DEIMOS: KOLONIE 1 – Ockert J. Du Preez

DEIMOS: KOLONIE 1 – 2014 © Ockert J. Du Preez

VOLWASSE WETENSKAPFIKSIE (3 726 woorde)

 

Ek sukkel om my oë oop te maak. Dofweg sien ek bloed wat stelselmatig op die spierwit vloer stadig drup. Pyn skiet deur my kop. Ek is nou heeltemal wakker. Die skerp pyn word stelstelmatig erger en my hart klop in my kop. Dis seer. My ore is seer. Binne my kop is seer. Waar is ek?

Ek probeer opstaan en my bene sukkel om weer lewendig te word en prikkelsensasies begin my bene stelselmatig wakker maak. Sukkelend en bukkend loop ek. My kop is seer! Ek hou die kant van my kop vas en voel die nattigheid van die bloed op my skedel. Ek kyk rond. Hier is niks en niemand om my. Ek is omring deur die suiwerste wit wat ek nog ooit gesien het. My oë maak ’n deur uit, of iets soortgelyk. Dit het die wit ’n bietjie gebreek.

Ek sukkel na die die dowwe swarterige reghoek teen die muur. Soos ek loop word my bene meer lewendig – ek moes lank gesit het – en my lyf begin al hoe meer swaarder voel. Dit voel asof ek ’n ekstra twintig kilogram bygekry het. Miskien is dit net die newe-effekte van te lank sit, of omdat ek uitgepaas was.

By die reghoekvorm. Daar is nie ’n handvatsel of iets soortgelyks nie! Is hierdie ’n deur? Vra ek myself. Hoe het ek hier beland? Wat het met my kop gebeur? Gaan my gedagtes verder. Ek stap nog nader aan die vorm en steek my hand uit. Eina! ’n Nuwe skietpyn snel deur my linkerskouer.  Ek probeer my regterhand uitsteek; eina! Dieselfde pyn skiet ook deur my regterskouer. Die deur spring oop na ’n klein ruk en laat ’n vrot reuk in. Die reuk herhinner my aan ’n mengsel van dooie honde tesame met een honderd vuil vullissakke.

Ek sukkel om die oorweldigende stank te verwerk. Die vertrek is nie oorweldigend donker nie, maar donker genoeg. Ek kon hier en daar ’n menslike ledemaat uitmaak. Hier en daar kon ek ’n voet of twee sien en ’n hele paar netjiese afgesnyde hande. Sover ek loop kon ek nie een kop sien nie, al die lywe is koploos. Die stank raak al erger. Ek moes uit!

Terwyl ek probeer vlug, hoor ek ’n vroulike hoes regs van my en ek kyk af. Ek kon haar bene en arms sien, maar nie haar lyf nie. Dit lyk asof sy onder iets vasgekeer is. Ek sukkel om af te buk om presies te sien waaronder die vrou vassit. Ek kyk vlugtig rond vir ’n lig, maar kry nie. Skielik sien ek ’n dowwe pienk lig vanaf die vrou se lyf straal. Dit begin al hoe helderder word. Na seker tien sekondes verneem ek nog ’n lig van agter my af. Die lig is helderblou en verhelder ook stelselmatig. Ek kan sien!

Ek voel nog swaarder en sukkel bukkend verder om die vrou op te help. Soos ek afbuk en my oë die pienk glans gewoond raak sien ek dat die pienk lig van haar lyf afkom en dat daar nogsteeds iets bo haar is. Die blou lig volg my soos ek beweeg. Ek kyk agter toe maar sien niks wat die lig kon geskep het nie. Ek gaan sit liewer want my bene het begin bewe en weer prikkelings begin kry. Ek probeer die voorwerp wat bo-op die vrou is afhaal. Ek kon nie. Dit voel asof die voorwerp letterlik aan die vrou of vasklou of vas suig. Ek probeer nou met beide my hande en soos ek die voorwerp probeer afkry, hoe meer suig dit was.

Vir ’n laaste keer probeer ek. Net toe ek weer aan die voorwerp raak hoor ek ’n ‘sis’ geluid. My vingers is rondom die voorwerp om ’n beter greep te kry, en elke keer as ek probeer dit afhaal raak die ‘sis’ geluide erger. Die lig het ’n bietjie verdof en ek sien dat dit nie ’n voorwerp is nie, maar ’n lewende kreatuur wat of asem haal, of iets uit die vrou se liggaam drink soos ’n bloedsuier. My hart sit in my keel. Ek is bang. Ek stamp die vrou verkseie kere liggies om wakker te word.

“Nee! Nee! Los my uit! Help!”

Haar oë is groot en die vrees is sigbaar. Ek probeer haar paai en rustig maak tussen haar geskop, gevloek en geslaan. Sy het so tekere gegaan dat sy mettertyd weer uitgepaas het. My oë het teen hierdie tyd ge-aklimatiseer en ek kon sien dat die bloedsuier op haar rug groter geword het. Die bloedsuier is pienk gemeng met swart strepe, breed – haar hele rug breed – en dit lyk of twee van die kreatuur se tentakels die vrou se skouers vas gryp. Nog ’n tentakel, effens dunner, is by die vrou se slaap in gekoppel, terwyl die twee onderste tentakels by die vrou se niere ingekoppel is.

My hande is taai nadat ek aan die bloedsuier geraak het en ek sukkel om die smerige taaiheid afgesmeer te kry.  As my rug net nie so seer was nie het ek haar opgetel en saam met haar weg geloop. Ek staan moeilik op en probeer vasstel of daar nog mense is wat ek miskien kon help. Oral waar ek loop en kyk sien ek koplose liggame en maatlose ledemate. Hierdie plek, waar ookal dit is, is nie veilig nie!

Nadat ek uiteindelik ’n uitgangspunt gekry het, loop ek terug na die vrou wat steeds mosieloos op die grond lê. Die kreatuur op haar rug het groter geword, of ek verbeel net myself. Ek neem ’n lang stokkerige pyp en stoot haar effens met dit. Ek is bang sy sou my weer skop of slaan. Rustiger maak sy haar oë oop.

“Waar is ek?”

“Ek weet nie, maar jy is nie veilig nie, dis vir seker!”

“Oemf, wat de hel!” Sy sukkel om op te staan en ek help haar orent.

Sy wankel ’n bietjie en staan uiteindelik stil en ek kon haar los dat sy self regop staan.

“Ek voel duiselig, en dertig kilogram swaarder. Wat de hel gaan aan? Hoekom bloei my kop?”

“Ek weet nie, ek het met dieselfde simptome opgestaan. Ek moet jou iets sê!”

“Wat, jy ken my skaars? Wat?”

“Daar is ’n ding op jou rug. Dit lyk asof dit jou dreineer of iets.”

“Is jou nou simpel man? Wat de hel is fout met jou?”

“Ek probeer net help! Jissie!”

“OK, gee my net ’n minuut sodat ek beter kan voel.”

Sy gaan sit naby aan die deur waarheen ek haar geneem het. ’n Bietjie lig skyn deur ’n kosyngatjie. Ek soek ’n sigaret of water. Water. Ek draai om, om te kyk of ek nie dalk ’n glas kan sien met drinkbare vloeistof in nie. Sy gil histeries. Bewerig en met haar vinger wat na my kant toe wys sê sy:

“Uhm, ek dink daar’s iets op jou rug! Dis ’n blou ding wat lyk asof hy vining drink of vining asemhaal!”

Ek het dit half verwag toe ek die pienk bloedsuier op haar lyf sien.

“Blou? Joune is pienk?”

“Jy wil sê dat ek ook so freaking ding op my het?” vra sy paniekbevange.

“Ja. Ek het dit probeer afhaal maar kon nie. Dit voel taai en die goeters is baie sterk. Ek dink dit het miskien te diep in ons lywe ingesuig.”

Sy staan stadig op.

“sjit, nou kan ek nie eers weghardloop nie!”

“Wel, waar ookal ons is, is ook nie goed nie!”

Ons kry ’n moontlike uitgang, maar kon nie ’n deurhandvatsel vind nie. Die vrou gaan sit sukkelend en sug.

“En nou?”

“Dom vraag dink jy nie? Jy is seker twee keer my lengte, so ek sal verstaan as jy nie moeilikheid ondervind met die goddelose ding agter op jou rug nie!”

Die vrou is darem ongeskik dink ek by myself effens speit dat ek haar probeer help.

“So, wie is jy en wat maak jy hier?” vra die vrou nonchalant net om ’n gesprekkie aan te voer.

“Saul van Wyk. Ek het so ’n maand of drie hier aan gekom saam met die ander konstruksiewerkers. Jy?”

“Jana Engelbrecht. Bioloog. Die stukke wat jy in hierdie vertrek sien het, was die ander bioloë.” Sê sy droog, “Wat maak ons so special, of, liewers ek sou veel eerder hulle lot verkies het! Maar, hoekom lewe ons nog?”

“Jy’s die bioloog, my argitek kop is nie gemaak vir sulke raaisels nie!” Ek gaan sit langs haar, seker om haar te laat voel dat sy nie alleen hoef te voel nie.

“Wel, ek dink dit kan miskien wees as gevolg van ons bloedgroep. Ak is AB negatief, jy?”

“Hel, hoe het jy dit geraai? Ek ook!”

“Net ’n longshot gewees. Ten minste het ons nou iets in gemeen.” sy klink effens verlig. Dan hoes sy sonder ophou vir ’n minuut of twee.

“Is jy orraait?”

“Ja, wel, seker maar.”

“So, jy wil vir my sê dat al die ander nege honderd agt en negentig mense, miskien in stukke kan wees soos hierdie spul?”

“Wel, dis eintlik vreemd dat ons twee dieselfde blodgroep het. Die kanse is minder as nul vir dit om te gebeur. Ek glo nie daar kan nog mense hierrond wees wat soos ons is nie.”

“Wat wil hulle aan ons doen?”

“Lyk ek vir jou soos ’n rocket scientist?”

Ek moes geweet het, vra te veel vrae dan verander haar houding vining.

Dikbek salk ek en word ek bang.

“Ons, OK, mense is al hier seker al vir drie maande, hoekom nou eers?” vra sy my met ’n bekommerde gesig.

“Weet nie. Miskien het die goed gesit en wag vir ons, of, miskien moes een van my konstruksiespanne ’n nes of iets raak geboor het? Wie weet?”

Stilte.

“Ek wens ons kon hier uit!” skree sy skielik. Net so skielik begin die kreature op ons rûe se ligte weer skyn en die deur spring oop. Ons vra nie vrae nie en is te bly dat ons uit die aaklige vetrek kon kom.  Min het ons geweet…

Ons staan albei moeiliker op elke keer, hierdie keer is besonders moeilik. Ek staan by die deur se opening en voel die hitte deur my lyf skiet. Ek kyk af om te sien of Jana opgekom het. Sy ruk verskriklik amper asof sy ’n eppileptiese aanval kry. Hoe meer sy ruk, hoer meer pienk word sy. Haar kop begin ’n dowwe geel gloei wat mettertyd amper ’n wit geel word.

Sy gryp my been vas. Ek val grond toe. Ek stamp die linker kant van my kop op die vloer. Katwsink.

Ek word wakker, alweer! Ek voel nie dieselfde nie. Ek voel sterker en meer gesond, maar my rug is nogsteeds seer. Ek maak my oë oop. My oë kom groter en wyer voor. Ek kan nou meer sien aan beide kante. Kleure is helderder en ek kan meer kleurskakerings uitmaak as te vore. Vorms is meer drie-dimensioneel. Ek kan verder as te vore sien.

Tewryl ek aan die nuwe oë gewoond raak, besef ek Jana is nie meer langs my nie. Ek onthou ook skielik dat sy een of ander aanval gehad het. Is sy Oukei? wonder ek by myself. Ek staan op. Dit was vining! Die deur wat oopgemaak het voordat ek en Jana uitgepaas het is nou al toe. Is Jana nie miskien al daar deur nie? Sy kom voor asof sy ’n misluke person kan wees, so, dit sou my nie verbaas nie!

Kwaad en redelik bang probeer ek die deur oopkry. Ek hoor iets. Wat ookal dit is, is nie menslik nie! Die wilde en vreemde grom-geluid kom nader en word harder. Ek staan steeds by die deur wat nie wil oop nie! Ek moes vlug. In ’n oerwoud op aarde as jy diere hoor grom, moet jy laat spaander! Hierdie is dieselfde!

Saggies probeer ek na die vorige vertrek hardloop. Wat, is ek al hier? Hoe? wonder ek by myself. Ek kan nie glo ek het laas so gesukkel om uit my sel uit te kom nie! Die geluide volg my. Ten minste is hier lig, so ek sou kon sien wanneer iets aankom…

Ek hoor hoe word goed rondgeslinger en rondgegooi. Die stampe en stote wat ek hoor klink soos groot goed wat moeiteloos rondgegooi word. Waat ookal dit is, is groot!

Stilte.

Hier en daar ’n grom, maar nie so luid soos die voriges nie.

Stilte.

Ek weet nie of ek moet probeer vlug, of reg maak om te veg nie. Ek gryp vir in geval die naaste voorwerp wat ek kon kry, ’n lang pyperige tipe voorwerp, en maak reg om die “monster” se kop vir ’n ses te slaan.

Stilte.

Is die goeters al weg? Wat maak hulle? Ek weet nie meer wat om te dink nie, dog is ek vebasend kalm en my hart bons nie eers meer rond  nie.

Ek hoor ’n geluid. Maak reg! Gryp die pyp vas en maak reg om te swaai!

Ek sien ’n skaduwee, en dit kom nader en word al hoe groter. Maak nie saak wat dit is nie, ek sal nie opgee sonder ’n geveg nie! Die skaduwee is by my. Ek maak my oë toe en swaai met al my krag. Iets blok my swaai, dit wil nie verder gaan nie! My arms word terug gedruk met ’n fors. Die fors het so sterk geword dat ek nie meer die pyp kon vashou nie. Bang maak ek my oë oop.

“Saul, moenie bang wees nie.” verduidelik ’n vroulike stem. Die stem vibreer deur my hele lyf. Voor my sweef ’n pienkerige grys skynsel. Om haar is ’n dowwe wit. Haar vier oë is groot. Sy is nie massief nie, maar groot genoeg om my banger te maak.

Haar onderste kakebeen staan bietjie meer uit as haar boonste kakebeen. Haar gesig is relatief klein en ovaalvormig met groen strepe aan weerskante. Sy het punterige ore. Sy het nie hare nie, behalwe vir die geel klossie in die middle van haar skedel. Haar lyf is baie lank. Sy kom naak voor en oral oor haar lyf is groen strepies lukraak. Haar arms en bene is ook besonders lank. Haar arms het klein skubbe wat punterig uitstaan waar ’n mens se elmboog moet wees.

Ek skuif terug en probeer skerm met my arm.

“Saul, dis ek Jana.” Haar mond beweeg nie.

“Nee, dit kan nie wees nie! Hoe? Wat het hulle met jou gemaak?” antwoord ek bang. Is dit my uiteindelike lot?

“Saul. Niks. Kom saam met my.”

“Nee! Ek weet wat doen julle met mense hier! Kyk hoe lê hul liggaamsdele rond! Sorry, ek gaan nie gebruik word vir sop nie!”

“Saul, kom saam met my.” Ek wou nog keer en skielik is ek in die lug. My voete en bene spartel so ver as wat sy my lei. Ons is uit die kamer en terug waar al die mensdele is. Voor ons staan daar twee yslike kreature. Die kreature is twee keer die grootte van ’n Indiese Olifant. Hulle velle is vol knobbels en elk het ses pote. Elk het vier oë en ’n slurperige affere voor.

Deur die lug word ek gelei na een van die goddelose Kreature en ek word geforseer op op die regterkantste een te sit. Jana, of wie ook al sy is, gaan sit op die ander kreatuur.  Die kreatuur voel yskoud en glibberig.

Toe ons albei gemaklik is, begin die kreature loop. Die goed is verbasend vining en ek moes vining besef dat ek moes vasklou of ’n hele entjie af val. Ons loop deur die kamer wat deur hulle verwoes is. Ek dink hulle het net gesukkel om in te kom, want die liggaamsdele lê nog steeds rond. Ek word bietjie kalmer, maar is nog steeds bietjie bang vir wat op my wag.

Buite. Ek was lank laas buite en het vergeet hoe mooi dit lyk! Daar is nie veel verskil tussen Deimos en Aarde nie, juis die feit dat die mensdom besluit het om Deimos ook te koloniseer. My doel is om die nodige konstruksie te behartig om te verseker dat die mensdom wel genoegsame blyplek het.  Toe die mensdom Phobos, Mars se ander maan, begin beset het, het konstruksie op Deimos begin vir die nodige suurstof tenks, suurstof koepels en suurstof kwekerye. Dit het tien jaar geduur, en die mensdom het ’n verdere tien jaar gewag vir die groot trek Deimos toe.

Ons stap deur ’n suurstof kwekery, wel, oerwoud met bome, dan nog een en nog een. Die lummels wat ons dra word nie juis moeg nie. Die gedaante langs my praat glad nie met my nie. Elke keer wanneer ek haar vra waarheen ons oppad is antwoord sy stomp met ’n “Saul, amper daar”, of “Saul, net nog ’n rukkie.”

Hierdie oerwoude het nuwe lewensvorms hier ook gekweek. Behalwe vir die miljoene muskiet-tipe suiers is daar verskeie veelkleurige besies, of iets soortgelyks. Voëls hier is ook veel groter as wat ons op aarde gewoond is. Miskien sien ek die kleure skerper as gevolg van my sig wat verbeter het.

My kop wil skielik bars! Ek het nog nooit so ’n kopseer gehad nie. Ek word dors en my mond word verskriklik dors. My lyf word seer en dit voel asof ek begin in die ronde draai.

“H-h-help!”

Ek word wakker. Dit raak nou afgesaag dink ek by myself. Ten minste is dit hierdie keer in weelde. Die vertrek waarin ek is, bestaan uit safiere, goud, diamante, robyne en smaragte vir muurstrukture, en ’n silwer vloer. Oralom is daar vreemde simbole wat my herhinner aan hiërogliewe. Ek voel nie so slegs soos van tevore nie, ek voel uiteraard beter as wat ek nog ooit in my lewe gevoel het! Ek voel sterk en vol energie wat oorloop!

Ek dink aan Jana en hoe sy fisies verander het. Is ek volgende? Ek het nie veel van haar gehou as person nie, maar ek voel nog steeds jammer vir haar. Wat as sy kinders het? ’n Man? ’n Familie? Enige iemand wat óf vir haar wag by die huis, óf hoop om eendag weer met haar herenig te word?

Dit voel soos ure wat verby gaan.

Ek hoor die eentonige blasery van beuls en trompette. My deur spring oop. Ek probeer skuil, maar die kamer is té oop en het te min goed in. Wat? Ek kan vlieg!?

Vier blou kreature kom in gesweef. Ek begin al hoe meer na die blou goeters lyk. Elk van die vier wesens het ’n paal op hul skouers. Dit kom voor dat hulle iemand belangriks rond dra. Soos hulle inkom, kan ek wel sien dat hulle ’n tipe koets dra. Die koets is versier met lang pienk en blou klippie-strepe. Die sy-tipe material is spierwit. Ek het nog nooit so ’n helder wit gesien nie. Agter die koets is daar nog vier blou kreature wat ook help dra.

Daarna stroom Jana in, abnormale lang groen, geel en pers kreature, en dan nog van die olifantmonsters wat my vroëer vervoer het.  Die Olifantmonsters het hierdie keer elk ’n bont lap op en hulle ore is ook versier met pienk en blou klippies.

Hulle kom voor my tot stilstand. Ek word bang. Die pers kreatuur met absurde lang vingers sein vir Jana om na my te gaan, wat sy wel doen.

“Saul, my nuwe naam is nou Anaj.” Sy bly stil vir ’n ruk en ek weet nie wat om terug te antwoord nie.

“Saul, jy moet luitser na die koningin van Deimos.” Elke keer wanner sy met my praat noem sy eers my naam, dis seker hoe ‘hulle’ hier kommunikeer, vreemd!

’n Stem bulder uit die koets, dit klink glad nie soos ’n vroulike stem nie.

“Luas. Luas. Kom nader.” Die agt wesens stap na my en probeer my begelei na die koets. Nie om moeilikheid op te tel nie stap ek maar nader.

“Luas. Jou naam is nou Luas.”

“Het ek nie ’n keuse nie?”

Stilte.

Die pers en geel kreature kyk my vreeslik snaaks aan met al hul oë.

“Luas, jy en Anaj moet ons help.”

“Met wat?” ek is aspris kortaf.

“Luas, ons is besig om uit te sterf.”

My gesig verander en ek probeer simpatiseer. Ek sien haar nie, net ’n verouderde gryserige lang arm.

“Luas, Deimos bestaan al twintig biljoen jaar.” Ek wonder eers  of sy nou praat van Aarde-jare of Deimos- jare, maar besluit dis maar aardse jare want sypraat my taal, of so kom dit voor.

“Luas, jy en Anaj moet ons help Deimos se populasie aanvul.”

“Hoe?”

“Luas, jy en Anaj moet die populasie aanvul.”

Stilte.

“Luas, jy verstaan nie. Die Ganymedese het ons aangeval en meerendeels uitgewis. Luas, ons is vreedsaam.”

“Maar wat van al die mense wat ek gesien uitmekaar uit geruk is en dood is?”

“Luas, dit was nie ons nie.”

“Ek glo jou nie, want ek en Jana het dieselfde seldsame bloedgroep. Dit kon nie net ’n toeval gewees het nie!”

“Luas, ons het julle twee beskerm, nog die hele tyd. Ons het verseker dat die Ganymedese julle nie kan raak of sien nie.”

“Maar wat van die bloedsuiers wat ons so verander het?”

“Luas, Dis my laaste twee kinder swat ek bevel het om julle te verander. Ek is sewe honderd jaar oud. Een van my duisend kinders sou volgende week die nuwe koningin geword het. Sy en die ander is dood.”

“Maar, hoekom net ek en Jana?”

“Luas, julle bloed is so seldsaam want dis ons bloed.”

“Wat, hoe bedoel jy?”

“Luas, vier-duisend-ses-honderd-en-veertig jaar gelede het ons julle planet besoek. Ons het die piramides vir julle geskenk want toe was julle planet nog mooi en onskuldig, soos ons nou nog probeer wees.

“Luas, ons het vier-duisend-ses-honderd-en-veertig jaar gelede Deimosse gestuur om die bloedlyn op te bou. Ek het geweet hierdie dag sal kom.  Help ons.”

“Wat moet ek en Jana doen?”

“Luas,  jy en Anaj moet die populasie aanvul.”

“Wat, seks?”

“Luas, ja.”

“Hoe?”

“Luas, dit gebeur van self. Julle moet een-en-twintig dae die heel tyd saam wees en een-en-twintig aande die hele tyd saam wees. Julle mag nie een keer van mekaar af weg gaan nie. Alles wat jy doen, moet sy doen. Alles wat sy doen, moet jy doen. Daar is geen fisiese kontak nodig om eiers te verwek nie.”

Dit kan nie te moeilik wees nie, dink ek by myself. Miskien is Jana ’n beter Deimos, as ’n mens.

Word Vervolg…

  • Chantal

    Baie goed. Sal dit graag in boekvorm wil sien en lees.