SIGMA 37 – Hannes du Preez

SIGMA 37 – 2014 © Ockert J. du Preez

VOLWASSE WETENSKAPFIKSIE (4 094 woorde)

 

“Kom liefie, ons gaan laat wees!”

“Ek betaal net gou Shaun, dis die laaste keer wat ons hier in Miami sal wees, so ek wil darem nog ’n aandenking hê.”

Shuan vou sy arms in misnoё en verkyk hom aan die passasiers wat die luukse boot aan boord gaan. Hy skiet sy sigaretstompie een kant toe en vat dan ’n sluk van sy dr. Pepper waarvoor hy hier in Miami, lief geword het.

“Is dit nie oulik nie?” Cecilia hou ’n wit t–temp in haar maer armpies waarop staan:
Cecilia ♥ Miami.

“Ek kon nie een kry met jou naam se regte spelling op nie, toe vat ek maar dié een wat sê: I love Miami”

“Oukei, dankie liefie, kan ons nou boord? Wag, waar is jy nou weer?”

“Ek kyk net gou hierso. Wow! Dis oulik! Liefie kom kyk!”

Shuan uiter ’n paar ongeskikte woorde en stap met mening na Cecilia.

“Wat is so oulik?”

“Kyk hierdie sleutelhouers met name op. Dis te pragtig!”

“Hm, maar jy het sopas vir ons hempies gekry, is hierdie nie ’n bietjie van ’n overkill nie?”

“Oukei.” Cecilia se gesig word hartseer.

“How much?”

“Two dollar one!” sê die kort Mexikaanse mannetjie opgewonde deur sy snor. Shuan betaal die man en hulle beweeg boot se kant toe.

Die Prata Neptunia is een van die wêreld se beste luukse bote om in te toer. Cecilia het ’n vakansie van drie weke vir twee na Miami en Bahamas (plus twintigduisend rand) gewen toe sy ’n blokraaisel in Huisgenoot, eerste korek voltooi het.

Hulle het ses dae geneem om by Miami vanaf Kaapstad aan te kom. Miami was lekker, maar te veel van ’n goeie ding word ’n slegte ding. Shaun het die finansies bestuur en wou nie nog meer geld eintlik uitgee nie. Hulle het nog ’n héle week voor hulle gehad in die Bahamas, en ’n paar dae vir die terugkoms na Kaapstad, en het al klaar tweeduisend rand té veel in Miami spandeer.

Uiteindelik op die boot en in hul kajuit, na ’n vertrapping van vele ander laatkommers.

“Sjoe, uiteindelik!” Shuan skop sy skoene af en plak hom neer op die klein rusbankie. Cecilia plons langs hom neer.

“Ons moes seker gisteraand geslaap het en nie nog rondgeloop het nie, né?”

“Seker, maar dit was darem lekker my liefie.”

“O ja! Ek het skoon vergeet!” Cecilia klink skoon opgewonde.

“Wat?”

“Die Bermuda driehoek, of, die Duiwels driehoek is mos hierrond, nie waar nie?”

“Ek dink amper jy’s reg. Glo jy daaraan?”

“Nee, my liefie, maar verbeel jou net iets vreemds gebeur daarin en ons lewe om die storie te vertel!”

“Sjoe, jy raak sommer skielik diep, my engel. Ek persoonlik het nog altyd gedink dis bog, soos die Lochness monster en vader krismis.”

“Wil jy lala, ek voel bietjie moeg?” verduidelik Cecilia gapend.

“Ja, my oё wil ook toeval.”

“Lief vir jou.” mompel sy en raak summier aan die slaap. Shuan streel haar fyn armpie terwyl hy die mooi sonsondergang besigtig deur die venstertjie en mettertyd ook aan die slaap raak.

Hy word wakker gemaak deur verskeie eggo-ende angsbevange hulpkrete. Sy oё kan nie lekker fokus nie, oral om hom is dit spierwit, so skerp dat hy sy oё op skrefies moes trek. Al wat die wit breek het is verskeie naakte menslike figure skuins-regs bo hom en skuins-links onder hom. Daar is heelwat figure en die vertrek of kamer waarin hulle is, het geen einde nie, altans, op die oog af lyk dit so! Dit lyk vir Shaun asof die vertrek vir ewig aangaan. Almal lyk asof hulle in die lug hang. Soos Shaun se oё akklimatiseer, tel hy die manne wat hy kon sien saam met hom in die kamer: ses-en-dertig.

Hy draai sy kop verkeie kere na links en regs om vas te stel of daar ’n deur of opening, selfs ’n venster is. Hy begin naar word terwyl hy niks soortgelyks kan uitmaak nie. Cecilia is ook definitief nie naby hom nie. In hierdie area van die vertek is daar geen vrouens nie wat Shaun kan uitmaak nie.

Hulle is net aan hul arms vasgegespe. Hy probeer angstig sy arms losruk van die gespes. Die gespes is die suiwerste silwerkleur wat hy nog gesien het. Dit kon ook wees dat die soliede wit agtergrond die silwer kon verhelder het. Daar is egter geen kettings aan die silwer gespes nie.

Wanneer daar nie ’n menslike hulpkreet, vloekwoord of huilery gehoor kon word nie kon Shaun ’n eentonige ‘s’-klank hoor. Dit is nie kliphard nie, net hard genoeg om irriterend te raak wanneer daar stilte moes wees. Daar is geen ligte of deure of Cecilia sigbaar nie. Hy kan ook nie ’n vloer of dak sien nie, slegs wit oral om hom.

Na nog frustrerende pogings om hom uit die boeie te ruk en pluk het hy tou opgegooi.

“Cecilia! Cecilia!” roep hy desperaat maar die woorde eggo net heen en weer. Die vors van sy stem se klankgolwe sny deur hom: eers van voor dan van agter en hy voel hoe sy arms waggel as gevolg van die aardige vors wat sy stem gevorm het.

Die eggo’s stop uiteindelik en die eentonige ‘s’ geluid verander in ’n skril oorverdowende ‘ie’ geluid en dit het nie gestop nie. Die wit verander na bos-groen. ’n Vors van bo pluk skielik hom en van die ander mense onder hom, en die man wat skuins-bo Shaun was, is nou links-onder hom. Hy was nou heel bo. Iets het gebeur, maar wat?

Almal raak meer en meer paniekbevange, Shaun se hart sit in sy keel en in sy gedagtes het Cecilia se glimlag die hele tyd geflikker. Hy hoor haar fyn stem helder in sy kop.

“Ek is lief vir jou.”

Haar gesig was so helder dat hy homself verbeel het dat sy by hom is. Hy hoor hoe al die mense begin praat, saggies en teer. Hy kom tot die besef dat hy darem nie mal is nie en iets buite almal se beheer was aan die gang.

“I love you.”
“Ich liebe dich.”
“Je t’aime.”
“Te amo.”
“Jeg elsker deg.”
“Volim te.”
“Mahal kita.”
“Seni seviyorum.”

Almal se uitdrukkings eggo oor en weer en deur almal. Dit word sagter en dan harder. Niemand kon meer uitmaak wat ge-eggo word nie, al die woorde het in mekaar geweef so amper om ’n heel nuwe taal te skep. Die eggo’s stop skielik. Die skirl ‘ie’ is ook nie meer hoorbaar nie. Die bos-groen verander meteens na ’n diep donkerblou. Twee klanke word hoorbaar. Een klink soos ‘g’ en die ander een klink na ‘gh’. Dit het polsend mekaar begin afwissel: ‘g’ na ‘gh’ na ‘g’.

Cecilia se gesig verdwyn saam met die kleur en klankverandering. Shaun probeer hard konsentreer op haar gesig maar kon nie eers een beeld sien van haar in sy geestesoog nie. Hy kon ook nie haar stem meer hoor nie. Sy het heeltemal verdwyn uit sy gedagtes so asof sy nog nooit deel was van sy lewe nie.

Hy probeer dink aan hul nuutgekoopte huisie op Blouberg se strand, maar hy kon nie eers meer onthou hoe die see gelyk het nie. Stelselmatig het al sy herhinnerings begin verdwyn. Sy geheue word uitgewis! Sy lewe word uitgewis besef hy, en hy probeer weer homself uit die silwer gespes los wikkel en pluk.

Sy arms het dood begin voel. Sy bene het begin dood voel. Dit is nie koud nie, ook nie warm nie. Hy sien hoe die sweet by hom aftap na sy ontsnap-sessie, maar hy het nie eers gehyg na sy asem nie! Hy het nie eens die sweetdruppeltjies voel rol nie. Hy steek sy tong uit en probeer sy lippe lek. Hy voel niks nie. Hy probeer sy linkervoet onder sy regtervoet in wikkel om homself met die tone te kielie. Hy voel niks nie.

Hy kyk af onder toe en hy sien van die ander mense probeer ook hulself voel. Van die ander begin huil want hulle kon waarskynlik ook nie meer hul geliefdes onthou nie, of, hulle weet hulle moes verlang na iemand, maar kon nie. Daar is niks so pateties soos iemand wat weet hy moet iets onthou of vergeet, maar hy of sy kon nie.

Alles word skarlaken rooi. Stilte. Almal raak aan die slaap.

Shaun word wakker. Hy probeer sy arms wikkel en voel dat hy nog vasgegespe is. Hy weet nie hoeveel tyd verby gegaan het nie. Hy kyk op. Almal is nou bo hom. Hy probeer vasstel waar die man wat hy as baken gebruik het is. Hy kan hom nêrens sien nie – nie bo hom nie, ook nie langs hom nie. Soos hy rondkyk kon hy vasstel dat almal ook in die proses was om te ontwaak.

Dit is nogsteeds skarlaken rooi om hulle en dit is nogsteeds onplesierig doodstil rondom hulle.

“Help me!”
“Me ajude!”
“Mir helfen!”

Mense se krete om hulp verbreek die stilte. Die eggo’s bons nie hierdie keer rond nie. Soos die woorde uit die mense se monde ge-uiter word, so word die klank gedemp. Stilte.

Die koue stilte word verbreek na, wat gevoel het soos ’n uur, met die klank ‘m’. Dis ook ’n redelike eentonige klank sonder breuke tussen-in.

Shaun dink by homself dat die kleure en die klanke iets moes beteken, maar wat? Hy is nie ’n wetenskaplike of enigsins ’n geleerde man nie, maar hy is ook nie dom nie. Hy probeer die klanke in sy kop vorm.

Dusver het hy:
S
IE
G en GH
M

Maar wat sou die kleure (wit, bos-groen, donkerblou en rooi) beteken wonder hy by homself?

Donkerte. Pik swart donkerte omvou die mense. Hy sien weer Cecilia se gesig in sy geestesoog en raak effens verlig. Niemand kon iets voor hulle sien. Die donkerte laat mense histeries begin huil en skree en moedeloos word omdat hulle nie kan losbreek nie. Shuan voel ’n effense gevoel by sy hande vir ’n halwe sekonde. Daarna niks. Sy hart klop in sy keel. Iemand of iets moes naby hom gewees het! Hy hoor hoe al die ander mense ook skrik vir iets wat hule nie kon sien of hoor nie.

“Cecilia!” roep hy. Die eggo’s wat hierdie keer terugbons, het nie naastenby geklink na sy stem of die woord ‘Cecilia’ nie.

“Amelia!” roep ’n ander man.
“Adolf!”
“Mischa!”
“John!”
“Kavitha!”
“Cybil!”

Al die mense het teen hierdie tyd na hul naastes ook effens verlig begin roep, ander reik moedelose hulpkrete uit, ander vloek, of so het Shaun aangeneem want hyself het ook ’n paar kleurvolle woorde gespreek.

Die eentonige ‘m’ verander na ’n wisselvallige ‘a’ toon. Eers vining dan stadig. Eers hard, dan sag. Eers manlike dan vroulik dan ’n kombinasie. Uiteindelik het ’n oorverdowende ‘a’ klank en toon gevorm en begin speel. Donkerte omhul hulle nogsteeds.

Shaun begin beweeg in ’n afwaartse rigting en in die rondte, soos ’n simmetriese spiraal. Hy beweeg al hoe vinniger totdat hy naderhand baie naar begin voel en braak. Dit het gevoel soos ’n ewigheid. Hy probeer om hom rond kyk, maar kon niks sien nie, en elke keer wanneer hy probeer sy nek draai word hy naarder en meer lughoofdig. Hy kom tot stilstand en sy liggaam sukkel om aan te pas.

Hy voel daar is iets stewig onder sy voete en sukkel om sy balans terug te herwin en sy kop het nog gedraai totdat die naar gevoel weg gegaan het. ’n Stoel of iets soortgelyks skuif onder hom in en maak hom sit. Die stoel is enorm, seker vier keer sy grootte. Die materiaal waarvan die stoel gemaak is voel vreemd. Dit lyk asof dit een of ander dier, ’n baie groot dier se pels kan wees. Hy voel klein dog half gemaklik op dié stoel. Skerp ligte kom van alle kante af aan  en begin op hom skyn. Die ligte is skerp en intens warm en sy oё sukkel om aan te pas by die lig.

Hy voel iets of iemand vat aan sy kop, sy rug, sy arms, sy bene, sy hande, sy voete. Iemand trek sy mond oop nog voordat hy kon skree of kon keer. Hulle of dit druk 15 centimeter grootte naalde in sy voorkop, agterkop, sy tong, arms en bene en in elk van sy organe. Die naalde het hom nie seergemaak nie. Hy voel wie ook al of wat ook al by hom was, trek uit elke plek bloemonsters uit. Shaun kon ook nie uitmaak of dit net een figuur of verskeie figure is nie. Die ligte is net te skerp vir sy oё en hy moet die heel tyd sy oё op skrefies hou. Die figure of figuur beweeg ook so vinnig dat hy in elk geval sou sukkel om dit of hulle te kon volg.

Die naalde word gesamentlik uitgepluk en oral waar die naalde in was het begin opswel en sweer en brand. Die etter vloei uit sommige swere wat al gebars het en hy het begin skree van die pyn. Hy kon nie op genoeg plekke gelyktydig krap nie. Die imflammasie begin erger word en hy begin sweet en hy het koors begin kry en uitgepaas.

Hy droom van Cecilia. Die dag toe hulle ontmoet het en die dag toe hy haar op die strand gevra het om met hom te trou. Dit was die gelukkigste dag van sy lewe. Sy droom neem vining ’n ander wending in neem en ontaard in ’n nagmerrie waar Cecilia erger gemartel word as hy. Hy het in sy nagmerrie magteloos gevoel want hy was vasgeketting en kon nie ontsnap nie. Hy skree maar daar kom geen klank by sy mond uit nie. Hoe meer hy skree, hoe toëer gaan sy mond totdat sy mond heeltemal toegewerk is en hy slegs deur sy neus kan asemhaal. Daar is nie sigbare steke aan sy lippe nie, maar hy kan dit voel en het dit gevoel soos hulle dit toegewerk het.

Hy word wakker op ’n operasietafel. Die koue van die die operasietafel en die kamer waarin hy is laat hom hoendervleis kry en laat sy hele liggaam se spiere styf span. Hy begin huil want hy is bekommerd oor Cecilia en ter selfde tyd bang. Hy kon nie meer nie. Hy wou opgee en net homself oorgee aan die magte wat hom hier gevangene hou, net sodat Cecilia veilig sou wees. Hy weet nie wat hierdie wesens wou hê of aan hom sou doen nie.

“Cecilia!” roep hy effens pateties.

Hy hoor ’n gepratery. Hy kon nie uitmaak in watter taal dit was nie, maar dit is beslis nie ’n aardse taal nie. Hy kyk om hom rond. Sewe en dertig kreature verskyn skielik voor hom en om hom. Hulle is lank. Shaun het nog nooit sulke lelik goed gesien nie. Die figure het elk vier hande, maar slegs twee arms. Op elke hand is drie langerige knobbelrige krommerige vingers. Hulle bene is korterig en hulle pote is ekstra-ordinêr lank. Shaun kon twintig tone op elke sogenaamde voet tel. Hulle almal het boeppense en vlerke op hul rûe. Hulle gesigte is geel, maar hulle gelaatskleur is skarlaken rooi. Hulle het elk drie oë en vier voelers op hulle buitengewoon groot koppe. Hulle is beenderig, amper half-skelet, half-kreatuur.

Wanneer hulle kommunikeer gaan hulle monde nie oop nie. Dit is alles telepaties, maar Shaun kon steeds alles hoor. Hy het by homself gewonder hoeveel tande in hul groot kakebene was en hoe groot die tande sou wees. Hulle naels aan hul hande is lank en vuil en die kreature stink. Party se naels was korter – hulle moes seker jonger gewees het as al die ander.

Hulle vorm ’n sirkel om hom. Hy het hulle nie eers gesien loop nie, hulle het net verskyn om hom. Shaun begin bewe van bangheid. Dit is die bangste wat hy nog ooit was. Hulle neem mekaar se arms nadat die sirkel klaar om Shaun gevorm was. Al die kreature maak hul oё toe en ’n skerp skirl geluid het die hele kamer gevul. Die geluid is so skril dat Shaun se linkeroordrom bars. Hy probeer sy ore toehou en begin skree dat die geluid moet stop, maar die geluid het net harder en skerper geword.

Bloed begin uit Shaun se ore vloei. Die geluid stop. Een van die wesens stap nader en kom by Shaun se kop tot stilstand. Shaun sien die ding se hande beweeg, maar hoor niks nie. Dit beweeg stelselmatig onder toe en Shaun sien dat die ander kreature inneem wat die kreatuur langs hom beduie en verduidelik. Nadat die kreatuur Shaun se hele anatomie waarskynlik verduidelik het, kom die kreatuur by Shaun se middelyf tot stilstand.

Voor Shaun kon keer staan die kreatuur met Shaun se geslagsdeel in sy of haar hande. Shaun skree en krul en huil van die pyn terwyl die figuur vir almal sy geslagsorgaan wys in die rondte. Shaun skree nog van die pyn toe is sy geslagsorgaan weer terug aan sy lyf. Sy bloed van sy ore, en nadat sy geslagsorgaan afgeruk was het verdwyn. Al die swere het verdwyn. Die pyn het ook heeltemal verdwyn. Shaun kon weer hoor.

Die ander kreature verdwyn so skielik soos wat hulle verskyn het, en dit is net Shaun en die een kreatuur langs hom oor. Die figuur plaas sy regter-onderste-hand op Shaun se voorkop. Hy sien in sy onderbewussyn ’n skerp lig so asof hy deur ’n portaal gevoer word. Hy sien vir Cecilia brand. Dan sien hy sy huis afbrand, die dorp waarin hy woon, die land, die kontinent en dan die hele wereld wat in vlamme gehul word. Die vlamme is so warm dat Shaun dit eintlik kon voel en begin sweet. Die kreatuur haal sy hand van Shaun se kop af en plaas sy linker-ondertse hand op Shaun se kop.

Hy sien vir Cecilia en hom, en ’n babatjie wat lag. Hy sien hoe hulle baljaar op die strand en om hul perfekte huisie. Hy sien hoe die dorp waarin hy woon tegnologies verbeter. Hy sien hoe sy land en kontinent vooruit gaan. Laastens sien hy die hele wêreld vooruit gaan en vrede wat heers oor die hele planeet. Hy sien al die diere vreedsaam in hul omgewings. Alles en almal is vreedsaam en gelukkig. Dan haal die kreatuur sy hand van Shuan se kop af.

Die kreatuur kyk vir Shaun in sy oё. Shaun het nie geweet op watter oog om op te fokus nie, toe fokus hy maar op die middelste oog.  Die kreatuur het vir ’n rukkie  nog Shaun aangestaar en verdwyn. Shaun wonder wat die kreatuur eintlik vir hom gewys het. Was dit ’n keuse? Was dit ’n boodskap? Was dit hoe die wêreld gaan eindig? Was dit hoe die mensdom die wêreld vernietig het, of hoe alles eintlik moes gewees het?

Shaun word wakker op die boot in sy kajuit. Daar is ’n klein slapende meisie langs hom. Wie sou dit wees? Shaun weet nie of hy net gedroom het nie, of alles wat hy beleef het, in wat gevoel het soos maande, werklik gebeur het nie. Hy is effens geirriteerd om só ’n droom te gehad het. Hy besef hulle was met vakansie. Sy mond is droog en hy gryp ’n glas water wat hy nog op die tafeltjie vroeёr geplaas het. Die meisietjie langs hom slaap nog.

Shaun besef dat hy en Cecilia hulle eie kajuit gehad het op die boot. Hy stap na die meisietjie toe maar sy bene voel seer en sy rug pyn en het krom getrek. Hy sukkel oor na die meisie wat dieselfde klere aan het as Cecilia. Hy skud haar wakker.

“Waar is jou ouers?” Hy wou nie die kind bang maak nie. Party ouers is baie oorbeskermd en Shaun wou nie moeilikheid gehad het nie.

Die meisie se oё gaan oop. Haar oё word groter en sy skree.

“Jammer, ek wil net jou na jou ouers vat!”

“Wie is jy? Los my uit! Waar is my man? Wat soek jy hier?”

“Ek moet dieselfde vir jou vra! Waar kom jy vandaan?”

“Askies? Dis my en my man se kajuit dié. Loop! Jy maak my bang!”

Shaun dink by homself dat hierdie meisie, seker so dertien jaar oud, ’n baie besige verbeelding het.

“Oukei, luister nou mooi. My naam is Shaun Ackerman. My vrou se naam is Cecilia Ackerman. Hierdie is óns kajuit, kajuit vyf-nul-ses.”

“Wat? Dink jy jy is snaaks? Jy het natuurlik deur ons tasse en dokumente gekrap. Hierdie is my en my man se kajuit. Ék is Cecilia Ackerman. My man is Shaun Ackerman en jý is glad nie Shaun Ackerman nie! Uit my kamer uit of ek bel sekuriteit!”

Shaun lyk verbaas. Hierdie meisie wil net nie loop nie. Hy raak frustreerd. Hy het so frustreerd geraak dat hy die glas wat hy nog in sy hand gehad het teen die muur vas gegooi het. Die glas het nie eers gebreek nie en Shaun se arm het seer gekry toe hy die glas gegooi het. Iets was fout met sy lyf. Miskien het hy net nie lekker geslaap nie? Hy het in elk geval nie nou die tyd gehad om uit te pluis wat fout was met hom nie. Hy moes nou éérs die meisie terug besorg aan haar ouers.

Shaun gaan sit weer en hy kry sy asem terug. Miskien het al die jare van rook nou uiteindelik sy longe ingehaal.

“Luister, weet jy hoe oud jy is?”

“Sewe en dertig.”

“Goeie probeerslag, maar ek dink nie jy kan ’n dag ouer as dertien wees nie.”

“Wel dankie vir die kompliment, maar komende van so ’n ou man soos jy is dit ’n bietjie creepy!”

Shaun het nog baie jonk gevoel en was nog baie jonk van gees. Hy het ook nie oud gelyk nie, of altans, hy het nog altyd so gedink. Is dit werklik hoe jong kinders hom sien. Sies!

“Oukei. Aangesien jy my nie glo nie, kom ons gaan haal ’n spieёl dan wys ek vir jou dat jy nog ’n klein snotneusie is! Dan wys ek vir jou dat ek nie so oud is soos wat jy dink nie! Ek het nie eers ’n flippen gryshaar op my kop nie man!” Sy se geduld is op. Hy wou net die meisie help en wegkry en dan vir Cecilia gaan vind. Waar kon sy tog wees?

“Ja, ek kan sien jy het nie gryshare nie, want jy is al heeltemal bles!”

“Klein twak” dink Shaun by homself. Dié dat die kind hom nie eers oom noem nie en net sommer ‘jy’ en ‘jou’. As hy eendag kinders het, dink hy by homself, sal hy definitief vir hulle maniere en respek leer!

Na wat gevoel het soos ’n ewigheid vir Shaun, het hy uiteindelik ’n spieёl gebring. Sy hele lyf is seer en dit voel asof hy ’n kierie nodig het om te loop. Shaun hou aspris die spieёl omgekeerd sodat hy vir die klein merrie kon wys wie is jonk en wie is oud en wie is nié ’n oupa nie!

Hy sit die spieёl op die tafel neer.

“Toe, geniet jouself!” nooi hy die meisitjie uit. Sy gryp die spieёl en begin vir haarself kyk. Sy skrik en gooi die spieёl neer.

“Wat’s fout?”

“Dis. Nie. Ek. Nie!”

“Wat? Jy lieg! Ek glo nie die spieёl kan lieg nie!” Shaun het eintlik lekker gekry omdat die meisie werklik haarself in die spieёl gesien het.

“Oukei, grootbek, jou beurt!”

Shaun gryp die spieёl met ’n groot glimlag. Hy kyk vir homself en gooi ook die spieёl neer.

“Wat? Dis ’n truuk of iets! Ek is sewe en dertig, nié sewe en tagtig nie!”

Die twee sit in stilte.

“Wat gaan aan? Eers het ek hierdie kak droom dat ek gemartel word deur aliens of iets gehad, en nou dit?”

“Jy ook?” Die meisie skuif nader aan die ou man.

Hy kyk vir haar en besef dat twee mense nie dieselfde droom kon hê nie. Die meisie begin verduidelik wat hulle aan haar gedoen het en hoe bang sy was. Shaun het ook sy belewenis met haar gedeel. Die meisie gryp sy hand vas en begin huil.

“Shaun?”

Hy skud sy kop en vra “Cecilia?” Sy skud haar kop en begin huil saam met Shaun met die besef dat hulle lewens vir ewig ontwrig is en dat hulle nie saam met mekaar sal kan oud word nie. Hulle kyk deur hul deur se venster en sien jonk en oud mekaar omhels. Maar wat sou alles beteken? Was dit ’n boodskap? Was dit ’n keuse? Was dit ’n les? Was dit ’n waarskuwing?

Thompson Boekdrukkery - Advertensie Banier

  • Fritz Deelman

    Baie Oorspronklik!

  • Chantal

    Baie interessant!

  • Verona Theunissen

    Baie interessant, net jammer van die tik- en taalfoute… 🙁