Valeka

Chantal Pretorius

valeka – 2017 © Chantal pretorius

Volwasse Wetenskapfiksie

Hendrik is alleen op Valeka. Die ligbruin hoë bergtoppe lyk na steunpilare van naby af. Elke bergtoppie het sy eie krake, skeure en geskiedenis in ouderdom. Dit is wat Valeka so interessant maak.

Hendrik zip sy silwerwit pak vir veiligheidsredes toe. En kruipstap terug na sy tuig. Binne haal hy sy helm af en asem die vars suurstof in.

Al sy kollegas is dood. Net hy het die tog oorleef. Vir ’n aardbewoner is dit hartverskeurend om aan al die families te dink wat gaan rou oor hulle afsterwe.

Alles het so vinnig gebeur, onthou Hendrik. Die tuig se suurstoftenks was verpletter deur die ongeluk op Valeka, naby die Spitsberge, soos Hendrik die bergreeks nou noem. Nou sit hy en vergaan op ’n vreemde rooibruin planeet wat geen lewe op het nie.

Uit verveling verlaat Hendrik skaars ’n uur later weer die tuig. Dis immers nie asof die ding kan opstyg en wegvlieg nie. Hy grynslag. Wat ’n belaglike gedagte! Hy sal maar na die ander tuig stap en gaan kyk wat daar aangaan, dalk vind hy iets wat hom kan help.

Daar is nie tyd in die ruimte nie. Net ’n donker leemte van misterie-wonders oral waar jy kyk. Daar is ook nie ’n einde nie. Maar hy is gestrand op Valeka. Gaan dit sý einde wees? Dis nie eens sy planeet nie!

“Ek’s ’n dapper muis. Kyk hoe stap ek op Valeka. En daar’s alles waarvoor ek vrees,” sing Hendrik, en kry lag vir sy ligsinnigheid. Waarom kom dié ou liedjie juis nou by hom op?

Toe hy by die ander tuig aankom, klou hy uitgeput en uitasem aan die robotpoot naaste aan hom. Die tuig staan stewig op sy pote geplant. Dis van dieselfde suiwer silwerwit metaal gemaak. Alles binnekant is gekompliseerd; maar hy’s ’n sterrekundige sowel as ’n astronaut. Hy hoort in die ruimte. Maar hoe kan hy sy reise voortsit sonder enige werkbare tuig om mee huiswaarts te keer?

Hy sien naby hom lê drie van sy kollegas dood. Hulle het die tweede tuig bestuur. Wat ’n skoks om hulle so te sien!

Hy het hierheen gekom om navorsing te doen. Nou is daar geen werkbare navorsingstoerusting vir sy werk nie. Daar is ook geen manier om kontak te maak met die aarde nie. As wetenskaplike voel dit vir hom of hy uit die nes geskop is. Uit sy tuisland. Asof almal daar van hom vergeet het.

Hendrik druk van die sagte swart knoppies op die hand apparaatjie. Op die tuig self se toetsbord, aan die buitekant, was dit vernietig asgevolg van die rowwe landing. Die versterkte glasluike skuif oop en hy klim in, waarna die luike vanself toeskuif. En hy weer veilig voel in sy glaskoepelhuis.

Raps raak Hendrik aan die slaap. Hy droom van sy kollegas. Hoe hulle gesterf het. Die bloed. Die gille. Die laaste kyke in hulle oë voor hulle deur massiewe donderweerwindstorms uit die tuig geruk is na hul dood toe. Hy het bestuur en sy kollegas was in hulle slaapkamers besig. Dis toe die stofstorms uit die bloute kom en die tuig se agterste luike tref en hulle uit die tuig ruk, en hy oorleef van droë pakkies kos.

Skielik skrik Hendrik wakker van die tuig wat ruk asgevolg van ligte stofstorms. Sy asem jaag. Vlugtig vee hy die nagmerriesweet weg met sy linkerhand en probeer homself kalmeer.

Toe die stofstorms en rookwalms bedaar, sit Hendrik regop en sien hy deur die luike geskok bekende gesigte wat hom siniies aankyk. Sy wange word warm. Hy is tog skuldig aan niks nie.

Hy klim raps uit die tuig. Tot sy skok kom iemand aangestap. Is dit ’n vreemde wese? ’n Inwoner van ’n planeet wat almal op aarde gereken het onbewoon is? Sy oë rek geskok. Hy herken die persoon. Steek sy hand uit. “Thomas? Is dit jy? Ek dog jy’s dood? Waar kom jy vandaan?”

Thomas antwoord nie. Sy gelaatstrekke lyk bleek en siek. Hy is duidelik nie homself nie. Hendrik tree terug toe Thomas begin verander. Sy tande ontbloot. Dierlik. Aggressief. En vir Hendrik met tande en kloue aanval. Hendrik veg hard vir oorlewing, slaag daarin om Thomas grond toe te stamp.

“Help my, Hendrik?” mompel Thomas, tot Hendrik se ontsteltenis. “Help my, vriend.”

Hendrik frons bekommerd. “Waar kom jy vandaan, Thomas?”

Thomas lyk weer normaal. “Van die berge af. Ek het daar ontwaak en het toe besluit om terug na die tuig toe te kom. Ek dink die windstorm het my tot daar by die berge gegooi.”

Hendrik skud sy kop een keer. Hy moet wegkom. Hy is nie veilig op Valeka nie. Hier is vreemde dinge aan die gebeur, dinge wat hy as wetenskaplike nie kan of wil aanvaar nie.

Met ’n reguit gesig sê Hendrik: “Staan op, dan gaan ons huis toe, pel. Wat sê jy daarvan. Waar is Cathy, Thomas? Waar is sy?”

Thomas snak na asem. Gryp na sy keel. Hendrik buk af op sy knieë; voel Thomas se pols. Sluk swaar. Sy kollega is dood. So skielik? Wat gaan aan? En hy het netnou nog geleef. Sal dit iets met Valeka se atmosfeer te doen hê?

Sy hartklop jaag toe hy opstaan en sê: “Jammer pel, ek moet gaan. Ek’t ander reise wat voltooi moet word. Ek kan nie langer hier bly nie. Jy’s nou deel van Valeka se spoke. Ek kan jou nie help nie.”

Vinnig klim Hendrik in die tweede tuig. Sy vingers speel oor die toetspaneelbord. Dis intuïtief en tot sy blydskap styg dit op tot die bergtoppe ver weg lyk. En hy het gedink hy gaan Valeka nooit kan verlaat nie. Tot Hendrik ’n iewers agter hoor. Hy skakel die masjien oor na Outo. Stap na agter op soek na die geluid.  Kyk orals rond, ook in die pakkamer, waar hy nog talle pakkies droë kos sien vir die terugreis.

Vind Cathy daar. Uiterlik net so sielloos soos Thomas. Hy sluk die vrees weg. Sy lewe. Buite was daar nie suurstof nie, net Valeka se vreemde atmosferiese gasse. Binne is daar wel suurstof wat Cathy lewend hou.

“Hendrik, reg of weg? Ons moet huis toe gaan. Ek kan Valeka nie meer verduur nie.”

Die tuig ruk en pluk in die stowwerige rooi lug. Iewers is iets foutief. Hy sal moet land. Hy het geen keuse nie. En dan? Terug op Valeka. Terug by die aarde se dooies. Hoe lank sal hy dit oorleef?

Hy?

Hulle!

Want Cathy is by hom. Hy is nie meer alleen op Valeka nie. Hy sal nie meer alleen op die vreemde planeet sterf nie. Dit is sy enigste troos. En selfs vir ’n wetenskaplike is dit iets wat tel.