Volkaan – Daniël Els

Volkaan sit sy hand teen die vingerafdrukmasjien. Hy is op pad huis toe van die skool af. Twee laserstrale skiet uit en straal sy hand. Hy wag twee sekondes en dan praat ‘n stem: “Toegang aanvaar”. Die deur gaan oop en Volkaan stap binne. ‘n Robot kom na hom toe en groet hom. Hy betree die huis en sy familie groet hom van die ontvangskamer af. Hy gaan sit by hulle en almal gesels land en sand.

Terwyl hulle so gesels, raak die gebou al donkerder. Die kamer raak doodstil. Niemand praat meer nie. Almal se gesigte is verskrik. Vrees oorval hul. Skielik is daar ‘n oorverdowende geraas. Die mure val inmekaar. Laserstrale kom van alle kante af.

Volkaan gryp sy suster se hand en hulle hardloop na die bomskuiling. Sy suster kyk agtertoe. Sy sien hoe soldate en ‘n gemaskerde man hul ouers gevange neem. Sy draai om en hardloop soontoe terwyl sy skree. Volkaan kyk haar verskrik aan. Die gemaskerde man skiet twee skote na haar. Sy val op haar maag.

Volkaan hardloop dadelik na haar toe. Hy buk en draai haar om. Hulle kyk in mekaar se oë. Haar oë is dof toe sy met sy naam op haar lippe sterf. Haar nek verslap. Volkaan se trane loop vryelik. Hy vat aan haar hare. Hy besef sy is dood.

Woede oorval hom. Hy sit haar saggies neer en staan op. Hy kyk agtertoe met ‘n woedende gesigsuitdrukking. Hy sien die gemaskerde man. Hy sien ook die tekens wat op die soldate se arms en op hulle uniforms is.

“Jy gaan betaal vir wat jy vandag aan my en my familie gedoen het. Jy kan seker wees daarvan!”

Vyf jaar later.

Volkaan het hulp gekry van die SPE (Spesiale Polisie Eenheid) waaraan sy ouers  behoort het. Die eerste paar dae was vir hom hel. Hy het nie geweet of hy iemand kon vertrou nie. Hy was in ‘n spesiale gebou geplaas om hom te beskerm.

Volkaan is moeg vir wegkruip. Hy kry elke dag spesiale vegtegniek-oefensessies. Hy is ook as leier vir ‘n spesiale groep, Die Arende, gekies.

Hy ontmoet die Generaal van die Orania Verdedingingsgroep: “Volkaan, dis vir my ‘n eer om jou voor my te sien.”

Hy het al aan baie gevegte in die verlede deelgeneem.

“Volkaan, daar is ‘n dorpie met die naam Temonie waar jy moet gaan uithelp. Dis ons belangrikste voedselbron en daar is ‘n weermag vanaf die Ooste op pad. Ons is onseker van die getalle. Hulle noem hulself die Elite Cobras. Bring die bevolking van die dorpie na ons mure. Dis jou bevel. Ons sal vir trokke, vliegtuie, en ander toerusting sorg. Jy het vrye toegang tot ammunisie, gebruik wat julle nodig mag hê.”

“Dankie generaal.”

Volkaan en sy manne bespreek hul verdedigingsplan en sy mense maak reg om te vertrek. Na drie dae kom hulle by die dorpie aan. Alles lyk baie vreedsaam en na Volkaan met Temonie se leier gepraat het en al die probleme uitgesorteer het, maak hulle weer reg om terug te gaan.

Toe hulle op die punt staan om te vertrek, voel iets vir Volkaan nie reg nie. Sy hare staan orent en dis gewoonlik vir hom ‘n teken dat hy meer as ooit op sy hoede moet wees. Skielik trek ‘n beweging sy aandag.  Dan sien hy dat die dorpie omring word deur duisende vyandige soldate. Volkaan gee bevel aan sy mense dat die trek moet begin. Die trokke het lasergewere aan boord. Hulle skiet ‘n gat in die vyand se soldate. Die soldate stroom op Volkaan en sy manskappe af. Lasers is ewe skielik die hele lug vol.

In die klein dorpie is daar nie baie skuiling nie. Volkaan gooi een van die soldate in een van die huise in. Hy vuur met twee lasergewere op die vyand af.

“Beheer die voorrade, die mense van die dorpie is op pad na julle toe”, skree Volkaan. “Maak voorraadkampe langs die pad sodat hulle voorrade aangevul kan word.

Volkaan kontak generaal De Wet: “Ons het dringend nog soldate nodig.”

“Moenie bekommerd wees nie, vliegtuie is op pad.”

Volkaan kruip agter ‘n huis weg. Hy herlaai sy gewere. Hy hardloop, terwyl hy regs skiet. Soldate val links, regs, oral om hom. ‘n Gedeelte van die vyandige weermag het agter die trek aangegaan. Daar is gelukkig van sy soldate wat ook saam met hom gegaan het. Nou sit hy in ‘n moeilike situasie. Hy het wel die trek laat wegkom en hy en sy manne moet nou vir hulself sorg. Die volgende oomblik, tot sy verligting, sien hy drie vliegtuie verby kom wat groot verwoesting saai. ‘n Groot lugskip kom land in die middel van die dorp. Vier deure van die skip gaan oop. ‘n Lang aflaaiplank word neergelaat. Toe die plank die grond tref, ry talle tenks af. Soldate hardloop af en vul die area. Geveglopers versprei. Nog twee groot lugskepe land in die dorp en doen dieselfde. Ten minste sestig troepvervoerders het om die dorp gestop en troepe afgelaai.

“Moenie skiet nie”, beveel ‘n swart gemaskerde man met ‘n swart mantel. Volkaan se gesig trek soos wat hy getrek het toe sy lieflingsuster voor hom gesterf het. Tian, een van Volkaan se manne, beweeg langs hom.

“Ken jy die man?”, vra hy hom.

“Ja. Ek het hom gesien toe hy my huis aangeval het.”

Die gemaskerde man vra: “Volkaan, wat doen jy? Het jy hier gekom net om oor persoonlike sake te praat, dalk oor jou ouers?”

“Ek plaas my manne in gevaar om ons dorp teen jou te beskerm en jy praat oor persoonlike sake! Natuurlik mis ek my ouers, maar dis nie nou ter sake nie,” antwoord Volkaan.

“Ek kan jou ouers terug besorg, maar teen ‘n prys.”

“Wat is die prys?”, vra Volkaan ongeduldig.

“Verlaat die Orania Verdedigingsgroep en kom help my. Ons kan die sterkste weermag wees wat nog ooit bestaan het.”

“Dankie, maar nee dankie. Ek verkies om jou nooit weer te sien nie.”

“Onthou dat ek nog jou ouers, susters en boetie hier het. Dink net hoe lekker gaan dit wees om hulle weer te sien.”

“Manne, hulle is julle s’n,” gee Volkaan die opdrag. Soldate storm op mekaar af. Laserstrale vul die lug.

“Dit sal ‘n wonderwerk wees as ons hier uitkom,” dink Volkaan.

Nog twee lugskepe kom aan. Hulle vuur missiele op die vyand en skiet lasers rondom hulle en albei gaan land. Deure gaan oop.

“Komaan julle, dat ons vir Volkaan gaan help!”

Volkaan en sy manne laat hulle nie twee keer nooi nie. Hulle hardloop na die skepe toe. Soldate kom uit die skepe uit om hom en sy groep dekking te bied. Hulle almal is in. Die skepe styg op en vertrek, maar hou aan met missiele vuur om seker te maak hulle kom veilig weg. Die vliegtuie volg die skepe.

Hulle kom by die hoofgebou aan. Volkaan verlaat die skip en gaan reguit na die vliegtuigloods. Hy druk ‘n paar beheerknoppies en klim in die vliegtuig. Die deure van die loods gaan oop en die vliegtuig is gereed om op te styg. Eers draai die motore en daarna lig die vliegtuig, amper soos ‘n helikopter en vlieg reguit uit. Hy vlieg vinnig. Twee ander vliegtuie volg hom.

Skielik kom daar oor die radio: “335 Stop onmiddellik of ons open vuur.”

Volkaan antwoord, “Dis 335, ek moet ons mense gaan help en kan nie nou stop nie.”

“335, dis jou laaste waarskuwing. Staak dit wat jy nou doen en draai om of ons begin vuur.”

Volkaan ignoreer die stem en vlieg vinniger, maar daal laer, want dan kan die laserleser hom nie opspoor nie. Volkaan skiet ‘n missiel in die grond. Waar die missiel die grond tref, sien jy net rookwolke sodat die vyandige weermag nie kan sien dat van hul vliegtuie getref is nie.

Die ander vyandige vliegtuie volg hom nog steeds. Hy sal vinnig ‘n plan moet beraam om van hulle ontslae te raak. Sy brandstof raak min.

Hy open opnuut vuur en duik skielik af. Hy skiet ‘n nuwe laserstraal op die vliegtuig bo hom en tref die vliegtuig. Dit tol af aarde toe.

Hy gaan land en vertrek na sy manne toe. Sy soldate rapporteer terug aan hom dat die mense besig is om uit die dorpies te trek. Al wat hy nog moet doen, is om die vyand verder lam te lê sodat hulle kan terugkeer.

Die volgende oomblik krap sy radio. “Goed, Volkaan, jy wen. Kan ons gesels.”

Volkaan dink ‘n oomblik en sê: “Waar moet ek jou ontmoet?”

“Ontmoet my by my kantoor in die hoofgebou.  Jy weet mos waar dit is?”

“Ja, ek weet. Sien jou oor tien minute,” sê Volkaan.

Toe hy by die hoofgebou aankom, is alles stil en is hy eers agterdogtig. Die volgende oomblik kom die man met die masker en swart mantel, Cortez, by die deur uit om hom te ontmoet. Hy sien geen ander mense rondbeweeg nie.

“Goed, Volkaan, ek sê weer, jy het gewen. Kan ons nie eerder in vrede leef en ‘n ooreenkoms bereik nie? Dit sal beteken julle kan julle voedsel kry en ek sal ook jou familie aan jou oorhandig.”

“Dit klink reg, Cortez, maar wat kry jy in ruil?”

“Gemoedsvrede, dis al wat ek nodig het. Ek is moeg vir die gejaagde, onvervulde lewe.”

Daarop gee die twee manne mekaar die hand.

In sy agterkop dink Volkaan dat, as hulle mekaar onder ander omstandighede ontmoet het, hulle nogals vriende kon geword het!

  • Chantal

    Goed geskryf! En hou so aan! You are a Lucky fish!