WENTELBAAN – Ester Byleveldt

WENTELBAAN – 2014 © Ester Byleveldt

JEUG WETENSKAPFIKSIE (3 041 woorde)

 

Oom Japie is definitief die kluts kwyt. Hy beweer dat die skerp lig afkomstig was van ʼn ruimte skip. Die figure wat hy uitgebeeld het met wilde hand gebare was lagwekkend. Oom Japie met sy allerhande bangmaak stories laat Elzane partykeer hardop lag. Dit is koud vanaand.

Elzane Venter, ʼn 14 jarige tiener meisie, met blonde lang haar lokke, skuif nader aan die verwarmer en draai haar lyf styf toe met ʼn lekker dik kombers. Die beker warm sop hou haar koue hande warm. Sjoe, maar die gape volg nou kort op mekaar, dink sy.

Sy staan op van die sitkamer bank en gaan maak gereed om in die bed te klim.

ʼn Krits kras geluid laat Elzane omkyk, dit is die kiepersol boom takke wat krap teen die venster.

ʼn Skerp lig skyn by haar venster in. “Wie sal nou met ʼn flitslig in my venster skyn?” wonder sy. “Dit moet die volmaan se lig wees wat inskyn,” sê Elzane hardop vir haarself.

Sy dommel in.

ʼn Kritskras geluid maak haar wakker.

Die geluid is nou stil.

Krits kras krits kras.

Elzane trek ʼn kamerjas aan. Die aandlug waai koel oor haar arms. “Maar, ek het die venster dig toegemaak gisteraand… of het ek nie, praat Elzane hardop.

Toe Elzane by haar venster uitkyk sien sy in die Weste ʼn groot teken in die lug, bloed-rooi en baie groot. Dit het op een plek gebly vir ʼn lang ruk. So skielik soos wat dit verskyn het verdwyn dit weer.

“Is dit ʼn meteor, verskietende ster of dalk ʼn vlieënde piering?” Sy lag vir haarself omdat sy die onmoontlike dink.

By die gordyn staan ʼn eienaardige silhoeët. “Haai,” skree Elzane, “wat wil jy hê? Wat maak jy in my kamer?” Koud van vrees staar sy na die figuur met sy vreemde gelaatstrekke. Elzane voel duiselig.

In haar droom gisteraand het sy gedroom van ʼn helder wit lig met ʼn donker silhoeet agter die lig. Lang arms en vier snaakse lang vingers strek uit na Elzane en begin aan haar nagklere trek. Elzane ril en sien hoe haar armhare rys. Haar oë is wyd gesper, haar mond is kurkdroog.

“Nee, los my uit!”

“Iemand, help my!

Skor geluide kom uit haar keel.

Soos ʼn wandelende zombie volg Elzane die figuur wat haar nader aan ʼn verblindende lig lei. Sy trek haar oë op skrefies.

“Ek kan niks sien nie,” sê sy vir die figuur, maar die figuur trek haar aan die arm.

Elzane stap braaf in die vreemde tipe vliegtuig. Haar ondervinding begin toe sy binne in die tuig stap.

Eers toe sy binne is en besef waar sy haar bevind, begin paniek haar beetkry. “Ek moet hier uit, dit is ʼn vlieënde piering heirdie.”

“Laat my uitkom, asseblief.” smeek Elzane, en trane skiet in haar oë. Die figuur draai sy kop skuins en maak klik-klik geluide. Die toestel wat soos ʼn deur toemaak sluit dig. Binne die tuig is dit net knoppies en flikkerende liggies waar jy kyk. “Waarheen vat julle my? Wat van my familie?” begin Elzane hardop skree. Haar hele liggaam ruk en haar kop voel vol newels. ʼn Ander figuur prik Elzane se arm met ʼn spuitnaald. “Wat het hul met my aangevang, wat gaan aan?” Dit voel of Elzane haar bewussyn gaan verloor. Sy val en beland op haar sitvlak, hoe meer sy probeer opstaan, hoe meer val sy terug. Beneweld sien sy op ʼn skerm dat hul in die ruimte is.

“Nee, O, Nee,” probeer sy skree, maar daar kom net skor geluide uit haar keel. Sweet pêrels begin vorm op haar voorkop. “Waar vat hulle my heen?” ʼn Deur gly oop en ʼn eienaardige gedroggie skuifel nader aan Elzane waar sy steeds op die vloer sit. Sy word opgehys met een haal. Haar bene voel soos lood. Die gedroggie hou haar stewig vas.

“Bloep, bliep, mloep” brabbel die gedroggie in haar rigting. Sy groteske kop pas nie by sy tingerige lyf nie. ʼn Lagbui wil oorneem by Elzane, maar net haar mondhoek trek. Sy word wakker en sien dat sy in ʼn langwerpige kamer lê, maar die kamer is baie klein en sy kan haar nie beweeg nie. ʼn Klokkie lui en met ʼn geskarrel kom paar wesentjies in die gang af. Een wesentjie gryp Elzane aan haar hand en trek haar by die klein kamertjie uit. Toe sy terug kyk sien sy dat die kamer eintlik soos ʼn tipe byekorf sel lyk. By die ander byekorf selle ruk een van die wesentjies allerhande figure uit. Een figuur het ʼn eienaardige kop.

“Sjoe, maar ek is nou honger en dors” sê sy vir die wesentjie.

“Klik-klik,” antwoord die wesentjie haar. In nog ʼn vertrek skuif twee panele en kom iets op ʼn bord wat lyk soos lang groenbone. Elzane neem ʼn bord en smul heerlik aan die kos. Sy neem daarna iets te drinke. Die vloeistof is klewerig en proe effe bitter.

Die vloeistof spuit uit Elzane se mond toe sy dit uitspoeg. Jig. Aaklig. “Wat se goed was dit?”

“Bliep, klik, mloep,” raas die wesentjie met Elzane. ʼn Rekenaar robot kom nader en slurp die vloeistof vanaf die vloer op. Elzane word weer weggelei na haar byekorf sel. Terwyl sy op haar matras lê, dink sy aan ʼn boek wat eens op ʼn tyd gelees het oor ware vlieënde piering stories. Die bewerings dat ʼn vlieënde piering bekend was as ʼn ongeïdentifiseerde vaartuig, party vaartuie het soos ʼn sigaar gelyk, ander soos ʼn geel duikboot en sommiges soos ʼn soetkoekieweergawes van ware gebeurtenisse wat deur talle aardlinge beskryf is, was as nonsens stories afgeskryf. Selfs van die ooggetuienisse wat ʼn ruimte tuig of selfs ʼn vlieënde piering in die lug sien rondhang het met ongeloofwaardige of geloofwaardige beduienisse was afgeskryf as sielsiek of mal. Alhoewel foto’s en datums as bewaarstukke ingehandig was by owerhede, het die vlieënde piering stories legendes geword. In ʼn stowwerige laboratorium was wesentjies uitgestal, daar was op van hulle ge-opereer om meer oor hul liggame te wete te kom. Baie joernaal boeke was geskryf. Maar daar het dit gebly. Films met nagemaakte vaartuie en robotte was oral in film teaters of op televisie as spook stories opgemaak.

In allerhande vorms het ruimte wesens die aarde oor baie lang dekades besoek, gewoonlik snags. Baie mense het die verskynings afgemaak as vuurballe wat na die aarde tuimel. Indien sy ooit weer op aarde gelaat gaan word, wie sal haar weergawe glo. “Gaan almal nie dink ek is mal en versin onsinnighede?” wonder Elzane hardop.

“Bliep, bloep, klik,” raas een van die wesentjies.

Daaruit probeer Elzane verstaan dat sy nie ʼn geluid mag maak nie. Met ʼn “Jammer,” gaan sy voort met onthou wat in die boek wat sy gelees het gestaan het. Sekere organisasies het geglo dat die vaartuie kompleet soos ʼn geel duikboot lyk, waar ander weer geglo het dat dit soos ʼn vlieënde soetkoekie lyk. Elzane sit haar hand voor haar mond, sy was naby om hard te lag. Na ʼn baie lang ruk sluimer sy in. Nagsweet pêrel oral oor haar liggaam, sy voel koorsig en wonder of sy nie een of ander virus onderlede het nie. Bliep bloep, klik, hoor sy die geluid nader kom. Sy word aan die hand getrek, maar sy ruk haar hand terug. Sy voel nie om uit die sel uit te beweeg nie. Haar hele lyf pyn en sy sweet baie. Haar nagjurk wat die wesentjie vir haar laat aantrek het is deurdrenk van die sweet. Die wesentjie skarrel weg. Elzane begin na ʼn ruk baie bewe. Nou kry sy baie koud en trek haar liggaam ineen om weer hitte op te vang. Sy kan nie baie beweeg in die klein sel waarin sy lê nie. Elzane word uitgetrek uit die sel en sy sluimer in ʼn duisternis wat haar oorval. In haar semi-koma droom beleef sy haar in ʼn groter tuig, hierdie tuig se vorm lyk vir haar soos ʼn sigaar en het talle mede-landburgers aan boord, hul word soos slawe aangehou, hul beheer die bestuurskajuit om die vlieënde piering in sy wentelbaan te hou. Vlieënde pierings was bekend as ongeïdentifiseerde vaartuie. Party het soos ʼn sigaar gelyk, ander soos ʼn geel duikboot en sommiges soos soetkoekie vorms. Elzane word opgetrek deur ʼn wese. Sy vel voel soos rubber. Elzane ril en ruk haar hand weg. ʼn Naarheid kom sit in haar binneste. ʼn Lang vinger vee oor Elzane se gesig. Zogilaxi, sien sy op ʼn naamplaat staan, dit is die gedroggie se naam.

Elzane word na ʼn groot vertrek geneem en aan haar skouer afgedruk na ʼn stoel. Om ʼn groot ronde tafel sit klomp gedroggies… of marsmannetjies. Elzane lag in haar binneste toe sy daaraan dink. Kom nou Elzane, berispe sy haarself, probeer een keer in jou lewe ernstig wees. Hoor wat hul van jou wil weet. Zogilaxi begin baie bloep, mloep, klik geluide maak en draai sy kop skuins na die ander lede. Daar heers algehele chaos toe almal losbars met bliep, bliep, mloep, klik geluide. Elzane druk haar ore toe om nie die geluide te hoor nie.

Zogilaxi steek sy hand op en swaai met ʼn voorvinger van links na regs na die lede. Sy vinger wys na Elzane. Al die lede bekyk Elzane. Sy voel hoe die blos na haar nek en ore versprei. “Wat praat jul van my?” vra Elzane nou ergelik.

“Klik, klik, bloep, mloep” praat Zogilaxi.

“Ek verstaan nie wat jy sê nie,” sê Elzane vir hom. Zogilaxi skuif ʼn boek oor die tafel na haar. Sy maak die boek oop. Op die eerste bladsy verskyn prente van gedroggies, of altans marsmannetjies en langsaan verskyn eienaardige tekens. Sy probeer uitmaak hoe die eerste teken en prent by mekaar moet pas. “Ag, wat, ek sal maar net moet hard leer, sodat ek nie heeltemal in die duister gelaat word nie.” praat Elzane met haarself.

Een van die mannetjies druk met ʼn hand aan Elzane se arm en wys met sy voorvinger by sy mond dat sy stil moet wees. “Jammer”, kry sy net uit. “Ek het ʼn plan, terwyl die mannetjies bliep bliep, sal ek solank leer,” sy vroetel in haar mou en bring ʼn sneespapier te voorskyn. Sy skeer twee redelike stukkies uit die sneespapier en prop die stukkies in elkeen van haar ore. “Daar,” nou hoef ek nie te luister na die rumoer nie. “My kop pyn nou van al die lawaai,” dink Elzane by haarself. Sy word met ʼn stewige greep regop geruk. Sy skrik en laat val die boek. Sy word afgedruk tot sy vorentoe moet buk. Een van die mannetjies voel met sy hand aan haar voorkop.

“Bliep, bliep, bliep,” en hy lei haar na ʼn ander groot saal, daar sien sy talle wesens en… verbeel sy haar, ook mense? op stapel beddens lê.

Elzane word aangepor om op een van die stapel beddens te lê. “O, genade tog, ek gaan my doodlag.” glimlag Elzane. Voor haar kom ʼn gedroggie nader geskarrel, in verpleegster gewaad. Die verpleegster wese hou Elzane se arm vas, ʼn snaakse soort pil word in Elzane se hand geplaas met ʼn glasie waarin geel vloeistof is. Eers ruik Elzane aan die vloeistof, net om deur die verpleegster hard aangespreek te word.

“Klik-klik-klik,bloep,” raas die verpleegster en wys vir Elzane om die pil te sluk.

“Goed, laat ek die pil maar drink, weet nie wat se soort pil dit is nie, maar ek sal dit drink.” dink Elzane.

So waar, die pil doen sy werk. Na ʼn lang ruk is Elzane se hoofpyn weg. “Wonderlik,” sê sy hardop.

“Sjuut, sjuut” hoor sy iemand fluister. Sy probeer hoor waar die geluid vandaan kom. ʼn Man se hand steek by een van die stapel beddens uit. “Dit was ek gewees wat jou probeer stilmaak het.” Elzane kyk in die man se rigting.

“O, uh… ek is jammer, dat ek jou gehinder het.” vra Elzane verskoning.

“Ek wil jou net vroegtydig waarsku, dat ons nie hier ongevraagd mag praat nie. Die wesens is baie gesteld op hul manier van kommunikasie.” sê die man.

“O, ek verstaan,” sê Elzane. Sy wou nog iets by sê maar word met ʼn vinger gewys om stil te bly. ʼn Wesentjie draf-stap na Elzane se bed.

“Klik-klik, klik” en die wese draai sy kop skuins.

“Ek voel beter, my hoofpyn is weg, dankie vir die pil.” bedank Elzane hom. Die wese plaas sy lang vingers op Elzane se voorkop en daarna haar pols.

“Klik-klik,” en hy draf-stap weg.

“Dit lyk hul kyk goed na siekes.” dink Elzane tevrede. Ek het erger verwag, dat ek sleg behandel gaan word. Maar alles het goed uitgedraai op die ou end. Sy laat haar gedagtes vrylik vloei. “Die vraag is nou of ek ooit op aarde terug gebring gaan word. Waarheen is die wesens op pad. En wat van die mense wat ook op die tuig is, gaan hierdie reis my lot wees?” dink Elzane. Sy skud haar kop, wat verder moet gebeur sal maar moet gebeur, “watter keuse het ek in elk geval as om ʼn nuwe lewe saam met die wesens en ander mede-ontvoerdenes te lei.” wonder sy verder.

Elzane sien dat die boek wat Zogilaxi haar gegee het, op ʼn tafel lê. Sy tel die boek op. Die prente help darem, dit beeld ʼn aksie uit. Die kode geskrif langsaan sal haar help om met baie oefening ook kan klik-klik, mloep, bloep. ʼn Moegheid oorval Elzane en sy sluimer in met die boek oop en onderstebo op haar bors. Sy skrik wakker van ʼn stamp teen haar arm. Die boek val grond toe. Elzane probeer die boek optel, maar word teruggetrek boontoe en weggelei. “Waarheen vat julle my nou weer?” vra Elzane.

“Bliep bloep mloep, klik,” raas die wesentjie.

“Goed, ek verstaan wat jy sê, hoe ernstig is dit?” vra Elzane. Bliep, klik, klik, praat die wese. “Nou, hoe het dit gebeur?” vra Elzaan.

“Klik, klik, ghloep,” sê die wesentjie.

Elzane word na die siekeboeg geneem en sien dat die persoon met wie sy vroeer gepraat het vol rooi merke oor sy arms en gesig is. “Wat het hom oorgekom?” vra sy vir die wesentjie.

“Klik, klik, klik.” antwoord die wesentjie vir Elzane.

“O, maar sal hy reggekom, en wat wil jy hê moet ek nou doen, ek is nie ʼn verpleegkundige of ʼn dokter nie.” sê Elzane. Sy word onseremonieel paar plastiese handskoene in die hand gestop en word sy aan haar hand afgetrek na onder sodat die wesentjie ʼn gesigmasker aan Elzane kan vasmaak.

“O, tog, net nie ʼn operasie nie.” Elzane voel hoe sy flou begin word. Duiseligheid oorval haar en sy val grond toe. Sy word net betyds opgeraak voor sy die vloer tref. Sy word weggelei na haar slaap sel waar sy gelawe word met ʼn klam lap oor haar gesig. Elzane skrik wakker, “waar is ek, wat het gebeur?”

“Bloep, bloep,” antwoord die wesentjie.

“Jul moet net nooit weer my naby ʼn erg sieke bring, wat nog van operasie doen,” sê Elzane. Verbeel sy haar of skud die wesentjie se maag van lag? “Jy moet nie vir my lag nie, ek gril as ek bloed moet sien en raak net daar flou.” Weer lyk dit of die wesentjie se maag skud. Maar daar is geen emosie op die wesentjie se gesig wat aandui dat hy dalk lag nie.

Ligte begin in die tuig flikker, alarms gaan aan. Elzane moet haar ore teen die lawaai toedruk. Chaos heers in die tuig. Wesentjies skarrel rond. Elzane moet haar lyf styf teen ʼn muur van die tuig druk sodat die wesentjies kan verby kom. Elzane en andermee vlieënde passasiers word dringend gebied om na hul selle terug te keer. ʼn Warboel van mense en wesens verdruk mekaar in die gange. Die alarms raak stil asook die geskarrel van die wesentjies. “Wonder wat het gebeur?” dink Elzane. Sy wag tot een van die wesentjies verby kom, dan gaan sy uitvra. Daar kom een aangehardloop. “Wag bietjie, verskoon my, maar wat gaan aan?” vra Elzane.

“Klik-klik-klik-klik,” en die wesentjie beduie na onder.

“Ons het probleme met die tuig?” vra Elzane. Sy word na haar sel geneem en sy verstaan volgens die wesentjie taal dat sy daar moet bly tot sy gevra word om uit te kom.

Die tuig skud en tuimel. Waar Elzane in haar sel lê, voel sy naar van die geskud. Alles raak weer stil.

“Waar is my boek?” wonder Elzane hardop. ʼn Wesentjie wat verbyskarrel, wys met ʼn lang vinger na ʼn tafelblad langs Elzane se sel. “O, dankie,” sê sy, ʼn warm blos kom sit op haar nek en wange. Sy het nie die boek raagesien hier reg by haar nie. Sy neem die boek, stap in haar sel en gaan lê op die matras. Omdat die sel so klein is moet sy die boek om hoog hou om te lees bo haar kop. Elzane sluimer in en het ʼn eiendaardige droom. Sy skrik wakker en hoor weer die alarms afgaan. Weer ʼn warboel geluide en geskarrel heers buite haar sel. Na wat soos ure voel is die alarms weer stil. Sy word geroep in plaas van dat iemand haar hand weer trek. Sy beweeg uit haar sel en ʼn ruk van die tuig laat Elzane val en haar kop stamp. Die tuig is besig om te val en tuimel wild onderstebo. Almal binne die tuig val rond.

Die tuig hou aan tuimel na onder. Die oomblik toe Elzane ʼn uitkyk na die venster kry, sien sy hul is besig om ʼn planeet se sfeer binne te dring. Sy kan nie uitmaak of dit aarde is of ʼn ander planeet nie, om so onderste bo te hang en dan weer regop te wankel maak haar nou bang.

“Oe, eina,” skree Elzane. “My kop en arms. Ek gaan my nog blou kolle val so.” sê sy vir ʼn wesentjie wat saam met haar rondtuimel in die tuig.

“Klik-klik-bloep.” is al wat die wesentjie uitkry.

“Gaan ons dit oorleef?” wonder Elzaan. Dit is net rooi liggies wat aanmekaar flikker en alarms wat afgaan. Elzane se ore voel of dit wil bars, net as sy regop kom om haar ore toe te druk dan tuimel sy weer onderstebo. “Ons gaan ons te pletter val!” skree Elzane hard. “Almal, hou vas aan iets.”

DIE EINDE

Thompson Boekdrukkery - Advertensie Banier

  • Rina

    Baie oulik, hoop om meer van jou te hoor!

    • Ester

      Dankie. Is bly jy het gehou van my storie “Wentelbaan”. Hou duime vas dat my verhaal ‘n wen verhaal is.

  • Chantal

    Baie oulike jeug verhaaltje.