Boekwinkel

Nuwe boeke

Arwantië 2953 – Eben van Renen

Thompson uitgewers, 2011

Dit is die jaar 2953 AD… Die mensdom is verspreid oor meer as ‘n duisend planete in die bekende ruim. Een nasie moes lank wag en ver soek om hulle eie tuiste te vind. Die Arwantyne prober ‘n bestaan maak op ‘n planeet in die misterieuse onbekende ruimte. Kobus Steyn, rekruut in die Arwantynse Ruimtekorps, se drome word verpletter wanneer die TAR hulle verskyning maak. Wanneer ‘n intelligente organisme, wat byna oor die hele planeet strek, hom aantas, ontaard Kobus se netjiese, gedetailleerde lewensplan in chaos. Kobus, en sy volksgenote, is gyselaars in hulle eie, verwronge wêreld, en uitgelewer aan die wreedheid en oormag van hul vyande. Kobus self steier onder die druk van sy verlies en sy eie sin vir verantwoordelikheid. Een ding is egter helder en duidelik vir die hele nasie: as Arwantyne het hulle gekom om te bly! …of het hulle?

Arwantië 2953 kan bestel word deur ‘n vonkpos te stuur aan ebenvanr@yahoo.ca

Ondulan – Gerrit van Dijk

Xlibris drukkers, 2011

Sowat 150 jaar ná die Wederkoms van Christus ontvang kadet Taéll Adanaii Shanidar ‘n boodskap tydens ‘n diepruimte-verkenningsekspedisie, dat sy ma en broer ernstig beseer is onder omstandighede wat streng geheim gehou word. By sy terugkeer na die Aarde, vind hy uit dat die enigste persoon wat lig kan werp op die gebeurtenis, is die Sentrin, Aregan Shanidar, An-Jorí van die Shanidar-familie. ‘n Oorlewende uit die Christen-vervolging van die Antichris, vroeg in die 21-ste eeu, is Aregan ‘n sleutelfiguur in die planetêre ruimteverkenningsliggaam, ASTRA, se interdimensionele navorsingsprogram. Die fokusveld van hulle navorsing, is die herwinning van plant- en dierspesies wat uitgesterf het tydens die Slag van Armageddon. Want sedert die wêreldwye vernietiging van die Derde Wêreldoorlog, werk wetenskaplikes van die Duisendjarige Vredesryk onverpoos om die Aarde weer na haar volle eertydse glorie te herstel. Die enigste oplossing vir die herwinning van hierdie uitgestorwe spesies, is uiteindelik om terug te beweeg in tyd, om die DNS van hierdie verlore spesies te onderskep vir ‘n intensiewe teëlprogram. Maar die epiese tog word vertraag deur Helicron, ‘n mede-oorlewende uit die 21-ste eeu wat ernstig waarsku teen hierdie ambisieuse, geskiedkundige onderneming- Lucifer, die Stelselheer wat die Aarde sedert die val van die mens regeer het, is vir die duur van hierdie Duisendjarige regering van Christus, veilig verwyderd van die mensdom, vasgevang in ‘n Gravitasiekolk in ‘n vreemde dimensie. Open jy ‘n deur na die verlede waar Lucifer steeds heers, stel wetenskaplikes die Duisendjarige Vrederyk in gevaar van ‘n demoniese oorname. -’n Demoniese oorname, soos voorspel in Openbaring!

Ondulan kan aanlyn bestel word by www2.xlibris.com

Tweedehandse boeke

U kan gerus die volgende webtuistes besoek om u te help met die soek van ou wetenskapfiksie- en fantasie boeke. Sterkte!

  1. SPRINGBOKBOEKE en LIZMAR
    Webtuiste: www.springbokboeke.co.za / www.lizmar.co.za
    Vonkpos: andre@springbokboeke.co.za
    Kantoor: +27 (0) 12 345 4040
    Sakfoon: +27 (0) 83 253 4832
  2. KAKKERLAK
    Webtuiste: www.kakkerlak.co.za
    Vonkpos: kakkerlak@mweb.co.za
    Kantoor: +27 (0) 11 766 4015
    Sakfoon: +27 (0) 83 234 0245
  3. MAROELABOEKE en TIERBERGBOEKE
    Webtuiste: www.maroelaboeke.co.za / www.tierbergboeke.co.za
    Vonkpos: neels@maroelaboeke.co.za
    Kantoor: +27 (0) 21 913 1713
    Sakfoon: +27 (0) 84 449 5963

eBoeke

Arwantië 2953 – Eben van Renen

EEN BILJOEN JAAR N.C. – CHARLES F. STOFBERG

‘N FEËVERHAAL: ‘N NUWE OU WÊRELD – WERNER VAN PLETZEN