Mars: Opsoek na die heiland

Chantal Pretorius

Mars: Opsoek na die heiland – 2017 © CHANTAL PRETORIUS

Jeug Wetenskapfiksie

Die ruimtetuig land op Mars.

Daar klim vier buiteaardse wesens uit die tuig. Hulle het helderrooi pakke aan en op hul linkerpak se hempsmou blink hul wapens van trots Marianers wees.

Hulle verlaat die parkeerarea, glaskoepel toe. Daar binne word groot rekenaars aangeskakel en die skerms helder op. Dan verskyn ’n vreemde man se gesig daarop, en praat met hulle. Hy gee hulle opdragte wat om volgende te doen wanneer hulle weer op reis gaan.

“Al vier van julle gaan moet besluit op ’n reis na ’n ander planeet toe. Daar op die planeet gaan julle moet skatte bymekaar maak en moet terug kom Mars toe, dan sal ek een van julle kies wat vir my die beste skatte gebring het en die geleentheid gee om op daai planeet te woon,” verduidelik die halogram-man aan hulle voordat hy van die skerm weer verdwyn.

Die vier wesens is baie opgewonde oor hulle nuwe reis in die hemelruim. En begin alles in elke detail te beplan.

Die wesens se ruimtetuig land op die Aarde.

Die planeet is ryk aan minerale, diere en plante, water, land, mense en menslike infrastrukture wat orals gesien kan word. Hulle hou van wat hulle sien op die aarde. En besluit om meer ondersoek in te stel oor die besonderse misterie-wonders van die planeet.

Die eerste wese besluit om dieper die oerwoud in te gaan. Om ondersoek in te stel oor fauna en flora. En in die woud is daarvan te sien.

Die tweede wese besluit om eerder groot geboue te inspekteer. Die mens se intellek is nou nie so besonders nie. Maar gelukkig kan hulle beplan en bou.

Die derde wese besluit om ou myne te besoek. Opsoek vir minerale. Gelukkig hier en daar vind hy blink goed.

Die vierde wese besluit om die mens beter te leer ken. Hulle is ’n interessante klompie. Met hul verskillende rasse, gelowe en voedsel keuses.

Naderhand het die vier wesens mekaar ontmoet op ’n bergtoppie. Daar het hulle gesels oor alles wat hulle waargeneem het op die aarde. Hulle besluit om saam die Aarde se avonture te geniet.

Die ruimtetuig land weer eens op Mars.

En die vier wesens verlaat die voertuigarea, glashuiskoepel toe. Daar skakel hulle die rekenaarskerms aan. Hulle wetenskaplike se gesig verskyn nie op die skerm nie.

Bekommerd begin die wesens onder mekaar te praat.

“Waar is ons leier?” vra die een wese.

“Miskien is hy dood!” sê die tweede wese.

“Hy het vir ons gelieg. Hy’t nie sy beloftes na gekom nie. Nie een van ons gaan die geleentheid kry om terug Aarde toe te gaan nie,” oorreageer die derde wese.

Maar die vierde wese bly tjoepstil.

Toe al die ander drie wesens na hom toe draai. Hulle kan nie verstaan waarom hy so stil is nie. Wat steek hy weg?

Dit is toe hy sy onnatuurlike gesigvel afhaal. Stom geslaan staan die drie wesens ver weg van hom af. Hy is glad nie net ’n halogram-beeld wat opdragte uitdeel meer nie. Hy staan in lewende lywe voor hulle!

“Waar is ons halogram-man?” wil die eerste wese weet.

“Wat het geword dan van ons ander spanmaat, die Marianer?” sêvra die tweede wese.

“Miskien was daar nog nooit ’n halogram-man of leier nie,” sê die derde wese.

Die vierde wese lag lekker.

“Ek het vir julle gevra om vir my skatte terug te bring van jul gekiesde planeet af. Waar is my goed? Sodat ek een van julle die geleentheid kan gee om daar te woon,” laat hy hulle herinner aan sy beloftes.

Elke wese haal hulle skatte uit, en sit dit op die staaltafel neer sodat hul misterie-wonder man daarna kan kyk. Die eerste wese het ’n klip gebring. Die tweede een ’n foto van ’n gebou. Die derde een ’n klein fyn, blink ding wat vir hom geen waarde het nie.

Die man tel die skatte op en kyk aandagtig daarna. Hy is verbaas oor hulle ontdekkings. En hy sit die skatte terug op die metaaltafel neer.

Die halogram-man besluit wie hy gaan aarde toe stuur. Sy besluit is nie maklik nie. Maar dit gaan definitief werk.

“Ek het die volgende besluit,” glimlag hy kil. “Ek gaan self terug aarde toe, omdat ek al een was wat regtig my skat daar ontdek het en dit verdien om daar te woon,” bevestig hy.

Die drie wesens is geskok oor sy besluit. Hulle kan nie verstaan hoekom hy mag aarde toe gaan nie. Dis nie regverdig nie!

“Jy het geen skat terug gebring nie!” skerts die eerste wese.

“Wat maak jou so besonders halogram-man?” wil die tweede wese weet.

“Niks wat die wetenskaplike sê maak sin nie. Hy het ons net gebluf en nou wil hy die aarde gaan belet met sy eienaarskap, sonder toestemming en hy gaan ons hier los om te vergaan,” sê die derde wese buierig.

Vlugtig skud die halogram-man kop. “O nee, my spanmaats, ek is die skat van die aarde. Ons is mos buiteaardse wesens en ons kan enigiets doen, sonder om toestemming te vra daarvoor. So het ek toe besluit om in ’n mens te verander en julle kom verras op Mars met my menslike voorkoms. Die halogram was net my idee gewees om julle te kry om die aarde te besoek. So my broers, nou kan ons die mens bestudeer. Daar sal ek my toerusting opstel in grotte en alle navorsing doen oor hulle. Dit is hoe ek inligting deur die internet-halogram na julle sal stuur, soos wat ek vorder met alles. Klink dit regverdig?”

Hulle knik om te bevestig. En laat hom toe om te gaan reis. Waar hy kan begin met sy navorsing oor alles op die aarde.

Hy is ook nou ’n lewende wese in eie reg.

Maar wanneer hy elke keer sy gesigvel afhaal, besef hy wat hy werklik is: ’n wese met ’n misvormende gesig, klein swart oë, en blinkwit vel. Maar eintlik is hy ook net mens. Al woon hulle op verskillende planete, het sy wetenskaplike-halogram bewys dat hul dna dieselfde is.

Die wese skuinsdraai sy gesig om na die lewende wesens te kyk wat daar slapend lê op die staaltafels. Alles word getoets. Hulle is ’n interessante spesie vir hom.

Dis net te jammer hulle is nie bewus van hom nie. Hy eet saam met hulle in dieselfde restaurant. En bewonder hul klerestyle.  

Na al die jare, besef hy, dat hy nou ’n aarbewonder is. Hy mis soms sy broers, maar dis nou sy nuwe tuiste dié. Sy heiland is nou die Aarde. Hy’t in alle ewigheid saam met die lewende wesens gewoon. En sy navorsing in stilte gedoen.