DIE WONDERWERKER – Evert Pretorius

DIE WONDERWERKER – 2015 © Evert Pretorius

VOLWASSE WETENSKAPFIKSIE (1 410 WOORDE)

 

Stadig gly die glasdeur oop. ʼn Man en vrou in wit stap die vertrek binne.

“Goeiemôre,’’ groet ʼn ander vrou in wit geklee. Wat in die vertrek vir hulle staan en wag. Ongeduld straal op haar gesig. “Die ander dokters en verpleegsters sal ook nou hier wees.”

“Dankie verpleegster. Ek sal vir hulle wag.’’

Na minute daag die ander dokters ook op. Haastig om die Marsvrou te ondersoek. Hulle almal gaan staan by ʼn ligblou lig. En die x-strale wys al die vrou se kwale. Organe is in ʼn goeie toesand, maar hart pomp stadig. En bloed is pikswart.

Op ʼn deurskynende metaalblad moet sy wag.

“Die ander professors sal nou hier wees.’’ Haar woorde klink koud, maar normaal. Nie lank nie. Stap hulle die vertrek binne. Hande in die sakke. Met bleek gesigte kyk hulle nuuskierig rond.

Die twee professors bloos. Die Marsvrou is beeldskoon. Alhoewel sy geen naam of identiteit het nie. Woon sy op aarde in die jaar 2014. En het aarde toe gekom om die mense te leer van regte tegnologie. Hoe om dokters te wees.

“Goeiemôre professors. Julle is baie laat. Waar het julle so gedraai?’’

Johan Bothma beweeg sy lippe om te praat.

Sy tweeling broer, Pieter Bothma, neem die gesprek oor. “Ons moes eers seker maak al die aparate is in orde, voordat ons die … um … vrou ondersoek.’’

Die verpleegster lyk nog jonk. Maar die dokters is getroud en het baie kinders. Hulle verlaat die vertrek. Ander pasiënte moet ook ondersoek word.

“Nou, goed dan. Kom, laat ons begin. Sy wag al lank hier vir die ondersoek.’’ Die professors stel hulleself voor aan die vrou. Sy is opgewonde om hulle te ontmoet. En oor die ondersoek. Die mensdom is aantreklik. Vol emosies en gevoelens. Soms kan sy verstaan wat hulle dink. En dit is nie altyd goeie dinge nie.

Die professors werk hard aan die projek. Al vir veertig jaar. Om met meer vreemdelinge te komunikeer. Ongelukkig is dit moeiliker as wat hulle gedink het. Na baie profesionele ondernemings het hulle eintlik ʼn deurbraak gemaak.

Zathari De Silva. Sy is die een wat met ons inverbinding getree het. Oor haar bevindinge op aardbol.

“So, is mevrou se man menslik of nie,’’ vra Johan. Lig dan ʼn skewe wenkbrou.

Zathari knik. Sy kan nie praat nie. Net met ons gedagtes komunikeer en antwoord met lyf bewegings.

Die verpleegster bly stil. Sit met haar arms gevou. En die professors gaan staan by die masjien. En die vrou doen dieselfde. Glimlag koud, maar ook verwonderd. Dit is die masjien wat alle siektes, kwale en kanker kan genees. Die vrou se oë rek. Pieter hoor haar praat.

“Die masjien wys al jou kwale, net soos x-strale, net beter.’’ Dan knik sy weer en gaan lê op die masjien.

Dink net aan ʼn kwaal en die masjien genees dit. Spoedig en sonder pyn. En sonder enige operasies wat plaasvind. Kan virusse gekeer word. Daar beweeg blou ligte rond om haar liggaam. Zathari snak na asem, toe sy aan haar brein dink. Sy soek meer verstand. Meer brienselle om hulle beter te kan verstaan.

“Ja,’’ sê Johan. “Dit sal soos naalde voel wat in jou lyf beweeg, maar is nie skadelik nie.’’

Zathari weet sy is net hulle pasiënt. Waarop hulle wetenskaplike toetse laat doen. Oor drie dae sal sy beter wees. Of dood wees. En weer terug keer na haar tuiste. Dalk Marsvrou of menslik. Op die rooi planeet van gevare.

Zathari kry rikkings. Die strale is koud en ongemaklik. Die professors probeer haar te kalmeer. Na vyf minute is sy weer normaal. Kan sy asem haal. Daar is geen kwale meer nie.

Die verpleegster, Susan Pieterse. Kom die vertrek binne gehardloop. Uitasem en rooi in die gesig. “Roep die professors om gou na die x-strale te kyk.”

Johan en Pieter hardloop in die gang af. Stamp die deur oop. En gaan kyk wat aangaan op die x-strale. Verwonderd staan hulle stil. Hand op die monde – dit is ʼn wonderwerk. Al Zathari se kwale is genees en sy is verwagtend met drieling dogtertjies.

Johan hardloop weer terug na die vertrek. Hy kan sien dit is verby met die mooi vrou. “Alles is genees Zathari,’’ mompel hy. “Jy kan maar terugkeer huistoe.’’

Zathari weet hulle steek iets vir haar weg. Sy lees die waarheid in Johan se gedagtes. En weet sy is verwagtend. Die kinders gaan menslik wees, maar vol magte wat die aarde sal oorheers.

Maar sy is nog steeds onmenslik. En sy gryp Johan aan die keel. Haar geel-oë gloei van woede. En sy gooi hom teen die meer. Bloed kom by sy neus uit. Hy gorrel ook bloed en spoeg dit uit.

Susan en Pieter kom die vertrek binne. Monde hang oop. Zathari se swangerskap het al klaar gegroei. Sy lyk ses maande en ongelukkig.

Pieter hardloop braaf die vertrek binne.

Porbeer Johan te stimuleer. “Gaan reguleer eerder die wonderwerk as om my te probeer help!’’ roep hy uit. Pieter knik en doen wat hy aanbeveel is.

Die masjien se naam is Lucy. Sy is die masjien wat alle kwale in die liggaam herken en genees. Sy klink automaties en is hard. Benoud beweeg Pieter rond. Vra Susan se hulp. Hy merk op die halfronde tonnel beweeg oor haar maag. Dan gaan staan die masjien stil. Susan verwys na die skerms. Agter die masjien. Wys die DNS van die vrou. Te deurmekaar om te verklaar.

Die tweede skerm haar bloedgroep. En dit is ABO negatief. Hy kan nie glo wat hy sien nie. Sy is tog menslik. Net anders en leef op die rooi planeet. Miljoene kilometers van aarde af. En hulle met die monster agterlaat.

Susan, Zathari se verpleegster is gedaan. Sy probeer die bloulstrale te keer, maar niks wil werk nie. Hoe langer die strale op haar skyn, hoe leliker en ouer word sy. Net soos ʼn mens, maar half monster. En die halfronde tonnel gaan voort. Beweeg om haar. En sy is nou agt maande swanger.

Wat gaan hulle doen as die vreemdeling hier binnekant kraam?

Pieter kou sy naels vreesbevange. Skielik staan alles stil. Die masjien beweeg stadiger en die ligte gaan af en dan weer aan. Susan en Pieter hoor babas skril huil. Zathari het gekraam, maar sy is dood. Orals waar jy kyk is net silwer as en daar is geen gebeentes van haar nie.

Albei sug van verligting. Susan gaan help Johan en neem hom na die versorgeenheid toe. Daar sal sy al die rouwonde genees.

Twintag minute later, is alles stil. Die masjien het opgehou werk. Zathari het net verdwyn. Of is sy regtig dood? En haar kinders hier gelos. Pieter speel met die babas. Skielik gaan die ligte weer af en aan. Hy staan geskok eenkant. Hulle het vinnig gegroei en kan al loop. Hy haal diep asem, gryp aan sy witjas. Wonder wat het geword van die ander pasiënt. Haar man, Saturis De Silva.

Pieter hardloop uit die vertrek. Val amper op die geteelde vloer. Hou dadelik aan die reelings vas. loop eerder na Saturis se kamer. Hy het ook net verdwyn. Dan loop hy na die ander kamers. Al die ander pasiënte het verdwyn.

Lucy praat nog steeds. Dan hard dan sag. Vinnig en dan weer stadig. Dit is tog net ʼn masjien en kan beheer word. Skielik roep Susan vir Pieter. Die helogram, Lucy word beheer deur die drieling. Pieter verduidelik dat die lig, wat ʼn kosmetiese verkwensie in die brienselle van die pasiënte verander het.

Na hulle oorspronklike inteligensie verander het. Die masjien hernu die hele liggaam. In die proses word die persoon gesond of sieker. Gelukkig het Zathari verbeter en slimmer geword. Sy voel geen pyn meer nie. Nou kan hulle met fase drie begin: weefsels ondersoek en inflimasie van buitestanders.

Pieter keer terug na die vertrek. Die masjien begin weer te werk. Die kinders is nou tieners, sommer in vyftien minute. Dan gooi hy ʼn lagie witpoeier oor hulle. Dit laat die kinders weer krimp. Terug na babas toe. Susan stap gerus binnekant. Alle prosedure sal moet voortgaan. Sy staan met drie ander kinders in haar arms. Hulle toon geen emosie of gevoelens nie.

Verbaas staan hy stil. Kyk om hom rond. Die vreemdelinge word ouer en jonger. Iets het skeef geloop met die masjien. Susan los die kinders daar. Sy verlaat die ruimtegebou. Wat beheer word deur gas en organiese plantolies.

“Een ding is versekerd,’’ mompel hy. “Wonderwerke gebeur nie aldag nie, maar dit het te ver gegaan.’’

  • Chantal

    So, trots op my pa! Hou so aan!

  • Salmon Smith

    Ja-nee, ‘n mens kan sien dat die appel val nie ver van die boom nie. Aartjie na jou vaartjie, Chantal. Kwaai storie Evert.