Stemmig

Jemima Meyer

stemmig – 2017 © Jemima Meyer

Gedig – Volwasse

met my volgende

vervlietende

sal my stram arms

en my stemtoon net so

eentonig voortbestaan

 

want toe my oorsprong-

kragbron

hom bot

van my robot

ontkoppel

 

is my sisteem heel gedomp

my moederbord gekapot       

met nóg ʼn reep kleefband

oor my klankgereedskap geplak