Geloof en Godsdienstig

Hoewel werke wat handel oor die inhoud van godsdiens nie spesifiek in Afrifiksie se grense val nie, is godsdiens een van die rykste velde wat die verbeelding aangryp met voorspellings, wesens en teorieë wat vrugbare grond is vir spekulasie en vir fiksieskrywers om op voort te borduur. Engele, demone, profete, die hel, Armageddon, wegraping, die apokalips, ensovoorts is almal temas wat amper vanself vloei om fantastiese verhale om te weef.

Een so ‘n titel is Die Twaalf – ‘n vertaalde werk geskryf deur William Gladstone.

Dan is daar die aangrypende werk van Gerrit van Dijk, Ondulan wat elemente van godsdiens, wetenskapfiksie en fantasie saamweef in ‘n baie indrukwekkende verhaal wat sterk aanbeveel word.