Eeu van die Ruimtegedrogte

Amenity Viljoen

Eeu van die Ruimtegedrogte – 2017 © Amenity Viljoen

Jeug WF

In die begin het alles mooi geloop, geen foute is opgespoor, die stelsels werk almal vlot.  Niemand kon fout vind met die nuwe beweging van die Ruimtegedrogte nie.   Dus het die mense hulle lot aanvaar en in die ruimte in gedryf.

Daar was jare aan die uitvinding gewerk en niemand kon dit regkry nie, totdat Dr. Ion Viljoen die leisels oor geneem het.

0O0

Dit is ‘n par jaar na Dr. Ion se afsterwe en die kopiereg op sy persoonlike besittings, waaronder dokumente; joernale; besittings; ens. val, het eindelik verval.  Dus het sentrale beheer eindelik die reg om deur die genie se persoonlike papiere te gaan.  Dit het lank gevat om al die slimste mense – die wat die doktor geken het; die wat doktorsgrade self het – aan die gang te sit.

Mense het van heinde en verre het gekom om die papiere te bestudeer en na te gaan.  Daar was egter een groot probleem daar was so baie materiaal om deur te werk. 

 Chaos heers in die strate, die magnetiese bane vir die voertuig word tot stilstand gebring sodat die Nuuswa deur die verkeer kan vleg en so sy nuus vinniger aan die President kan oorhandig.  Mense raak geïrriteerd, maar weet dat dit, wat ookal aan die gang is, belangrik is as die bane gesluit word. 

So blits die ‘Nuuswa’ deur die verkeer en kom eindelik verby die ergste deel van die verkeer en die bane word weer deur middel van ‘n afstandbeheerder aan geskakel en die verkeer is weer vry om te vloei soos dit wil. 

Toe die Nuuswa eindelik by die regte gebou tot stilstand op die magneetveld kom, is die sentralebeheer-soldate reeds op hulle pos.  Almal is reeds op bystand vir as daar nood bevele deur gegee sou word. 

Die deure van die wa vlieg oop en die nuuskiosk spring uit tot op die sement en hardloop die gebou binne, kontroles word deur middel van radiogolwe gedoen om vas te stel dat die persoon- die nuuskiosk – toestemming het om die gebou binne te gaan.  Dit is nie lank nie of die nuuskiosk is by sy bestemming.  Die president se kantoor.

 “President, daar is groot fout!  Die ondersoek span het iets ontdek en versoek dat u en ‘n hele paar soldate dadelik na die perseel van Dr. Ion moet gaan,” sê die nuuskiosk uitasem.

 “Die president kan nie nou nie ons is in ‘n geheime vergadering!” sê die hoof-generaal aan die boodskapper.

“Daar was aan my gesê om aan die President te sê, dat die saak belangriker as die uitvinding van Dr. Ion self is,” sê die boodskapper ewe kortaf, buig en verlaat die vertrek.

“As julle my sal verskoon, dit wil my klink asof die saak belangriker as die huidige probleem is,” sê die president terwyl hy opstaan.  Dadelik daar na staan die res van die vergadering op en groet die president.  Soos wat dié uit stap word die bevele uitgegee en die spesiale beheer se soldate volg die president na die perseel van Dr. Ion.

 0O0

“A, môre meneer die president.  Ons moet praat,” verklaar die hoofondersoek amptenaar.  “Ja, ons moet.  Daar was belangrike sake op hok gesit sodat ek hier kan wees, so maak dit vinnig, meneer,” sê die president kortaf. 

“Ja, president, volg my asseblief.  Hierdie kant toe.”

 Die perseel van Dr. Ion was ook as privaat eiendom(persoonlike besittings) in sy testament bestempel en dus kon die sentrale beheer nie die plek ondersoek direk na Dr. Ion se dood nie.  Die perseel het jare leeg gestaan en stof opgaar.

“Hoeveel jaar is dit na Dr. Ion se afsterwe?” wil die President weet.  “Dit is nou eers dertig jaar na sy dood en van die wetenskaplikes vermoed dat Dr. Ion dit alles so beplan het,”  antwoord die amptenaar terwyl hulle deur die gange van die ou, verlate huis stap.

Toe die geselskap, wat uit die president; die ondersoek span; soldate van die spesiale beheer span; generale; wetenskaplikes; ens., eindelik in Dr. Ion se laboratorium kom is daar net chaos.

“Soos u kan sien het die ondersoek span lank gewerk om orde te skep maar als verniet.  Dr. Ion het so baie gedokumenteer en niks in orde gebêre nie,” lig die amptenaar die groepie mense in.

Die amptenaar se woorde was skaars koud of die ondersoek span, wat nou nog druk besig is om te werk, roep uit na hulle.  “Amptenaar, ons het iets merkwaardigs gevind!” roep die span in bewondering uit.

 Almal haas na waar die span in die groot vertrek staan.  Daar in die  donker op die koue vloer vol stof is ‘n kis.  Dis nie die normale kiste waaraan hulle gewoond is nie, nee.  Die een is van hout gemaak en is so groot ‘n mense kan daar in klim.  Aan die buitekant is daar honderde drade aan die kis vas gemaak en wat die hele vloer vol lê, soveel só dat niemand weet waaraan die drade nog verbind is nie.  Dan aan die ander kant van die vreemde kis,  waar die kis veronderstel is om oop te maak, is daar ‘n vreemde soort slot wat hulle ook nie ken nie.

“Wat is die ding, Amptenaar?” wil die president kwaai en beangs weet. 

“Ons het lankal vermoed dat Dr. Ion nog ‘n uitvindsel gehad het, maar daar was geen bewyse daarvan nie, tot nou die dag toe ons toegang tot sy persoonlike papiere gekry het,” verduidelik die amptenaar in ‘n opgewonde stem.  “Dit is nie duidelik wat die doel of funksie is nie, maar dit is wel duidelik, uit Dr. Ion se persoonlike notas, dat die uitvindsel bedoel is om die huidige probleme op te los.” 

“Ja, ons hoop so, maar wat is dit en wat doen dit?” wil die generaal weet.

 “Die papiere sê dat dit ‘n ‘Aardbewoner’ was!” antwoord die amptenaar heel opgewonde.

“WAT!” sê die wetenskaplikes te gelyke tyd.  “Maak die ding oop, laat ons sien,” begin hulle die amptenaar aanhits, skoon vergeet dat niemand buiten die president daai mag het nie.

“Nee, dis te gevaarlik.  Ons reël dat ‘Dit’ môre by ‘n laboratorium oop gemaak word deur ‘n outomaat,” raai die hoof van Veiligheid die groepie mense aan. Die president stem in en die ondersoek span is beveel om al die inligting omtrent die ‘KIS’ uit Dr. Ion se papiere voort te bring.

0O0

“Gaan voort,” beveel die president.  Die mense agter die veiligheidsglas hou merkbaar hulle asem op toe die outomaat na die ‘KIS’ beweeg.  “Die atmosfeer is warm, maar geen teken van fout kan bespeur word nie.  Ek gaan voort,” sê die outomaat aan die mense agter die veiligheidsglas.

 Sy beweeg nader en ondersoek die slot.  “Daar staan op geskryf dat die naam van die skip uitgespreek moet word,” verklaar die outomaat met ‘n uitdrukking van ongeloof.  “Sê ‘StellaLux‘ ,” sê die wetenskaplike Machiel.

StellaLux,” sê die outomaat hard en duidelik.  Vyf sekondes na sy die woord uitgespreek het knip die slot oop.

“Gaan voort,” kom die bevel weer.

Sy beweeg nader en tel die deksel van die kis op.  “Wat sien jy?” wil die mense nuuskierig weet.  Sy antwoord nie en maak die kis heel oop. 

Die mense agter die veiligheidsglas hou weer hulle asem op, in verstomming en angs gemeng.  “Wat is dit!” vra die president in angs terwyl hy na die skrikkerige toneel kyk.  “Die papiere sê dat dit ‘n man is van die ouderdom van vyf-en-twintig.  Hy was in die ‘KIS’ vir vyftig jaar,” verklaar die amptenaar. 

Net toe haal die man met ‘n snik asem.  Sy oë gaan oop en hy begin rond beweeg in die nou spasie van die kis.

“Waar is ek?  Wie is jy? Waar is doktor Ion?”  wil die man van die outomaat weet.  Sy kyk op na die donker gals en wag vir bevele.

En toe hoor sy dit in haar kop: “Ons weet te min van hom af, wees rustig en verduidelik slegs die nodige aan hom.  Ons wil hê jy moet inligting, antwoorde uit hom kry.”

“Wat is jou naam?” begin sy stadigaan met hom praat.  “Ek is Arion. Waar is doktor Ion.  Ek moet met hom praat!” sê Arion in ‘n beangste stem terwyl hy probeer uit die kis klim.

“Wag jy gaan jouself seer maak!  Daar is nog drade aan joe verbind,” probeer sy hom kalmeer.  “Waar is hy!” skree Arion hard genoeg dat die mense agter die glas nie eers luidsprekers nodig gehad het om dit te hoor nie.   “Sê vir hom!” kom die bevel deur na haar toe en sy sê: “Hy is nou al ‘n geruime tyd oorlede.  Pasop”, maar dit was te laat.  Een van die drade trek uit sy arm uit en gly deur die hout van die kis en kom met ‘n harde knal op die vloer te lande.

 “Nee!” Skree Arion uit volle bors.  “Kry hom weer gekalmeer, ons moet die inligting kry.  Tyd raak min!” herinner die stem, in haar kop, van die generaal haar.

“Arion, Arion, kyk vir my!  Wat is dit?  Hoekom moet jy met dokter Ion praat?”  Hy sug en antwoord in ‘n sagte stem: “As hy dood is, maak dit dan nie meer saak nie.  Hy wou nie luister nie,”  Arion begin amper huil.  “Wat wou hy nie hoor nie?  Arion, moenie huil nie,” probeer sy hom troos maar dit is tevergeefs, Arion huil net meer en meer.

“Wat nou?” vra sy aan die generaal.  Na ‘n lang stilte agter die glas sê die wetenskaplike dat Arion nie stabiel is nie.  Die vyftig jaar in die kis het sy liggaam en hormoon vlakke heeltemal deur mekaar. “Hy met ten minste ‘n aand slaap voor hy werklik enige belangrike inligting vir ons sal kan gee,” sê Machiel.

“Maak hom rustig en maak hom los.  Vat hom dan na die slaap kwartiere toe. Pas hom op! Dis ‘n opdrag,” beveel die generaal aan sy top outomaat. 

 “Kom, Arion.  Laat ek jou help.”  Hy is steeds besig om te huil as sy die drade begin uittrek.  Sy vat nie lank om agter te kom hoe die drade moet uit kom nie en binne ‘n paar minute is Arion heeltemal vry van die drade, behalwe vir die een wat sy nie kan los kry nie.  Die een is aan sy linker slaap vas en is heelwat dikker as die res.  “So,” sê Arion en trek die draad met ‘n vreemde skroef beweging uit sy kop uit en bloed loop by sy slaap af.  Toe sy dit by hom vat sien sy dat dit uit koper bestaan, maar sy sê niks hieroor nie. Sy het bevele om uit te voer.

 Nadat sy van die bloed afgevee het  sê sy: “Kom, jy moet slaap in kry.”   Hy klim met moeite uit die kis en val op die vloer neer.  “Ek is te swak,” sê hy in ‘n stem wat klink asof dit wil kraak.  Sy help hom met groot moeite op en hulle loop sleep-loop na die naaste slaap kamer in die ondersoek perseel.  Hy is amper ‘n kop en ‘n skouer langer as sy en sy sukkel vreeslik om hom tot by die kamer te kry. 

Daar gekom en uitgeput klim hy met moeite in die bed en raak onmiddellik aan die slaap.  Sy besluit sy sal na die nuutste nuus op die Telepatiese-Internet kyk.

 0O0

 “Ons het nie tyd nie, meneer die president.  Die ‘Arion’ persoon, sal vinnig moet praat of die mensdom sal vergaan!” sê die generaal direk aan die president toe al die mese uit die laboratorium is.

“Ek is bewus daar van.  Tog sal dit nie goed wees om vals inligting te kry net omdat ons te haastig is nie.  Ons sal môre met die ondervraging begin, tot dan kan ons niks doen nie.  Is jy seker jou outomaat kan met so ‘n belangrike taak vertrou word?  As Arion iets oorkom, dan is alle hoop daarmee heen,” sê die president.

“Ja, president. Sy is die heel beste.  Arion sal niks oor kom nie.”

0O0

“Wat is jou naam?” vra Arion die volgende oggend aan die outomaat wat die heel nag oor hom gewaak het.

“Dis onbelangrik,” sê sy, want sy weet hulle word afgeluister.  “Wat wel belangrik is, Arion, is hoekom jy so dringend met doktor Ion moes praat.”

“As hy dood is maak dit nie meer saak nie.  Waar is die wetenskaplike Machiel?  Hy het saam met Ion aan my gewerk,” sê Arion en sy oë gaan na die kamera in die hoek van die kamer.  Sy antwoord nie,  sy mag nie sulke vra antwoord nie, het haar bevelvoerder duidelik gesê.

Daar heers ‘n lang stilte en toe hoor sy hom, in haar kop: “Ja, ek is ook nie heeltemal mens nie.  Die koper in daai draad was om my inligting te voer vir vyftig jaar lank.  Ek weet alles wat hulle my gaan sê en dalk nie gaan sê nie.  Ek ken die geskiedenis van die mensdom tot en met gister toe die draad uit getrek is.  Ek weet wie tans regeer en waar ons, onsself in die heelal bevind.”  Hy wag ‘n rukkie sodat die inligting eers by haar vashou plek kan kry.

Dan gaan hy voort: “Ek weet wat die krisis is, maar daar is dinge wat jy nie weet nie.  Alles is nie soos dit vir jou lyk nie.  Ons is in gevaar, maar nie net van daai supernova nie, ons in gevaar van ‘n oeroue saak.  Die president is nie wie hy voorgee om te wees nie.  Hy het planne wat gaan maak dat ons almal omkom.” 

Sy weet nie wat om te doen nie.  Is dit waar wat die vreemdeling sê, kan dit enigsins moontlik wees.  Sy weet van die gerugte op die T-Internet, maar is dit nie net bog praatjies nie?  Moet sy haar bevele verontagsaam?    “Ek weet dat dit moeilik is om dit te verstaan, maar jy sal my moet glo, Asmana.

Daar is nie meer veel tyd oor om sy planne te stuit nie.” 

Sy is so verstom om haar naam weer te hoor dat sy skoon vergeet van die kamera, sy staan op en praat hardop met hom.  “Hoe weet jy dit?”   Hy praat steeds met haar deur middel van telepatiese seine: ” Moenie hardop praat nie, dis nie veilig so nie.  Ek sê mos ek ken die geskiedenis, is jy dan nie deel van dit nie.”  Daar heers weer ‘n lang stilte voor sy vir hom vra om aan haar te bewys dat hy die geskiedenis ken en dat hy reg is oor die president.  

Hulle maak toe gelyktydig hul oë toe en na ‘n paar sekondes weer oop.  In daai kort tydjie het sy haar geskiedenis as ook die van die StellaLuxs gesien, in haar geestes oog.  Daar na het sy die president, by een van sy kamers, gesien en met die hologram van die president van Stella in Lucem gesien praat. Hulle het oor die hoogs geheime en geëinkripteerde lyn gekommunikeer.  Hulle was besig om ‘n plan te beraam omtrent die uitwissing van die hele  StellaLuxs.

“Ek kan dit nie glo nie! Ek kan dit nie glo nie!” sê sy oor en oor in sy kop.  “Asseblief jy sal my moet glo, ons het nie meer baie tyd om iets daaromtrent  te doen nie.”

“Maar jy kan skaars loop, as ons iets gaan doen sal dit nie werk nie.  Jy sal te stadig beweeg,” onthou sy hardop van gister se moeilike tog tot hier.

“Jy sal verbaas wees om te sien wat ek als kan doen,” sê hy heel beslis aan haar, dis toe eers wat sy besef dat die gat in sy slaap, waar die draad nog gister was, heeltemal genees is.  “Sal jy my help?  Ek kan dit nie alleen doen nie,” vra hy met soveel erns in sy stem dat sy summier ja sê.  Sy weet sy moet haar bevele gehoorsaam, maar sy het self gesien hoe hulle president hulle verloën het en hulle moord beplan het.  Sy sal vir Arion help sodat daai bose planne nooit tot vervulling kom nie.

“Dis wat ons gaan doen…” sê Arion vir haar in haar kop sodat die kamera niks moet agterkom nie.

0O0

By die tyd wat die soldate hulle kom haal vir Arion se ondervraging, weet beide van hulle wat om te doen.   Die twee word na die saal vergesel en daar word Arion gevra om te sê wat hy weet en aan hulle alles omtrent homself te verduidelik, want hy is nie ‘n mense nie en hulle weet nie wat hy is nie.

“Die papier wil nie sê hoe doktor Ion jou verander het nie.  Dus sal jy vir ons, onder eed, moet vertel wat en wie jy is,”  sê die generaal kwaai aan Arion.   Met die woorde sit die hele vergadering in spanning en wag op Arion se woorde.  Hy wag ‘n rukkie en sê dan: ” Ek is Arion en ek is die laaste mens wat op die Aarde geloop het.  Ek is ‘n mens en ook nie.  Ek is verander nes julle outomate.  Tog is geen van die inligting relevant nie.  Ek weet van julle groot probleem en hoekom julle so gedruk vir tyd is.   StellaLuxs reageer nie meer op julle bevele nie.  Die skip is steeds besig om nader en nader aan die supernova te beweeg en julle kan niks doen om dit te keer nie.”

“Hoe weet jy dit, dit is hoogs geklassifiseerde inligting!” wil die hoof van Veiligheid weet.  “Dit is onbelangrik, wat wel is, is dat ek julle kan help.  Die skip het ‘n kompartement waarvan julle nie weet wat die doel is nie.  In die kompartement is daar ‘n gaping in ‘n muur gesny waarin ‘n man kan staan, nie waar nie?  Wel ek moet by daai kompartement kom of die hele skip gaan vergaan,” sê Arion met ‘n beslissing in sy stem wat die hele vergadering tot ‘n stilte bring.

“Hoe weet jy?” wil die Hoof steeds weet.  “Dis nie belangrik nie, wil julle al die mense dood hê of lewendig, as ek reg is is daar minder as ‘n uur oor, of hoe?”  

“Vat hom na die Geheime Vertrek, nie dat dit meer ‘n geheim is nie,” sê die president heel suur.  Die man gaan dalk my planne in die wiele in ry, dink die president.  

Dis nie lank nie of die hele geselskap is in die ‘G-Vertrek’.  “Ons het tien minute om koers te verander voor dit te laat is,” verklaar een wetenskaplikes.   Sonder ‘n verdere woord klim Arion in die gaping in die muur, wat hom perfek pas. Toe Arion heeltemal in is word die donker vertrek helder verlig deur die mure self.  Al die skerms van  StellaLuxs is sigbaar en op een van hulle kan die geselskap die skip en die supernova sien. 

Toe  begin Arion se oë die kleur van die skip self word en dit gloei.  Juis op daai oomblik begin die skip op die monitor te draai en die wetenskaplikes verklaar dat hulle uit gevaar is.  Sonder om te dink skree die president: “Nee!”

“Wat is dit ?” vra die outomaat aan die president ewe kalm.  “Jy het ons bedrieg, jy het vir Arion die inligting gegee van die ‘G-kamer’ en die probleme.  Jy is ‘n spioen!” probeer die president die aandag op haar draai.

“Ek het nie. Ek sal nooit  StellaLuxs verraai nie!” sê sy so ferm dat die president niks verder kan sê nie.  “Kyk!” roep die ander mense rondom hulle en wys na Arion.  Hy is besig om weer iets aan die skip te doen, want die monitors is so besig dat hulle nie weet waar om te kyk nie.  En toe sê Arion die volgende woorde: ” StellaLuxs word wakker.  Beweeg om die nova, uitgevaar en aktiveer ‘Straaldevleksie’ asook ‘Bundelposissie’.”

“Wat doen hy,” wil die president in angs weet.   “Daar op die skerms, die skip is besig om te doen wat hy sê, maar hoe is dit moontlik?”vra die wetenskaplikes verbysterd.

“Kyk daar!” skree die generaal en wys na die een monitor waarop die skip en die nova vertoon word, maar ook nou op daai monitor is die  Stella in Lucem, hulle aartsvyand wat nou ook hulle ruimtevyand geword het.

“Arresteer hulle, die outomaat en Arion.  Hulle het ons reguit na die vyand gebring!” bulder die president aan die soldate en in ‘n oogwink is die outomaat by Arion. Dié klim uit die gat in die muur en saam hardloop hulle by  die kamer uit.  Kort op hulle hakke is die soldate met laserpistole, ens.   “Waarom het u dit gedoen, daar is tog geen bewyse van u aantuigings nie?” vra die generaal aan die president, maar die is nie besig om te luister nie.  Ek moet hulle keer, hy en sy gaan al my harde werk tot ‘n einde bring dink die president.  “Hoekom, meneer die president?” vra die generaal so hard dat die twee ander mense in die vertrek(met al die beweging is dit net die president; die generaal; Machiel en nog een ander in die vertrek oor) dit ook kan hoor.

“Want hulle ken my plan!” skreeu die president uit woede en angs en skiet die generaal waar hy staan.

Machiel wat die erns van die gebeure besef vlug uit die vertrek saam met die ander wetenskaplike.

0O0

“Draai hier,” en Arion wys na ‘n gang voor hulle.  Toe hulle in is blits sy oë weer die kleur van   StellaLuxs  en die gang maak toe agter hulle.  “Dit behoort ons genoeg tyd te gee,” sê Arion.    “Kon jy dit darem reg kry?” vra Asmana aan Arion.  “Soortvan, dis moeiliker as wat ek gedink het.  Tog die skip sal reg wees,” verklaar hy met selfvertroue. 

 Hulle hardloop die gang af tot by die eerste deur en kom by die sentrale sektor van die skip uit.  “Ons moet net hier deur na die ander kant van die skip dan sal als reg wees,” sê Arion aan Asmana, sy knik en hulle vleg deur die verkeer.   Dis nie lank nie of daar kom ‘n telepatiese interkom deur na al die burgers van  StellaLuxs :  Arion en die outomaat (Asmana) is verklaar as verraaiers.  Kontak sentrale beheer indien jy inligting omtrent hulle het.  Altyd saam met so ‘n afkondiging is daar foto’s betrokke dus weet almal wie hulle is. 

Sonder nog ‘n woord begin die twee deur die skare hardloop.  Hulle sal vinnig moet maak.  “Kan jy nie iets doen nie?” wil Asmana van Arion weet.  “Ek is nog te swak om van hier af iets te doen,” sê hy met angs in sy stem.   Hulle breuk deer die skare en kom by die tonnel opening uit en neem dit dadelik.  Hier sal hulle beskut wees vir ‘n paar ure, hulle moet net aanhou beweeg.

“Wat het dit ons nou eintlik gehelp” wil Asmana kwaai weet.  “Niks veel nie, ons gaan dalk vandag nog sterf, maar al die burgers van  StellaLuxs  is veilig.  Hulle is gered en dis mos wat ons wou doen.”

As Machiel hulle in die tonnel opspaar, is hy verlig.  “Arion! Dis so wonderlik om jou te sien!”  Met die woorde omhels hulle mekaar asof hulle boesem vriende is.  “Asmana, ek is so jammer dat jy ook in die spervuur beland het,” sê Machiel aan haar.   Sy antwoord nie, sy is nog in skok oor die gebeure.

“Ons het ongelukkig nie tyd om te mors nie, hulle sou my agtervolg het,” lig hy hulle in terwyl hulle die tonnel aan die anderkant verlaat.  “Hoe ken julle mekaar?” wil Asmana gretig weet.

“Ek en doktor Ion het saam aan Arion gewerk, na die afsterwe was ek toegang, soos al die ander, geweier.  Dus kon ek Arion nie wakker maak voor die vlieëniers beheer oor   StellaLuxs verloor het nie.  Hy is gebou om die skip self te beheer, slegs met sy denke.  Dit was doktor Ion se grootste uitvindsel, hoe om die mens se volle intellek te bereik.  Arion was ‘n groot sukses, maar hy is ook ‘n gevaar en dus wat veroorsaak het dat hy in die kis ‘gebêre’ moes word.  Die Veiligheid hoof het geglo dis ‘veilig’ so… Natuurlik is dit ‘n leun,” die wetenskaplike raak stil voor hy voort gaan.  “Draai hier, die gang sal julle tot buite die skip neem, daar sal jy weet wat om te doen my goeie…” , voor hy sy sin kon voltooi word daar net ‘n harde ‘zoem’ gehoor en val Machiel morsdood op die vloer. 

“Neee…” Arion kon dit nie help nie, sy beste vriend is voor sy voete dood geskiet.  Met die woede wat in hom op borrel soos kokende water, maak hy sy oë toe.  Hy moet net dink, het Machiel gesê…  Hy luister nie na die geskreeu van die lasers nie, hy hoor nie Asmana wat na hom roep nie.

Hy hoor net die stilte in sy kop.  En toe gebeur dit, sy oë gaan oop en hulle is die kleur van ‘n supernova.  Sy hare reis met die intense konsentrasie…

Die manne staar verstom na die toneel voor hulle.  Hulle sien vir Arion wat skaars soos ‘n mens lyk, dan sien hulle hoe die vloer onder hom kraak en weg smelt, om die jellie van die skip bloot te stel.

Binne minute is dit al wat van die mure oor gebly het.  Hulle bevind hulsel nou in ‘n slymerige tonnel en word dan ook deur die wande in gesuig.

“Maak gereed,  ek kan nou my opdrag uitvoer,”  waarsku Arion haar net betyds, want op daai oomblik word hulle deur die jellie self omhul.  Soos ‘n groot suier , is hulle in die sagte wande van die skip opgeneem.  IN hierdie wande word hulle vorentoe gesuig met ‘n magtige spoed en binne ‘n oogwink is hulle terug in die ‘G-kamer’. 

Ook hier is daar net die sagte wande wat uit jellie bestaan, te bespeur waar die mure oomblikke gelede nog was.   Sonder ‘n woord word die President, wat nog verstom na alles om hom staar, deur ‘n  yster greep in die jellie vas gevang.  “Wat is dit!”, skreeu die president uit woede en besef dan eers dat hy voor Arion staan, wat se oë steeds nie kleur verander het nie. 

“Los my onmiddellik, ek beveel jou,” maar Arion verontagsaam die bevel en word, deur middel van die jellie, na die gaping in die sagte wande geplaas.  Die gaping wat hom so perfek pas.  Dis hier waar hy sy oë oop maak, maar geen kleur kan daar in bespeur word nie, slegs die oneindige swart van die ruim.

“Vaal aan!”, is Arion se woorde aan die skip, wat dit ook dadelik gehoorsaam.  “Nee, wat doen jy!”, vra die president in angs.  “Hulle gaan my nooit help as ons aanval nie! Ek sal nooit ‘n plek in hulle regering kry nie.  Ek sal ver ewig gedoem wees om oor ‘n nietige bevolking te regeer wat nie tot groter in staat is nie!”   Sonder dat hy dit weet is sy woorde, te danke aan Arion, besig om deur die hele bevolking gesein te word…

0O0

Na die slymerige geveg tussen die twee ruimtegedrogte, waar in StellaLuxs die wenner was, is die president gearresteer en die skip weer na sy vorige glorie herstel.  Niemand kon fout vind met die voorstel nie, en is Arion dus as ‘Ruimteskakel’ bevorder,  waarin hy verantwoordelik sal wees vir die kommunikasie, beheer, ens. tussen die kolonie in  StellaLuxs en  StellaLuxs self.  Asmana is as generaal bevorder, maar word meeste kere by die Ruimteskakel se kwartiere gevind.

So het die eeu van die Ruimtegedrogte begin…