Atlantis

Atlantis is een van die bekendste mitiese plekke en die inspirasie van baie wetenskapfiksie.

Die Griekse filosoof Plato was die eerste om van hierdie plek te skryf reeds ongeveer 360 v.C.  Plato het dit laat voorkom dat Atlantis ‘n werklike plek is waarvan hy kennis gedra het, eerder as ‘n fiktiewe of bloot mitologiese plek. Volgens hom was Atlantis ‘n groot eiland (of kleinerige vasteland) met ‘n indrukwekkende beskawing wat ‘n sterk ekonomie gehad het, en was die samelewing ‘n utopia. Die heersers was afstammelinge van Posseidon, maar weens die vermenging van hul bloed met die sterflinge, is die hele Atlantis in ‘n enkele dag en nag verwoes deurdat dit in die see weggesink het.

Dit is algemeen vir akademici om die mening te huldig dat Atlantis niks meer was as ‘n fiktiewe idee wat Plato gebruik het om konsepte te illustreer nie, maar daar is tog groot gemeenskappe wat glo dat dit inderdaad wel bestaan het. Tewens, die see waarin dit geleë was staan steeds as die Atlantiese Oseaan bekend.

In Januarie 2015 het ‘n fonds aan die lig gekom deur ‘n span duikers wat in ‘n gesonke vaartuig aan die kus van Sicilië gevind het en sowat 2 600 jaar oud is. Hulle het daarin metaal gietsels gevind is wat behoue gebly het. Die ontleding van die metaal het aangetoon dat dit ‘n legering is wat hoofsaaklik bestaan uit koper en sink met klein hoeveelhede nikkel, lood en yster. Wat hierdie ontdekking besonder interessant maak is dat die legendes van Atlantis vertel van ‘n besonderse metaal wat besonder kosbaar was en waarvan Atlantis die produsent was – sogenaamde origalkum (“orichalcum”), en dat die vaartuig dateer uit die tyd toe Atlantis nog sou bestaan het. Verder is hierdie metaal nie met enige ander beskawing geassosieer nie en is die enigste ander voorbeelde daarvan in enkele ornamente gevind wat ook moontlik van Atlantis hul oorsprong kon hê. Dit was tot nou toe nog geglo dat dit maar bloot ‘n legende was, maar hierdie nuwe fonds gee nou weer nuwe lig aan ‘n moontlikheid dat Atlantis dalk tog wel bestaan het.

Eintlik is daar taamlik baie argeologiese feite wat dui op die wesentlike moontlikheid dat die legende dalk wel sou kon bestaan. Wetenskaplikes meen egter dat daar geen teken onder die see is van so ‘n moontlike landmassa wat dáár “gesink” het nie. Baie spekuleer egter dat die presiese ligging van Atlantis nie so presies bekend was nie en dat dit dalk elders kon wees.

Van die legendes vertel van ‘n samelewing wat ongelooflike tegnologieë bemeester het soos energiekristalle, vliegtuie, duikbote, ens. en van toe af was dit ‘n fantastiese bestemming vir WF om verhale te skep met Atlantis as ‘n tema of agtergrond.

In die wetenskapfiksie kom Atlantis dikwels voor, soos Helena Hugo se boek Atlantis (1979)

 

 of Wille Martin se 1982 boek – Atlantis.

En Jan Combrink se 1980 boek Atlan, Prins van Atlantis.

Terug na:      Dít waarvan drome gemaak is…