DIE BEGIN – Hardus van der Merwe

DIE BEGIN – 2013 © Hardus van der Merwe

VOLWASSE Fantasie (1 287 woorde)

Die Haan staan verlate op die rand van die groot pad. Die enigste teken van lewe in die ou herberg is die dun rook walm wat uit die koorsteen weggewaai word deur ’n oostelike bresie en die dowwe kerslig wat hier en daar deur die twee vuil vensters op die houttafels flikker. Twee sillioutte binne die herberg is merkbaar; die een is kort en rond en ’n ander is sittend.

“Nog ’n bier?” vra die herbergier.

Alto word uit sy waas gepluk en met ’n gemaakte glimlag kyk hy vas in die moeë eienaar se ligbruin oë en antwoord onseker; “Nee, dankie.”

Hy krap in sy bladsak rond wat op die tafel langs ’n leë houtbord en eetgerei lê. Hy bring twee blink silwermunte te voorskyn en druk dit in die pofferige hand van die herbergier. Die herbergier se oë rek toe hy die blink munte sien, want hier buite die dorp en so naby aan die woud is dit selde dat één die klank van silver of goud in een se ore hoor klink.

Skielik helder die herbergier se gesig op en plaas die munte in sy muntsakkie. “Ons het slaapplek, sou meneer vannag wil oornag,” sê hy met ’n glimlag terwyl hy sy hande skoonvee oor sy vuil voorskoot. “Rowers is bedrywig hierdie tyd van die nag en die wilde diere sal dit ook nie vir meneer maklik maak om meneer se reis voort te sit nie.” Probeer hy Alto oortuig.

Alto se diepblou oë dwaal deur die herberg en merk dadelik op dat hy nog die enigste kliënt is. Hy staar ingedagte na die dofrooi van die enkele smeulende kole in die kaggel aan die oorkantste muur.

“Wat van my perd?”

“Geen problem nie. Ek sal die staljong laat ontbied om om te sien na meneer se perd. Beteken dit meneer sal vannag hier oornag.

Alto knik verseker – hy kan nie in sy toestand nou wil terugkeer huis toe nie.

Die herbergier draai om ’n tiekie en haas homself na die agterdeur, waar Alto pynlik smaal toe hy hom hoor instruksies uitdeel aan ’n waarskynlike slapende staljong.

Alto, maak gereed om op te staan, toe die herbergier die bebloede wond op Alta se voorarm sien. Beveel hy Alto dadelik om weer te gaan sit.

Met ’n alkohol deurtrekte lap probeer die herbergier die ergste bloed van Alta se wond skoonkry.

“Wat het gebeur?” vra die herbergier nuuskiering met ’n tikkie onsekerheid in sy stem toe hy die koninglike seëlring aan Alto se finger gewaar.

Alto byt op sy lippe om ’n gil te keer wat dreig om te ontsnap. Die brande pyn is ondraaglik en hy knyp sy tranende oë styf toe, om beheer oor sy liggaam te kry.

Die herbergier bring ’n skoon lap te voorskyn en smeer heuning daarop. “Is meneer in die moeilikheid?” Hy begin die wond toe te draai. “Ons huisves nie rowers hier nie. As meneer in die moeilikheid is wil ek u tog vriendelik versoek om maar vannaand nog in die pad te val.”

Alto maak sy oë oop. “Jy hoef nie bekommerd te wees nie, herbergier. Ek is gun rower nie, maar die jongste seun van koning Herbrand V van Stryden.”

Die herbergier val dadelik op sy knieë met sy hoof na Alto se voete gerig.

“Verskoning u hoogheid, Alto, seun van Herbrand V van Stryden. Marnus die herbergier van Bril die jagter tot u diens.” Stel hy homself voor en vroetel met bewende hande in sy muntsakkie.

Alto sug hoorbaar en plaas sy regterhand op Marnus die herbergier se skouer.

“Nee, hou dit en môre sal ek jou vergoed met ’n goue kroon vir jou gasvryheid. As jy my net na my kamer toe kan help, sal dit gaaf wees.”

Marnus spring vinnig van die vloer af op en gooi die prins se linkerarm oor sy skouers en help Alto op sy voete.

“U hoogheid. Marnus as dienaar van die koningkryk, wil nie krap waar dit nie jeuk nie, maar kan ek tog vra wat het gebeur?”

Alto loer skuins af na die geswete gesig van die herbergier en bespeur ’n opregte teernis in die man se stem. “Ek was uit op ’n jagtog en by die drie-watervalle was ek besig om my botasak te hervul toe ’n dier van ongekende krag en grootte my vanuit die niet bestorm.” Alto ruk skielik vooroor en gryp krampagtig sy maag vas. Marnus laat Alto staan terwyl hy gou kombuis toe hardloop en sekondes later met ’n beker vol melk opdaag.

“Drink u hoogheid.”

Alto gryp die beker met mening uit Marnus se hand uit en met sy kop agteroor sluk hy die inhoud daarvan weg. Toe sy oë dié van Marnus bereik, steier-val die herbergier agteruit en herwin sy balans teen een van die houttafels.

“Moet ek nie die geneesheer ontbied nie!” roep-skree Marnus.

“Dit sal nie nodig wees nie ek moet net rus.”

By die dowwe venster kyk Alto na die maan – grootmaan, supermaan heksemaan soos dit bekend staan onder die bewoners van die woud. Sonder om te ontklee gaan lê Alto moeg en natgesweet op die verebed. Sy oë is swaar en sy lyf is kokend. En sonder bewuswording val hy aan die slaap.

Alto sien homself as kleuter in die groot biblioteek van die kasteel speel. Dan sien hy die boek. Groter en mooier versier as enige ander. Die woorde is onbekend maar later sou hy as tiener en as jongman elke keer terugkeer na die biblioteek om meer te lees van die monsters, gedrogte, feë, trolle, weerwolwe en ander kreature wat eens deel van die menslike wêreld was. Maar vandag word dit slegs gesien as niks anders as ouvrou stories nie.

Dan skielik sien hy dit! Die gedierte wat hom vroeër die aand by die drie-watervalle aangeval het. Op sy agterpote, oortrek met hare, gloeiende geel oë en die kop van ’n wolf en slagtande wat drup van die bloed. Die waarskuwing was duidelik in rooi en in groot letters geskryf – bly uit die woud gedurende die grootmaan.

Hy lê opgekrul van pyn, sy tande kners op mekaar en nu en dan ruk sy liggaam onbeheerslik. Die vloei van sy kokende bloed in sy are kan gevoel word, sy spiere wat soos ’n rek span en dan sonder waarskuwing spring Alto van die bed af op.

Hy sien die herbergier se geskokte gesig voor hom, arms gekruis voor sy ronde gesig en dié se vrou wat histeries gil om hulp. Die staljong, ’n jong kêrel wat na hom skop en slaan en magteloos sy verdediging beëindig toe hy in ’n plas bloed trap, gly en sy kop teen die bedreëling stamp en bewusteloos op die vloer te lande kom.

Hy voel ’n honger en ’n dors wat hom na aan waansinnighied dryf. ’n Onbekende op die grondpad, was onkant betrap en die se gille het in die stilte van die nag verdwyn.

Dan skiet Alto se oë oop. Sy asem jaag en sy lyf is seer. Hy kyk om hom rond en slaak ’n sug van verligting toe hy merk dat hy veilig in sy slaapkamer is. Die groot houtdeur van sy kamer kraak hoorbaar oop en Alto sien sy valet binnekom kom met ’n skikbord. Die reuk van warm tee en roosterbrood vul die vertrek en Alto trek himself haastig op teen die sagte kopstuk.

“Goeie môre u hoogheid. Ek vertrou dat u ’n aangename nagrus gehad het?” Alto antwoord nie en wag dat sy valet die ontbytskinkbord sorgsaam op sy skoot sit. Hy stap flink na die toegetrekte vensters en met een pluk ruk hy die mooi geborduurde gordyne vanaf mekaar en die stale van die oggend son stroom die kamer binne.

“Het u hoogheid gehoor van die herbergier van die Haan?”

  • Chantal

    Baie goed en die einde was ‘n groot verrassing! Jy sal ook ‘n goeie fantasie skrywer eendag wees.