Beste skrywer
Afrifiksie wil graag u Afrikaanse wetenskapfiksie- en fantasie manuskrip in druk sien of selfs as ‘n e-boek. Daarom is dit vir ons ‘n voorreg om die volgende besighede en kunstenaars aan u bekend te stel, om u te help om u droom te verwesentlik.
Laat weet ons gerus van u wetenskapfiksie- en fantasie boek en/of kunswerke en ons adverteer dit met graagte vir u hier op AFRIFIKSIE.COM.
Ons kan egter nie die diens en gehalte van die onderstaande besighede en kunstenaars waarborg nie, dus vra ons u om ons asseblief skriftelik te laat weet van u persoonlike ervaring met die onderstaande besighede en kunstenaars se dienste, sodat ons vir u en ander ‘n gehalte-tuiste kan skep.
Hulp met die druk van u boek.
- www.authorhouse.com
- www.infinitypublishing.com
- www.iuniverse.com
- www.lizmarpublishers.co.za
- www.lulu.com
- www.outskirtspress.com
- www.selfpublishing.com
- Thompson Uitgewers (Seun@Afrifiksie.com)
- www.xlibris.com
Hulp met u voorblad.
1. Gerrit van Dijk (gerritvdijk@gmail.com)
“Verpakking is alles!”
Niemand tel ‘n onbekende laserskyf (CD) op met ‘n swak omslag nie. Dieselfde geld vir ‘n boek. ‘n Swak voorblad skiet jou werk uit die staanspoor in die voet, veral as niemand jou ken nie…
Ken jy jou mense? Die mense van jou boek? Hoor jy hulle asemhaal as jy slaap?
Ek ken dit. En ek kan jou help om vleis aan hulle geraamtes te hang.Ek is Ger rit van Dijk, skrywer van ONDULAN, (sien Google) woonagtig in Suid-Afrika, en is vertroud met verskeie kunsmedia, maar hoofsaaklik akriel en olieverf.
Ek kan jou karakters, planeetlandskappe en ruimteskepe individueel vir jou uitbeeld. Skilderye word gemaak, en digitale foto’s word geneem om later gerangskik te word deur die grafiese ontwerper van jou keuse.
