Onvergeetlike aand tussen monsters en drake – Lindie Oberholzer

onvergeetlike aand tussen monsters en drake – 2017 © LINDIE OBERHOLZER

Volwasse Fantasie

Eendag het Linda ander mense se kinders gaan oppas.  Sy hou ongelooflik baie van kinders.  Die kinders se ouma was ook teenwoordig, maar dit was net oor die feit dat Linda tot baie laat gewerk het en dat sy die kinders die volgende dag moes gaan aflaai het by hulle skole.  Maar Linda was bietjie teleurgesteld toe sy by die huis kom en die kinders alreeds in hulle beddens neergelê is deur hulle dierbare ouma.  Maar Linda en die ouma het heerlik gesels terwyl sy haar kos geëet het.  Daarna het die ouma vir haar ‘n kamer gaan wys en ook die badkamer wat sy kan gebruik.

Linda het haar slaapgoed bymekaar gekry voor sy alleen die gang af begin stap het na die badkamer.  Dit is die middel van die winter.  Nadat sy gebad het, het sy weer terug gestap na die kamer.  Alles weer mooi weg gepak in haar tas en daarna in die bed geklim. Linda rig haarself  lekker snoesig tussen die komberse in.  Nou hoop sy, sy gaan aan die slaap raak, want soos gewoontlik het sy ‘n hoofpyn.  Lekker styf toegedraai net soos ‘n kokon in haar kombers raak sy aan die slaap.

Onmiddernag  gebeur iets vreemds.  Linda voel ‘n kouerilling teen haar ruggraad afloop met die wakker word slag.  Nou voel sy yskoud en kry nie haar lê nie.  Sy wikkel en worstel tot sy weer lekker warm kry.  Die oomblik net voordat sy in die diep slaap val toe voe ldit vir haar of iemand haar vasdruk in die bed.  Linda voel of sy wil gil maar weet dit gaan nie deug nie.  Sy sal almal in die huis wakker skree.  Dan fluister sy saggies.

“Wie is daar?  Moet my asb nie vasdruk of seermaak nie.”

Linda lê met bewerasies nie net van die koue nie maar ook van bangheid.  Sy knyp haar oë styf toe want dit voel letterlik of haar hart in haar keel sit en net die gevoel van iemand wat nou in haar kamer is.  Dan hoor sy skielik ‘n growwe stem.

“Ek is die baas van die monsters.  Ons het jou hulp nodig.  Ons sal nie jou seer maak nie, maar jy moet ons help asb.”

Linda pluk haar kop toe. Sy luister nog fyn toe die kombers skielik afruk en reg in die hoek van die kamer op die vloer in ‘n bondeltjie lê.  Linda spring op en ruk die kombers op, spring terug op die bed, rol haar styf toe en wens alles kan net terugkeer na normal.  Dan dink sy aan iets wat haar pa jare al vir haar sê.

“My kind.  Pak elke taak aan soos jy ‘n bul by sy horings pak.”

Nou kry Linda weer moed bymekaar vir die taak wat op hande is.  Die kamer venster se ruite ratel van die wind wat probeer die kamer insluip.  Linda loer deur ‘n klein groefie en sien hoe die groot maan vir haar terug loer.  Terwyl sy so aandagtig  kyk na die maan sien sy ‘n gesig wat vir haar glimlag en dit laat haar weer sterker voel.  Skielik skree sy.  

“Drake en monsters bestaan nie!”

Linda raak rustig en probeer haar kop skoon kry voor sy weer  probeer om te salap.  Daar is weer ‘n stem.

“Drake en monster bestaan!”

Met ‘n vinnige beweging spring sy op en hardloop na die deur.  Sy probeer die deur oop maak.  Met die gewaar sy monsters wat in die deur vas gegedruk is met verskillende vorms en kleure.  Haar oog vang een wat sit en huil.

“Wat is fout?  Wat wil julle hê?  Hoekom pla julle my?”

Daar volg doodse stilte en in die stilte hoor mens hoe ‘n tak van ‘n boom skuur-skuur teen die venster se ruit.

“Ons het hulp nodig!  Ons is vas gevang.  Asb help ons dan sal ons niemand weer so pla nie.”

Vir ‘n oomblik dink Linda sy is besig om te droom maar alles val in flarde  met die klop aan die deur en dan volg ‘n klein stemmetjie.

“Tannie Linda!  Tannie!   Sien tannie hulle ook?”

Nou pluk Linda aan die deurhandvatsel maar kry nie die deur oop nie.  Die meisie aan die anderkant van die deur raak paniekbevange.  Linda wens weereen sy kan net wakker word uit die nagmêrie.

“Wat moet ek doen?  Moet nie mense bang maak nie, ek sal help.  Ek belowe!”

Die volgende oomblik ruk die vensters oop en die wind boender in.  Hulle rol tot teen Linda voor die koue deur haar sny.  Dis vriesend en Linda het nie eers iets warms oor haar arms en voete nie.  Die monsters werk hard om weer Linda se aandag te kry.

“Brand die deur.  Dis al wat gaan werk..”

Linda weet dit gaan nie sommer kan gebeur nie.  Dan gewaar sy die klein meisie ook nou in die deur tussen die monsters.

“Ons sal haar hier binne hou tot jy ons red.  Brand die deur af ons almal sal niks oorkom nie.”

Linda weet sy moet nou gou aan ‘n plan moet dink.  Sy druk teen die wind en probeer die vensters weer toe kry. Sy onthou meteens die vuurhoutjies in haar handsak en probeer die deur aan die brand kry.  Die volgende oomblik swaai die vensters weereens oop en so blaas die wind die vuur dood.  Linda gryp die kombers en gooi dit voor die deur, steek die hele boksie vuurhoutjies aan die brand, gooi dit op die kombers en druk die vensters toe.

Die geluk is nou vir ‘n slag aan haar kant en die deur vat vlam nes die meisie weer op die vloer val is haar ouma ook daar en sien hoe Linda omval van die wind wat die vensters oopgewaai het.  Daar kom ‘n draak te voorskynne en gryp Linda aan die voete, voor sy verdwyn in die nag se donkerte in skree sy.

“Jammer oor alles. red julleself.”

Die ouma gryp-gryp na Linda maar vang die heeltyd mis.  Die ouma slaan en probeer die vuur blus en slaag daarin.  Sy en die dogtertjie is bang en verstrooid en weet nie regtig hoe om alles te verwerk nie.

Linda hang nou aan die draak waar hy haar nog vashou aan haar voete.  Dis pikdonker en yssig koud. Linda is moedeloos en weet nie meer watter kant toe nie.  Dit lyk maar slegr vir haar toekoms.  Linda dink weer terug aan die meisie in haar ouma se arms.

“Gelukkig is hulle nou veilig in die huis.”

Linda se kop tref ‘n tak van ‘n boom terwyl die draak tussen die bome deur vlieg.  Die takke sny deur haar vel en die bloed begin te loop.  Linda se oë begin traan en daarna vloei dit soos riviere en sy begin skoon bewe van bangheid.  Dan voel sy hoe goed op haar drup..drup..drup.  Sy probeer dit afvryf en voel dis slymerig.  Sy gril om te dink wat dit is.

“Ja, jy het gedink jy is slim.  Ons is verskriklik kwaad vir jou.  Jy het sopas ons gevangenis los gelaat.  Jy is sleg verby.  Jou hart is te goed vir woorde.  Ek is die baas van die drake en ek sal jou wegvoer van almal en alles.”

Brul die draak wat bo haar vlieg.  Sy voel hoe sy gly uit die draak se pote.  Sy val in die donkerte in en bid.  Linda is vasbeslote dat sy haarself  morsdood gaan val.  Terwyl sy bid voel sy hoe gryp ‘n ander draak haar.  Sy stamp-stamp teen die bome se baste en voel hoe die koue blare oor haar vee soos hulle vlieg.

“Los my uit!  Ek is nie julle speelding nie, nog minder julle prooi.”

Linda probeer braaf wees terwyl die trane weer wil-wil verskyn.  Linda besluit om haarself  te swaai soos  ‘n aap aan ‘n tou.  Nes sy die regte hoogte kom gryp die eerste draak weer aan haar ander punt.  Nou is haar hande en voete vas met elke draak aan sy punt in sy of  haar eie rigting.  Linda voel naderhand soos ‘n tou.  Linda huil nou snot en trane van pyn.  Soms voel dit of die twee drake haar uitmekaar gaan skeer.

“Dis nou my einde.  Maak my eerder dood ek wil nie meer ly van die pyn nie.”

Daar kom nog ‘n derde draak te voorskyn.  Hy pyl op hulle af.  Linda knyp haar oë stywer as ooit toe, terwyl haar oë bottoe is hoor sy tande kraak.  Sy besluit om weer haar oë oop te maak.  Met die oopmaakslag sien sy hoe die derde draak sy mond oopmaak en daar vuur uit sy mond gespoeg word.  Linda voel die hitte oor haar liggaam beweeg.  Die vlamme spuit wild en wakker dat die twee drake wat haar vashou meteens los.  Nou val Linda weer so vry soos ‘n voëltjie in die lig.  Die oë gaan toe en Linda begin skree toe sy die eerste tak tref.  Sy voel hoe haar  lyffie teen elke boom en tak nog ‘n been laat kraak en soms morsaf breek.  Linda wens eerder sy kon dood gewees het.  Dis verskriklike pyn en lyding tot sy uiteindelik die grond raak en tot stilstand kom.

Linda half bewusteloos weet sy moet uit sig kom as sy nie verder deur lyding wil gaan nie.  Linda soek skuiling om haar heen maar weet nog nie hoe sy daarheen moet beweeg nie.  Sy sien ‘n gat en besluit sy moet daarin val. 

“Ek val eerder nog as wat die drake my weer gaan rond ruk en pluk.”

Met gekreun van pyn kom sy by die opening van die gat en besluit om haarself daarin te rol.  Minute later kom sy finaal op ‘n stop en kyk terug na die opening van die gat.  Sy blaas  ‘n groot asem uit en voel veilig toe sy gewaar dat die spleet in die grond te klien is vir die drake om haar daar te kry.  Sy skep vir die eerste keer weer asem maar dis seer verby om dit met gemak te doen.  Linda wil slaap maar weet nie of sy gaan wakker word as sy nou aan die slaap moet raak nie.  Sy hoor iemand maar dink dis net haar verbeelding.

“Meisie!  Meisie!”

Die keer was dit hard en duidelik.  Linda kyk in die rigting van die stem.  Net voor sy begin twyfel sien sy ‘n aantreklike man in haar rigting loop.

“Is jy nog aan die lewe?  Kan jy my sien?  Wat van hoor en sien?  Praat asb!”

Linda is eers te seer om te praat en kreun.  Daarna antw sy saggies.

“Is die ‘n droom?”

Linda se hand word opgetel en nou kyk sy in die blouste blou oë.  Die man het selfs blonde hare enige meisie se prins op die wit perd.

“Jy lewe nog.  Ek is bly en sal jou versorg tot jy weer reg is op die been.  Ek sien jy het baie bloed verloor maar ek sal jou red.  Ek is bly my draak kon jou red van daardie ander drake.”

Linda se oë trek so groot soos pierings.

“Moet nie te veel skrik nie.  Ek het hom geleer en groot gemaak.  Ek bly al my hele lewe lank hier.”

Linda is baie swak maar wil meer leer van alles dan dink sy weer terug aan die dogtertjie en haar ouma.

“Weet jy ek het die rofste aand ooit agter my blad, maar my…”

Die man maak haar stil terwyl hy sy vinger op haar lippe plaas.

“My naam is Peet en ek sal na jou kyk.  Moet asb nie teveel bekommer nie. Ons moet eers jou wonde versorg.”

Linda probeer ontspan en besluit sy moet eers dit rustig vat, want haar liggaam gaan nog fisies deur skok.  Peet gooi ‘n kombers oor haar.

“Ons moet jou nog nie beweeg nie.  Ek sal jou hier moet stabiel maak voor ons kan gaan na iemand met meer ondervinding en kennis om jou te help.  Maar terwyl ek besig is wil ek hê jy moet probeer rus.”

Linda knik haar kop voor sy agtertoe probeer lê om te ontspan.  Skielik ruk sy en haar oë kom weer wawyd oop.

“As ek my oë toemaak sien ek hoe alles weer vanvooraf voor my oë afspeel.  Ek sal jou eerder alles vertel dalk sal jy dit beter verstaan en ek dalk beter voel.”

Peet kom nader en kyk haar in die oë.

“Nee!  Jy moet nie nou aan slegte goed dink nie.  Ons moet eerder probeer dat jy aan iets goeds moet begin dink.”

Daar is ‘n rukkie se stilte terwyl hulle elkeen besig is om aan iets te dink.  Maar Linda is hulpeloos oor sy aan niks anderste kan dink nie.  Linda gaan in skok en sy bewe nou ongelooflik erg.  Peet stop met wat hy besig is en gaan lê op haar met sy liggaam op haar en begin sing.  In sy eie gedagtes het die ergste wat kon gebeur het nou sopas gebeur.  Hy besluit om oor haar hare te streel terwyl hy sing.  Hy hoop en bid dit gaan werk vir Linda want hy weet nie regtig wat anderste kan hy doen nie. 

Linda begin tot kalmeering kom en raak ook so aan die slaap.  Peet klim van haar af en probeer saggies om haar wonde toe te bind met lappe wat in sy rugsak is.  Linda beweeg nou en dan maar sy is nou uit soos ‘n kers.

“Slaap rustig ek sal jou beskerm.”

Peet se draak kom rustig aan geloop en sien hoe die meisie slaap.  Hy het ook ‘n paar wonde maar Peet is langs hom besig om te troos.

“My groot seun ons het haar gered.  Ek glo ons gaan nog baie swaar tye saamloop, maar ons sal die mas opkom.”

Die draak kyk na Peet toe, toe Peet hom wegstoot.

“My seun  ek is trots op jou.  Maar vir nou moet ons paaie eers kruis sodat ek die meisie kan gesond kry.  Ek glo nie sy sal weer gou in ‘n draak kan vaskyk nie. Haar aand was rof genoeg met al die drake wat haar in hulle kloue gehad het.”

Die draak sak sy kop en druk teen Peet vas maar Peet druk hom weer weg.

Verstaan my tog my liewe vriend.  As jy nie nou gaan voor die meisie wakker word nie is dit dalk haar einde.  Ek sal jou weer kom soek.  Ek belowe!  Ek gee om vir jou en sal weer jou kom soek.”

Die draak het geweet die dag sal een of ander  tyd aanbreuk.  Diep in die draak weet hy dat Peet ‘n goeie hart het.  Hy sak met ‘n hartseer gesig af en Peet sien ook ‘n traan wat uitkom.

“Ek wens jy kan my hoor my beste baas en vriend in die julle wêreld.”

Peet se oë is nou groot oop en hy kan nie glo dat hy uiteindelik die draak waarvoor hy al die jare sorg nou eers met hom kan praat nie.  Hy weet nie hoe om te reageer nie.

“Peet ek is bly jy kan my uiteindelik verstaan.  Dit beteken  jy is gereed vir die pad wat voorlê.  Ek is nou jou verlede en mense is jou toekoms.  Die meisie sal nie kan reg kom sonder ‘n dokter se hulp nie.  Jy sal moet ‘n groot stap neem.  Besluit en kies goed.  Ek is trots op jou ook Peet.  As jy besluit om haar te help en haar lewe te red is sy jou toekoms.  Ek glo sy sal jou al die dinge van mense kan leer.  As jy regtig omgee vir haar soos jy my weg gestoot het vir haar onthalwe.  Dan weet ek jy is reg om soos ‘n mens verder te lewe.  Sy het ‘n goeie hart respekteur dit sodat sy weer kan lewe.  Julle is alby nog baie jonk en het nog baie om voor te lewe.”

Peet is stomgeslaan en kan nie sy ore glo nie.  Nog voordat hy iets kon sê vlieg die draak weg.  Peet staar agter hom aan en besef die draak was sy redding toe hy hom nodig gehad het en nou gee hy hom weg om vir homself en Peet ‘n nuwe toekoms te maak.  Peet sak af  langs Linda en begin huil.  Linda vryf oor Peet se hand.

“Jammer oor jou draak.  Hy is goed.  Nou het jy hom gehoor praat en ek kon sien dis jou eerste keer.  Wel die groot geheim is om te glo en met jou hele hart te luister.  Glo solank jy kan aan jou verbeelding.  Want dit maak vir jou baie deure oop.”

Net daar en dan kry Peet ‘n glimlag en voel warmte in sy hart.  Dan gaan lê hy langs Linda waar hulle saam aan die slaap raak. 

Die volgende oggend pak Peet alles in wa thy het.  Maak ‘n trekbed met bamboesse en ‘n kombers.  Terwyl hy dink hy beweeg Linda word sy wakker.  Linda weet die bed is vir haar gemaak maar voel baie swak en sleg oor Peet alles wat hy weet wil opgee vir haar.

“Peet is jy seker jy wil alles hier opgee en saam met my kom?  Ek sal verstaan as jy eerder hier wil bly waar jy alles ken en het.  Ek wil nie jou lewe omver gooi nie.”

Peet kyk Linda in die oë.

“Ek doen dit nie net vir jou nie.  My ma-hulle was ook mense soos ons en hulle sal graag  my wil sien lewe soos een.  Moet nie voel ek doen alles net vir jou nie.  Ek wil hê jy moet gesond word en as betaling wil ek graag  hê jy moet my asb alles leer van mense en hulle dinge as jy nie sal omgee nie.  Ek sal jou na die naaste dorp vat maar jy sal my veder alles moet wys.  My draak het gepraat van ‘n dokter.  Wel ek weet nie wat dit is of wat hulle vir jou kan doen nie maar ek is bereid om alles te leer.”

Linda het ingestem en Peet het haar gehelp om op die kombers te kom.  Hy kon sien Linda het baie pyn maar sy het probeer  sterk bly oor sy weet Peet kan nie regtig veel doen vir die pyn nie.  Peet het haar vertel van alles wat hy geleer het in die bos en elke dingetjie teen die beste van sy vermoë aan Linda verduidelik.  Sy het ook kort-kort aan die slaap geraak oor die vreeslike pynne wat deur haar liggaam gaan.

Peet maak haar wakker voor ‘n dorp.  Linda vra vir die eerste persoon wie sy sien waar die dokters is.  Die persoon het hulle alby in die voertuig gelaai en hulle na die hospitaal gevat.  Die person het selfs gewag om te hoor of alles reg gaan  kom.  Die dokter het weer sy gesig gewys na ‘n paar ure.

“Alles sal reg kom en Linda is nou uit gevaar.  Sy sal wel ‘n paar dae hier moet bly vir opserwasie.”

Die persoon het gegroet wat hulle na die hospitaal gebring het.  Die dokter het voordat Peet te veel bekommer het met hom begin praat.

“Linda het die omstandighede mooi aan my verduidelik.  Sy slaap nou op die oomblik maar jy kan langs haar in die kamer gaan slaap.  Ek het haar juis in ‘n privaat kamer geplaas vir die rede.”

Peet kon nie glo dat Linda so vooruit gedink het met al die pyn nie.  Hy het self nie daaraan gedink nie.  Die dokter het hom gaan wys waar om te bad en skoon aan te trek voor hulle na Linda se kamer beweeg het.

“Linda gaan vas slaap en sal dalk eers more wakker word.”

Die volgende oggend het hulle ontbyt gekry en Linda het vir ‘n tellefoon gevra.  Sy het die mense gebel waar sy na die kinders gekyk het en hulle het besluit om daarheen te kom en haar goed wat hulle het vir haar te bring. Daarna het sy vir Peet gevra om langs haar te kom sit.

“Dankie vir alles wat jy gedoen het.  Die dokter sê jy het jouself goed bekwaam onder die omstandighede.  Ek was onder operasie en het ‘n paar lelike breuke opgedoen.  Ek sal hier moet aansterk vir ‘n maad of twee.  Maar moet nie bekomerd wees nie die dokter het gesê ons kan in die kamer bly tot alles in plek is vir my om weer te bestuur. Ek het ook nie ouers nie.  My moter sal hierheen kom met met my goed wat ek by mense gelos het.  Sal jou later alles verduidelik.  Ek het die mense se kinders sort van gaan oppas daardie aand  wat dit so rof gegaan het.  Ek sal vir die kos en alles betaal by die hospitaal.  Moet nie so bekommerd lyk nie ek sal jou alles wys en leer soos die tyd verby gaan.”

Peet staan op en kom staan langs Linda.  Hy vat haar hand in synne.

“Ons sal mekaar deur alles help ek belowe.  Moet jy ook nie oor my bekommer nie ek sal nie ver gaan nie.  Ek is verlore hier tussen mense.  My ouers is dood in die bos toe ek elf geword het.  Ek het maar myself geleer om na myself om te sien.  “

Linda glimlag vir hom voor die deur oopgaan.  Die dokter het gekom om te kyk of alles nog reg is vir hulle en of Linda al beter voel.  Sy het weer gevra vir ‘n foon en haar werk ook in kennis gestel van alles wat gebeur het.  Met die dokter se groet kom daar mense by die kamer ingestap. Linda herken hulle sommer dadelik.

“Goeiemore.  Ek is regtig jammer oor dit wat gebeur het.  Ek sal vir al die skade betaal.”

Die dogtertjie en die ouma kom staan langs Linda en vat aan haar hand.  Die ouma gee ‘n glimlag en die meisie knik vir haar oog.

“Linda jy hoef nie te bekommerd te wees nie.  Ons sal na alles omsien.  Jy het ons geleer om te luister deur dit wat gebeur het.  Ek is die meisie se ouma en ek moet sê ek het selfs ook al gewonder of sy nie die waarheid praat nie.  Sy het baie nagte om probeer om my te vertel maar ek het dit nooit erenstig op geneem nie.  Kyk nou net jy is vreemd en het my kleinkind gered van die onmoontlike.  Ons het net nie meer geglo aan die goed wat altyd in ons verbeelding was nie. Maar glo vir my ek glo en dink ek sal vir die res van my lewe glo.”

Linda glimlag en dan begin almal te lag.  Almal kom tot stilte.

“Mense is soms baie snaaks maar weet eending ons sal minder bekommernisse hê as ons almal net meer tyd saam met die kinders kan spandeer.  Leef  in hulle tyd en glo en doen soos hulle en  jou deure is altyd oop vir nuwe avonture.  Ek myself leef soms nog soos ‘n kind oor ek nie groot wil word nie.  Maar soos baie mense sê. ‘Die lewe is êrenstig genoeg lag is die beste middesyne en positiwityd is koning.’  Laat een peroon ‘n dag lag dan is die lewe baie beter vir almal.  Vriendelikheid en ‘n glimlag kos niks so deel dit uit.  Jy maak dalk iemand anders se dag beter en meer leefbaar.”

Almal eet nou van die koek wat die ouma gebak het.  Hulle het almal heerlik gekuier en gesels.  Linda het hulle die hele aand se gebeure vertel en almal het dit af gelag al of dit net ‘n storie was.  Linda is ‘n baie besonderse mens en sien alles as goed en het ook ‘n lese.

“Verander alles om jou soos dit jou pas.  Wees positief en jy sal baie beloning kry daarvoor.”

Almal het huistoe gegaan en so het almal meer positief deur die lewe gegaan.  Twee maande het gevlieg terwyl Linda aan gesterk het oor sy en Peet mekaar beter leerken het en so ook baie naby mekaar gekom.  Linda het Peet alles geleer en gewys voor sy weer gaan werk het.  Peet het gaan werk soek nadat hy besluit het hy hou van tuine en hy wil heeldag net in die tuin werk want die buitelug doen goed vir hom.