BLITZ-REIS NA MARS – Chantal Pretorius

André De Jager, trek sy T-hemp en denim uit. Neem die klein ruimtepak fronsend en trek die pak aan. Daarna vee hy sweet weg met een hand. Kyk na die projek oor Mars wat op die bedkassie lê en vir hom wag. Hy loop nader en vat dit, gaan sit op die bed. Lank laas het hy so opgewonde gevoel oor ʼn nuwe reisgids en toer na Mars toe. Maar wat van die res. Hoe voel hulle oor hierdie ongelooflike geleentheid?

Hy staan op, loop na die venster. Haal diep asem, peter aan sy ruimtepak. Nogals ongemaklik. Die tuig is bietjie bedompig binnekant, maar buitekant in die ruimte is dit donker. Net so nou en dan sien hy komete vonkel. Hier en daar is reuse asteroïedes wat verby die tuig stadig beweeg.

Dan sluk hy die freesloosheid van oorlewing weg.

Sommige is groter as ander en in verskillende vorms sienbaar. Hy het al gehoor van die asteroïed Kleopatra wat soos ʼn been gevorm is. Vreemd hoe die ruimte alles so besonders vorm en die kleure skep om aan te pas by die planete en die nie-planete.

“So André, hoe vorder die reisgids na Mars toe?’’ vra Cindy Nel.

Cindy is ʼn pragtige vrou. Haar lang blonde hare en sagte blou oë straal soos die koudste planeet na hom. Niemand het dit al ooit gewaag om Uranus te besoek nie. Daar sterf jy vinnig met grade van minus 224 grade selsius, nie eers te praat van die buitengewone seisoene wat deurmekaar is nie.

Hy sluk weer, draai sy hele lyf om. Glimlag dan vir haar. “Sit jou ruimtepakkie ook so styf?’’ sê-vra hy en kyk weer na buitekant.

Cindy se skouers lig omhoog. “Ek het lanklaas so goed gevoel oor myself in die oulike klein pakkie.’’ Dan loop sy nader. Sit haar hand in syne en vir ʼn oomblik is daar net stilte – stilte wat alles koester en beskerm teen die onbekende.

André en Cindy staan vir ʼn oomblik stil langs mekaar. Hulle voel so nou en dan rukkings van die tuig. Wonder wat met die brug se beheerstelsels aangaan. En wie in beheer is van die brandstoftenks, so ook die hoofmotore. Daarsonder kan die tuig nie na Mars vertrek nie. Dan moet hulle terugkeer aarde toe. Sonder om die hoop dat hulle met lewende wesens kan komunikeer. In verskillende tale en handskrifte.

Cindy kyk na hom en glimlag skeef. “Sal ons iets gaan eet later?’’ vra sy. “Of het jy ander planne wat moet gedoen word?’’

Hy knik. Al wat daar kweek, is net groente, maar tamaties is tog ʼn vrug? Sal graag die nuwe geelgroen soetrissies wil proe. Hy het lank uitgesien daarna.

“Dink jy die kweekhuis groei net organiese groente?’’

Cindy knik. “Ja,’ hoe anders gaan ons eet André,’’ sê sy glimlaggend. “Met die regte beligting en aardse water is enige iets moontlik.’’

Sy groet vir hom en gaan terug na haar kamer. En André maak gereed om sy groep genies te gaan ontmoet. Mans en vroue word geskei hier. Die meeste verkies dit so, want die kaptein het dit so gereël en neimand mag die reëls of regulasies verander nie.

Hy glimlag, wens nou vir ʼn spieël. Maar al wat blink is die tuig se vloere en staalrame binnekant. Daar is geen gordyne soos op aarde, fauna en flora nie, net die onsekerheid van wonderwerke en navorsing.

Later, vee André die swartbord skoon. Alle informasie oor sonnestelsels, komete en hoëstandaard formules was ʼn half uur gelede belangrik. Maar nou weet sy studente alles van die atmosfeer, reisgids en toekomstige planne af.

André kyk na sy polshorlosie. Dis amper middag. Glimlaggend skud hy sy kop. In die ruimte is tyd deurmekaar en onvoorspelbaar. Hy het eenkeer ʼn vonkpos gestuur na aarde en dit het dae lank gevat voordat sy moeder, Cecil De Jager dit ontvang het.

“En… vertel my meer van jou klas?’’ vra sy en staan met haar arms gevou.

Hy kyk vir haar. Cindy se hare is vasgemaak. En die stywe ruimtepak verander na ʼn ander kleur.

“Goed,’’ antwoord hy. “Sal ons iets gaan eet by die restuarant.’’ Hy voel ʼn koue rilling af sy rug beweeg. Dit raak al kouer in die tuig en meer rikkerig.

Cindy sien sy frons en byt haar onderlip vas. Sy lyk self bekommerd oor die tuig se vreemdheid die laaste week. “Ja, wees net versigtig in die restuarant. Ek wil nie jou drankie op my skoot hê nie.’’

Die ontspanninsgfeer is gewoonlik vol ruimtetoeriste. Daar is nulswaartekrag. Ook gevaarlik vir die wat rondsweef van een plek na die ander. Hy sal maar moet versigtig wees in die restuarant. Daar sweef hulle ook rond. Gedurig is daar ʼn ongeluk. Tyd om verantwoordelik op te tree. En ʼn vergadering te reel.

Cindy staan amper twee meter weg. Sy was voorheen altyd bekommer oor sy woede uitbarstings. Maar deesdae vertrou sy hom ten volle met alles. Selfs om die tuig te bestuur. Om haar in te sleep by elke reistoer wat hy beplan.

Cindy en André loop saam in die lang gang. Groet werkers en wetenskaplikes wat nuwe uitvindels ontwerp vir die toekoms. Hy stoot die deur oop. Haal diep asem toe hy gekookte kos ruik. “So wat is op die spyskaart vandag? Of gaan ek moet raai wat in my bord is?’’

Cindy grinnik-lag vir hom. Dan kyk sy hom grootoog aan. “Ek het uitgewerk hoe lank dit gaan neem om Mars te bereik.’’

André weet dit gaan dekades of eeu neem. Een van die twee is moeilik om vas te stel somtyds. Alhoewel die reisgids gereed sal wees in 2065. Probeer hy die toer van korter duur te maak. Dit sal sowat 50 jaar neem voordat hulle Mars kan besoek. Weens die rotsveranderings, stofstorms en moontlikheid op ruimtewesens.

Hy skud sy kop. Neem ʼn bord en skep kos in. Die disse is kleurvol, maar lyk smaakloos. Sy doen dieselfde. Hulle gaan sit by ʼn tafel. Sien spesialiste met mekaar komunikeer. Seker oor Mars. In die tuig is almal se geduld klaar. Hulle gaan sit en begin te eet. Lyk ernstig oor die planeet. En die dag van die aankoms.

“Ons sal eers Mars in die jaar 2065 bereik.’’

“Solank die tuig ons daar bring. Ons het die dertig dae navorsing nodig daar.’’

Cindy gluur hom onderlangs aan. Eet traag aan die kos. Sy wens die dae om, so ook die jare sodat sy by Mars kan uitkom. Anderste gaan sy sterf van verveling in die tuig. André aan die anderkant is rustig en kalm. Te kalm vir woorde.

Hy weet Cindy, sy medewerker. Is ʼn bekwame sterrekundige. Ook in beheer van die tuig se landingstuie. Op Mars sal alles in werking kom. Komunikasiestelsels opgerig word. En die flag van sy moederland ingeslaan word.

Sy is die intelligente een. In beheer van die kweekhuis en skepping van nuwe groente.

Virusse of bakterieë kan nie uitbroei – asgevolg van wetenskaplike labotoriums. Alles word geberg in buise. In koelkaste. Vir verdere navorsing.

André weet sy span. Is op die drumpel van ʼn unieke vakansie. As Cindy en Jerry, die ander sterrekundige net van die Newels kan vergeet. En fokus op die droomreis.

Skielik ruk en plik die tuig weerskante. Jerry, kom ingehardloop. Skree hulle moet na die brug toe gaan. Die automatiese beheerstelsels het opgepak. En is besig om in ʼn ander rigting in te slaan.

“Waarheen gaan die tuig!’’ roep hy uit.

Jerry laat val sy skouers. Hy weet self nie. Die spesialiste is besig om die rigting te bepaal. “Kom net! Maak gou! Die tuig gaan ʼn komeet tref!’’

Minute later. Is Cindy en André by die brug. Hy vee sweet weg. Fokus op die tuig se komunikasiestelsels. Voel sy hele lyf bewe. Frustrasie en spanning tree nou in.

Die tuig hang net in die atmosfeer. Beweeg heen en weer. Totdat hy besluit om tweehonderd spoed per kilometer te vlieg. En skielik stil te staan. By Mars. Verbaas-vies staar hulle mekaar aan. Wonder wat het nou gebeur. En waar hulle nou is.

Jerry hardloop uit die brug. Langs die slaapkamers na die brandstoftenks toe. Hulle word in silinders geberg. Buite die tuig vir veiligheidsredes. Jerry sien geen brandstof lekasies nie, eerder net meer komete. Hy gaan weer terug. Vat ʼn paar spesialiste saam. Bevestig hulle het verskyf van 2014 na 2065 toe. Jerry klink seker van sy saak.

Cindy hou aan die reelings vas. Sy vee hare weg en kalmeer wat Jerry verklaar het. Sy gluur na die toekomsmasjien. Haar oë rek. En sy staar na die ander spanlede toe.

“Jerry, jy is sowaar reg. Die toekomsmasjien het ons voorentoe geneem.’’

André val geskok op die stoel neer. Voor die beheermiddels van die tuig. Hoe op aarde het hulle so vinnig by Mars uitgekom? Hy vra vir Jerry om die ander te gaan roep. Hulle daag haastig op. Verduidelik waarom hulle by Mars is. Wat skeef geloop het, terwyl werkers aan die roterendewiel gewerk het. Wat swartekrag opwek vir die ruimtetoeriste.

Selfs Jerry is stil. Val langs hom neer. Hy beloer homself in die venster. Hy is gelukkig nog jonk, al het vygtig jaar verby geflieg sonder ʼn verduideliking. Maar wat van hulle familie en vriende? Het die toekomsmasjien hulle dalk geafekteer?

“Wel… Nou kan ons Mars besoek sonder ʼn reisgids.’’

Almal stem saam. Gaan voort met die landingsvoertuie. Hulle kan nou maar kalm wees. Mars is voor hulle. Groot, kragtig en vol verassings.

“Moenie laat die toekomsmasjien jou so hinder nie. Ons is darem hier.’’

“Om Mars se suurstof en stofstorms te kontroleer.’’

Cindy en Jerry glimlag breed. Jerry maak solank gereed om die tuig te land. En die ander spanlede seevier die wonderwerk. Alhoewel André dink die droomreis is belaglik. Niks gebeur sommer net so vinnig nie. Hy het uitgesien na die droomreis. En nou is hulle uitendelik hier. Hy moet seker dankbaar wees, want binnekort keer hulle terug aarde toe. Na hulle familie en friende toe. Dan kan hy Mars se blitz-toer oorvertel.

  • Chantal

    50 jaar na Mars toe? Wat het my beisel om dit te noem. Maar weet nou dit vat net 8 tot 9 maande soontoe. En tot op die meeste 2 jaar. Wel, dit sal my leer om my planete beter te ken!