Wat is Fantasie?

Fantasie is fiksie wat bestaan uit opgemaakte stories wat elemente of dele bevat wat nie realisties is nie. Karakters het gewoonlik magiese of bonatuurlike magte of maak gebruik van buitengewone tegnologie wat hulle in staat stel om fantastiese dinge te vermag.
Fantasie word gekenmerk deur stories wat lesers na die verlede of die toekoms neem wat parallel loop met ons eie tyd om die hede te verken, die stryd tussen goed en kwaad, hebsug teenoor onselfsugtigheid en die betekenis van die lewe en die dood.
Fantasie se hooftema is dikwels ernstig, met betrekking tot maatskaplike en politieke kwessies wat handel oor menslike waardes, emosies en motivering.

Ons gaan na die volgende sub-genres binne die Fantasie kyk:

  • Alternatiewe Geskiedenis;
  • Donker Fantasie;
  • Feëverhaal;
  • Geestes Fantasie;
  • Heldhaftige Fantasie;
  • Historiese Fantasie;
  • Hoë Fantasie;
  • Jeug Fantasie;
  • Kontemporêre Fantasie;
  • Lae Fantasie;
  • Mitiese Fanasie;
  • Romantiese Fantasie;
  • Superheld Fantasie;
  • Swaard en Towerkuns;
  • Wetenskap Fantasie.

Alternatiewe Geskiedenis:

Alternatiwe geskiedenis is wel bekend as ’n sub-genre van die wetenskapfiksie. Ook kry ons te doen met ’n alterantiewe verlede met die enkele verskil dat die tema van die verhaal nog steeds korrekte historiese gebeure bevat saam met elemente van magie en towerkuns, om die groot vraag wat in hierdie sub-genre gevra word, “Wat van as die geskiedenis anders verloop het?” te beantwoord.

Hoewel baie vorme van alternatiewe geskiedenis geklassifiseer word as wetenskapfiksie, is alternatiewe geskiedenis in fantasie vol towerkuns, magie en/of fantastiese wesens in oorvloed.

Donker Fantasie:

Donker fantasie, as sub-genre, verteenwoordig die brutaliteit van die Middeleeuse tydperk wat hoofsaaklik gekenmerk is deur grusame tonele.

Donker fantasie kombineer egter die wreedheid van die verlede met die sub-genre “swaard en towerkuns” wat gewoonlik afspeel in die sfeer van swaardgevegte en towerkuns in die leefwêreld van afsku of afgryse.

Feëverhaal:

Feëverhaal oor die algemeen beskik oor heelwat verskillende elemente van sprokies en volksverhale. Hierdie sprokies en volksverhale staan gewoonlik sentraal ten opsige van die storie en neem altyd ʼn morele standpunt in.

Die sentrale idees is:

  • dat dit soms ʼn oorvertelling is van ʼn klassieke verhaal, om dit op ʼn morderne of eie tydse wyse aan ʼn nuwe gehoor bekend te stel;
  • dat dit die meeste van die tyd voort gaan met die vrolike tema en mooi boodskappe (van ʼn amper Utopiese wêreld) van ʼn feëverhaal;
  • dat alhoewel die standaard van ʼn feëverhaal vrolik is, dit soms geïgnoreer word, om ʼn meer donker en waarskuwende boodskap oor te dra en kan elemente bevat van donker fantasie, hoë fantasie, kontemporêre fantasie – dit speel ook soms af in ʼn bekende historiese agtergrond.

Romans in die Feëverhaal:

  1. FANTASTES – George MacDonald (Thompson Boekdrukkery, 2013)

Geestes Fantasie:

Geestes fantasie word gekenmerk deur ‘n verhaal wat hom hoofsaaklik afspeel in die geestes wêrelde van die goeie (die hemel), die neutrale (onderwêreld) of die kwaadaardige (die hel). Die sub-genre se oorsprong is afkomstig vanaf die Griekse mitologie.

Heldhaftige Fantasie:

Heldhaftige Fantasie kan beskryf word as ʼn kombinasie van hoë fantasie en swaard-en-towerkuns.

Die sentrale idees is:

  • dat dit die held of heldin gewoonlike op ʼn ontdekkingsreis gaan, wat groot gevare vir hom of haar inhou. Die karakter oorkom hierdie gevare met gemak as gevolg van sy of haar kennis van toor- en/of vegkuns;
  • dat die karakter deur die verloop van die verhaal meer magiese en/of towerkuns aanleer om bedreigende gevare uit die koningkryk uit te hou;
  • dat die koningkryk of ʼn gedeelte van die koningkryk bedreig word deur donker magte of die inwoners self onderdruk word deur die koningshuis self, en slegs ons helhaftige held of heldin kan hulle verlos.

Romans in die Heldhaftige Fantasie:

  1. DIE VITA FAKTOR Rachelle du Bois (Thompson Boekdrukkery, 2016)
  2. DIE OPLOSSING: VALHALLA – Quintin Ellis (Thompson Boekdrukkery, 2013)
  3. DIE OPLOSSING: DIE PELGRIM Quintin Ellis (Thompson Boekdrukkery, 2013)

Historiese Fantasie:

Historiese fantasie neem twee verskillende vorms aan; die een sluit stories in wat die historiese verlede (met elemente van fantasie), sowel as kontemporêre fantasie in die hede insluit, die ander is die skep van ‘n fiktiewe wêreld wat ooreenstem met ons eie met herkenbare analoë vir lande, historiese gebeure of historiese figure en persoonlikhede. Afsonderlike sub-genres binne die historiese sub-genre van fantasie sluit ook die volgende in:

  • Keltiese fantasie – Fantasie met sterk historiese agtergrond en gebeure oor die Kelte.
  • Stoompoen – Stoompoen is fantasie wat afspeel in die Victoriaanse en Edwardiaanse era, waar sekere tegnologiese eienskappe, veral stoomaandrywing, sterk na vore kom. Stoompoen kan ook gesien word as alternatiewe geskiedenis.
  • Historiese hoë fantasie – Fantasie met ‘n akkurate historiese agtergrond en kan beskou word as ‘n variase van die hoë fantasie.
  • Middeleeuse fantasie – Fantasie wat hoofsaaklik handel oor die ouderdom, geskiedenis, gebeure, avonture ens. van ridders.
  • Prehistoriese fantasie – Fantasie wat gekenmerk word deur die beskrywing van prehistoriese mense en hulle lewe.
  • Wuxia – Wat letterlik beteken “kuns-helde”, is ‘n sub-genre wat die filosofie van Xia (eer of etiese held) volg waar in Japan dit die samurai is, in Engeland die ridder, in Amerika die geweervegter, in Sjina die swaardvegter en in Suid-Afrika die wildjagter, ens.. Helde in wuxia hoef nie noodwendig in besit te wees van ‘n militêre mag of afkomstig te wees van ‘n aristokratiese klas nie.

Hoë Fantasie:

Hoë fantasie (ook epiese fantasie) word gekenmerk deur ‘n epiese stryd tussen goed en kwaad in ‘n fantasie wêreld, parallel aan ons eie, waar helde of heldinne ondubbelsinnig goed is en die skurke ondubbelsinnig sleg is. Alhoewel hoë fantasie en swaard en towerkuns die elemente van magie en towerkuns deel, lê die verskil daarin dat hoë fantasie ‘n objektiewe waarneming is van morele kosepte wat gewoonlik ons hedendaagse morele waardes bevraagteken teenoor swaard en towerkuns se sentrale tema van aksie. Terwyl die die graad waarin die fantasie wêreld afspeel, nie gebaseer is op ware historiese gebeure nie, skei hoë fantasie hom weer van historiese fantasie.

Jeug Fantasie:

Jeug fantasie is ‘n spesifieke sub-genre geskik vir die jonger geslag. Hierdie sub-genre is ‘n kombinasie van jeug- en fantasie-fiksie en gewoonlik oorvleuel die ander fantasie sub-genres mekaar in een enkele storie. Die helde en heldinne in hierdie genre is gewoonlik tieners, met unieke magiese kragte of voorwerpe.

Kontemporêre Fantasie:

Kontemporêre Fantasie speel grotendeels af in die moderne wêreld en is stewig gegrond in die realiteit, waarin die storie openbaar dat towerkuns en magiese wesens wel bestaan.
Afsonderlike sub-genres binne die kontemporêre sub-genre sluit die volgende in:

  • Stedelike Fantasie – Fantasie wat afspeel in bekende stedelike gebiede, met die toevoeging van magie en towerkuns.
  • Verlore Wêrelde – Fantasie waarin die karakter(s) ‘n verlore stad of eiland ontdek wat vir eeue versteek of vergete was of wat beskerm word deur magiese wesens of towerkuns.
  • Uitverkorene – Storie waar die karakter(s) ontdek dat hy/sy afkomstig is van ‘n geselekteerde groep towenaars, ridders of bewakers wat eers ‘n ontgroening en oriëteringsproses moet deurmaak. Uitverkorene fantasie fokus op selfaktualisering.

Die sentrale idees is:

  • dat vampiere, towenaars, hekse, weerwolwe, ens. vandag bestaan en daar word gekyk na hulle persoonlike stryd teen die goed of teen die kwaad;
  • wat sal die lot wees van ʼn karakter sou dié ontdek dat hy of sy oor magiese magte beskik, en die sielkundige impak op sodanige persoon – sou dié dit aanwend vir goed of kwaad;
  • dat die karakter wat byvoorbeeld ʼn vampier, heks, trol, ens. is, altyd die buitestaander (verstoteling) sal wees – juis vir hierdie rede spreek hierdie sub-genre die “alleen wees” in ʼn vinnig veranderede wêreld aan;
  • wat sou die wêreld se mening en optrede wees heens die ontdekking van feë, trolle, kabouters, weerwolwe, ens. met magiese magte.

Romans in die Kontemporêre Fantasie:

  1. MIDDERNAGSON – Petronel (Thompson Boekdrukkery, 2015)
  2. JOU LEWE… VIR MY LIEFDE – Petronel (Thompson Boekdrukkery, 2013)
  3. MAN… OF DIE MONSTER – Petronel (Thompson Boekdrukkery, 2013)

Lae Fantasie:

Lae fantasie is nie ‘n behoorlike sub-genre as sodanig nie, maar is eerder in ‘n antagonistiese verhouding met die meer goed-gedefinieerde hoë fantasie om werke van fantasie in die letterkunde te beskryf wat afspeel in die werklike wêreld, met meer realisme en ‘n siniese wêreldbeskouing, en wat probeer om nie magie of die donker fantasie te beklemtoon nie.

Mitiese Fantasie:

Mitiese fantasie is ‘n storie wat in die werklikheid afspeel, maar waar mitiese temas, simbole en karakters ‘n sentrale rol speel. Die genre verskil van die meeste ander fantasie sub-genres behalwe die feëverhaal fantasie omrede feëverhaal fantasie gegrond is op mitiese temas en volksverhale, maar met ‘n nuwe en persoonlike interpretasie van bestaande mites en volksverhale.

Romantiese Fantasie:

Romantiese fantasie kan gevind word in alle sub-genres van fantasie, en word onderskei deurdat dit sterk fokus op die romantiese verhoudings tussen die karakters, wat gewoonlik sentraal is tot die storie. Romantiese fantasie word verder onderskei van gewone romantiese literatuur deurdat dit meestal uit dapper vroulike krygers, vroulike soldate en huursoldate bestaan wat aanvaarding en liefde vind deur die verloop van die verhaal wat afspeel in fantastiese wêrelde en gevul is met magiese elemente, natuurlike en geestelike kragte.

Superheld Fantasie:

Superheld fantasie speel gewoonlik in die kontemporêre wêreld af met die toevoeging van al die ander elemente en konsepte van fantasie en wetenskapfiksie wat buitenaardse intelligente wesens, toekomstige tegnologie, magie, klassieke mitologiese wesens en swaardgevegte insluit. Die karakter(s) is dikwils toegerus met fantastiese vermoëns, vaardighede en is in besit van ‘n kenmerkende wapen en ‘n geheime identiteit.

Swaard en Towerkuns:

Swaard en towerkuns wat hoofsaaklik gemoeid is met onmiddellike fisiese bedreigings en optrede van die karakter(s), wat verder gekenmerk word deur epiese swaardgevegte wat geinspireed is deur Middeleeuse ridders en die gebruik van towerkuns. Die storie volg die wedervarings van die held of heldin terwyl hy of sy sukkel om die kwaad te oorwin deur gebruik te maak van ‘n swaard en hul groot spiere. Daar is selde objektiewe waardes of enige kosmiese geregtighied in swaard en towerkuns fantasie, selfs wanneer die karakters moreel optree of toevallig ‘n goeie daad verrig, want die karakter(s) se motivering is altyd in eie-belang, en dit is juis vir hierdie rede dat dit van hoë fantasie onderskei word.

Wetenskap Fantasie:

Wetenskap fantasie is ‘n kombinasie tussen die genres wetenskapfiksie, met sy laser gewere en ruimtereise, en fantasie, met sy elemente van magie, towerkuns en swaardgevegte. Terwyl daar in ‘n tipiese wetenskapfiksie storie wel elemente bestaan van towery (in die vorm van spesiale aangebore magte) is dit nie noodwendig wetenskap fantasie nie. Wetenskap fantasie speel dan hoofsaaklik af in die ruimte of op vreemde planete waarvan die fiktiewe wêreld gekoppel is aan fantasie, waar daar verwys word na fantastiese samelewings, ridders en vorste asook in die narratiewe struktuur word daar dikwels verwys na mites en volksverhale.

Afsonderlike sub-genres binne die wetenskap fantasie sub-genre kan die volgende insluit:

  • Swaard en planeet – Fantasie avontuur en missies wat afspeel op ‘n planeet met min wetenskaplike akkuraatheid.
  • Sterwende aarde – Fantasie wat afspeel na die “groot vernietiging” waar slegs enkele tegnologiese ondekkings behoue gebly het en ander weer verlore is (veral elektrisiteit), waar vorste, ridders en ryke weereens die hoofrol vertolk in die verhaal.
  • Verre toekoms – Fantasie storie wat afspeel in die verre toekoms.