou sessie gaan ons huis toe, okei.”

Naderhand gaan sit hy op ’n ander stoel, oorkant Lisa, naby die gordyne. Maar die fortuinverteller daag net nie op nie. Skielik word alles waserig om hulle. En James val moeg van die houtstoel af, op die swart mat en slaap.

Lisa skrik toe sy James daar sien lê. Iets onverstaanbaar is aan die gebeur by die plek. Hoekom is James aan die slaap? Wat gaan aan? Wie wil hulle leed aan doen! Hoe gaan sy uit die situasie kom. Niemand weet dat hulle hier is nie. Niemand nie.

Lisa probeer om op te staan, maar haar hele liggaam is lam. Darem kan sy haar kop draai na links en sy sag gil. Toe sy na die vrou kyk wat ingestap kom met die silwer ding in haar hand. Lisa se lippe bewe van vrees. Sy kan nie uitmaak wie die vrou is nie, net die blondehare wat oor haar skouers hang en die helderrooi lipstiffie wat sy aanhet.

“Wie is jy?” is al woorde wat Lisa kon uitkry. Sy sien die vreemde vrou nader gestap kom met ’n mes in haar regterhand. Lisa voel die koue mes teen haar keel gedruk word. Voel hoe haar kop eerste die vloer tref en die mat smeer met bloed. Toe raak die wêreld om haar swart en sy blaas haar laaste asem uit. 

Die vrou kil glimlag vir haar, en James is steeds aan die slaap. Hulle behoort nou aan haar – dis presies waarvoor sy gewag het. Die perfekte paartjie vir haar nuwe skadugedaante-skildery.