PARADYS 2.0 – Hardie Breedt

PARADYS 2.0 © Hardie Breedt

VOLWASSE WETENSKAPFIKSIE (1 889 woorde)

 

“So hoe hou jy van die bar? Kyk die hout counter, classy he? As jou editor sy woord hou, gaan hierdie bar myne wees. Meskien ’n soortgelyke een, êrens waar niemand my sal kry nie. Ja, sal veiliger wees. Sal ons begin?”

“Ons was ’n mengsel van huursoldate en spesialiste. Ek was ’n paar maande voor dit gebeur het gekontak. Al wat hulle in die begin van my verwag het was ’n paar kampe. Elke kamp was ’n paar dae na ’n week lank, dan het hulle jou weer huis toe gestuur, met ’n vet tjek. Daar is nie rêrig iets van ons verwag nie, behalwe dat jy altyd by jou foon moes wees. Ek was net ’n paar dae terug van ’n oefenkamp, dit was die laaste een, in die berge. Hulle stuur vir my die GPS koordinate en die ‘rooi’ woord. In so geval gryp jy net jou sak en gaan. Ek het na donker eers by die koordinate aangekom. Dit was ’n massiewe plaashuis teen die pad. Daar was ’n groot hek en ’n elektriese heining, ek het nog nie eers gestop nie, toe kry ek ’n boodskap: ’n kode wat die hek oopgemaak het. Hier het ek begin ongemaklik voel: die presisie waarmee alles gebeur.

Van die mense binne, het ek al by van die kampe ontmoet, maar daar was ook ander wat ek nie geken het nie, kon sommer sien hulle was civilians. Daar was bier en vleis en hout by die braaier, almal was truggetrokke en bietjie gespanne, ons het nog geen idee gehad wat vir ons gewag het nie.

Die huis was lekker groot en daar was alles wat ons nodig gehad het, maar daar was geen kontak met die buite wêreld nie. Die TV het ’n DVD-masjien gehad, maar geen skottel opvangs, ook ons fone het nie meer gewerk nie.

Die volgende dag vroeg het die dooieoog sielkundige daar aangekom. Hy was by elke kamp, en dit was heel duidelik almal het hom geken. Dr. Steyn.

Ons het in die middae in ons spanne opgedeel en ’n aanvalsplan geleer en geleer. As ek my oë toemaak kan ek steeds die plan sien. Na al die jare.

Later het daar ’n trokkie met ’n paar kokke en vooraad aangekom, asook ’n mediese dokter.

Ons het in die volgende paar dae in ’n rotine geval, oefeninge in die oggende: PT, breaching en skyfskiet.

Die laaste mense het een aand by die kamp aangekom, met ’n helikopter nogal. Die helikopter het op die groot grasperk agter die huis kom land. Drie lyfwagte, met koelvaste baadjies en SMG’s het uit gespring, agter hulle het ’n man in ’n pak klere uitgeklim, rugsakkie oor die skouer en ’n akktetas. Niemand het ’n verduidliking nodig gehad nie: hy was die baas. Hy en sy wagte het ’n aparte deel van die huis gehad.

Die volgende dag is leiers gekies en die drills het met alle erns begin.

Ons was seker ’n paar weke daar, steeds sonder enige kontak, toe ons ’n ou FM-radio in ’n stoor gekry het. Ons het gehoor die rugby word gekanseleer as gevolg van die onverklaarbare vlaag siektes oor die land. Die radio span het oor hierdie verdagte epidemie gespekuleer.

‘Ek wonder wat dit is? Ek weet nie van ’n virus wat so wydverspreid en vinnig versprei nie. Tensy dit nie natuurlik is nie…’

Johnny was in sy finale jaar mikrobiologie toe hy heartbroken by die Franse Vreemdeling Legion aangesluit het, hy het een keer gespot: ‘Dit was baie romanties, en ek was beïndruk met myself, totdat ek uitgevind het dit is vir 5 jaar. Ek het nie eers die girl vir 5 jaar geken nie.’

Hy was ’n interesate ou gewees, ek dink hy het eerste geweet wat aan die gebeur was. Ek kon nie glo dat so iets kon gebeur nie, kan nog steeds nie. Dat mense vir geldsug, etlike miljoene mense doodgemaak het. Die heel interesantse deel van hierdie ervaring is die publieke persepsie van wat hier gebeur het. Mense glo net alles wat vir hulle vertel word. Dit is al amper twintig jaar, en steeds het dit nie uitgekom nie. Een goeie ding wat van dit gekom het: die diere het weer kans gekry om trug te kom, in ’n groot manier.

Ons span se doel was om ’n kernkragstasie oor te neem, dit was die rede hoekom die Suit daar was, dit is glo sleg vir besigheid as daar groot stukke grond onder radiasie is.

Ek hoop jy besef die gevaar waarin jy gaan wees as jy ernstig is om hierdie storie te vertel? Daarom soek ek goud voor ek gaan, ek wil net my oudag deurbring in ’n plek waar hulle nooit van Suid-Afrika gehoor het nie.

Later aan is die gebied as verbode verklaar, nie dat dit rerig mense gestop het nie, daar was altyd mense wat vleis kom soek het. En mense soos ek wat ons lewe uit die smokkel bedryf uit gemaak het. Al was die offisiele storie dat daar eksperimente met biologiese wapens gevoer is, en dat die verkeerd geloop het. Was daar mense wat nie bang was nie.

Hierdie was nog altyd ’n baie ryk streek, toe die masiewe olie reserwes in die woestyn gekry is, was dit net meer aanloklik. Veral waneer jou land ’n derde van die wêreld se rou materiale gebruik. En waneer jy die kragtigste weermag in die wêreld het, dan raak die onverkruigbare baie vinnig verkruigbaar. Veral in daardie desperate tye. Ek weet jou geslag kan nie ons afhanklikheid aan fosielbrandstowwe verstaan nie, veral nie met die trugkykslag nie. Onluste was nog altyd die manier van besigheid doen in Afrika: laat die locals baklei, terwyl jy die grondstowwe onder hul neuse uit vat. Ou spel, nuwe reëls.

Ons het op gereelde basis saam met spesialiste na verskeie plekke toe gegaan, myne en damme en ’n groterige landbou area. Oral waar ons gekom het, het die doodse stilte ons omvou. Dit het gevoel of daar net ’n stilte in die verkeer is, dat enige oomblik ’n kar of ’n trok verby jou sou jaag, hoeter blasend. Maar niks nie. Net die natuur lewe. Die diere het vinnig hulle vrees vir mense verloor. Wel, ons was die enigste mense. Ek het eendag ’n gesprek tussen die mediese dokter, Burkes ek dink, en Dr Steyn afgeluister. Dit het my laat dink oor die feit dat hierdie mense ’n hand gehad het om miljoene mense dood te maak. Wat is nog een? Hulle het baie klinies die uitsterwe van miljoene bespreek. Ek onthou nog Dr Steyn se woorde: ‘The human species are resilient, we live in interesting times. You might be surprised by what we find.’

Toe het die groter prentjie al begin ontvou, daar het spanne begin myn in sekere gedeeltes. Een van die vlieëniers het my vertel dat die olie boor een van die eerste goed was wat begin produseer het. Hy het gesê hy moes gereeld tussen die olie boor en ’n skip na aan die kus te vlieg. Dit was ’n groot militêre skip.

Na ’n bevel om gereed te kry vir ’n week se patrollie het hulle ons een oggend opgetel. Ons het nog nooit vir ’n week lank uitgebly nie, gewoonlik was ons die selfde aand weer in die kamp, of minstens by een van die hervullings punte. Die meeste van ons het die bevel geïgnoreer en lig gepak, party van die ouens het drank in plaas van ekstra magasyne gelaai. Daar het glo ’n paar dae tevore ’n konvooi deur die dorpie, daar is ’n groterige uraan-myn ’n honderd kilo’s of so van die dorpie af, landbou gebied meestal. Die vragmotor het ’n pap wiel gekry en is agter gelaat, met ’n een of twee wagte. Later die dag het hulle ’n helikopter van die myn af gestuur. Die helikopter het dit nie terug gemaak nie. Ons het in 3 helikopters na die dorpie toe gegaan, brandstof was ’n probleem, ons sou nie die myn haal nie. Die plan was om die trok te kry, die het glo ’n tenk vol brandstof gesleep. Ons sou hervul en dan die trok by die myn aflewer. Maklike werkie in die kleine paradys. By die dorp aangekom, kon ons klaar sien wat met die helikopter gebeur het, dit lyk of hy direk in ’n kerktoring in gevlieg het. Die trok was moeiliker. Ons het op die sportveld geland en begin aflaai. Behalwe vir Johnny, was die laaitie wat die drones gevlieg het die jongste. Het nie juis baie van hom gehou nie, maar as hy saam was het ons darm baie minder geloop. Johnny en sy sqaud is saam met die drone weg, die res van ons het op die gras ontspan. Drank het gevloei, manne het getan. Dit was idilies, tot die eerste skote geklap het. My eerste gedagte toe ek een van die ouens sien met die gapende wond deur sy bors: Jagpunte, niks millitêr maak sulke skade nie. Daar is tog reëls. Ek het baie verontwaardig gevoel. Nogal ironies as ek nou terugdink. Ons was in die oopte het nie een van die snipers gesien nie, ek het vir die muur gehardloop en gehoop. Ek het steeds die skote gehoor, maar dit was nie naby my nie. Aan die anderkant van die muur besef ek, ek het nog steeds die breek-yster in my hand, ek was besig om ’n krat met kos oop te breek. Agter my het die engelsman geland, net in ’n onderbroek en kouse, maar gereed met sy aanvals geweer voor hom. Agter hom was nog ’n ou, ek dink hy was een van die Suit se lyfwagte. Hy was gewapen met ’n half jack en ’n 9mm. Dit was gelukkig besig om skemer te raak. Soos ons oor die groot pad hardloop, hoor ek hoe ’n koeël hier naby ons ricoché. Klein kaliber, glad nie so ervare soos die skuts op die veld nie. Ons is oor ’n lae beton muur, en oor nog ’n muur. Terwyl ons kyk vir agtervolgers is Louis oor die muur, aanvalsgeweer in die hand. ’n Haelgeweer se dubbel bulder, oor die muur gekyk sien ons ’n tannie op die stoep herlaai, haar vel het ’n ongesonde geel kleur. Ons vergeet liewers van die aanvals geweer en hardloop dieper tussen die huise in. Na donker kry ons ’n huis wat ons oopbreek. Binne kry ons blikkieskos, kerse en ’n kluis. Ek het die kluis probeer oopbreek, maar dit het te veel geraas. Ek het vir my ’n sak gepak, met al die kos en vuurhoutjies en goed wat ek gedink het ek sal nodig kry in die bos. Ek het geweet hierdie is my kans om te ontsnap. Niks was vir my helderder nie. Na ’n slegte nag het ek opgestaan en bietjie verken, ek was gereed toe die honde deur die agter deur instorm, arme Gareth, hy het in ’n bottel wyn ingeklim toe ek gaan slaap het. Ek het oor die heining gespring toe ek sy eerste gil hoor. Ek het so groot geskrik, ek het van die muur af geval, het steeds die merk waar die palisade my arm oop gesny het. Ek het net in die pad af gehardloop, totdat die huise opgehou het en die bosse begin het. Dit was my eerste ontmoeting met die oorlewendes in die donker paradys.”

  • Chantal

    Goed, maar jou laaste paragraaf is te lank.