DEIMOS: OORLEWING – Ockert J. Du Preez

DEIMOS: OORLEWING – 2014 © Ockert J. Du Preez

VOLWASSE WETENSKAPFIKSIE (2 725 woorde)

 

“Wat was dit?” ek kan die vrees in Anaj se donker oë sien. Ons albei is nou volbloed Demimosse en ons wag dat die eiers moet kom. As my wiskunde korrek is, behoort dit nou vandag enige tyd te gebeur. ‘Konsepsie’ is amper verby maar dit het vir my en Anaj gehelp om mekaar te leer ken. Alhoewel meeste van ons herinnerings van ons tydjie op aarde besig is om te verdywn, het ons nog ’n paar goedjies waaraan ons kon vasklou.

“Ek weet nie, maar dit kan nie goed wees nie!” ek het nog nooit so ’n harde knal gehoor nie, miskien kan dit ook wees dat ons sintuie hiper-skerp is; maar ek begin ’n vreemde kol op my Deimos-maag kry.

“Dink jy Nep en Dool is orraait?”

Ek sweef na die venster en kyk in die rigting waar Nep en Dool, oorspronklik van Charon, se kamer moes wees. Daar bulder net pikswart rookbolle uit en ek hoor hoe Deimosse en die ander verkorendes van ander planete en mane huil en skree en hardloop vir veiligheid. Na ’n ruk, kyk ek op: die eens potblou lug bo ons is nou só weggesteek tussen groot ruimteskepe. Hier en daar kon ek ’n spikkeltjie blou sien, maar die skepe is oordonnerend.

Die ruimteskepe is elk sowat veertig meter breed en sewentig meter lank. Ek sien al die enjinterbines en die skepe sweef vreeslik stadig. ’n Groter skip is in die middel van sy kleiner maats en almal beweeg in harmonie. Elke nou en dan skiet ’n vlam uit die terbines. Ek vertsaar my aan hulle en vergeet van Anaj wat skielik agter my inkruip.

Sy kyk uit en toe sy tot die besef kom dat ons aangeval word begin sy vreeslik bewe. Ek hoef nie eers haar vraag te beantwoord nie, want sy besef dat Nep en Dool dood moet wees. In ons kort tydjie hier, het ons al die uitverkorendes ontmoet.

Hier is pare van vyf planete: Mercerius, Venus, Eris, Neptunus en Aarde, so wel as pare van vier mane : Umbriel, Enceladus, Proteus en Charon. Soos my min kennis van planete en hul mane strek, kon ek agterkom dat daar geen sprake is van Jupiter en dié se mane nie, behalwe vir Ganymedes.

Die Ganymedese het daarin geslaag om al Jupiter se mane oor te neem, selfs Jupiter self; nou het hulle hul vesier op die ander planete en hul mane. Mag is nooit genoeg vir die wat dit misbruik nie. Ganymedese het Deimos amper heeltemal uitgewis, maar daar is nog hoop. Ek en Anaj sowel as die ander kreature is Deimos se hoop. Hoe die ander pare hier gekom het, weet ek nie, ek weet wel dat ons is ons verskeie planete van herkoms se hoop om oorlewing.

Ek en Anaj se lywe gaan berserk. Dan bewe ons, dan kry ons skiet pyne oral oor. My kop wil bars! Iets is nie pluis nie! Ons lywe begin op en af vibreer, en skielik is ons in die paleis saam met al die ander vreemde pare en koningin Isis.

“Vandag moet ons veg.” haar stem klink bewerig dog hard genoeg.

“Dool, Luas, Nep, Anaj julle moet bly. Vrouens, gaan waak oor my eiers.” haar woorde is skaars koud en die res van die vroulike kreature verdwyn. Die manlike kreature skuif in maat stadig weg saam met die res van die Deimos beskermings mag. Ons vier moes bly want om ’n suksesvolle konsepsie te hê, moet die pare vir presies drie weke saam wees.

Aangesien elke paartjie nie van Deimos af kom nie, het elk hul eie einskappe. Reit en Ueel van Encaladus bestaan ten volle uit water. Die voordeel hier is: hulle is baie moeilik om dood te maak Ueel is ook nie die kalmste kreatuur nie, hy is nogal vining om kwaad te word en dan spoeg hy kilo-liters water binne sekondes.

Venus van alle plekke is propvol reuse. Die reuse is drie meter lank, en twee meter breed. Redips en Tnaig het elk vier bene, so wanneer hulle sou kruip, sal hulle dieselfde grootte wees as normale Deimosse. Tnaig moes in die middel van die groot mag kruip, sodat die Ganymedese op land hom nie dadelik sal raak sien nie.

Die wapens wat inheems aan Deimos is, is baie ongewoon. Dit kom voor asof dit voorwerpe kan wees wat of iets uit spuit, of uitskiet. Omrede Deimos vreedsaam is, het hulle nie juis baie wapens nie, en die tegnologie wat hulle het, kan miskien verouderd wees. Hulle maak ook natuurlik gebruik van klippe, slingervelle, pyl en boë, maar meestal onder protes. Deimosse hou nie van baklei nie. Hulle is baie intelligent, en probeer gewoonlik hul breinkragte gebruik om van moeilikheid ontslae te raak.

Hul kinetiese kragte en tegnologie is hier baie vooruit. Hulle kan in enige wese ’n virus inplant sonder dat hulle eers blik of bloos. Ongelukkig het die Ganymedese hierdie truuk al lank al uitgevind en dra hulle kopskerms om hul klein dog geweldadige breintjies te beskerm. Hulle lyk eintlik komies met hul abnormale klein koppies en reptielagtige lywe en harige bene met sewe tone op elke voet. Kreature met die minste breins is gewoonlik die geweldadigste op enige planeet.

Ek is terug by Anaj en ons albei loer skamerig deur die venster. Die eerste vlaag Deimosse val aan met hul primitiewe wapens. Die desperaatheid wat ek oplet by die bakleiende Deimosse is hartseer. Hulle weet vandag moet hulle baklei want hul koningin, hul planet, hul lewens word bedreig.

Dis oorweldigend die krete, en die geskreeuery en bakleiery. Anaj maak haar oë toe en ek probeer haar troos.

Die Deimosse maak stadig maar seker vordering. Wat wel nie help nie is dat die hele Ganymedes hier is. Hulle is heeltemal té veel. Soos een van hulle dood gemaak word, so stuur die ruimteskepe twee af in hul plek. Die paleis ruk en skud onder ons voete. Bloed van beide Deimosse en Ganymedese vloei en lyke hoop op.

“Draai om Anaj, kyk weg.” probeer ek Anaj emsosioneel help. Dis die eerste keer wat ek tot die besef kom dat Deimosse kan huil. Ek kyk weer by die venster uit. Die tweede vlaag Deimosse begin in die geveg kom. Wat? Wat soek Dool daar? Nep moes seker eiers gelê het! Anaj se tyd moes naby wees.

Dool is in die tweede vlaag. Dit maak nie vir my sin nie want dis amper asof die Deimosse almal van ons probeer weghou en uithou uit die oorlog. Ek weet nie of hul trots té groot is nie. Ek weet nie of hulle ons wil beskerm nie. Dool en Nep is onsettend vining. Hulle akselerasie is nog vinniger. Voeg daar by die feit dat hulle vlamme kan maak wanneer hulle hande vryf, en die vlamme kan gooi dan is daar moeilikheid.

Ek weet nogsteeds nie hoekom Dool daar is nie! Miskien probeer hy vir Nep beskerm? Miskien was hy té vining vir die Deimosse om te keer. Ek hoop nie hy kry seer nie.

Anaj begin kreun en kromtrek. Haar oë vergroot en sy gloei weer pienk. Een eier. Twee. Nege. Sewentien. Agt en dertig. Drie van die eiers lyk anders in kleur en vorm van die ander. Sy val op haar kniëe en haar oë gaan toe. Ek kon nie haar pols voel nie want Deimosse het nie polse nie. Ek kan wel sien dat sy eers pienk dang eel stadig flicker. Ek hoor Koninging Isis se stem in my kop:

“Luas, jy moet gaan veg. Jy…” voor ek klaar hoor is ek saam op die grond, gereed om te gaan veg; maar sonder ’n wapen of enige vorm van beskerming. Ek staan heel agter saam met die wesens van Eris, Mercerius en Umbriel.

XX3 van Umbriel is leliker as die nag. Vol pitswere en puisies. Ook maar goed hy het ’n beskermingsjas aan wat ons nie ook melaats maak nie. Z van Eris het die vermoë om deurskynend te word. Behalwe vir dit is hy ’n baie goeie vegter. Fred van Mercurius is ’n gedaanteverwisselaar. Die voordeel hier is dat hy in enigiets kan verander met die klap van een van sy klein knobbelrige vingers.

167XwQyZ van Neptunus en William van Proteus is ongelukkig dood. Gotlieb, die leier van Deimos se beskermingsmag het nie goed gedink om die kleinste en broosste kreature eerste uit te stuur nie. Dis nie as gevolg van onbevoegdheid nie, net die feit dat hy nie baie oorlogs-ondervinding het nie. Al die kreature wat Isis moes help die nasie bou het superkragte, behalwe ek. Ek het nog niks anders gevoel nie – alhoewel ek en Anaj nou ten volle Deimosse is, en die ander nie, weet ek nie wat my doel hier in die oorlog is nie.

Gotlieb se gesig verstar. Hy staan mosieloos voor hom en staar. Nog Ganymedese is oppad; Deimos begin nou wemel van al die Ganymedese. Miljoene van hulle krioel deur ons verdediging en haas na die paleis en omliggende geboue.

Gotlieb weet duidelik nie wat om te doen nie, hy was nog nooit in so ’n situasie nie. Ons beskermingsmag weet ook nie wat om te doen nie, ons moet dan vir Gotlieb volg, en as hy nie weet wat om te doen nie, hoe moet óns?

Ons word afgemaai en van ons vegters begin vlug, en ander keer vreedsaam huiswaarts na hul geliefdes minwetend dat Gotlieb se opponent, Raul al klaar gesorg het dat van sy vegters al Deimos se huise en geboue beset. Vreedsaam of nie, hulle gaan vermoor word, saam met hul geliefdes!

Absolute chaos breek aan, met Deimosse wat oralom doodgemaak word, jonges, vroulikes, manlikes, oues. Meeste van ons mag het óf gevlug, óf is besig om uitgewis te word. Iets moes gebeur! Ek kyk na Gotlieb: hy gaan kniel voor Raul se vegters met sy arms in die lug en die bloeddorstige Raul gee die bevel om Gotlieb se kop af te ruk, wat wel brutaal gedoen word. Raul sit die kop op die punt van sy spies en pronk daarmee rond.

Soos die Ganymedese mag al hoe nader kom hardloop al hoe meer van ons wesens weg.

“Waarheen gaan julle?” dink ek by myself. Meteens staan die wesens wat weg hardloop stil en kyk vir my, selfs die ander wesens wat Deimos help. Almal kyk vir my en alles word stil. Die Ganymedese mag vries meteens.

“Hoekom hardloop julle weg?” ’n mengelmoes antwoorde stroom deur my kop, huilery, vrees, angs vibreer deur my liggaam. Ek kom tot die besef dat almal my kan hoor, so ek moet die kans gebruik om hulle te probeer oorreed om aan te hou veg!

“Ons moet veg! Dis nie die Ganymedese se land of planeet nie! Dis ’n plek vir ons kinders, ons lewens, ons drome – hulle het niks hier verloor nie!” Ek begin in my onderbewussyn wonder of die wesens my nie ook sal kwalik neem nie, want ek is nie eg Deimos nie, of is ek?

“Maar hoe veg ons? Ons het nie eers ’n plan nie! Ons bevelvoerder is dood!”

Ek antwoord hierop: “Enigiemand is in staat om te veg. Oud, jonk, manlik, vroulik, mankoliek of gesond. Dis alles net in jou onderbewussyn! As jy weet waarvoor jy veg, dan is die geveg halfpad verby! As jy weet vir wie jy moet veg, dan is die oorlog halfpad gewen. Wat is belangrik vir jou? Vir wie wil jy beskerm? Hoekom?”

Na nog ’n stilte sien ek meer en meer Deimosse terugkom. Selfs van die ander wat weg gekruip het en nie wou veg nie tel wapens op en begin om my saamdrom. Niemand kom eers agter dat die Ganymedese nog gevries is nie.

Nadat honderde Deimosse by ons aan gekom het, keer tyd terug na normaal en die Ganymedese is steeds oppad. “Val aan!” beveel ek, sonder plan, sonder kennis van die toekoms.

Dool versnel tot by die middel van twee van die Ganymedese se skepe. Hy sprei sy arms oop. Vuur begin hom omvou, en hy gooi vlambolle na bo, dan vorentoe, dan links en regs, en hardloop terug na my. Net nadat hy by my is, val twee van die gevegskepe en begin ’n kettingontploffing. Raul is glad nie beïndruk nie en hy beveel sy mag om met meer erns aan te val.

Z verdwyn skielik. Ek kan wel ’n baie fyn glaserige weerkaatsing sien van hom, maar ek dink dis omdat my oë ingestel is op hom spesifiek. Die Ganymedese het nie sulke goeie oë nie. Fred verander aan Raul.

Ek sien hoe ruk en buk van die Ganymedese soldate wat hopeloos probeer terug baklei teen Z, maar kan nie. Hy is te vining met sy vuiste en sy vegtegniek is te goed vir hulle. Die wat katswink geslaan is, word deur Fred beveel om terug na een van hul skepe te gaan. Fred en Z maak ’n goeie span; dit help ook dat die Ganymedese maar baie dom is.

Dit gaan baie goed met die twee terwyl Dool een vir een skip laat val. Raul vind uit van Fred wat in sy vorm verwissel het en probeer hom vang. Fred verander in elke soldaat waaraan hy raak terwyl hy weg hardloop vir ’n briesende Raul.

Tnaig word wakker as gevolg van al die lawaai, presies op die plek waar hy bukkend die heel tyd gewag het. Sy stem brul en hy gooi hande vol Ganymedese na links dan na regs. Met sy middelste bene skop hy van die omliggende bome na ander Ganymedese wat die omliggende geboue probeer indring. Dan tel hy stukke van gevalle skepe op en slaan. Dit lyk asof hy irriterende muskiete bykom. Hy tel ’n groot stuk op en laat val dit summier. Pyn en woede skiet in sy oë in.

Ueel sien dit en spoeg water na die stuk titaan. Tnaig bedank hom subtiel en Ueel sluit by hom aan. Voordat Tnaig stukke van die skepe optel verseker Ueel dat dit nie meer smeul nie. Hy maak ook seker dat niks verrassings van agter Tnaig kom nie om elke dreigende Ganymedes te verspoel in watergolwe hoër as Tsunamis . Dool raak ’n bietjie geirriteerd met al die water wat al sy vure blus, en verskuif al hoe verder weg van Tnaig en Ueel.

Soos die uitlanders versorg dat die Deimos-magte meer en meer Ganymedese verslaan, hoe kwater word Raul. XX3 is teen hierdie tyd naby aan Raul. Daar het net té veel gebeur dat Raul nie ’n oog op alles kon hou nie, dat hy nie eers XX3 langs hom sien staan het nie. XX3 raak aan hom en Raul begin kreun en skree van die pyn. Hy word eers geel, dan groen, dan pers, dan verbrokkel hy heeltemal soos as. Ek wonder of XX3 nie dalk vir Fred nou beet gekry het nie, maar hoor Fred se effens meisierige laggie naby aan my en ek voel verlig.

Die Ganymedese is nou op die agtervoet. Hulle het hul leier verloor en van die skepe probeer wegkom. Tnaig gooi die skepe met stukke titaan wat rondlê, Ueel spuit die skepe met water en Dool gooi die skepe met vuurballe. Die skepe begin een vir een val en die Ganymedese op die grond raak paniekbevange.

“Luas, ” hoor ek Anaj se stem my roep, “my eiers!” Ek hardloop na ons gebou en ons kamer. XX3 en Tnaig sien dit en hou my dop terwyl hulle verwoesting saai. Ek kom by Anaj aan. Deimosse kan nie huil nie, maar ek sien die hartseer in Anaj se oë. Sy lei my na die eiers. Daar is slegs een oor.

Sy lei my verder na die Ganymedes wat op die grond lê met ’n spies in sy maag. Hy gorrel iets en probeer Anaj se voete gryp. Ek vat die primitiewe spies en draai die punt totdat hy leweloos lê. Dood.

Stilte.

Jeugkrete. Ons het gewen.

Skielik is ek en Anaj by koningin Isis. Die ander pare verskyn stelselmatig.

“Hoeveel eiers is oor?” Sy lyk sigbaar bekommerd. Almal is té bang om te antwoord. Sy herhaal haarself en stadig maar seker skud al die pare hulle koppe in ’n negatiewe gebaar. Isis kyk my en Anaj stip in ons oë.

Anaj wys met haar lang skraal vinger “een”. Isis word verlig, dog is die hartseer steeds sigbaar. Van ons almal, van al die eiers is daar slegs een oor.

“Ons prins of prinses kom!” uiter sy.

Word vervolg…

  • Chantal

    Goeie opvolg. Sal graag die kortverhaal saam met die ander in een boekvorm wil lees.