Sleutelbord Vingers

Chantal Pretorius

DIE ROOI OOG PES – 2017 © CHANTAL PRETORIUS

Gedig

tik, tik, tik

vinnig, haastig, lastig

verstik in die woorde

gebruik lank

of kort sinne

’n nuwe woordeskat

elke keer ’n webblad

en hand word lam

wit muis aan die brand

gedagtes besonders

bewonder die nommers

speel met wiskunde somme

knip, snipper, plak ’n beeld

die internet is gereed

webblaaie is warm

en databundel arm

vingers bly

vingers gly

oor swart sleutelbord

is elektrisiteitsvrate

van yster en plaat

kort ure sal nie baat

kan die hoofskakelaar

saggies, onverwags praat

haak internet spoed vas

rekenaarskerm van waterglas

swig die internet hard

papiere blink en glad

skakel na 010101 asem

spog met grys-wit wasem

soek werkwoorde

soek ander soorte

sleutelbord tik voort

swart of rooi

internet mooi opgetooi

links of regs

alles is reg.