Die Kasteel

Chantal Pretorius

DIE kasteel – 2017 © CHANTAL PRETORIUS

Jeug Fantasie

Billie stop sy trapfiets naby die geroeste swarthek. Hy loer deur die tralies na die huis. Dis ’n baksteenhuis en dubbelverdiepings hoog. Die huis herinner om aan ’n soortvanne kasteel. Dis ’n gesellige huis met ’n gevestigde tuin en ‘n beskutte, mensgemaakte waterfontein in die agtertuin met groot bome en struike wat kosbare privaatheid bied.

Hy ken sy geskiedenis. Wanneer Mnr. Pepler alles oor Suid-Afrika vertel aan hulle in die klas. Veral oor kastele en ShakaZulu. Hy geniet dit altyd.

Niks kan weggesteek word nie, glo Billie. Alle geografiese kundiges ontdek gereeld antieke goed ondergronds. Om mense bewus te maak van geheime regoor die wêreld.

Billie skrik. Hy sien die vuilwit kantgordyn liggies beweeg. Iemand woon in die huis. Maar wie?

Sy skoolpelle, Marietjie en Phillip daag ook op. Hulle is baie geïntrisseerd oor die huis. Misterieuse huis.

“Bly julle het gekom,” sê Billie.

Phillip lyk agterdogtig. “Wat soek ons hier?”

Billie soek self antwoorde. Wat hyself nie kan oplos nie. Die spookhuis interesseer hom. Wat gaan agter daai geslote deure aan?

“Wie’s in vir ’n bietjie avontuur?” wil Billie glimlaggend weet.

Marietjie kyk vies weg. “Jy wil nounet weer kattekwaad aanvang. Ek wil nie ’n deel hê daarin nie, jammer!”

Phillip dink anders. Hy’s altyd voor in die koor met avonture. En hy skud sy kop om te bevestig.

“Ek’s in, pel.”

Billie knik. “Goed.”

Dieselfde dag, kry Billie alle inligting op die internet oor die kasteel. Dis soos om na ’n aanlyn spookkoerant te sit en lees. Oor al die vroeë insidente wat gebeur het. Dit vertel alles oor die spookaande. Soms kan jy ’n vrou hoor gil. Honde hoor huil. Die manspook sien wat by die toevenster uitloer. Is dit wat in sy buurt aangaan?  

Laataand skakel Billie vir Phillip. Hy wil weet of hy steeds belangstel oor die huis. Hulle gaan nie weer so ’n geleentheid kry nie!

“Gryp dit met albei hande aan ou.”

“Natuurlik ja. Wie weet watse skatte daar rondlê. Wanneer gaan ons dit doen?”

“Kry solank jou rugsak reg. Ek sal jou by die huis kom haal, okei,” antwoord Billie terug.

“Goed. Ons maak so. Sien jou dan, Billie.”

Dae later, is dit pouse en Billie raak besig. Hy oorreed Marietjie om saam met hulle die huisplanne te doen. Maar gaan sy instem?

“Wat probeer jy te doen, Billie? Niemand het al ooit die perfekte huisbraak beplan nie,” kom dit bitsig uit.

“Moet jy altyd van ’n molshoop ’n berghoop maak, Marietjie? Dis nie so erg nie. Ek het alles reg beplan. Dit belowe ek jou.”

Marietjie laat sak besluitloos haar kop. Sy tuur raadop na haar gekreukelde, donkerblou skoolromp. As Billie net vir haar wil luister!

“Ek sal daaroor dink, maar ek belowe niks nie, Billie.”

“Nou maar goed dan, Marietjie.”

Pouse is verby. Al die leerders gaan huis toe, behalwe Billie. Hy stop sy fiets by die toe agterhek. Nie een kantgordyn beweeg nie. Alles is te stil vandag.

Teen middernag, kry Billie alles reg vir die avonture. Die kasteel wag vir hom. Hy klim op sy fiets, jaag na Phillip toe. Lok hom uit met klipgooi teen die vensters. Dit werk.

By die kasteel haal hulle flitsligte uit. Sit dit aan. Die ligte skyn op teen die hoë baksteenmure.

Billie merk op die boonste venster is oop. Die venster was nie gistermiddag oop nie? Woon iemand in die huis?

Billie vra Phillip om in die venster te klim. Hy’s ’n jong meester in boef wees. Hy steier op die staalpyp na bo. Peter aandagtig aan die venster.  

“Ek’s in pel,” fluister Phillip.

Billie gee ’n opgewonde glimlag. “Bly om dit te weet. Gaan soek nounet die voordeur. Maar moenie slapende honde wakker maak nie, asseblief.”

Phillip: “Okei.”

Minutes later daag Marietjie ook op. Sy pssst-pssst skelm tot by die hek in. Uiteindelik het sy haar kop reg geruk. Sy wil deel wees van die avonture.

“Ja-ja, ek weet wat jy gaan sê, Billie,” giggel-lag Marietjie.  

Billie lag lekker. “Ek het regtig nie gedink jy gaan kom nie. Maar ek’s bly jy’s hier, hoor.”

Marietjie stap blitsig na die houtvoordeur toe. Sy streel oor die vals, goue deurhandvatsel. Ou beelde van onbekende mense flits voor haar oë. Sy weet wat die laaste gebeurtenisse is van die kasteel.

“Kom in julle is welkom. Ek het lank gewag vir julle om my huis te kom besoek.”

Marietjie skrik toe die houtvoordeur oopruk. Phillip staan stil voor haar. Hy’t ’n spelende glimlag op sy gesig. Nou is hulle welkom in die kasteel.

“Kom in julle twee. Dit gaan nie vir altyd donker bly nie,” sê Phillip.

Marietjie en Billie stap in. Dis stikdonker binne. En flitsligte helder op elke skaduwee.

Billie trippel op en af die houttrappe. Hy staan stil voor ’n stinkhoutraamspieël. Skielik voel hy ’n koue hand op sy linkerskouer rus. Verskrik draai hy om. Daar’s niemand agter hom nie.

Hy sien die baksteenmuur raak. Hy stap aandagtig soontoe. Sy lig dwaal oor die outydse skilderye en portrette van mense. Wie is die mense?

Toe Marietjie en Phillip ook in die gang opdaag. Hulle vind die huis besonders. Maar binne is niks wat hulle interesseer nie. Alles is verveeld op die oog.

Marietjie streel oor die manportret. “Welkom aan almal in my huis. Die kombuis is aan jul regterkant, langs die kunskamer. So, waarvoor wag julle my gaste? Gebruik julle talente om die huis op te wakker.”

Op te wakker? Hy verstaan nie wat Marietjie babbel nie. Hoe wakker jy ’n huis op? Slaap die huis? Of wat is hier aan die gebeur?

“Gebruik julle talente,” herhaal Marietjie weer.

Hulle het al drie oorerf vermoëns. Marietjie dra haar ouma se fortuinverteller hangertjie. Phillip haal sy paranormale boek uit. Billie is ’n spook gedagteleser. Dit is hulle talente.

Hulle drie raak weer normaal.

Tyd vir ondersoek instel. Billie is eerste af die trappe, tweedens Marietjie, laastens Phillip. Die kasteel is so massief dat hulle amper verdwaal. Gelukkig spoor Billie die kunskamer op.

Nog meer skilderye, kunswerke en portrette sien hulle raak. Elkeeen is weer oor onbekende mense. Wie is die mense?

Billie stap uit die kunskamer, sitkamertjie toe. Kersligte flikker die donkerte op. Die tafel is ook gedek vir vier mense. Iemand is ook in die huis. Blitsig is Marietjie en Phillip ook in die kamer. Toe een kerslig aanhou flikker. Iets vreemds is aan die gebeur?

Weer rus die koue hand op Billie se linkerskouer. Hy swaai om en kyk in twee portrette vas. Albei is van familiegroepfoto’s. Albei portrette lyk na spookbeelde, asof die mense daar binne hom dophou. Hy merk op hoe verbleik die muurpapier agter die portrette lyk.

Skielik sluimer ’n skadu in die kamer in. Marietjie en Phillip skrik vir die gedaante. Hulle gil. Verlaat in vrees die kamer en die kasteel. Hy is stoksielalleen in die plek. Wat gaan hy doen?

“Wie is jy? Wat soek jy van my?”

Die skadu lag. “Billie, ou Billie. ”

Die skadugedaante loop nader na Billie. Hy beweeg uit die skadus. In die een hand dra hy ’n klein radio en in die ander hand ’n uitgeknipte kartonboksman. Billie kan nie glo wie dit is nie.

“Mnr. Pepler? Wat doen jy hier? Ek’t gedog die huis staan al vir eeue leeg?”

Mnr. Pepler staan stil. “Julle het ou wonde kom oopkrap. Al die koerantberigte was nie verkeerd oor die paranormale dinge wat hulle al gehoor en gesien het hier nie,” verduidelik hy.

Billie: “Maar wat van daai radio en boks?”

Mnr. Pepler sit dit op die eettafel neer. “Dit was alles net ’n speletjie gewees Billie. Om nuuskierige agies soos julle hier weg te hou. Maar dit het nie gewerk nie.”

Billie voel hitte by sy nek opstoot. “Hoekom almal laat glo die huis is leeg, huh?”  

Mnr. Pepler lyk sielbleek. “Die huis het behoort aan my oumagrootjie en oupagrootjie. Die huis is al meer as honderd-en-vyftig jaar oud. Van geslag tot geslag het iemand dit geërf en nou is dit my beurt. Daar was al te veel insedente van mense wat die plek skelm belet het sonder my toestemming. Maar toe die plek begin spook, is die huis weer myne,” erken hy.

“Maar die huis wou hê ons moes dit opwakker? Dit is wat nie vir my sin maak nie, Mnr. Pepler?”

Mnr. Pepler ignoreer hom. “Ek sal dit verkies as julle nie weer my huis kom besoek nie. Dis nie julle huis nie. Hoor jy wat ek van jou verwag, Billie?”

“Ja, meneer.”

Dit is dieselfde oggend, by die hoërskool. Kondig die kantoordame skokkende nuus oor die interkomstelsel af.  Mnr. Pepler se heengaan tuit omtrent in hulle ore. Hy’t ’n hartaanval in sy Audi gekry. Hy was glo op pad kasteel toe, toe sy dood intree.

Nou is Billie alleen. Marietjie ignoreer hom al heeloggend. Phillip het ander pelle gekry. Maar hy sal oorleef sonder hulle.  

Hy kyk geskiedenis met ander oë aan. Oorloë, spookhuise en ShakaZulu is nie vir hom bedoel nie. In die hoofkantoor het hy dit vir rekeningkunde om geruil.

Dit is naskool. Billie stop sy trapfiets weer eens by die swarthek. Hy tuur na die baksteenhuis. Dit is nie ’n kasteel nie. Alles was net sy verbeelding gewees.

Hy skrik. Sien die kantgodyn liggies beweeg. Daar is ’n waserige beeld wat na buite loer. Dis Mnr. Pepler, en nie ’n uitgeknipte boksman nie.