Inval van die Rotte – Pieter Saayman

inval van die rotte – 2017 © pieter saayman

Jeug Wetenskapfiksie

Jakes skop sy rugbybal met `n boog oor `n lae muur tussen twee  vuil en gehawende geboue. Die buurt waarin hy bly is verwaarloos en armoedig. Woonstelblokke en geboue  kyk uit op strate vol stukkende karre, oorvol vullisdromme, rommel en vuil kinders.

Hy beweeg om die  muur en bevind hom in `n smal dienslaan tussen twee geboue. Die bal lê langs `n hoop rommel. `n Skuurgeluid trek meteens sy aandag. Hy kyk rond en merk dat `n metaaldeksel van `n mangat stadig toeskuif..

Snaaks, dink hy, wie of wat sal nou by`n mangat inklim? Hy raap sy bal op en draf  huis toe.Jakes bly saam met sy ma in `n tweeslaapkamer woonstel op die vierde vloer van `n gebou wat beter dae geken het.Hy draf met die trappe op na die vierde verdieping. Hy vertrou nie die rukkende hysbak nie en draf liewer die trappe op, dit hou hom in elk geval fiks vir die rugbyseisoen.

Sy ma is besig voor die stoof toe hy binnekom.Hy gooi sy bal eenkant en plons neer op die bank voor die tv.Hoe was ma se dag?”

“Aag goed dankie my kind, ek moet maar werk om ons twee aan die lewe te hou.Vandat jou pa weg is, gaan dit maar moeilik.”

Sy werk in `n afdelingswinkel in die stad en moet elke dag in en uitry met `n bus. Sy draai om en bekyk haar enigste seun met sy donkerbruin hare en groen oë. Sy pa sou trots op hom gewees het.

“Het jy gehoor van die kind wat vermis word, blykbaar van die gebou langs ons s’n. Glo gistermiddag weggeraak. Daar is geen spoor van hom nie, siestog net drie jaar oud.”

“Sjoe ma, dit moet vreeslik wees, waar het ma gehoor?”

“Mense praat op die bus.” Sy haal borde uit die kas en begin opskep.

Saterdagoggend. Jakes drentel straataf. Hy maak die klein hekkie oop van sy beste vriend, Ricus, se huis en fluit twee keer, Ricus kom om die huis gedraf, al spelend met sy rugbybal.

Hulle stap straat af, al skoppend.

“Gistermiddag iets snaaks gesien,” sê Jakes.

“Ja, wat?” Ricus skepskop die bal met `n boog teen `n stukkende straatlamp vas.

“Kom, ek sal jou wys.”

“Hier. Die mangat se deksel was oop en die volgende oomblik toe hoor ek dit toeskuif. Iemand is daar in.”

Ricus voel aan die deksel.”Dis vrek swaar.”

”Kom ons maak dit oop en gaan check binne.”

“Ok, ek gaan gou `n flits haal. Kry jy solank vir ons `n stuk yster om die deksel te lig. “Kyk hier agter by daardie dromme, daar’s baie scrap yster.” Jakes laat spaander en is gou terug met `n flits.

Hulle lig die deksel op en skuif dit oop. Bedompige klam lug slaan teen hulle gesigte. `n Loodregte sementtonnel lei afwaarts. `n Ysterleer is teen die kant van die tonnel vasgeheg.

Stadig klim hulle afwaarts. Iewers is lopende water hoorbaar.Hulle bereik die bodem. Horisontale tonnels lei weerskante van die afwaartse tonnelingang.

Jakes lig voor hom uit. “Links of regs?’

“Kom ons vat links.”

Hulle stap in enkeldiepte water. Weerskante van die hooftonnel  is pypopeninge waaruit water drup. Die lug raak al hoe meer bedompig.

”Sjoe, hier’s ook maar `n reuk in die lug.” Ricus druk sy neus toe.

“Ja, onthou dis stormwater en riool. Die tonnel kan vir kilometers aanhou.”

“Hoe ver nog? Hier’s niks nie.” Vra Ricus

“Ons stap nog so ent aan” Jakes lig bo en onder met die flits.

Skielik steek hulle vas. `n Geskarrel is hoorbaar in die stilte. Die tonnel maak `n draai na links en die vloer maak `n helling afwaarts.

Die flits se strale val op rotte wat heen en weer skarrel en snuffel, hulle oë rooi weerkaatsend in die flits se ligstraal.

“Heng, dis massiewe goed,” sê Jakes, terwyl hy met die flits heen en weer lig.

`n Geroeste ysterhek doem voor hulle op. Opdrifsels kleef aan die onderkant van die raamwerk.Papiere, lappe, plastiek,slyk en alles wat stink dam op teen die kante. Die rotte hardloop en knaag aan stukke kos wat opgehoop het.

Hulle druk aan die hek. Dit swaai oop.“Die tonnels is seker baie jare gelede gebou toe die stad ontwikkel is,”sê Ricus.

Jakes lig teen die kante van die tonnel.”Kyk die boomwortels wat hier afgroei, op soek na water.”

Die twee seuns stap verder en verder, al dieper en dieper.

“Ek wonder waar eindig die tonnels? wil  Ricus weet.

“Seker maar by die rioolplaas?”

Die tonnel raak nou nouer en laer en hulle moet gebukkend loop.Skielik steek Ricus vas. Die ligstraal speel oor beendere en diervelle wat eenkant op `n hoop lê.

“Jakes steier terug.Wat gaan hier aan? Dit lyk vir my soos hond of kat beendere. Kyk daardie rotte, die goed is massief. amper so groot soos `n kat.”

Ricus se oë rek. “Dink jy nie ons moet maar terugdraai nie?”

“Nee, ek wil kyk wat hier aangaan.”

Albei  hoor gelyktydig die geluid en kyk beangs na mekaar.

“`n Gehuil. Dis `n kind se gehuil daardie. Kom, ons moet verder.Dis die kind wat weggeraak het” Jakes beur vorentoe.

Die tonnel mond skielik uit in `n groter en hoër area Die dak en kante is versterk deur houtbalke  wat die dak ondersteun.

Die toue het skielik uit die dak geval en is oombliklik styf om hulle arms en bolyf vasgetrek.

Ricus gil.”Wat de duiwel, dis `n lokval! Iemand of iets het ons met toue vasgevang.”

Vier rotte, so groot soos  boerboel honde kom nader gesluip, hulle  oë en tande glinster in die skemerte van die vertrek.Die toue word opgeraap en die twee seuns word hardhandig vorentoe gesleep.

“Die goed is soos mense.Slim en opgelei. Wonder wat gaan hulle met ons maak?” Ricus  se stem klink beangs.

Honderde der honderde groot rotte kom nou orals uit sytonnels uitgebondel. Hulle snuffel aan die twee vasgebinde seuns en grynslag.Aan die een kant van die vertrek is `n traliehok gebou van hout, plastiek en metaal.Hardhandig word hulle ingebondel en die hek word met draad toegewikkel.

“Die rotte dink en doen amper soos mense. Kyk hoe gebruik hulle die voorpote as arms en die pote as hande.”

“Iets baie snaaks is aan die broei hier.Dis asof `n hele kolonie rotte in opstand kom.Hulle het ook `n baie hoë inteligensie vlak ontwikkel.”

“Ja,” sê Ricus. Dis amper soos die fliek “Planet of the Apes”, waar die ape in opstand kom teen mense en die aarde oorneem.”

`n Gesnik naby, laat hulle omkyk. `n Jong kind sit opgebondel in `n hoekie en snik.

Jakes lig met sy flits op die kind.”Dis hy, die kind wat verdwyn het. Die goed het hom gesteel en hiernatoe gebring. Honde en katte is nie meer genoeg kos vir hulle nie. Hulle soek nou mensvleis.”

Meteens besef hulle dit. Hulle is rotkos en gaan weldra opgevreet word.

Jakes kap met die flits teen die houtraamwerk en skreeu luidkeels:”Laat ons uit julle gebroedsels,”

Meteens `n geskuifel. `n Mensfiguur kom nader gestrompel. Dis `n man, geklee in `n lang swart jas.Sy baard hang amper op sy knieë terwyl hy swaar op `n houtkierie rus..Hy beweeg tot teenaan die hok waarin die twee seuns hulle bevind.

            “Wie is jy en wat gaan hier aan met al die rotte wat so groot is, en waarom is ons gevange geneem?’ Jakes bekyk die figuur wat nou teenaan die hok staan.

            “Ek is Robbie, opperbevel en leier van die rotkolonie.”

            “Wat se leier, is jy koekoes of wat?” Ricus ruk en pluk aan die houtpale van die hok.

            Die man grynslag. Rotte hardloop oor sy kraag , sommige loer by sy jas se sakke uit.” Dis die kleintjies, ek kyk na hulle.”

            Jakes skop teenaan die hek.”Laat ons uit, iemand sal weldra na ons kom soek.”

            “Nee wat, die rioolstelsel word jare nie meer gebruik nie en word nie in stand gehou of geinspekteer nie.Niemand sal julle hier kom soek nie”Hy grynslag.

            “Waarmee is jy besig?” vra Jakes.

            “Rotte is al vir jare my vriende.Ek het op `n dag net besluit, dis nou genoeg. Rotte word as peste beskou deur mense en word links en regs uitgeroei. Dis rotvalle, katte  en gif wat die oorhand begin kry hetEk het hierdie plek ingerig en die rotte begin leer. Hulle is baie intelligent en moes net bietjie leiding kry.”

            “Hoe is dit dat hulle so groot is?” Jakes kyk na `n massiewe rot wat nader waggel.

            “Goeie kos. Geen afval gemors nie. Hond- en katvleis.Ons gaan die wêreld nog oorneem. Ek begin nou eksperimenteer met mensvleis.”Hy draai om en skuifel die donkerte in terwyl hy waansinnig lag.

            Ricus se oë rek.”Ons moet vinnig hier uitkom of ons word lewend opgevreet.Ons moet uit, die kind gryp en uitkom.”

            Jakes kyk rond,”Dink man, dink.Ons moet uit.”

            “As ons net die toue om ons arms kan loskry. Wag. Ek het `n plan.”   Jakes gaan sit plat op die grond.”Ons wag dat dit stil raak, dan kom ons hier uit.”

Hulle sit doodstil vir `n wyle. Geen rot is te bespeur nie.Jakes neem die flits wat gelukkig nog in sy besit is en skroef die lens en glas gedeelte los. Hy slaan die glas stukkend teen `n stuk sement wat eenkant afgeval het. Die skerp glas speel vinnig klaar met die toue om hulle polse.

            “Wat nou?” vra Ricus.

            “Kyk mooi, na die dak van die vertrek. Dit is groter en wyer gemaak as die res van die tonnel. Ek dink die rotte het dit hoër en wyer gegrawe en versterk met planke. Dit lyk nie baie stewig of sterk nie”

            “Daar’s ook `n paar stutpale by die ingang van hulle sogenaamde rotpaleis.Hulle dink hulle is baie slim, maar die goed bly nog net rotte. Die ou in beheer is in elk geval van sy trollie af.”

            Hulle wikkel die drade los wat die  hek van die hok toehou. Die toue waarmee hulle vasgebind was, word om `n paar stutpale vasgemaak. Dis net lank genoeg sodat hulle vashou plek het.

            Versigtig sluip hulle na die hoek waar die kind opgebondel lê en raap hom op.

            “Kom, nou moet ons vinnig speel.” Jakes en Ricus, met die kind in sy arms,hardloop tot by die stutpale wat met die toue vasgebind is.

            “Ons moet hard trek. As die pale meegee, dan is dit `n dominoe effek, al’s gaan inmekaar tuimel, dan moet ons vinnig padgee anders val ons ook toe.”

Ricus en Jakes beur en steun met al hulle mag en trek aan die stutpale wat die dakstruktuur vas hou.

            Skielik, `n kraak geluid. Iets skuif, los stukkies sement en houtsplinters val uit die dak uit.

            “Kom, die dak gaan val!” Skree Jakes.

            `n Harde plofgeluid.Houtbalke , grond en stukke sement val uit die dak uitHulle hardloop met die tonnel terug.`n Gedreun en gerammel weerklink deur die tonnel. Stofwolke kom aangerol en verblind hulle, maar hulle beur vorentoe.

            Uiteindelik is die vertikale tonnel met die katleer in sig. Hulle klouter op en klim uit in die laat middag son.`n Paar mense staan by die oop mangat.”Hulle het die kind.” Skree iemand. `n Vrou ruk los uit die skare wat nou groter word en hardloop na die twee seuns toe. Sy neem die kind uit Ricus se arms en bars histeries in trane uit.

            “Waar was hy?” wil iemand weet.

            “Net hier onder in die tonnel. Die gat was oop en hy het seker ingeval.Die gras en vuilgoed op die bodem van die regaf tonnel het sy val gebreek.”

            `n Dowwe plofgeluid iewers laat almal opkyk. Na `n wyle is sirenes hoorbaar.

            Mense kom vanuit die rigting aangehardloop. “`n Massiewe groot sinkgat. In die middel van die pad. Twee ou geboue ook ineengestort.”

            “Ja, en derduisende rotte, party so groot soos honde het toegeval. Lyk my hulle het die aarde onder ons uitgedolwe.”

            Jakes en Ricus luister na die gekekkel en gepraat van die mense. Hulle draai om en stap weg.

            “Het julle gehoor?” skree iemand.”Hulle het `n man se lyk ook daar in die gat gekry.”

            “Kom, ons gaan huis toe”Jakes klop sy vriend op die skouer en saam stap hulle in die rigting van hulle huise.