Rekenaarspeletjie

Chantal Pretorius

rekenaarspeletjie – 2018 © CHANTAL PRETORIUS

Jeug Wetenskapfiksie

Jaco Stein leun oor die balkon. Hy tuur oor die strate van Johannesburg, draai skielik om en stap binne-in die ontspanningssitkamer, reguit rekenaar toe. Hy gaan sit voor dit en skakel die toestel aan, kyk na die helderskerm, maar doen niks nie. Al die speletjies daarop is verveeld na sy smaak, want hy hou van grillerige goed. Hy spring van die studeerstoel af op, loop uit die slaapkamer, voordeur toe, hy wil buitekant toe gaan.

Toe Jaco aan die deurhandvatsel raak, kraak houtvloere agter hom en skrik toe ’n hand op sy linkerskouer rus. Spoedig draai hy om en kyk in Jennie se ondeuende diepblou oë vas. Hy rol sy oë in die rondte, want hy is nie bly om haar te sien nie.

Vlugtig sit Jaco sy hand teen sy borskas, onder sy palm klop pyn sy hart blitsig en haal onrustig in en uit asem, dan probeer hy homself te kalmeer.

“Hoekom maak jy my so skrik? Wil jy hê ek moet ’n hartaanval kry, huh?” skel hy, en kyk na die rugsak wat sy dra.

“Waarnatoe dink jy gaan jy, boet? Jy weet ons mag nie uitgaan nie. Ons moet eers ma se toestemming vra. Jy vat lekker kanse as niemand kyk nie, nè?” skel Jennie.

“Ek mag na Karel toe gaan, want dis ’n lang naweek en jy kan niks doen daaromtrent nie,” kom dit sarkasties uit. Hy draai na die houtdeur toe, sluit die slot en ruk die voordeur oop. ’n Windjie waai sy plat kuif regop en asem die kraakvars somerslug in.  

“Vat my dan saam, anders gaan jy tuis bly!” Dit sal die dag wees dat sy hom dwing om iets te doen, weet hy.

Jaco kyk met minagting na Jennie, want sy is altyd baasspelerig, en hy wonder wat soms in daai agtjarige se koppie aangaan, as sy ooit ’n brein het, ja.  

“Nou maar goed dan,” mompel Jaco, en hy wil haar nie saamneem nie, maar moet dit doen. Anders gaan sy die lewe vir hom hel maak; daarvan sal hy beslis ’n einde maak, hy sal daarvoor sorg. Hy wag totdat Jennie treusel uit die huis, voordat hy die deur kan sluit en hulle hardloop oor die straat, maak die kort staalhekkie oop, trippel na bo die betontrappe, na waar die voordeur is en na die derde klop, maak Karel eindelik oop. Dit is sy enigste skoolfriend.

“Hallo Karel, kan ek maar inkom? Of gaan ek heeldag hier buite op jou voorstoep moet staan,” terg Jaco, en leun gemaklik teen die baksteenmuur, maar Jennie bewonder die kabouters in die tuin, maar dit hinder hom aan een van R.L.Stine se gruwelboeke oor die bose kabouters wat mense doodmaak en gril.

Karel gee ’n halwe glimlag. “Kom in, Koning Rose Krans,” spot hy.

“Baie dankie, Edel Agbare,” terg Jaco, en Jennie gee ’n snorkie van al die lag.

Minutes gaan verby, en Jaco speel saam met Karel ’n rekenaarspeletjie. Die soort waarvan hy hou en dit gaan oor klomp spoke wat moet doodgemaak word en geniet dit.

Blitsig dwaal sy oë van die skerm af. Hy koekeloer na Jennie wat gemaklik op die liggrys mat sit. Sy trek haar langbeenpop aan en uit asof dit ’n modeperade is, maar dankie tog hy is nie ’n meisie nie.

Gou fokus Jaco weer op die rekenaarskerm, en druk die vier pyltjiesleutels op die sleutelbord. Die tienerheld in die speletjie beweeg links en regs, op en af, om skadugedaantes te vernietig met ’n towerstaf. Dit is interessant vir hom.

“Waar het jy die speletjie gekoop?” wil Jaco geïntrisseerd weet. Ek het niks lekkers om te speel by die huis nie,” kerm hy, en Karel se gesig draai belangstellend na hom, hulle kyk na mekaar.

“My pa het dit vir my gekoop by die pandjieswinkel.”

“En?” vra Jaco.

“En wat?”

“Ag, kom nou ou. Wat is dit met al die geheime, huh? Wat is die naam van die pandjieswinkel?”

“Ek weet nie, maar my pa sal weet. Wat is dit met al die vrae, Jaco-die-speurder van-Johannesburg,” sê-vra hy, en Jaco se vingers beweeg deur sy plat poeierswart hare, en vryf dit deurmekaar.

Die agtermiddag draal langsaam en eentonig verby. Jaco sluk ’n gaap weg en neem ’n breuk met die spookspeletjie.

 “Gaan jy nie rus nie?” vra Jaco.

“So bietjie.”

Jaco sien Karel druk die F10 knoppie op die sleutelbord en stop die speletjie. Hy frons. Die spookvrou gryp ’n meisie van die mat af, en die meisie lyk bekend. Laat wie herinner dit hom aan? Jaco draai sy kop skuins en sê: “Jennie, ek dink ek het jou tweeling gekry!” spot hy, maar Jennie is nie op die mat nie. Hy rol sy oë. “Waar is sy nou?”

“Miskien is sy in die badkamer,” stel Karel voor.

Jaco staan van die staalstoel af op, loop in die dun, lang gang af en gaan staan voor die houtdeur. Hy klop aan die deur. “Jennie, is jy hier binne?” Hy wag op ’n antwoord, maar hy hoor niks nie. Hy klop weer drie keer, maar steeds bly die deur toe. Speel sy kat-en-muis met hom?

Jaco hop soos hy skrik toe ’n deur hard toeslaan. Hy kyk rond, na watter een dit kan wees. Spoedig stap hy na Karel se slaapkamer toe, die houtdeur is toe, bottoe.

Hy draai die handvatsel oop, stap binne die vertrek in en koekeloer na Karel se superheld-muurpapier-versamelings. Al die helde van komix boeke is daar, dis indrukwekkend.

Daar is veral een wat sy aandag trek. Waar die spookvrou in ’n begrafplaas staan, haar hand wys na hom. Dis dieselfde vrou in die speletjie, dan sluk hy, trek sy mond skeef, want hy hou nie daarvan nie.

Soos blits beweeg Jaco in die gang af.  Hy is terug in die sitkamer, en sien Karel smul aan ’n drankie. Hy gaan sit ook op die ligbruin sofa en daar is ’n glas vir hom ook; maar hy is nie dors nie.

“Ek kry Jennie nêrens nie! Sy het net verdwyn. My ouers gaan die herrie in wees vir my.” Hy druk sy hande teen sy gesig, sy wange word koel en sug.

Karel frons. “Niemand kan net sommer so verdwyn nie.”

Hy sluk en sê: “Die spook het haar gevat!”

Karel lag: “Ek dink jy neem die speletjie kop toe.”

Jaco frons. “Hoekom sê jy so?”

Karel sê: “Spoke bestaan nie regtig nie.”

Jaco sug en antwoord: “Ek dink hulle bestaan. Wat van al daai ware spookflieks waarna ons al gekyk het. Die gruwels het regtig gebeur!”

Karel lig een wenkbrou op en sê: “Miskien is dit so, miskien nie. Ek glo nie alles wat ek in flieks sien nie. Dit is alles fantasiese goed, bangbroek.”

“Nou waar is Jennie dan, slimkop?” vra Jaco.

“Jy weet sy is ’n poetsbakker,” brom Karel.

“Ja, ek weet dit al te goed. Dit is wat my pla!” Jaco se wange word warm, gryp ongemanierd die glas en drink die koeldrank klaar. Miskien sal dit sy woedemetertjie afkoel. Toe hy dit klaar drink, staan hy van die sofa af op en loop na die ronde spieël en tuur na sy ewebeeld. Met sy dowwe klipbruin oë en sy wasbleek-vampier-gesig, sal hy enige spook wegskrik.

Binne vyf minute is Jaco weer voor die rekenaar. Hy forseer Karel om na Jennie se spookbeeld te kyk op die skerm. Die spook hou haar genadeloos vas, Jennie klou stewig aan haar pop en haar vreesaanjaende oë spreek boekdele in die speletjie. Sy lyk vrek bang vir spoke, maar hy is darem nie.

Hy verduidelik aan Karel wat hy volgende gaan doen. Hy verlaat die woonstel en sy oë dwaal oor die grasperk, maar Jenny is nie sienbaar nie. Sy moet iewers wees, verseker hy homself, niemand kan net verdwyn nie. Tien minute steek verby, toe Jaco by die woonstel is. Hy is opsoek na Jennie, en het elke hoek en kant deursoek, maar sy is nêrens te vinde nie. Waar kan sy wees?

Jaco val swigtend agteroor op sy bed neer, druk sy hande teen sy gesig en gil. Al is Jennie ’n pyn, bly dit steeds sy suster en is dit sy werk om haar op te pas. Wanneer hy haar nie kan opspoor nie, is hy kniediep in die moeilikheid. Niemand sal sy suster wil ontvoer nie; sy sal jou mal maak met haar poppraatjies. Regtig mal maak.

Wat gaan hy doen?

“Vandag se gebeure maak nie sin nie,” besef Jaco, en sit weer regop. 

Hy sal sy streuke laat staan en haar gaan soek. Dis alles die vrou se skuld, sy veroorsaak ammok in sy lewe. Hy is nie ’n held nie, maar sal die spookvrou moet oorwin … Haar red van die vyand. Maar waar gaan hy begin soek?

Hy staan morbied op, maak sy hangkas oop en trek sy swartjas aan. Dan kyk hy in die spieëlkas weer eens na sy ewebeeld. Vandag het hy die voorkoms nodig, om daai spook skrik op die lyf te maak.

Jaco sê: “Jennie, hier kom ek!” Hy trippel af die betontrappe, loop na Karel se huis en stap ongenooid in. Karel sit steeds voor die rekenaar. Hy aanhou speel en hoë-definisie monsters uitwis. “Ek gaan my suster soek,” voeg hy by.

Karel los dit en kyk na Jaco. “Is sy nie by die woonstel nie?”

Jaco skud sy kop. “Nee.”

Karel se wenkbroue lig albei op en vra: “Nou wat nou?”

“Ek dink ek weet waar is sy.”

“En waar kan dit nogals wees?”

“Kom ek gaan wys jou,” moedig hy aan, en sleep Karel saam met hom slaapkamer toe. Hy wys hom na die muurpapier. Die spook se arms is nou langs haar sye, vreemd. Die vrou is nie op ’n interessante plek nie. Sy staan saam met die dooies, langs vuilgrys grafstene en bossies wat haar enkels dek. Hy sluk senuagtig spoeg weg, dit maak hom bang.

“Ek dink dit is waar sy is,” sê Jaco, en vou arms.

Karel trek sy mond skeef. “Ek hou nie van die plek van die dooies nie.”

“Hoekom nie?”

“Jy gaan hulle rusplek versteur. Ek soek nie spoke in my huis nie.”

Jaco lag. “Ek dog jy glo nie in sulke nonsense nie?”

“Ek gaan die speletjie prysgee vir die pandjieswinkel. Karresies is meer my ding,” maak hy bekend, en Jaco besef hy het die vrees in Karel wakker gemaak en sal die soektog self aandelf – die spook is nie te ver nie.

“Dit is ’n goeie idee,” stem Jaco in.

Hy kyk nie om nie, toe hy die pad self aandurf, na die begrafplaas toe. Hy wil net vir Jennie terug hê, dis al. Vyftien minute steek verby en Jaco staan voor die geroeste hek. Hy swaai die hek oop, stap die grondpaadjies op en af, links na regs, en skielik steek hy op een plek stil. Hy retireer effens agtertoe, toe hy die spook gewaar. Haar kop tuur na die vloer, iets interesseer haar.

Jaco stap voetjie vir voetjie na die vrou toe, sy swaai om, en Jaco kyk in haar doodsoë vas. Sy is wasbleek, soos ’n porseleinpop – ’n dooie pop. “Wat wil jy met Jennie maak?” vra Jaco, maar die vrou bly bot. Hy loop na waar sy staan en kyk langsaan haar, op die grond by haar voete, lê Jennie en haar pop onbewustelik vashou. “Los my suster uit! Gaan terug na jou gruwelspeletjie toe, want jy bestaan nie regtig nie.”

Adrenalien laat alles stadig voel. Hy lyk na ’n hardloop-atleet en stamp haar uit die aarde uit. Sy val vorentoe en bloed besmeer haar rok. Hy loop na haar toe, sy kom weer regop en gryp hom onverwags aan die keel. Hy roggel spoeg. Hy trek deur die lug, skuur op die grond en sy rug tref die gladde, ronde marmerblad. Sy verdwyn soos mis voor die son en kom te voorskyn waar hy lê en kreun.

Jaco skuif effens regop en is in minder pyn. Nouerig hou hy die rekenaarspook dop. Daar is ’n aaklige leë gevoel in hom. Jaco kry ’n diep verwyte dat hy hierheen moes kom. Hy is vir ’n paar tellings die kluts kwyt en gluur onaangenaam na haar, en in haar oë straal dansende kil vuur. Hoe gaan hy uit hierdie situasie kom?

Hy lewe darem nog, al is hy eindelik doemd. Jennie is gevind, maar hy kan nie by haar uitkom nie, want die spook blok hom in alle rigntings.

Hy sluk, verlang na sy huis, na sy dom speletjies. Na Jennie wat altyd die pyn in sy lewe sal bly. Dit is waarna hy smag, dis nie baie gevra nie. Of is dit?

 Jaco kry ’n briljante idee in sy kop. Hy stamp die vrou dat sy retireer en teenaan die skerphoekige marmersteen val. Bloed loop oor die grafsteen en besmeer verder haar rok. Sy roggel bloed, haar kop sak en raak stil. Hy stap na haar toe, kniel langs haar en voel bewerig aan haar nekpols. Hy sug verlig, want sy is dood. Toe sy onder die sonligstrale verdwyn, net ’n silwer glinsterrookwolkie agterlaat. Hy staan op en draf na Jenny toe. Hy raak bewerig aan haar gewrig, sy lewe. Hy tel haar op, sy knee effens sak, want Jennie is swaar. Versigtig loop hy met die straat af, totdat hy by sy huis is. Binne sit hy haar op die skokpienk poefstoel neer. Sy maak kreun geluide en haar ooglede beweeg. Hy val uitgeput op die sofa neer en vee sweet weg met sy hand, sug tevrede.

Sy foon vibreer. Hy haal dit uit sy denimsak, en kyk na die helderskerm – dit is Karel, en hy lees die boodskap, “Het jy al haar gekry?” Jaco tik en stuur weg, “Ja, In die begrafplaas en alles is nou weer reg.” Hy ontvang een terug, “Sjoe! Bly om dit te hoor, pel,” Jaco antwoord nie terug nie. Hy bêre net die slimfoon weer.

Dae steek verby, en Jaco tuur na die rekenaarskerm en bou sy rekenaarman se huis klaar. Dan skakel hy dit af, sluk ’n gaap weg, al die speletjies daarop geniet hy meer, as voorheen, maar nou is dit genoeg.

Hy staan op uit sy houtstoel, stap buitekant, balkon toe. Hy kyk vir ’n kort ruk na die besige strate, vreemdelinge wemel die strate vol. Sy oë dwaal oor die teerpad, na die sypaadjies toe. Tussendeur die skare, sien hy ’n bekende gesig raak en fokus op ’n wit-en-swart figuur wat langs die straatlig staan. Haar wysvinger dreig na hom, dis die spookvrou en sy is terug. Sy hande klou bewerig aan die staalrelings vas. Sy wil hom hê en sy gaan hom kry. Hy is volgende op haar verdwyn lysie…