DANIE SE KERSWENS – Annreatta Janse

DANIE SE KERSWENS – 2013 © Annreatta Janse

VOLWASSE Fantasie (7 248 woorde)

Dit maak nie saak hoe jy van jou verlede probeer weghardloop nie; op ’n dag haal dit jou in en vir Christa Louw het daardie dag gouer aangebreek as wat sy aanvanklik gedink het.

Die vuurtjie knetter in die klein, swart stofie terwyl die reuk van varsgebakte koekies in die klein kombuisie hang. Christa is besig om die koekies met allerlei patroontjies te versier toe haar seuntjie Danie by die deur inbars en met vaart teen haar vashardloop. “Ma! Mamma, ek kom nou net van Kersvader af. Hy, hy het my op sy skoot getel en gevra wat ek vir Kersfees wil hê. Ek…ek het, ek het…” “Stadig kind, kry eers jou asem terug. Kom sit hier by die vuur dat jy kan warm kry. Voel hoe koud is jou hande.” Danie frons maar gehoorsaam sonder teëstribelling. Hy hou sy handjies na die hitte toe uit en Christa kom hurk langs hom terwyl sy nog houtjies in die vuurtjie druk. “Toe, vertel my nou alles.” sê sy en met ’n opgewonde stemmetjie begin hy vertel. “Ek en Fanie het in die sentrum gaan rondstap om na die verskillende liggies te kyk. En toe sien ons hoe die ander kinders saamdrom om Kersvader te sien. Sy Elfie het gesê dat almal in ’n ry moet staan sodat ons kan beurte kry om na hom toe te gaan. Toe dit my beurt is, het hy my op sy skoot getel en gevra wat ek vir Kersfees wil hê. Oe mamma dit was soos ’n droom. Ek het in sy oor gefluister en hy het my vasgedruk en belowe dat hy alles sal doen om my wens waar te maak.” Hy het sy ma met opgewonde ogies aangekyk en sy het sy ligbruin krulle deurmekaar gevryf en gesê, “Ek is seker Kersvader sal nie jou wens vergeet nie, my skat. Hy het nog nooit ’n fout gemaak nie. Maar kom, jy moet gou vir mamma ’n brood en melk gaan koop; sommer by Oom John se winkel. Maar jy moet nie lank maak nie, want dit gaan enige oomblik weer begin sneeu, my kind. En trek jou jas aan want hierdie wind kan jou siek maak.” Danie spring van die stoel af op, neem die geld by sy ma en soen haar liggies op die wang. “Goed mamma. Ek is nou-nou weer terug. Ek gaan sommer luister of Fanie nie wil saamstap nie.” Toe die deur agter hom toeklap, draai Christa na die venster, net om te sien hoe hy om die hoek verdwyn oppad na Fanie se huis. Haar arme kind, staan sy en dink. Oormôre is dit Kersfees en al is die geldjies maar skraps sal sy voorwaar sorg dat daar iets in sy Kerskous is. “Dit gaan maar swaar met die Louws” het iemand nou eendag in ’n klein winkeltjie opgemerk. Die tannie het haar boeglam geskrik toe sy Christa gewaar. Sy het egter niks terug geantwoord nie, haar goedjies betaal en met hartseer in haar gemoed die winkel verlaat. Haar man is ’n paar maande terug in ’n mynongeluk dood en het haar met ’n klomp skuld agter gelaat. Dobbelskuld, drankskuld en sy het met ’n skok uitgevind dat hy glad nie die huur op datum gehou het nie. Met misnoë dink sy terug aan hom. Hoe hy saans dronk by die huis gekom het; op hulle geskree en Danie bed toe gejaag het terwyl hy met haar baklei het. Sy het baie keer vir Danie opgetel en stilletjies uitgesluip en by Oom John en Tant Rosie gaan aanklop vir slaapplek. Dit was bitter tye maar tog het sy hom op ’n manier liefgehad, omgeag sy foute. En nou sit sy met hierdie finansiële dilemma.

Die man wat aan hulle die plekkie verhuur is nie meer so vriendelik nie. Die Vader weet waar volgende maand se huur vandaan gaan kom, want die geldjies wat oor was na Stanley se skuld alles betaal is, het sy spaarsamig gebruik maar dit is nie naastenby genoeg vir die huur nie. En dan is daar nog kos, Danie se skool en alles wat hy gaan nodig kry want dit is volgende jaar sy eerste jaar op skool. Sy sug en draai van die venster af weg om die vuurtjie weer te stook.

Danie het by Oom John se winkel aangedoen maar was traag om huistoe te gaan, want nou dat dit skemer begin raak, lyk die liggies vir hom baie aantreklik.

Hy dwaal so ’n bietjie rond, bekyk die versierings in die winkelvensters en droom oor hoe wonderlik sy Kersfees sal wees as Kersvader sy droom bewaarheid. ’n Geraas trek meteens sy aandag; ’n paar seuns hardloop in die rigting van die rivier en op die ingewing van die oomblik belsuit hy om hulle te volg. Daar gekom, beur hy tussen die gelag en gewoel deur, net om te sien hoe ’n klein hondjie sukkel om uit die water te kom. Hoe meer hy sukkel om teen die wal uit te kom, hoe meer gly hy terug en beland dan weer in die water.  Die groter seuns staan en lag en hy wat Danie is kan die vrees op die klein hondjie se gesiggie nie verder aanskou nie. Sonder om te dink, sit hy die sakkie met die brood en melk neer en probeer met sy een arm aan die hondjie raak. Sy voet glip egter en beland dan self binne in die ysige water.

Danie het nie gedink dat die stroom so sterk is nie, en terwyl hy met die hondjie in die een arm probeer om koers te hou, trek die water hul al hoe dieper in. Die seuns wat die hele ding sien gebeur, verdwyn een vir een van die toneel af. Danie slaag net net daarin om die wal te bereik en hy sak uitasem op die sagte sneeu neer. Die hondjie lek aan sy gesig en hy glimlag vir die dankie-sê honde gebaar. Daarna staan hy op, tel die hondjie op en begin teen die wal op beweeg na waar hy die sakkie gewaar. Dit is meteens stikdonker, digte mis omring hulle en die sneeu begin saggies om hulle deerdaal. Danie kan niks voor om rondom hom sien nie maar met ’n dapper hartjie stap hy voort …heeltemal in die verkeerde rigting.

By die huis is Christa al rasend van bekommernis. Al wat negatiewe gedagte is maal deur haar kop. Sy skrik toe die deur oopgaan en Oom John sy veskyning maak. “En nou kind? Het ek jou nou laat skrik?” vra hy en kom maak sy hande by die welkome vuurtjie warm. “Uhm… nee oom. Ek het gedink dis Danie wat dalk huis toe kom. Het oom hom nie gesien nie? Hy moes al ure terug by die huis gewees het.”vra sy. Oom John frons en kyk na die deur. “Goeiste kind, ja jys reg. Hy het al vroe aand by die winkel aangedoen maar is so vinnig daar uit dat hy die kleingeld net daar laat lê het. Met die dat ek nou hier is, om die kleingeld te bring. Snaaks weet jy, ek het hom nie weer gewaar nie.” Oom John vryf sy baard en dink ’n oomblik na en meteens laat ’n seun se woorde hom skielik besef wat gebeur het. Hy was besig om die winkel te sluit toe ’n hele paar bogsnuiters van die rivier se kant af verby hom hardloop. Hy het gehoor hoe die ene Frans vir sy vriend sê, “Ons moes hom gehelp het, Gertjie. Ek ken die outjie, hy en sy ma huur die plek oorkant ons. Wie se nie hy het verdrink nie.” Oom John is ewe skielik haastig. “Maar wag, laat ek so ’n draai stap om te kyk of ek hom nie sien nie. Jy weet hoe is kinders. Hy het tien teen een by Fanie gaan skuil want dit sneeu nou baie erg.” Hy lig sy hoed in ’n groet en trek die deur agter hom toe. In sy binneste kook dit want sy gedagte sê vir hom net een ding.

As Danie vanaand moes verdrink het, sou iemand daarvoor boet. Hy besluit om eers by Frans aan huis te gaan, die polisie in kennis stel en dan sommer ook sy vroutjie te stuur om by Christa te bly. Danie kom by ’n verlate bushokkie aan en besluit om skuiling te soek teen die sneeu. Hy plaas Riffie (soos hy die hondjie intussen gedoop het) op die bankie neer en neem langs hom plaas terwyl hy sy handjies teen mekaar vryf en dit dan blaas. “Lyk my ons tweetjies het verdwaal ou honne. Kom, eet van die brood en kom ons drink van die melk. Mamma sal die omgee nie. Hier binne is dit nie so koud nie, of wat sê ek.” Sê hy terwyl sy stemmetjie bewe van die koue.

Nadat hulle klaar geëet en van die melk gedrink het, tel Danie die hondjie op sy skoot en met sy beentjies styf teen hom opgetrek, raak die twee aan die slaap, onbewus van die motor wat verby ry, stop en terug stoot. Twee mans klim uit; een lank en skraal en die ander een groter en breedgeskouerd. Hulle aanskou die prentjie voor hulle, nie een instaat om iets te sê nie. Dis Dewald wat eerste lewe kry. “Goeie genade, dis wrintiewaar ’n klein seuntjie wat hier in die koue sit. Watter tipe ouer laat dit toe. Kom, Stefan, haal komberse uit en sit dit op die agterste sitplek. Hierdie outjie is seker al dood van die koue.” Hy tel Danie op en dra hom kar toe. Ontsteld oor die wreedheid van die koue, lê hy hom gemaklik op die sitplek neer en draai hom behendig in die komberse toe. Die knapie prewel iets en ’n getjank verduidelik natuurlik waaroor dit gaan. Riffie, vasbelote om nie agter te bly nie, spring teen Stefan se been op. Hy tel die hondjie op, laai hom ook in en kry lag toe die wollerige bondeltjie hom ook onder die komberse inwikkel. Die motor trek met skreeubande weg en twee paar bekommerde oë kyk kort-kort om om seker te maak alles in orde. “Ons sal hom maar voorlopig na Tant Helen se huis moet neem tot tyd en wyl ons uitgevind het wie hy is. Jy kan more op die dorp gaan navraag doen en sommer ook die polisie in kennis stel. Dit kan nie te moeilik wees nie want ek ken die dorpie en dit is maar klein.” In stilte ry hulle verder want albei se gedagtes is by die klein, krulkop seuntjie agter in die motor. Tant Rosie maak die deur oop en vind Christa in ’n toestand voor die vuurtjie. Haar man het haar vlugtig vertel wat gebeur het en nie een van hulle kon verstaan hoekom Danie iets onverantoordelik sou aanvang nie. Vir sy ouderdom is hy baie verstandig en sal nie sy ma onnodig bekommerd maak nie. Christa kyk op en loop onder trane in die tannie se arms in. “Tant Rosie, hoe is dit moontlik dat Danie kan wegwees. Hy is dan altyd so verstandig. Wat gaan ek doen as hy iets oorgekom het? Hy is al wat ek het en ek sal nie sonder hom kan lewe nie. Sê vir my hulle het hom gekry, asseblief. Sê vir my hy is maar net by een van sy maatjies.” Die tannie skud haar kop, neem Christa aan die arm en laat haar op die stoel plaasneem. “My kind, ons moet nou nie allerande spoke opjaag nie. Miskien het hy maar net gou by Fanie gaan skuil teen die sneeu. Jy weet tog hoe koud hierdie weer kan raak. Kom, vee nou daardie trane af, ek maak vir ons ’n lekker koppie koffie. Dis ysig daarbuite en die Oom sal seker nou enige oomblik hier aankom met die klein rakker op die arm.” Sy glimlag en terwyl sy die koppies regsit hou sy die meisie ongemerk dop. Sy is nog so jonk en reeds het die jare haar lelik stief behandel. Maar bo dit alles het sy haar fyn, uitsonderlike gelaatstrekke en skraal postuurtjie behou. Sy en haar man het lief geraak vir hierdie stil kind toe sy en haar man sewe jaar terug hulle intrek op die dorpie geneem het. In die begin was hulle die perfekte paartjie maar vier jaar terug het alles handomkeer verander toe haar man die wynbottel begin liefkry het. Die lewe het hierdie vrou hard geslaan maar sy het haar seuntjie met trots grootgemaak. Sy het nie gaan lê toe die mense begin skinder het oor hoe dit in hierdie huishouding gaan nie. Tant Rosie se gedagtegang word onderbreek toe Oom John by die deur inbars met Frans aan die arm. “Hier is die mannetjie, en as hy nie nou praat nie gaan hy bars.” Toe Frans besef dat die grootman ernstig is, begin hy vertel wat gebeur het. Tant Rosie het haar man nog nooit so woedend gesien nie. Net een kyk na Christa se bleek gelaat laat haar ook besef wat die impak van hierdie storie kan wees.

“Vrou, hou jy ’n ogie oor Christa. Ek het reeds die polisie in kennis gestel maar ons sal moet ’n soekgeselskap ook opstel. En jy, ou seun kom saam met my, om te wys waar presies dit gebeur het.” Christa spring op en wil haar jas gryp maar Oom John praat rustig met haar. “Bly jy hier kind, dit is bitter koud daar buite en ek belowe om jou te kom sê sodra ons nuus het. Moet jou nie bekommer nie want kry sal ons hom kry.” En met die woorde gryp hy Frans weer aan die arm en verdwyn by die deur uit. Christa sak weer stadig op die stoel neer en gee haar opnuut weer oor aan die trane. Tant Rosie is dadelik by om te troos. Vanwaar sy rustig sit en naaldwerk doen, kyk Tant Helen gesteurd op toe ’n motor met skeeubande in haar oprit stilhou. Sy weet dat haar nefies kom kuier maar glo beswaarlik dat een van hulle so onverskillig sal ry. Die deur word ru oopgestoot en Dewald kom uitasem met ’n rukkende Danie voor sy tante tot stilstand. “Tant Helen, asseblief, skakel onmiddelik tante se huisdokter. Hierdie kind het dadelik mediese hulp nodig.”

“Hemel kind, waar kom jy aan die kind. Moet nie vir my sê jy het hom raakgery nie want dan sit ek sowaar vanaand self die polisie agter jou. Goeie genade, dat my broerskind dit nou op my oudag aan my moet doen. Sal jy nou asseblief vir my verduidelik wat de duiwel gaan hier aan voor ek…” “As tante my net ’n beurt sal gee om te praat, sal ek. Maar skakel in Hemelsnaam onmiddelik die dokter!” Tant Helen het haar nog nooit laat teegaan deur enige iemand nie, watwou haar broerskind. Maar soos hy op hierdie oomblik lyk, beter sy haar mond hou en doen wat hy sê. Met haar uit die pad, lê hy die seuntjie op die rusbank neer en probeer die rukkende lyfie teen hom vasdruk. Toe tant Helen weer in die sitkamer kom vertel Dewald haar alles. Sy kyk hom met ongeloof aan en vervolg. “Wat vertel jy my nou. kind? Wat sou sy kind se ouers makeer om dit toe te laat. Miskien het hy weggeloop. Kyk na die arme bloedjie. Wag, bring hom boontoe. Ek gaan solank die kamer regtrek waar jy as kind geslaap het.” Dewald weet dat sy tante nou in beheer van sake staan en sonder om teë te stibbel tel hy Danie op en beweeg agter haar aan. In die ruim kamer lê hy hom op die bed neer en sy tante is onmiddelik by met ’n handdoek en droë klere. “Gee hom hier vir my; julle mansmense weet g’n niks van kinders af nie.” Sê sy, verklee die kleintjie saggies en vee die natgeswete koppie af. Net toe sy hom gemaklik laat lê en toegegooi het, stap dokter de Waal by die deur in. “Naandsê mense, en wat het ons hier?” hy stap verby die twee broers en neem langs die bed plaas waar Danie wasbleek lê. Nadat hy die klein, warm, koorsige lyfie ondersoek het, draai hy na die ander wat angstig op sy uitspraak staan en wag en hy glimlag. “Moenie so bekommerd lyk nie. Hierdie mannetjie het ’n kwaai verkoue opgedoen en sal ’n heel paar dae in die bed moet bly. Ek sal hom ’n inspuiting toedien en medisyne voorskryf wat hy stiptelk elke vier uur moet drink. Hou hom maar warm Helen. Ek weet jy sal goed na hom omsien. Maak net seker…” sy woorde bly in die lig hang toe Danie verskrik regop beur en na sy Ma en Riffie roep en dan weer bibberend op die kussing terug val. “Kom Dewald, Stefan, help hom vashou sodat ek die inspuiting kan toedien.” Tant Helen stoot die mans weg toe sy sien wat nou hier gaan gebeur. “Maar sal sulke groot, growwe hande die arme kind vasdruk asof hy ’n stoetbul is. Nee a, julle sal sy klein lyfie kneus. Toe, toe uit is julle en gaan maak solank koffie. Ek sal verder vir hom sorg.” Dik van die lag verlaat die broers die kamer terwyl daar ’n breë glimlag om dokter de Waal se mond speel.

Tant Helen voel hoe Danie se lyfie kalmeer te danke aan die inspuiting, en lê hom versigtig weer terug teen die kussing. Sy vryf sy kuif wat weerbarstig regop staan, soen hom op die voorkop en maak seker dat hy reg toe is voor sy die kamer verlaat. In die sitkamer sit die mans elk met ’n glasie sjerrie in die hand en toe hulle haar gewaar sê dokter de Waal, “Skink vir jou tante sterk swart koffie, Stefan. Dan kom sit jy hier langs my Helen. Jy lyk taamlik moeg na al die opwinding. Lyk my ek moet jou ook inspuit en in die bed sit.” Hy knipoog in die seuns se rigting. Sy kyk hom vies aan, “Waag jy net de Waal, jy kom nie met daardie gevaarlike naald-ding na aan my nie. Jy sal sowaar spyt wees.” Sê sy maar neem tog langs hom op die bank plaas. Hy sit sy arm om haar nek, trek haar teen hom aan en soen haar liggies op die wang. Dewald en Stefan wissel geamuseerd blikke toe hul sien hoe ’n blos teen hul tante se nek opkruip. Sy wil net aan haar koffie drink toe sy meteens iets onthou. “Ons weet darem ten minste dat hy nog ’n ma het, maar wie dink julle is die Riffie na wie hy geroep het.” Stefan spring op, haas hom na buite en kom met ’n half verkluimde brakkie in sy arms terug. Nie een van die mans weet wat om te doen nie en die tante spring op en hou die hondjie sy die vuur. “Dewald, kry vir hom koue melk om te drink. Bring dit sommer tot hier, my kind.” Die hondjie drink dorstig aan die melk en maak homself in ’n bondeltjie voor die kaggel tuis. Die grootmense kan nie anders as om te lag nie. Dokter de Waal staan op, sit sy glasie neer en gaan maak weer ’n draai in Danie se kamer met tant Helen kort op sy hakke.  “Ek dink die mannetie gaan ’n goeie nagrus hê. Maar hou hom maar dop en skakel my die oomblik as daar iets gebeur.” “Dankie de Waal, ek sal so maak. Lekker slaap.” Sy hoor hoe hy die mans groet en die deur agter hom toetrek. Nadat sy seker gemaak het die seuns het ordentlik geëet en in hul onderskeie kamers verdwyn, neem sy ’n dik kombers, en maak haar op ’n gemaklike stoel langs Danie se bed tuis. Dis ook nie lank nie of haar oë val toe in ’n diep slaap. En so kom kry Dewald haar. Met ’n glimlag verlaat hy die kamer en trek die deur saggies agter hom toe. Tant Rosie het Christa sover gekry om ’n bietjie slaap in te kry maar toe sy die oggend wakker skrik en nog nie vir Oom John gewaar nie, wou sy opnuut gaan kyk waar hy is. Die tante het haar laat begaan op een voorwaarde; dat sy saam gaan. Toegewikkel in warm jasse en stewels met ’n bottel warm koffie en toebroodjies in ’n mandjie, is die twee buitentoe opsoek na Oom John en sy span. Toe die oom hulle gewaar het hy sonder meer na hulle toe aangestap gekom. Die angstigheid op haar gesiggie het hom voor hom op die grond laat kyk. Tant Rosie het haar arm vasgehou en toe die oom haar vasdruk het iets in haar gebreek. Rou snikke het deur die stil oggendlig geskeur. “My kind, ons moenie moed verloor nie. Hulle het ’n halwe brood en botteltjie halfgedrinkte melk by die bushokkie ’n hele net hiervandaan gekry, wat beteken dat hy genadiglik nie in die rivier is nie. Ons neem aan dat iemand hom opgelaai en huistoe geneem het. Die gebied word egter deur bekwame manne gefynkam. Jy hoef nie bekommerd te wees nie, kind. Ons sal hom kry.” Al het hy self nie geweet hoe en waar nie. Tant Rosie het vir die mans koffie en toebroodjies bedien en Christa het eenkant op ‘n opvou stoeltjie plaas geneem. Terwyl sy voor haar sit en uitstaar, het sy terug gedink… meer as sewe jaar terug. Aan die sorgvrye, gelukkige dae en sy het opnuut gewonder of sy ooit weer sulke geluk sal smaak.

“’n Vliegongeluk het haar moeder se lewe gekos en haar vader gestrem gelaat kort nadat sy haar graad as mediese verpleegster ontvang het. Sy moes egter eers die werkery los maar was meer as bekwaam om na hom om te sien. Ongelukkig is hy vyf maande daarna oorlede en sy glo hy het hom dood getreur want hy en haar ma was onafskeidbaar. Omdat sy toe alleen moes regkom het sy besluit om maar vir haar werk te soek maar al haar aansoeke was onsuksesvol. Moedeloos het sy hierdie spesifieke dag die koerant opgetel en na die betrekkings geblaai. Haar oog het meteens ’n berig gevang, “Bekwame verpleegster word gesoek. Indien goedgekeur moet persoon dadelik diens aanvaar. Uitstekende salaries en verblyf word verskaf. Skakel R. Beyers vir inligting.” Sy het onmiddelik geskakel en ’n norse ou man het die telefoon beantwoord. Sy wou eers neersit toe ’n veel jonger stem aan die ander kant verskoning maak, hul adres gee, en aflui. Sy was geskok deur die mense se maniere maar het tog besluit om te gaan uitvind want sy het tog niks gehad om te verloor nie. Daar aangekom was almal vriendelik en sy is die pos aangebied. Die salaris was buitensporig hoog maar soos sy sou agter kom was net die heel beste genoeg vir die trotse Beyerse. Sy moes egter gou leer om met die ouman se buierigheid saam te leef want baie dae was hy die duiwel vanself. Hy het haar lewe hel gemaak en sy het meer as eenkeer haarself aan die slaap gehuil. Gelukkig was Tante Sally, die huishulp vir haar soos ’n tweede ma. Hulle twee kon ure lank klets terwyl hul koekies en beskuit bak, net om dan weer deur die ouman geroep te word. Soos die noodlot dit wou hê het sy en die oudste seun op mekaar verlief geraak en hulle was onafskeidbaar.Hy het haar male sonder tal kom troos as sy pa weer in een of ander bui verval, en haar uitgetrap het. Dis dan ook op so ’n aand wat hulle hul liefde aan mekaar bewys het. Terwyl hulle in mekaar se arms gelê het, die oomblik nog vars en betowerend in hul geheue, het die ouman by die deur ingebars en woedend op hulle skel. Haar kamer het aan syne gegrens om sodoende naby hom te wees indien hy haar sou nodig kry. Hulle het verskrik na hom gestaar, nie instaat om te beweeg nie. Hy het na sy asem gesnak, sy bors vasgegryp en net daar langs die bed inmekaar gesak. ’n Hartaanval sou die dokter hul later meedeel. Vir Christa was dit een te veel. Sy het haar tasse gepak, stilletjies daardie nag uitgesluip en die pad vrou alleen aangedurf. Toe tant Sally het die volgende oggend in haar kamer kom, het net ’n kort briefie haar begroet. “Ek durf nie langer hier bly nie. Ek is vir die dood van meneer Beyers verantwoordelik. Ek sal niemand weer in die gesig kan kyk sonder om daaraan herinner te word nie. Vergewe my asselief en moet nie na my kom soek nie; dit sal dinge net moeiliker maak.” Met die briefie het tant Sally uitgehardloop so vinnig as wat haar twee bene haar kon dra en die brief aan sy verbysterde seun oorhandig. Christa het kort daarna uitgevind sy is swanger en is hals oorkop met haar ou studente liefde getroud. Hy het vas geglo dat dit sy kind was. Al wou sy hom die waarheid vertel, kon sy ne want naas die oubaas was hy die duiwel vanself.

Hoeveel keer moes sy nie al by Tant Rosie en Oom John gaan aanklop vir slaapplek nie? Koue, nat aande waarin sy en haar klein seuntjie moes vlug onder die drank-tong van haar man. Die afgelope vier jaar het sy hel gehad onder om maar kan tog dink aan ’n heel paar kere wat hulle mekaar sò goed verstaan het. Ten spyte van die feit dat hy haar so sleg behandel het, het Danie die grond aanbid waarop sy pa geloop het.

Tot een aand; hy het soos gewoonlik dronk die huis binne gestorm, op hulle geskree en haar begin rondstamp. Danie het gesien hoe hy ’n stuk hout gryp en dit na sy ma slinger. Hy het tussen beide gespring en die voorwerp het hom teen die kop getref. Christa het gegil en hom net betyds gegryp toe hy inmekaar sak. Stanley het hom asvaal geskrik toe sy seun se bloed teen sy wang afloop.  Sy het met Danie gillend in haar arms gehaas na tant Rosie en Oom John se huis en hulle het met die twee hospitaal toe gejaag. Die dokter het die bloedbevlekte seuntjie by haar geneem en met hom die hospitaalgang af gehardloop. Na wat vir die drei mense soos ure gevoel het, he thy sy verskyning gemaak en hulle verseker dat alles in orde is. Hy het die wond met vier steke geheg, en Danie kon die volgende oggend ontslaan word. Oom John het die polisie geskakel en Stanley is summier opgesluit. Hy het hom natuurlik uit die situasie gelieg en is die volgende aand vrygelaat. Christa het Danie by Oom John hulle gelos en was net oppad met hul klere onder die arm toe haar man by die deur instep. Hy het haar so geslaan dat sy skaars kon beweeg. Toe het hy hom uit die voete gemaak. Na ’n hele ruk het tant Rosie kom kyk wat aangaan en op die beseerde meisie afgekom. Sy het die tanie gekeer toe sy weer die polisie wou ontbied. Daardie aand het Oom John hom sit en inwag maar hy het nie opgedaag nie, selfs nie eens die oggend nie. “Het seker geweet wat op hom wag” het die oom gedink.Daardie selfde namiddag het hulle die afgryslike tyding ontvang dat die gedeelte van die myn waas Stanley gewerk het, ineen gestort het; al die werkers van daaddie afdeling is dood. Dit was swaar om die nuus aan Danie oor te dra. Hy het gehuil maar in sy kinderhart was hy bly dat sy mamma nie weer geslaan sou word nie. Van daarid edag af was hy en sy ma onafskeidbaar maar nou voel dit asof hy van haar af weggeskeur is. Die gedagte aan haar seuntjie laat haar vinnig opstaan om te gaan kyk waar oom John is.

In die kamer is daar ’n effense roering te bespeur onder die kombers op die groot bed. Danie kyk om hom rond, vryf die vaak uit sy ogies en draai versigtig op sy sy. Hy weet nie waar hy hom bevind nie en kan glad nie onthou hoe hy hier gekom het nie. Dit is so lekker warm hierbinne dat hy amper nie wil opstaan nie. Die deur gaan oop en y sit verskrik regop. Tant Helen kom met ’n gerustellende glimlag na hom toe aangestap. “Môre kind. Ek is so bly jy is uiteindelik wakker. Jy het ons sowaar groot laat skrik, jong.”

Sy gaan sit langs hom op die bed en druk haar hand teen sy voorkoppie. Hy laat haar began maar skuif ongemaklik op teen die kussing. “Wie is tannie en waar is ek? Ek weet nie wat gebeur het nie maar ek moet asseblief nou huistoe gaan. My mamma gaan bekommerd wees. Asseblief tannie, ek moet by die huis kom.” Hy het haar pleitend aangekyk en sy het afgekyk in die pragtigste groengrys ogies. Ogies wat sy al baie keer tevore gesien het. Hierdie lind lyk vir haar bekend, dink sy. “Vertel my eers wie jou ouers is boetman. Ek het ontbyt bestel en daarna kan ons jou huistoe neem. Het jy geweet dis Oukersdag vandag? Kom ek gaan wys vir jou iets by die venster.” Hy geknik en gewillig toegelaat dat die klein kombersie oor sy skouer hang en hom na die groot vernster begelei. Toe sy die gordyn oopskuif het sy asem byna gaan staan. Nog nooit was iets vir hom so mooi nie. Van binne af het die pragtigste tuin hom begroet. Dit het gelyk soos ’n prentjie uit een van die strokies boeke wat hy verlede Kersfees by sy mamma gekry het. “Dis… dis pragtig!” het hy opgewonde uitgeroep.

Oral was dwergies geklee in rooi mussies en jassies met swart gorderls en steweltjies aan besig om geskenkies na Kersvader se slee aan te dra. Danie het hom vergaap aan die manier hoe Kersvader met sy rooi jas op die slee sit en lag asof dit ’n werklikheid was. Om die prentjie af te rond het ligte sneeuvlokkies saggies om hul toegesak. In die verste hoekie van die tuin het iets sy aandag opgeeis. ’n Man was besig om ’n boom af te kap en sowaar, ’n klein hondjie het net so kliphard help grawe. Die ogies het verhelder toe hy die brakkie herken. “Daar’s Riffie, tannie, kyk. Hy lewe…hy lewe! Kan ek na hom toe gaan? Groooot asseblief, kan ek?” Die kleintjie het haar so ernstig gesmeek dat sy amper die dokter se bevele om hom binne te hou verontagsaam het. “O nee my kind, jy kan nie nou uitgaan nie. Daarvoor is jy nog nie heeltemal gesond nie.” Die teleurstelling op sy gesiggiewas vir haar een te veel, daarom het sy belowe dat sy die hondjie na hom sal bring sodra hulle klaar geëet het. Hy het tevrede geknik en sy het hom weer in die bed gesit. Danie het in alle erns vertel wie sy ouers is, waar hulle bly, van die ongeluk tot op die punt waar hy en Riffie op die bankie aan die slaap geraak het. Tant Helen het hom nie eenkeer in die rede geval nie. Hy het lank stil gesit met sy handjies onder sy ken en vervolg, “Tannie, ek het gister vir Kersvader gevra om vir my ’n nuwe pappie te bring. Maar een wat nie op mamma sal raas en haar slaan nie. Dink tannie hy sal dit vir my bring?” Tant Rosie het verby die lastige knop in haar keel gesluk en die krulkoppie deurmekaar gevryf. “Natuurlik sal hy dit doen my liewe kind. Jy was miskien stout om naby die rivier te kom maar jy het darem Riffie se lewe gered, onthou.” Traantjies van blydskap het in sy ogies geblink en weereens het dit gevoel asof sy hierdie kind al iewers gesien het. Toe Dewald met die skinkbord in die deur verskyn het sy hardop na haar asem gesnak. Daar is net een mens met sulke oë het deru haar kop gemaal. Toe sy vinnig wegkyk he thy haar vraend aangekyk. “En as tante lyk soos een wat so pas ’n spook sien instep het?” het die vraag in die lig bly hang. “Ja toe, moenie vir jou staan en stuitig hou nie kind. Ek is nog glad nie so oud da ek helder oordag al spoke sien nie. Kom, ons Danie is honger, ek sal hom help. Gaan maak jy seker dat sy brakkie ook kos kry.” Nadat hy verneem het na die kleintjie se welstand moes hy hom uit die voete maak want sy tante het oor die kind gekloek soos ’n hen oor haar enigste kuiken. In die sitkamer het tant Helen haar op een van die stoele voor die kaggel tuis gemaak en na Dewald gedraai. “Dewie, jy moet maar aanstaltes maak om vandag Danie se ma te gaan soek, my kind. Die arme vrou is seker al resend van bekommernis. Of nee wag, Stefan, gaan jy. Ek het nog taamlik werkies wat Dewald my mee moet help. Hy kan in elk geval maar die versierings vir die kersboom gaan uithaal sodat dit versier kan word. Neem hierdie geld en koop vir Danie die grootste geskenk wat jy kan kry, en jy kom nie sonder sy ma of die geskenk hier aan nie, anders is daar moeilikheid. Toe nou, maak dat jy wegkom.” Stefan het net sy kop geskud, sy tante op die wang gesoen en gemaak dat hy wegkom voor sy dit in haar kop sou kry om saam te gaan. Terwyl hulle die boom saam versier het sy Dewald Danie se verhaal vertel, behalwe vir die Kerswens gedeelte. Dié het sy as haar en Danie se gehem beskou. “Ek belowe jou nou, my kind, ons gaan hierdie seuntjie die Kersfees gee wat hy nog nooit gehad het nie. Hy het swaar gekry vir iemand van sy ouderdom en ek voel ons moet sy hartjie met lig vul.” Toe die boom klaar en die liggies getoets was, het hulle albei tevrede terug gestaan.

Tant Helen het hom aangesê om te gaan tee maak terwyl sy weer by Danie gaan inloer het, net om te vind dat hy vas aan die slaap is. Dewald het later die middag besluit om met die seuntjie te gaan gesels. Toe hy die kamerdeur oopstoot het die mannetjie die kombers verskrik tot onder sy ken getrek en hom bekommerd aangekyk. “En nou, grootman? Is jy tog nie bang vir my nie?” die seuntjie het hom wantrouig aangestaar en toe daar nog ’n gewoel onder die kombers sigbaar is en Riffie sy verskyning maak, bars hul albie uit van die alg. “So dis wat hier aangaan, jou klein rakker.” Hy het Danie vasgedruk en begin kielie tot hy gekraai het van plesier met Riffie se geblaf in die agtergrond. Tant Helen he amper oor haar voete geval en met meelbestrooide voorskoot en hande by die kamer ingestorm. Toe hulle haar vertel wat gebeur het het kon sy ook nie anders as om te lag nie. Sy het Danie verseker dat sy nie kwaad is nie, want sy het mos belowe dat hy die hondjie mag sien. Hy het sy medesyne gedrink en sy het vir hom ’n paar inkleurboeke gebring om hom mee besig te hou. Die hondjie het hom by sy basie se voetenend tuis gemaak en aan die slaap geraak. In die besige straat het Stefan sy kar met moeite voor die speelgoedwinkel parkeer. Almal was haastig om nog daardie laaste kersinkoies te doen en dit was ’n gewemel van mense en kinders. Hy het besluit om maar eers die speelding te koop voordat hy sou navraag doen oor Danie. In die oorvol winkel het hy hom gehaas na die seuns se speelgoed en per ongeluk aan iemand stamp. Hy wou nog omverskonig vra maar toe hy omdraai is dit net dat die meisie inmekaar sak. Ker hy haar nie betyds nie, maak sy hard met moeder aarde kennis. “Jammer ou seun. Ek moes dit sien kom het. Moenie sleg voel nie, sy was in elk geval baie na aan ’n ineenstorting. Kom, help my dat ons haar uitdra. Die mense begin al saamdrom om ons.” Buitekant dra Stefan haar na sy motor en versoek die ouman om vir hom te verduidelik waar die meisie bly. Hulle ry in stilte en die oom kyk hom vraennd aan.”Jong, hoekom lyk jy so bekend, boetman?” Stefan draai effens na die oom en glimlag, “Oom het my seker maar in een van die boeke gesien wat ek geskryf het. Beyers is die van, aangenaam.” Oom John kon sy geluk nie glo nie. Hy is juis besig om die man se jongste boek te lees. By die huis he thy hul onverwagse gas onmiddelik aan tant Rosie voorgestel en haar summier bevel om die beskuit uit te haal. Hulle het Christa op die rusbank neergelê toe sy wakker skrik en met vraende hartseer oë na Oom John kyk. “ Ons sal netnou weer gaan seker maak my kind. Hy moet hier iewers wees. Toe, rus jy maar ’n bietjie, jy gaan jou kragte nodig kry.” Sy het met ’n swaar sug weer haar kop neergelê e amper onmiddelik weer aan die slaap geraak; ’n teken dat die dokter se kalmeermiddel van vroeër sy werk gedoen het.“Ai, die arme kind. Haar man is ’n paar maander gelede in ’n mynongeluk dooe en net gisternag verdwyn haar kind soos mis voor die son. Ek weet nie meer wat om vir die kind te sê as sy bykom nie. Dit gaan haar breek as einde beteken as daardie kind moet dood wees. Sy aanbid die kind en hy is al waarvoor sy lewe.” Stefan kyk die oom ongelowig aan. “Sê my, oom, is die kind van wie oom praat nie ’n krulkop seuntjie nie? Ek en my broer het gristeraand op ’n half verkluimde seuntjie by ’n verlate bushokkie afgekom. Ons het hom opgelaai en na my tante se huis geneem omdat ons niemand op die dorpie ken nie…” sy woorde swerf weg toe oom John sy vrou opgeonde roep om te kom luister.

“Hemel kind, jy weet nie wat hierdie blye nuus vir ons beteken nie. Om nie eens te praat van hierdie kind hier op die rusbank nie. Ag dank die Vader, hy is veilig.” Oom John wil Christa summier wakker maak maar Stefan keer hom. “Wil oom vir my sê hierdie meisie is sy ma? Dis ongelooflik. Maar luister, moet haar nog nie wakker maak nie. Kan ek asseblief gou oom se telefoon gebruik as dit moontlik is?” Oom John staan op en wys die jong man waar die foon is. Toe hy klaar gepraat het, deel hy hulle mee da sy tante hulle almal genooi het om Kersaand by hulle deru te bring. “Sy sê haar pasiëntjie mag onder geen omstandighede in die koue uit nie. Ek stel voor dat julle maar iets ekstra inpak want soos ek tant Helen ken, gaan julle nie vanaand al huistoe kom nie. Maar wag, ek moet nog ’n baie belangrike geskenk gaan koop want ek durf nie daarsonder by die huis aankom nie.” Hy knipoog in hul rigting en verlaat die vertrek. Tant Helen is so op haar senuwees dat sy beswaarlik kan stilsit. Sy is doodseker van haar saak. As die meisie is wie sy dink dit is, gaan hierdie ’n vreugdesaand word soos min. Soos sy verneem het is die meisie oor wie Dewald so getreur het, getroud en na aanleiding van Danie se verhaal is sy pappa dood. Maar sê nou haar vermoed is reg… Sy kyk op na waar Dewald en dr de Waal sit en skaak speel; albei gemaklik geklee en met ’n glasie sjerrie in die hand. Sy sug hoorbaar en die twee kyk haar belangstellend aan. “Wat is dit met jou dat jy so onrustig is, Helen.” Kan die dr nie help om te vra nie. Sy het heel waarskynlik nie gehoor wat hy sê nie en haas haar na die kombuis. “Moet nie bekommer wees nie, oom. Soos ek tant Helen ken is sy weer besig met een of ander knoeiery en gewoonlik loop dit op ’n heerlike verrassing uit.” Hulle speel klaar en help tant Helen dan om die laaste verversings tafel toe te dra. “n Mens sou sweer tante het vir ’n troue kos gemaak.” Dr. de Waal kyk na hom en knipoog. “Wel, miskien, ’n mens weet nooit ou seun. As jou tante net nie so hardkoppig was nie, sou ek haar al die groot vraag gevra het.” Tant Helen kyk gemaak kwaai in sy rigting, “As jy nie so ’n vrotsige vryer was nie, sou ek dalk al ja gesê het.” Die grootman laat nie op hom wag nie, sak af op sy knieë en neem haar hand saggies in syne.

“Helen Beyers, sal jy my die eer aandoen en met my trou?” toe sy knik, steek sy ’n groot diamandring aan haar vinger en soen haar dat Dewald ongemaklik sy kop krap. “Maar kyk hoe laat ons so ’n jongman bloos. Is sy nie te pragtig vir woorde nie, Dewald?” vra hy en druk die tannie styf teen hom was. Vir die eerste keer vandat hy sy tante ken het sy nie woorde nie. Hy skink vir elkeen ’n glasie wyn en net nadat hulle glasies geklink het, hou ’n motor in die oprit stil. Tant Helen is eerste by die deur toe Stefan met die slapende meisie in sy arms inkom. Net een kyk in daardie gesiggie laat haar met tevredenheid glimlag. Sy verwelkom die die twee oumense en nooi hul gretig binne. Toe Dewald die vertrek binne kom, homself en dr de Waal aan die mense voorstel, bly sy blik versteen op die meisie in sy broer se arms. Die naam Christa is slegs ’n skor fluistering. Sy maak haar oë oop en kyk was in die helder groen oë van die man wat sy gedink sy nooit weer gaan sien nie, Dewald, Daniël Beyers. Hul deumekaar gedagtes word onderbreek toe die horlosie twaalfuur slaan en ’n seuntjie met blou slaapkleetjies die trappe afgehardloop kom, ’n klein wolhaar brakkie kort op sy hakke. “Mamma, mamma!” Sy wikkel haar uit Stefan se arms en vang die kleintjie toe hy in haar arms spring. Moeder en seun huil onbeskaamd oor die blye weersiens.

“Nou toe Dewald… gaan jy haar en jul seuntjie nie groet nie?” Danie kyk na tant Helen en toe sy knuk, verhelder sy gesiggie en val hy Dewald om die hals. “Tannie, my wens…my Kerswens het waar geword. Dankie Kervader vir my nuwe pappa.” Hy het na die engeltjie aan die bopunt van die kersboom gekyk en sy ma en pa albei vasgedruk. Dewald het afgeglimlag in Christa se gesiggie en geweet sy verlore liefde is terug by hom. Die toneeltjie was vir die grootmense so aangrypend dat die tannies hardop gesnuk en die ooms skelm ’n traan weggevee het.

Terwyl daar weggelê is aan die heerlike eetgoed en Danie besig was om sy geskenke oop te maak, het tant Helen hulle vertel van die seuntjie se besonderse groen ogies wat haar aan iemand baie besonders laat dink het… haar broerskind. Die twee jongmense het haar met dankbaarheid bejeën en kon hul oë nie van mekaar afhou nie. Klein Danie se Kerswens is vervul en hy het saam met sy hondjie voor die kaggel aan die slaap geraak. Hy en sy mammie sal gelukkig wees, het hy gedroom, minwetend dat sy nuwe pappa hom kamer toe gedra het.

  • Chantal

    Goeie verhaal, maar jou paragrawe is te lank en maak dit moeilik om te lees. Veral die eerste hoofstuk. En soms is dit beter om dialoog met die plot te skei. Alhoewel ek dink jy het ‘n groot verbeelding en kan skryf. Moet jy net hier en daar werk aan ‘n paar veranderinge. Dan het jy ‘n meesterstuk!