Man uit die sterre

Chantel Pretorius

man uit die sterre – 2018 © Chantel Pretorius

Wetenskapfiksie

Dit is ’n geknal en geknetter, toe Anika, die enorme skarlaken vuurbol deur die stikdonker lug sien trek, en neerdaal op die aarde, skuur tussendeur die mielielande en tot ruste kom, reg in die middel van die ruig plante.

Anika spring van die swaaibank af op, ruk die voordeur oop en draf na haar kamer toe. Soos ’n besetende skud sy Papie wakker, dat hy skoon regop skrik en haar met moeë oë dophou.

“Het jy nie die slag gehoor nie, my man?” aarsel Anika en stap na die venster toe, skuif die kantgordyn ’n entjie weg en loer na buite. Haar mond hang oop, want hul hardearbeid is aan die brand – die lande is verwoes.

“My goeiste liefste, wat is aan die gebeur?” is al wat Papie kan uitkry en sluk dan ’n gaap weg.

Anika draai haar hele liggaam skuins. “Kom, staan op! Kry sommer jou haelgeweer ook reg.”

Papie frons, vryf sy deurmekaar hare plat en gooi die duvet van sy bene af. “Hoekom?”

Anika wil haar hare gefrustreerd uit haar kop trek en sê:”Jy vrae nog, ek dink dis die einde van die wêreld, dis wat!” Sy het nie tyd vir sulke simpel vrae nie, sy wil hom gaan wys wat aan die gebeur is, verdomp.

Papie grinnik. “O, my goeie genade! Dink jy my ammunisie gaan my help teen die einde?”

Sy knik vaalweg. “Dalk, ek weet nie,” kom dit rof uit, dan blitsig, “roer jou litte, jong, dit is ernstig wat buite aangaan, en jy lê nog.”

Papie sug hard. “Nou maar goed dan,” antwoord hy, en staan lomp uit die bed uit op, en trek sy ou-man slippers aan. Hy kreun toe hy opstaan, peter rond in die kamer opsoek na sy nagjapon, toe sy dit oor die houtstoel aftrek, en hom help aantrek.

Anika skuif die dun gordyntjie weer reg. Sy kyk vererg weg, as na die plante, wat die koue lug buite opwarm deur die hitte. Dis te seer om te weet wat aan die gebeur is.

Anika frons diep. As dit die einde van alle bestaan is, waar is al die ander komete dan? Daar rus net een in haar erf. Sy wag in opwagting vir nog vuurballe om te val, maar niks gebeur nie.

Toe Papie uiteindelik gereed is, loop hulle saam na die vertoonkas en haal die geweer uit. Hy stop die ding vol patrone, skuif die veiligheidsflappie af en laat dit kliek vir die koeëls om in posisie te kom. Maar hou sy duim op die sneller vir enige aksie.

Anika slug senuagtige spoeg weg wat in haar kiewe kriewel. “Gaan jy eerste na buite toe,” moedig sy Papie aan.

Papie ruk sy kop agtertoe, en hou verleë haar dop. “Hoekom ek?”

Sy wuif met haar hand hom vorentoe. “Jy is die een met die wapen.”

Papie wil nie met haar argumenteer nie, en stem in: “Nou maar goed dan,” sug hy, en stap voetjie vir voetjie vorentoe, sy volg hom, totdat hulle by die oopdeur is en beweeg na buitekant, waar alles onlieflik skitter van die vlamme.

Anika asem die rookwalms in wat na gebrande springmielies ruik. Haar neus kriewel onaangenaam daarvan en druk die dik serp oor haar mond en neus. Nou haal sy bietjie beter asem.

Sy sien Papie op die balkon loop, af die trappe na onder stap en oor die grasperk beweeg, dat sy oë oor die lande dwaal en sy skouers swaar sak, oor die verlies. Hulle het geen mielies wat hulle kan oes en vervoer besighede toe nie. Alles is vernietig, asgevolg van die komeet … meteoriet, wat ook al dit is.

Wat gaan hulle doen?

Haar skouers val ook swaar, toe die vuurlande haar herinner aan jare gelede se droogtes, finansiële kwessies en verkoolde mielies. Oor die gedagte brand orige trane in haar oë, dat dit haar wange nat maak en sy vee dit raps weg. Nie sy of Papie kan weer sulke omstandighede duld nie.

Binne minutes skud Anika die hartseer verlede weg en gaan staan langs Papie se sy, om hom te ondersteun deur die moeilike tyd. Toe sy die plante entjie van hulle sien ritsel, sy skrik-gil, toe die ding uitkom, struikel en neerval voor haar voete. Sy ritereer en beangs gryp sy na Papie se arm, dat hy ook skrik en sy geweer op dit rig.

“Wat de duiwel is dit?” wil Papie ernstig weet, en leun vorentoe om dit te inspekteur, dan stamp-druk hy die geweerpunt op dit se rug en Anika frons daaroor.

“Hoe moet ek weet wat dit is,” brom sy, en byt senuagtig aan ’n nael, oor die vreemdeling wat se kop, hande en voete misvormerd lyk. Selfs sy liggaam is langer, sterker en hy’t ’n helderblou ruimpak aan, dit span so styf om sy lyf, dat sy sy spiere wat amper uit sy pak wil bars aanskou.

Anika ruk haar kop op na die ruimnag, toe sy ’n knal van hewige blouwit donderweer tussendeur die stralende strerre sien beweeg. Dit lyk of die strale heen en weer skiet, dan na elke drie sekondes die grond tref, weer verdwyn, lug toe. Toe onverwagse donkergrys wolke saamgroepeer en troosreën stort, aarde toe. Van ’n droë en vurige plaas is daar nie meer ter sprake nie.

Anika gluur na Papie toe en kry hoendervleis van die nagreën en sê: “Ons sal die buiteaardse wese in die huis moet bring.”

Papie frons diep. “O so, jy gee die ding sommer ’n naam ook nou, nè?”

“Wat anders wil jy dit noem, huh?” kom dit bitsig uit, en sien die druppels op haar klere plas en die koue windjie in alle rigtings na haar toe pols.

“Darem lyk dit nie na die duiwel nie,” gee hy ’n flou glimlag.

“Hy is ’n man uit die sterre.”

Papie bly frons. “Hoe weet jy dis ’n man?” vra hy.

Anika se mond trek skeef en sy antwoord: “Is jy blind, jy kan mos sien dis een met sy sterk liggaamsbou, dis ’n man, verseker ek jou.”

Hy sug en lyk knorrig. “Dis ’n wonder dat ek en jy al dertig jaar getroud is. Ons stem tog met niks ooreen nie.”

“Hou nou op nonsense praat en help my om hom binne te kry, verdomp!”

“Ja, okei my vroutjie,” kom dit langdradig uit.

Anika help Papie kreunend om die wese aan sy arms te sleep, tot by die balkon, terwyl hulle hom op die betontrappe trek na bo. Hulle sleep hom binne-in, reguit na die spaarslaapkamer toe en gooi hom swaar neer op die omgedolfde beddegoed. Hulle skep asem en gaan sit op die punt van die dubbelbed. Rus.

Sy sien Papie opstaan en die lig aanskakel, dat haar oë op toeskrefies trek en sy wegkyk, na waar die wese lê. Aan die anderkant skud Papie die vrees weg vir dit en stel verder ondersoek in. Hy tik-tik aan die wese se skouer, maar die ding is stil.

Toe sy iets in die wese se hand gewaar. Sy spring op, gaan staan langs die wese, leun vorentoe en kry die gier om die rooi ding te bekyk. Sy tel sy hand versigtig op, toe sy vingers skielik vroetel, hy gryp haar pols vas, dat dit in haar palm val. Sy ruk haarself uit die wese se krag en druk die rooi klip in haar lapbroeksak in. Die wese is besig om te ontwaak.

Die wese ruk homself regop, loer rond in die kamer en staan op van die bed, dat Anika retireer, Papie ook. Toe dit sy helm afhaal, kom daar ’n suinsende geluid uit, saam met ’n stoomwolkie en druk die helm onder sy bree arm vas. Hy hou Anika nadenkend dop, dan gly sy helderblou oë oor na Papie toe, dan weer na haar.

Anika straal stommend na die besonderse wese, wat se lang heuningbruin lokke oor sy skouers hang en natuurlike bruingevlekte vel onder die maanlig blink, soos sy hare. Hy is sowaar ’n man en is werklik fenomenaal en mensreus op aarde.

Anika se lippe beweeg, maar daar kom geen woorde uit nie, die man hou haar betower met sy menslike voorkoms, dat haar oë dwaal na Papie toe, sy mond hang geskok oop oor wat hy waarneem.

“Hemel op aarde,” sê hy, “jy is ’n reus,” en kyk op na hom, waar sy kop amper die blomdak raak, hy is drie koppe langer as hulle.

Anika voel hitte by haar nek opstoot, en sê: “Wie is jy? Waar kom jy vandaan?” kry sy uit.

Sy wysvinger strek na bo en dit kan nie die dak wees waarna hy verwys nie, maar na die sterre. “Van ver af, baie ver,” antwoord hy terug, dat Anika verwonder na hom staar, omdat hy Afrikaanssprekend is.

Anika frons. “Jy verstaan my taal,” sê sy, “o, hoe wonderlik is dit maar nie!” klap sy haar hande opgewonde teen mekaar, toe sy in Papie se knorrige gesig vaskyk, dat sy hom deur skrefiesoë gluur.  “Hoe ken jy my taal?” voeg sy gou by.

“Ons is intelligenter as julle. Ons ken al die tale van die aarde.”

“Ons woon in Montagu, en jy?” Gaan sy voort met die vrae.

Die wese knik. “Oriones.”

Papie frons. “Or…io… Wat?”

Die wese sug. “Mars,” kry hy eindelik uit, dat Anika grinnik oor Papie se onnodige vrae en stamp haar slipperhak vererg teen die houtvloer, dat dit kreun onder albei haar skoensole.

“Die rooi planeet,” sê Papie en vou arms voor sy borskas.

Die wese knik. “Ja, Oriones is die naam wat ons vir Mars gee,” vertel hy en koekeloer na Papie.

Anika klap haar tong, en sê: “Kom ons gaan kombuis toe. Ek sal tee maak.”

“Tee? Wat is dit?” wil die wese weet.

Anika roep met haar hand hom nader. “Kom, dan wys ek jou,” antwoord sy glimlaggend terug.

Papie frons. “Vergeet van tee. Gee hom eerder regte koffie, vroutjie.”

Anika dink sy idee klink beter. “Boeretroos is dit dan.”

Die wese frons. “Koffie? Wat doen ek daarmee?”

“Jy drink dit,” kom dit spelend uit.

Papie grinnik. “As daar nie koffie op Mars is nie, dan wil ek nie eens verniet daar bly nie.”

Anika rol haar oë in die rondte, verlaat die kamer en stap binne-in die kombuis, raps skakel sy die ketel aan. Sy draai skuins toe Papie instap, en die wese effens buk om binne te kom en hulle gaan sit aan tafel. Sy neem drie koppies wat in die wasbakmandjie rus, gooi suiker, koffie en poeiermelk in. Laaste skakel die ketel af en sy gooi warm water in, dat die stoom haar wange liggies opwarm. Daarna sit sy plekmatjies op die houttafel neer en gee elkeen sy koppie.

Anika neem eerste ’n sluk, dan volg Papie, laaste die vreemdeling. Die wese drink laat dit klap, dat sy sy adamsappel op en af kan sien beweeg. Hy neem nog een groot sluk, vee sy mond skoon en sit die leë koppie neer.

“Dis iets nuuts vir my,” sê die wese, en probeer te glimlag oor die smaak van koffie wat steeds in sy mond kriewel.

“Hou jy nie daarvan nie?” vra Anika verbaas.

“As jy nie daarvan hou nie, sal ek laat jy biltong eet,” durf Papie sy gunstelling peuselhappie aan die man vertel.

“Ek sal nie nee sê nie, na die lang reis, is ek nogals honger.”

Papie grou in sy nagjaponsak en haal ’n sakkie uit, maak dit oop en gee die man daarvan, hy druk dit in sy mond, kou en sluk, kou en sluk, stop. Dat Anika se mond oophang in verbasing. “So dis waar jy die goed wegsteek! Ek soek al orals vir dit.”

Papie lag kort. “Jy weet hoe erg ek is oor wildsbiltong, ek deel dit met niemand nie, maar jy kan die res gerus maar kry,” en sit die sakkie naby haar neer. Sy gryp die sakkie, maak dit oop en eet daarvan, sluk. Sy het skielik haar lus vir dit verloor, glimlag bly, omdat die wese daarvan hou.

“Hoe smaak die biltong vir jou?” wil Papie met groot oë weet, en hou die reus dop wat die peusel geniet het.

“Dis die eerste keer dat ek so iets eet. Dit proe wild, maar dit maak my maag vol.” antwoord hy terug.

Anika frons. “Hoe kan so bietjie kos jou vol maak?” vra sy.

Hy begin te verduidelik: “Daar waar ons woon, is dit moeilik om iets te laat groei, asgevolg van die rooigrond.”

Anika begin nou alles te verstaan. “Is dit waarom jy aarde toe gekom het?”

Hy knik. “Ja, om navorsing te doen en minerale terug te neem mars toe.”

Papie trek sy mond skeef en sê: “Jy’t ’n kwart van my mielies vernietig met jou landing.”

“Met die voedingswaarde in diè grond, kan julle weer plant, reg?”

Papie knik, maar is nie ingenome met sy boerkennis nie. Selfs sy weet dis nie maklik om te kan boer nie, en selfs saad koop is duur, alles is duur. “Vertel my meer van jou planeet,” moedig sy die wese aan, en neem die koppie en sip-sip soos ’n dame daaraan.

“Daar is nie planteryk of diereryk nie. Ons woon in glaskoepels en kyk elke oomblik van die dag in stofstorms en massiewe berge vas, wat geen nut is vir ons nie,” vertel hy. Anika tuit haar mond, want sy hou nie van stofstorms nie, dit plak soos ’n moddermasker aan haar ronde gesig vas. Nie eens te praat van haar kort bruinhare wat soos krimvarkiepenne sal opstaan nie. Dit is hoe die Kaapse droogtes haar al laat voel het.

“Jou tuig is flenters. Hoe gaan jy terug na Mars toe gaan?” vra Anika, en vou ingedagte arms voor haar bors, en sien Papie sy biltong soos ’n reisiesperd kou en stadig afsluk.

Hy lag. “In my tuig is nog ’n tuig,” is al wat hy sê.

Sy maak ’n snaakse gebaar met haar hand en sê: “Gaan wys my,” klink sy opgewonde, en staan eerste uit die stoel uit op. Nie lank nie, staan die wese op, maar Papie bly sit, hy stel net belang in sy biltong eet. “Gaan jy nie saamkom nie?”

Papie skud sy kop. “Ek het genoeg gehad van vlieënde pierings en mars mannetjies.”

Anika vererg haar en klap haar tong. “Jy gaan dalk nooit weer so iets sien nie, my man,” probeer sy vrolik klink.

“En ek wil ook nie,” brom hy.

“Nou maar goed dan,” klink sy vies en stap saam met die man uit die huis, loop die balkontrappe af en gaan staan voor die afgebrande mielies. Sy skud haar skouers toe sy die motreëntjie saggies voel drup op haar. Sy sien die man sy helm aansit, sy kop knik en tussendeur die ruig plante beweeg, dan verdwyn, dat net ’n donkerkol oorbly. Uit nuuskierigheid uit, loop sy ook tussendeur die mielies en stop, toe sy hom gewaar in ’n massiewe glasbal klim, die glasdeur skuif outomaties toe en oranjegeel blink. Sy hou haar oë op toeskrefies, want die lig tas haar sig aan. Toe die ligbal skielik suisende dreun geluide maak, die lug in skiet, ruimte toe. Sy gewaar die tuig soos ’n komeet blitsig deur die sterre beweeg, Mars toe.

Sy stap terug na die balkon toe en gaan sit rustig op die wiegstoel. Sy druk haar hande in haar sakke en haal die blink ding uit. Koekeloer na dit onder die buitelig en kan nie glo wat sy sien nie. Dis sowaar ’n edelsteen. Sy besef hul swaarkry dae as boere is oor en verby. Vir ewig en altyd.