‘N MUTANTIESE NAGMERRIE – Ester Byleveld

‘N MUTANTIESE NAGMERRIE – 2012 © Ester Byleveld

JEUGFantasie (3 006 woorde)

Herman kan nie sien waar hy ry nie. Die skerp lig verblind hom en hy ry van die pad af.

“Toe, drink jou pille,” snou ’n stem.

Hy probeer sy oë oopmaak, maar kry dit nie reg nie. Hy vat met ’n bewerige hand aan sy oë en voel die dik verbande wat sy hele kop verbind.

“Waar is ek, wat gaan aan?” Roep hy paniekerig. “Ek wil nie pille drink nie!”

“Stadig nou,” sê ’n sagter stem.

“Jy moet jou pille drink sodat jy gesond kan word.”

“n Vreemde man en vrou het jou ingebring na jou ongeluk.”

“Ongeluk? Waste ongeluk?”

“Kan jy nie onthou nie?”

Herman wil die verbande afruk, maar ’n sterk hand keer hom.

“Ontspan, Meneer, ons sal mooi na jou kyk. Jy het baie seergekry in jou ongeluk.

’n Duisternis oorval Herman genadiglik.

Iewers deur die nag word Herman wakker en hoor ’n geskreeu – mal men swat skreeu.

“Hospitaal; ek’s in ’n hospitaal,” herinner hy hom.

Hoekom skree die persoon so hard? En… daar…? Nog onsamehangende gepraat?

Hy probeer onthou wat met hom gebeur het, maar sy kop is leeg.

’n Paar dae later kom Herman agter hy is in ’n sielkundige inrigting. Hy weet nie hoekom nie.

Maande sleep verby.

Verskillende mense vra hom elke dag dieselfde vrae.

Sy antwoorde is altyd, “Ek weet nie.”

Elke keer word daar gesê: “Toe maar, eendag sal jy onthou.”

‘Hoe lank gaan hul my hier hou?’ wonder Herman. ‘Ek is mos nie mal nie? Of is ek?’

Hy hoor by een van die dames, ’n verpleegster, dink hy, dat sy verbande die volgende week afkom.

Voor dit gebeur, vra hy ’n spiel. Uiteindelik word die verbande stadig afgedraai . Die spanning maak hom naar voel. Hy kyk op.

“My gesig… wat het julle aan my gedoen?” Hy kan nie asem kry nie. Hap tevergeefs na asem.

Die gesig wat na hom terugstaar is ’n ander man se gesig.

“Ek weet dit is ’n skok mnr de la Quere. Maar jy was in ’n baie lelike ongeluk volgens die onbekende persone wat jou hier aangebring het. Ons het ons bes probeer om vir jou ’n ordentlike gesig te skep.”

Herman sak weg in die donker wat hom oorweldig.

Twee jaar later word Herman weer wakker.

Die personeel het vir hom nuwe herinneringe help skep.

Hy leer weer loop, eet en praat. ’n Vrou en ’n dogtertjie, kom hom gereeld besoek, Hy ken hulle nie. Die dogtertjie is glo hulle kind en Janine sê sy vrou. Sy bly kom en help hom om sy plek as man en vader vol te staan by hulle huis.

Herman word uiteindelik ontslaan en gaan voort met ’n normale lewe.

Janine, en Talita, help ewe fluks in die huis en op die landerye.

Maar, iets is fout met Herman, vandag, hy ruk sy kop kort-kort na links en dan weer na regs.

Herman se opvlieende humeur bekommer Janine en Talita. Dit is nie soos Janine hom ken nie. En Herman het nooit tekens van agressie teenoor sy vrou en dogter getoon voor die ongeluk en na hy ontslaan is uit die hospitaal nie.

Daar kom partykeer skor geluide uit sy keel.

Janine skrik en probeer uitvind wat gaan aan met hom.

Herman gryp Janine en lig haar in die lug op. Hy begin haar heen en weer skud.

Talita gryp sy arms vas en skree dat hy haar ma moet los. Maar Herman gee Talita ’n oorveeg en sy val op die vloer neer.

Janine skree dat hy haar moet los en vir ’n wyle kyk hy net met dowwe oë na haar en laat haar so skielik los dat sy hard op die teël vloer val.

Gelukkig het sy nie seergekry nie, maar is erg geskok en wil niks van Herman weet nie. Sy skuifel na Talita wat eenkant teen ’n muur sit en sy troos haar dogter terwyl sy self nie lekker voel nie.

Janine slaap lekker laat vanoggend, toe sy wakker word besluit sy die plaas kan maar gaan vlieg, sy gaan vandag net op haar huis konsentreer.

Sy is besig om lekker te bak en brou toe Herman in die deur vir haar staan en staar.

Janine beweeg vinnig agteruit. Maar Herman is met een haal by haar.

Sy hardloop weg van hom af en loer om net om te sien dat Herman se hare pennetjies orent staan en sy oë bloedbelope is.

Sy arms is so lank dat sy vingers, nee, dit lyk soos lang tentakels op die grond hang.

Toe begin Janine ’n wedloop vir lewe en dood.

Sy nael na die naaste buurplaas en skree histeries om hulp. “Help,Help skree Janine, die monster jaag my, Help”

Buurman neem Janine saam na die plaas en sien dat Herman besig is om alles in die huis om te keer. Johan probeer Herman tot kalmte bring, maar hy slaag nie daarin nie en kry self ’n oorveeg wat hom slingerend hard met die vloer kennis maak.

Johan skud sy kop, dit voel soos naalde en spelde, hy kry polisie gebel en na sowat paar minute is hul daar, toevallig hul rondte gedoen in die Lemmetjie laagte kontrei.

“Janine, jy en Talita moet dadelik hier wegkom voor Herman jul skade aandoen.”

“Ag, Johan, sê Janine, ek bly maar eerder tuis, met Herman in die selle sal ek en Talita veilig wees.”

Herman kon na die naweek se vertoef in die tronkselle na ’n sielkundige geneem word vir waarneming. Hy is weer terug by die sielkundige hospitaal.

Met Herman onder hipnose, het die sielkundige agtergekom dat die skerp lig wat Herman gesien het, ’n toetsprogram was wat deur die spesiale taakmag van operasie Jupitor uitgevoer is.

Hul het ’n vliegtuig ontwerp in die vorm van ’n vlieënde piering, kompleet met al die toebehore en al.

Die hiptose waar Herman in ’n mutant verander en dan weer na ’n mens terug verander sou ’n teorie wees en die moontlikheid van buite-aardse wesens word nou uitgesluit, nadat aan die lig gekom het dat wetenskaplikes verantwoordelik is vir Herman se gedrag.

Herman se persoonlike besittings is ontdek in ’n geheime kamer in die sielkundige hospitaal.

Die slotte aan die deur moes oopgebreek word. Die stank was on uithoudbaar waar ’n ontbinde lyk gelê het.

Herman is ’n Omega vlak mutant, met die mees kragtigste genetiese potensiaal van sy mutante vermoëns.

Janine en Herman is nog ongemaklik oor hul situasie en pak alles dag vir dag aan.

’n Wetenskaplike vriend en kollega van Herman het toetste gedoen in die laboratorium en bevind dat die skerp lig deur ’n swaartekragveld gebuig was.

Met Herman se metamorfose veranderings

Die toetsprogram het Herman en Janine se lewens verander. Janine kry soms nog nagmerries oor Herman se mutante voorkoms.

Talita kom kuier vir naweek op plaas, en hul gesels almal tot oggendure oor haar studies op universiteit. Hul bespreek haar toekomsplanne en…

Doef! slaan ’n deur toe en almal wip van die skrik.

“Seker maar die wind.” sê Herman.

“Nee, die deur is gesluit Herman”, iemand is in die huis. Janine en Talita kyk met groot oë na mekaar.

Herman word met ’n harde hou neergevel.

Janine en Talita skree en vlug na buurplaas.

Daar aangekom, vind hul die buurman besig om sy vrou met ’n byl aan te val.

Janine vlug met haar dogter verder langs die groot pad af en ’n vragmotorbestuurder ry hul amper om.

Hy kom tot stilstand en laai hul op.

Skepties en skrikkerig loer Janine na die bestuurder, maar hy kyk net vorentoe en bestuur rustig voort.

Die stilte is te erg vir Janine, sy begin ’n geselsie aanknoop, maar toe die man sy kop na haar draai, begin Janine gil so hard sy kan.

Talita bars in trane uit en klou aan haar ma vas.

Die bloedbelope oë, die penne hare… die lang…

Janine word wakker in die hospitaal en vra na haar dogter.

“Hier is ek ma, word wakker,” wat skree jy so.

O, my kind, ek is so lief vir jou.

“Wat gaan aan Janine, wat skree jy so,” vra Herman.

Ek is lief vir jou Herman. “Ons sal hierdie aaklike nagmerrie verwerk en aangaan met ons lewens.”

Koerante het die opspraakwekkende hofsaak gedek oor die skuldige wetenskaplikes en die regter het hul lewenslange tronkstraf opgelê.

Met nadere toetse was daar molekules in die toets vloeistof verkeerd bereken met in plaas van energie het die vloeistof mutantiese gevolge gebring nadat ’n persoon ingespuit is met die stof.

Die Einde

  • Chantal

    Skepties en skrikkerig loer Janine na die bestuurder, maar hy kyk net vorentoe en bestuur rustig voort. Die stilte is te erg vir Janine, sy begin ’n geselsie aanknoop, maar toe die man sy kop na haar draai, begin Janine gil so hard sy kan. Talita bars in trane uit en klou aan haar ma vas.

    Jou verhaal was goed, kon geen spelfoute raaksien nie, maar dit sou beter gewees het as jy van jou paragrawe aanmekaar sit soos byvoorbeeld hier bo. Dit is al probleem wat ek met die verhaal gehad het. Verder is die verhaal verstaanbaar en bedoel vir die jeug.