DEIMOS: VERRAAD – Ockert J. Du Preez

DEIMOS: VERRAAD – 2014 © Ockert J. Du Preez

VOLWASSE WETENSKAPFIKSIE (4 410 woorde)

 

Tyd vlieg! Dis nou al tien Deimos-jaar sedert die groot oorlog en die koms van prins Horus. Ek is intussen generaal gemaak as gevolg van my bydrae in die vryheids-oorlog; en my vriende van ander planete het ere-ridders geword.
Ek en Anaj is steeds by mekaar en ons het ook vier Deimos-jaar terug ons eie kroos gekry. Dinge kan nie beter gaan nie! Deimos het intussen baie voor uit gegaan en is nou ’n fors waarop gereken kan word. Min het ons geweet…
Prins Horus en koningin Isis ontbied my terwyl ek en Anaj kommunikeer en skielik is ek in die paleis saam met my ander vriende. Isis sit op haar troon, en Horus staan langs haar met sy lang intimiderende postuur. Hy praat nie veel nie, wel, nie met ons nie. Hoekom is ons hier? Gaan ons dalk nog ’n erkenning kry, of is daar moeilikheid waarmee ons weer moet help?
Isis se stem weergalm : “Ons het julle nie meer nodig nie.” Niemand het dit verwag nie.
Almal lyk deurmekaar en sommiges kwaad daarby. Ek vra : “Hoekom?”
“Julle hoef nie te weet nie” snou Horus my toe.
“Ek wil weet, en die ander wil ook weet!”
Isis hou haar hand in die lug, en sein vir Horus om stil te bly. Sy gaan aan: “ons het nou al die kennis om julle wêrelde ook oor te neem.”
“Ook?” Vra ek terwyl ek vir Dool en Ueel probeer keer om nie aan te val nie.
“Ja. Soos Ganymedes en al die ander planete en mane.”
“Maar ek dog Ganymedes was die vyand.” Dit maak nie sin nie!
“Ja, óns vyand. Hulle was die enigstes wat terug baklei het, en dit was maklik om die blaam op hulle te plaas.”
“Wat van die oorlog? Ons moes julle help, want julle het geen kennis van oorlog gehad nie.”
“Nee, dis wat ons julle gewys en vertel het. Nou weet ons presies tot wat elke planet se monsters in staat is.”
“Monsters?”
“Kaf. Drek. Monsters. Gemors. Wat ookal!”
“Wat nou?”
“Óf julle help ons met nog kennis van julle planete se terrein en potensiële problem-areas en bly vir ewig hier saam met ons. Vry. Óf, ons sal dit self probeer uitvind en self alles verwoes soos al die voriges. Julle kan bly wees, want julle kry darem ’n keuse. Julle het tot middernag vanaand om te besluit.”
Haar woorde is skaars koud en ek is terug by Anaj. Sy lyk bang en verwilderd.
“Wat’s fout Anaj?”
“Ons kinders is weg,” ek het nie nog dit ook nodig nie, dink ek by myself.
“Hoe bedoel jy hulle is weg? Speel hulle nie net nie?”
“Ek dink nie so nie, want Nep s’n is ook weg. Hulle het net verdwyn!”
Horus staan skielik voor ons.
“Julle kan jul kinders terugkry as julle die regte besluit maak.”
Hy verdwyn.
“Watter besluit?” vra Anaj.
“Hulle wil hê ons moet teen ons ou wêrelde draai. Hulle het ons die heel tyd gespeel. Die Ganymedese was die goeie ouens.”
Stilte.
Anaj kyk my hartseer aan.
“Ek wil nie,” verduidelik ek.
“Wat van ons kinders?”
“Alles hier is ’n leuen. Ons is net gebruik om hierdie plek te verryk en verbeter. Ek wil nie.”
“Ek verstaan Luas, maar ons kinders?”
“Ek sal aan ’n plan dink, alhoewel ons nie baie tyd het nie.”
“Wanneer wil hulle weet?”
“Ons almal het tot middernag.”
“Wie nog?”
“Al die kreature van ander planete.”
“Dan moet ons uitvind wat dink hulle.”
“Ja, maar hoe? Isis se wagte is orals en erg bewapen! Dis asof hulle ons wil keer om met die ander te praat.”
Voordat my sin heeltemal klaar is, hoor ons ’n klop aan ons deur. Bang maak ek maar die deur ’n skrefie oop. Niks. Ek maak die deur groter oop. Niks. Vreemd, dink ek by myself en maak die deur toe. Ek hoor weer ’n geklop aan die deur en pluk dit vining groot oop. Niks!
Ek voel iets teen my stamp, maar ek sien niks. Iets land op my voet, maar daar is niks! Ek staan ek kyk waar is die wagte. Hulle is nêrens. Ek word oorrompel en val en voel hoe iets teen my been druk. Ek probeer skuif en kyk waar is Anaj, maar kan nie my bene beweeg nie!
“Anaj! Anaj!”
“Wat is fout Luas?”
“Pasop! Hier het iets ingekom maar ek kan dit nie sien nie! Een van hulle pen my vas! Vlug!”
“Anaj draai om en net toe sy by die venster wou uitspring voel sy ’n aanraking op haar maar skouertjie. Sy wil omkyk, maar ook nie. Sy besluit om verder by die venster uit te beweeg. Sy maak haar ogies toe en spring.
Na ’n ruk maak sy haar oë oop. Sy is nog in die lug, maar sy val nie. Iets of iemand hou haar vas. Paniekbevange probeer sy haarself loswikkel, maar die greep is hopeloos té sterk.
“Anaj, dis ons,” probeer Nep haar rustiger maak. Anaj kyk om. Een vir een word al hul vriende sigbaar, ook Tnaig wat nog steeds op my staan met sy een voet.
“Eina man!” skree ek en Tnaig ontvang die skimp. Hy en sy vrou kruip so bietjie weg van my af en gaan sit baie ongemaklik in ons veels te klein kamer. Z val flou. Hy het homself ooreis om die ander ook deurskynend te maak, veral Tnaig en sy vrou het gesorg dat hy té veel van sy energie moes gebruik.
Ek kan uiteindelik weer staan en skink vir Z ’n glasie water. “Nie dié water nie!” Skree Ueel en Fred tegelyk.
“Hoekom nie?”
“Dis die water! Dis die water wat met ons koppe smokkel!”
“Hoe bedoel julle?”
“Vandat ek nie meer die water drink nie, voel ek amper nes my ou self, my Enceladus self” verduidelik Ueel. “Ek het vir ’n geruime tyd nie goed gevoel nie, en ek het opgehou hierdie water drink, want indien ons siek word, kan ons water wat ons spuit baie skade aanrig. Dit kan virusse versprei, dit kan selfs dood versprei. Ons waterkanale is ons sensitiefste dele in ons liggame. Na dag een sonder water het ek tweehonderd present beter begin voel. Nou drink ek nie meer hierdie water nie en nou voel ek goed! Ek begin ook weer nou dinge onthou van my lewe op Enceladus. My familie, my wortels.”
“Sjoe, jy raak nou diep.”
“Ja, maar hou op om die water te drink, en sien vir jouself.”
“Moet ek Z net só los?”
“Wel, ja, ons het sy kragte baie nodig. Los hom laat hy slaap. Nou-nou is hy beter.”
“Ons het nie baie tyd nie ouens!” Fred is redelik ongeduldig. “Luas, ons is hier om jou hulp te vra,” gaan hy aan. “Nie een van ons is bereid om ons eie wêrelde te verraai vir hierdie hel nie!”
“Ja!” skree Tnaig en almal kyk hom vreemd aan. Hy is bietjie stadig wanneer dit by gesprekke kom.
“In elk geval, Luas, jy het ons laas gehelp om die Ganymedese ordentlik op te foeter. As ons net geweet het… Jy moet ons nou help om ons wêrelde te beskerm.”
“Dis reg, ek sal help, maar wat van ons vrouens en ons kinders?”
“Hoe bedoel jy nou?”
“My kinders is weg. Nep en Dool se kinders is weg. Anaj was in ’n toestand toe ek terug gekom het na ons vergadering met koningin Isis en prins Horus. “
“Ek het dit nie eers agter gekom nie” se Fred skaam.
“Hoe langer ons redekabel, hoe minder tyd het ons! Kan iemand aan ’n plan van soorte dink asseblief!” XX3 se geduld raak op.
“Reg,” onderbreek ek hom voordat hy sy koel erger verloor, “ons sit tans met twee probleme: probleem een is ons kinders. Ek weet nie van julle nie, maar ek wil hulle nie meer hier groot maak nie. Tweedens, 167XwQyZ se vrou en moontlike kinders so wel as William se vrou en moontlike kinders. Sodra ons uitgepluis het hoe ons hierdie twee probleme eers sal benader, kan ons almal verder dink om Isis en Horus en sommer hierdie hele planet te vernietig!”
“Hoekom moet ons hulle help, hulle het nog niks vir ons gedoen nie. Ek ken hulle skaars! Ek het ook nie kinders om my terug te hou nie!”
“Sjoe, dis ’n bietjie onregverdig en selfsugtig dink jy nie, XX3?” Z is nou ook wakker en dadelik omgekrap.
“So.”
“So, as jy kinders gehad het, dan sou jy hulle seker wou saam vat of hoe?”
“Nee. Ek wil nie eers my houvrou saam vat nie!”
“Dan bly jy maar!” Ons almal is nou erg omgekrap, maar Z voel die kwaadste. As dit nou een ding is wat hom baie kwaad kan maak is dit om nie lekker wakker te word nie.
“Maak my!” XX3 haal sy linkerhandskoen af en gooi dit neer. Die veelkleurige groot blomme in my kamer verlep summier. Waar die handskoen lê vorm daar ’n grys vlek wat die heel tyd uitkring. Hy begin sy jas uittrek. Ons almal snak na ons asems en probeer niks kieme inasem nie. Hy kom al hoe nader aan Z.
Hy struikel vir een of ander rede en val neer. Van sy swere bars oop met die impak en spuit vuiligheid uit deur die hele kamer. Waarteen die spuitsels spat vorm daar groen of pers of geel slote en gate. Ons almal probeer verder wegkom maar ons sukkel want Tnaig vat die meeste spasie op, en op hierdie oomblik is hy die broosste as gevolg van sy grootte.
XX3 se lyf wikkel verskriklik rond en verdwyn stukkie vir stukkie totdat daar niks oor bly nie en hy heeltemal weg is. Ons almal kyk verslae aan en wonder of dit nie ’n truuk is waarvan ons nie weet nie. ’n Miggie kom op my skouer te lande, dan nog, en nogmaals nog! Ek probeer hulle wegwaai en maar hulle klou verskriklik vas!
Ek hoor ’n vreemde stem: “Luas.”
“Erm, ja?”
“Dis ek 167XwQyZ.”
“Waar?”
“Op jou skouer dommie!”
“Ons het gedink jy is dood, saam met William. Hou jy my nou vir die gek of wat?”
“Nee.”
Al die ander kreature kyk my aan asof ek mal is. Hulle hoor glad nie die stem nie.
“Maar hoe?”
“Indien jy nie weet nie, ek is super-klein. Julle almal het aangeneem ek is ook dood want niemand kon my sien nie.”
“Maar…”
“Ek het julle die dag van die oorlog ook probeer waarsku oor Isis en die koms van die prins wat nooit moes gebeur het nie.”
“Hoekom het jy nie?”
“Julle het nie geluister nie. Daardie dag was wild en mal en deurmekaar. Ek is nou hier. Ons is nou hier.”
“Ons?”
“Ek en my vrou’tjie en drie-en-veertig kinders.”
“Ek dog dis net Anaj en Nep wat eiers gelê het.”
“Weet jy wat het gedog gedoen? Niemand kon ons eiers sien nie!”
“Is al julle kinders egte Neptunusse?”
“Ja, my kinders het die vier-en-veertigste een opgeëet. Dit was ’n swak eier; ’n Deimos-eier.”
“Het julle XX3 geëet?”
“Ja, maar hy gee my ’n bietjie sooibrand. Jy het nie dalk ’n peppermintjie of iets nie?”
“Nee,” wat ’n vraag dink ek by myself! “Maar julle is so klein en XX3 was so groot?”
“Vinnige metabolisme! My kinders is nog honger. Gaan ons nou die Deimosse eet of nie? Ek voorspel al vir jare oor die feesmaal wat kom, en nou is dit hier en my kinders het vir maande nie iets voedsaam gehad nie. Nie juis dat Deimosse lekker proe nie. Gee my liewers ’n Ganymedes… Ek moes ’n paar van hulle eet – uit protes – want ek moes my kinders en vrou beskerm. “
Sjoe, hierdie klein kreatuur kan praat. As hy so aangaan is middernag verby en ons praat nog.
“Oukei, oukei, oukei. Ons gaan nou ’n plan hê om ons almal te red. Jy weet nie dalk wat van William se maat geword het nie?”
“Hartseer storie. Baie hartseer. Na die dood van William het Catherine vir dae lank getreur. Sy het ook nie eers ’n ou eiertjie gelê nie. Siestog. In elk geval, een dag het sy besluit om onder een van die Deimosse se bediendes se voete in te hardloop. Sy is plat. Dood. Platter as ’n plaatkoekie. Lekker. Wanneer gaan ons weer eet?”
“Met wie praat jy?” Z klink bekommerd oor my.
“Almal, luister gou! 167XwQyZ is lewendig! Dis aan hom en sy familie te danke dat XX3 uitgesorteer is.”
“Is jy seker ou maat?” vra Dool.
“Ja, hulle is hier op my skouer. Kom kyk!”
Een vir een stap almal nader en sien die klein familie op my skouer.
“Ek is bly jy het nie jou kop verloor nie. Jy is ons leier, Luas, jy moet ons lei.”
“Ek sal probeer Dool.” Ek het nie ’n plan nie. Ek voel onseker. Ek voel harsteer. My kop is te deurmekaar om nou koelkop te bly dink ek by myself.
Almal begin tegelyk praat en vra wat ons gaan doen. Elke nou en dan hoor ek ’n paniekbevange “Die tyd raak op!” Dit word al hoe harder en my kop klop al hoe harder. Ek kan nie! Ek kan nie! Ek vlug uit by die venster en maak die venster agter my toe. Die kreature binne se monde hang oop. Party gooi hopeloos hul arms in die lug, party gaan sit in ’n hoek. Ek kan nie!
Ek staan buite. Stilte, dankie. My kopseer verdof effens en ek sweet minder. Die koel bries help my ook afkoel. My kop jaag na ’n ruk ook nie meer nie. Die venster gaan oop en Anaj verskyn voor my. Sy plaas haar hand op my skouer en kyk my in my oë.
“Luas, jy kán, ek weet jy kan aan ’n plan dink. Ek weet jy sal ons almal help om veilig by ons verskeie wêrelde aan te kom. Ek besef ook dis moeilik, maar ek het vertroue in jou, nes al hierdie ander. Jy kán, ek weet jy kan.”
Sy gee my ’n drukkie en ’n piksoentjie op my ovaalvormige wang. “Sien, ek is amper weer mens,” sê sy glimlaggend en ek kon ook nie help om ’n bietjie te glimlag nie. Ek het lank laas gelag. Ek het al vergeet hoe voel dit om ‘mens’ te wees. Ek hang nog ’n klein rukkie buite rond en gaan weer in. Almal word stil.
“Reg. Kom ek begin van klein na groot. Jy, 167XwQyZ en jou vrou’tjie moet twee spanne maak. Jy lei een, en natuurlik, jou vrou die ander span. Dan, moet jy en jou span die paleis se wagte van binne af indring, en smul na hartelus! Jou vrou’tjie, wat’s jou naam? Julle moet van buite af ook soveel as moontlik wagte uitsorteer.
“Z: julle moet sorg dat al die ruimteskepies reg is en dat daar genoeg sal wees. Ons kort dus nege. Maak seker hulle is aan die gang en dat daar geen wagte in die omtrek is nie. Oppad soontoe kan julle wel enige wag, of enige teken van moeilikheid elimineer.
“Ueel, julle moet na die Lirpadam gaan en die water begelei na die paleis. Dit is baie belangrik dat dit lyk asof ’n damwal gebreek het, sodat Isis en Horus nie onmiddelik onraad sal vermoed nie. Sodra julle en die water by die paleis is, kan julle dan maak wat julle wil.
“Dool: Julle moet Opgaan tot by Tsugau-berg se punt. Sodra julle water gewaar, dan stig julle ’n enorme veldbrand. Hierdie sal moontlik Isis en Horus se aandag trek, maar moenie slegs by die veld stop nie, verbrand alles en almal.
“Fred: Teen hierdie tyd sal die Deimosse begin bang word of onraad vermoed. Sodoende sal dit ’n valse Isis en ’n valse Horus benodig om almal te paai en troos. Hopelik ook teen hierdie tyd sal ons en Tnaig’hulle al toegang verkry het na Isis en Horus se skuilplek, en sal ons daarin slag om hulle daar te hou.
Ons het nie baie tyd nie, een-uur-en-vyf-minute, dan moet ons oppad wees na ons plekke van herkoms. Ek gaan julle mis, maar voordat ek totsiens sê, kom laat ons seevier vandag. Nie net vir onsself en ons families nie, maar vir ons wêrelde. Ek hoop om julle weer te sien.”
Effens hartseer dog kwaad verdwyn elke spannetjie om die plan in aksie te begin stel. Net ek en Anaj en Tnaig’hulle bly oor. Ons wag vir die kaskenades om te begin. Ons moet versigtig wees om ons aanval nie te vroeg of te laat te loots nie. Alles gaan oor tydsberekening. Ons wag. Ek en Anaj het al op ons vriende se rûe geklim.
“Die water begin vloei,“ sê Tnaig rustig, “ons moet nou gaan veg my vriend.”
Voordat ek hom terug kon antwoord snel ons deur die mure na Isis en Horus. Van die Deimosse wat ons probeer keer word of uit die pad geslinger, of dood getrap. Die paleis ruk elke keer wanneer ons deur ’n muur bars en verwoesting saai.
Ek gewaar donker rookwolke en kan al die water se vloei hoor. Ek kan hoor hoe word daar geskree en baklei. Die koëel is nou deur die kerk.
Af onder toe, sommer gespring – daar is nie tyd vir trappe klim nie. Lyke lê oral rond, sommiges verdwyn stukkie vir stukkie, sommiges lê net dood. Tyd raak nou min! Ons het twintig-minute oor! Hoe het dit gebeur? Ek weet nie. Vra en antwoord ek myself.
Ons hardloop vinniger, ons moes Horus en Isis nou vind. Kamer na kamer. Niks. Nêrens. Net een kamer oor, dis ál waar hulle kon wegkruip. Ek kry ’n gevoel dat ons nie deur die deur moet bulder nie. Miskien is daar iets wat ons sou stuit. Miskien verwag Isis en Horus dit.
Ek en Anaj klim af. Ek sein vir Tnaig’hulle dat hulle moet seker maak dat daar geen ander gevaar in die omtrek is nie. Of, indien hulle so sou voel, kon hulle die ander buite gaan help. Tnaig wil eers nie gaan nie, maar sy vrou het hom oorreed om Z en Ueel te gaan help. Ek wys vir hom om te gaan, en sein vir hom dat ons reg sal kom.
Nou word ek bang.
Isis is lank nie meer siek nie. Sy sal vining een van haar dodelike virusse in my kop kan in plant. Ek weet nie wat anders sy kan doen nie, maar wil ook nie uitvind nie. Nie eers te praat van Horus nie. Hoe gaan ek hierdie kreature benader?
“Anaj, gaan help buite. Julle moet ook nie té lank vat nie! Maak seker dat almal by die vlug dek betyds uit kom.”
“Maar…”
“Daar is nie tyd vir ‘maars’ nie! Gaan!”
Anaj verdwyn omgekrap en begin ons vriende een vir een inlig oor die min tyd wat oor is. Ek haal diep asem en wil die deur oop maak. Die deur gaan van self oop.
“Luas, kom binne,” Isis se stem is koel en kalm. Ek gaan angstig binne.
“Luas, sit.” ’n Stoel skuif nader en maak my sit. “Luas, Moenie bekommerd wees oor die tyd nie. Tyd staan stil hier binne.”
Sy kyk my stip aan. Horus lyk intimiderend en dreigend.
“Luas, jy stel my teleur. Was ons nie goed vir julle nie? Het jy nie ons rykdom geproe en ons skoonheid beleef nie?”
“Dit is alles leuens en drogbeelde.”
“Luas, hoekom wil jy terug gaan na Aarde? Daar is dan amper niks oor nie. Julle ‘Mense’ is in die proses om alles te vernietig. Julle is in die proses om mekaar te vernietig. Jou Aarde gaan nie meer in ’n honder jaar bestaan nie. Dis julle eie skuld.
“Kyk na Deimos. Kyk hoe beeldskoon is die plek nou. Hoe gereeld ondervind jy geweld hier? Ons skep nuwe wêrelde. Ons werelde. Een dag gaan ons Aarde ook oorneem. Ons sal Aarde verbeter. Ons sal wegdoen met fabrieke en nywerhede, soos julle ‘Mense’ dit noem. Ons sal al die diere beskerm. Hoekom dink jy het ons al die ander planete oorgeneem? Omdat ons wil? Nee. Omdat niemand kyk na hul planete nie!”
“Bog. Jy wil my net kondisioneer om te bly.”
“Luas, bog? Sê my dan, hoe lank dink jy gaan Aarde se osoonlaag nog hou? Hoe lank voordat al die diere uitgewis is? Hoe lank voordat daar nie meer natuurskoon is nie? Jy wil jou kinders nou saam vat. Na wat? ’n Uitgedroogde dop genaamd Aarde? ’n Besoedelde plek, en vuil plek? Kyk hoe mooi is dit hier.”
“Jy vergeet een ding, koningin. Toe ek hier aan gekom het was daar ook niks. Wie het dit vernietig, ek? Nee. Julle het! Ons het julle gehelp die plek opbou tot wat dit vandag is. Al hierdie goed, is as gevolg van ek en my vriende se gesamentlike pogings en breins.”
“Luas, jy sal respek hê vir die koningin.”
“Julle preek oor ons ‘Mense’. Julle preek oor al die ander planete wat julle sommer net verwoes. Wie het julle die reg gegee? Julle vernietig julle eie planet, dan gebruik julle kreature van ander wêrelde om julle weer heel te maak. Wat los julle agter? Is daar nog lewe op Jupiter en Ganymedes? Nee!
“Ek weet ek gaan terug na ’n wêreld, wat kan verbeter. Ek weet dat daar dalk niks oor is; maar dis ’n kans wat ek sal vat. As julle nou klaar gepreek het, los my nou uit laat ek gaan!”
“Luas, Ek hou jou nie hier nie. Niemand dwing jou om hier te bly nie. Weet dit: wanneer julle gaan, kom julle nie weer terug nie. “
Ek staan op en loop. Die deur gaan oop. Amper by die deur en die deur slaan toe. Ek kyk om. Horus staan agter my en sy oë lyk wild. Isis bloei deur haar nek.
“Ek is nou koning. Ek bevel jou en jou maters om te bly. Lewend of dood. Die hele spul van julle!”
Hy gryp my arm en gooi my teen ’n muur vas. Hy is sterk en vasbeslote om my nie te laat wegkom nie! Ek probeer tevergeefs terugveg maar hy bly een stap voor my. Hy weet wat ek wil doen voordat ek self weet! Hy stamp my kop teen die muur. Tussen die sterretjies wat ek sien, begin beelde van my lewe op aarde in my gedagtes in kom. Goed wat ek al vergeet het ek weet.
Ek wag tot hy weer by my is en ek swenk weg. Hy slaan mis en lyk verbaas dat ek hom kon fnuik. Hy bestorm my. Dit is my einde flits deur my gedagtes. Hy is by my en ek maak my oë toe. Ek is moeg. Ek het nog nooit van baklei gehou nie. My lyf kan nie meer nie. My gedagtes is by Anaj, my kinders en ons vriende. Ek sien hoe hulle wegkom. Ek glimlag. Ek het my doel bereik. Alhoewel ek nie hierdie geveg gewen het nie, het ek wel die oorlog gewen.
Dit gaan ook nie oor wen of verloor nie. Dit gaan oor die veiligheid van my vrou en kinders en vriende. Ek onthou daar was ’n God wat ek aanbid het op Aarde en maak my oë toe en begin bid.
Stilte. Ek is reg om te gaan. Vir wat wag Horus? My oë gaan oop.
“Kom Luas!” Skree Tnaig terwyl hy my terselfde tyd op sy rug gooi. Nog deurmekaar kyk ek rond. Horus is in stukke geruk. Isis het uitgedroog. Al my vriende is hier! Anaj en my kinders is hier!
Ons bulder deur die oorblyfsels van die paleis na die vlug dek. Die skepe staan reg en Z lyk frustreerd. Hy waai ons vinniger nader en dan help hy en sy vrou een vir een ons in die skepe. Almal kyk na mekaar.
“Ek wil nou nie ’n dom vraag vra nie, maar hoe werk die goed?” Niemand kan my antwoord nie.
Z stap nader en fluister slinks in my oor: “O ja, ek het nog ’n super-krag waarvan niemand weet nie.” Dit maak my bang.
“Ek luister.”
“Lang storie kort. Julle weet my diëet is effens spesiaal. In elk geval, my Erien- en Pepsien-sure in my maag vervaardig radio aktiewe vloeistof. Ek het orals gepiepie, terwyl ek so lank vir julle moes wag. Ons het twee minute totdat hierdie hele planet in mekaar sal sak, want die vloeistof gaan die kors van die planet binnkort bereik. Glo my, julle wil nie by wees indien dit gebeur nie!”
“Nóu vertel jy my… Klim in jou skip!”
Z hardloop en spring in sy ruimteskip in. Almal peuter aan die knoppies aan verskeie panele. Hier en daar kom die ruimteskepe se ligte of enjins aan.
“Ons moet saam werk! Watter knoppie skakel die ligte aan?” Vra ek verward. Tnaig wys vir almal en na dit wys Dool almal hoe om die skip aan te skakel. Halfpad. Een minuut oor en die planet begin vinniger in die rondte spin. Ons skepe ruk saam en die oorblyfsels van die paleis verbrokkel al hoe vinniger.
“Bedaar Luas!” Anaj se stem is ferm.
Sy kyk na die onderste paneel by haar voete. Daar is nege knoppies. Dit moet dit wees! “Druk ’n knoppie Anaj, enige knoppie!” Sy gluur my aan.
“Dis alfabetiese hiërogliewe,” haar stem klink opgewonde.
“Hoe weet jy dit, ek dog jy was ’n bioloog?” Hoe het ek dit skielik onthou wonder ek. Sy lig net haar skouers.
Een vir een noem sy elke planet of maan op:
“Aarde, Charon, Enceladus, Eris, Mercerius, Neptunus, Proteus, Umbriel, Venus,” ek is verstom! Soos sy hulle aflees sein ek vir elke betrokke kreatuur hul planet se nommer. Nadat almal hul nommers ontvang het, kyk ons vir mekaar, dan kyk ons agter ons en sien hoe Deimos in mekaar begin sak.
Dool druk die knoppie vir sy tuiste. Weg is hulle! Een vir een druk ons almal ons knoppies en verdwyn van Deimos af. Ons skip raas en ruk verskiklik maar dis as gevolg van die spoed waarteen ons vlieg. Ek word naar van die rit en besef ek kan nie ’n venster oopmaak nie.
“Sluk dit!”
Na wat gevoel het soos ’n ewigheid sien ek aarde. Dit is onbeskryflik mooi! Ek kyk na Anaj en sy kyk na my.
“Jy is weer mens,” sê sy. Ek kyk om om te sien hoe lyk ons kindertjies. Een rooikop seuntjie met sproete. ’n Blonde meisie. ’n Tweeling!
“Wat dink jy het geword van ons vriende?”
“Ek weet nie, maar ek weet ons sal hulle weer sien…”

  • Chantal

    Goed.