DIE OORNAME – Anke Norris

DIE OORNAME – 2015 © Anke Norris

VOLWASSE Wetenskapfiksie (6 858 WOORDE)

 

Dis die jaar 2030. Ek word wakker met ʼn ruk. Wat het my wakker gemaak? Daar hoor ek dit weer… Dis ʼn sirene wat afgaan… Die gebou om my begin weer skud. Is dit ʼn aardbewing? Dit kan nie oorlog wees nie, hoop nie so nie. Ek kyk om my rond. Ek het maar so ʼn paar maande gelede na hierdie planeet verhuis. Saam met my man en baba-seun. Ons moes kies… bly op die planeet Aarde en word vernietig, of begin ʼn nuwe lewe op Sarsus, ʼn planeet in die Orr sterrestelsel, sowat vyf ligjare verwyder van die Aarde af. Dinge het begin uitmekaarval op Aarde. Die mense het oorlog teen mekaar gemaak, mekaar sonder om oog te knip doodgeskiet as jy net verdag lýk.

Hulle het net verkose gesinne die keuse gegee. Dié wat hulle na vele toetse en navrae uitgevind het die beste sal wees om met ʼn nuwe kolonie op Sarsus te begin. Dit sal ons verantwoordellikheid wees om die nuwe planeet te bewoon, te bewerk en te ontgin. Almal wat gekies is, het ʼn spesifieke doel… jy is gekies op jou vrugbaarheid, jou professie, jou gekose leefspan, jou deursettingsvermoë. Ek is gekies omdat ek reeds ʼn baba het, is ook ʼn binneshuisversierder, en is kreatief. My man weer, is gekies omdat ons reeds ʼn paartjie is en omdat hy die hoof van ʼn sekuriteitsbesigheid was op Aarde, maar sy kennis sal te pas kom op Sarsus. Hy is gedetimineerd, streng, en laat hom nie omkoop of van plan wysig tensy dit as ʼn beter uitweg gebruik kan word nie. Dié wat onder hom gaan wees, moet hom bystaan met die inligting en tegnologie van gevorderde sekuriteit, iets wat dringend nodig is op Sarsus omdat dit so eenders soos Aarde is, met die verskil dat dit reeds bewoon word deur boorlinge van die planeet.

Daar is dele van die planeet waar ons nie sonder ʼn spesiale suurstofmasker durf gaan nie. Dis waar die boorlinge woon. Hulle lyk soos ons, maar dis waar die ooreenkoms eindig. Hulle praat nie fisiek nie, hulle kommunikeer deur telepatie. Dan het hulle verskeie tekens wat hulle gee wat hulle gebruik in dialek met ons menseras. Hulle is ook beslis groter gebou, en beslis tegnologies baie verder gevorder as ons op Aarde. En ons het gedink ons help hulle tegnologies gewys! Hulle is meer gevorderd as ons! Hulle maak net ʼn klikgeluid met hulle tong en die tegnologie kry “lewe”. Dan verskyn deursigtige plate op dele van die vertrek en jou vingers druk op die skerm om instruksies sommerso in die lug uit te voer. Soos die aktivering van die alarm, die maaltydmasjien wat jou sê watter maaltyd vir jou beplan is rakende energie, proteïne, en vitamine, alles wat jou liggaam benodig om take te kan uitvoer. Tegnologies baie gevorderd.

Die lug daar is ook so dat net die boorlinge kan asemhaal sonder enige maskers. Ons moet ʼn kontrepsie in ons neus druk om te kan asemhaal, en hulle moet dieselfde by ons deel doen. Ons bewoon nou Sarsus 1, hulle bewoon Sarsus 5. Hulle word die tSaromba genoem. Vir hulle is ons die Serras. Die tegnologie verskil tussen Sarsus 1 en Sarsus 5 is ʼn paar honderd generasies verskil. Ons kan eerder by hulle leer… Hulle is ook in die besit van rekenaarstelsels wat die beste drone en robotte kan vervaardig wat ons tot voordeel kan strek. Om hulle te kan oortuig om hulle kennis te deel sonder om agterdog te wek… dis ʼn ander storie… Die geboue hier is ultra-modern hier in Sarsus 1, maar dit is ʼn paar generasies meer gevorderd in Sarsus 5.

Die gebou skud weer. Ek draai om om Nebat wakker te maak. Hy nie in die bed nie. Sy spasie is leeg… Ek staan op. Ek moet gaan kyk waar hy is. En hoekom is Bonnie so stil? Wanneer daar net ʼn bietjie geraas is, word hy gewoonlik wakker. Hy word in ʼn nuwe planeet se maniere van doen groot… als is stil en uiters modern. Iets wat nie op die aarde die geval is nie. Daar baklei almal onder mekaar. Ek is bly dat ons al ʼn paar maande op Sarsus. Ons het ʼn goeie keuse gemaak deur te verhuis van planete. Die nuus wat ons deur ruimte blitspos kry, klink nie goed nie. Baie is ongelukkig oor die omstandighede op aarde en besef hulle het ʼn fout gemaak en wil nou ook van planeet verander. Maar dis te laat… nou baklei hulle op Aarde.

Skielik kom Nebat ingestorm. Hy lyk verwilderd. Heeltemal van koers af. Wat gaan aan? Hy is in sy pajamas, maar dit lyk baie vuil. Ek sien ook traanstrepe op sy gesig. Wat gaan aan?

“Wat gaan aan, Nabat? Hoekom is Bonnie so stil? Is hy nog in sy krippie? Het jy gaan kyk?” bombardeer ek hom met vrae. Hy vat net my hand en lei my na die kombuistafel.

“Sit… dan vertel ek jou wat aangaan,” antwoord hy bewerig en bietjies té kalm na my sin. Iets is fout. Ek kan dit sien en aanvoel.

“Bonnie is nie in sy krip nie. Hy is ontvoer. Van die ander babas hier rond is ook ontvoer. Ons is nog nie seker wie agter hierdie ding sit nie. My mense werk hard om uit te pluis wat aangaan…” hy sluk. Dit vat aan hom.

“So julle weet nie wie dit gedoen het nie?” vra ek.

“Nee, Arra.” antwoord hy my met ʼn bewing in sy stem.

“My span doen als in hul vermoë om uit te vind. Ons het ook die hulp van die Saromba ingeroep. Met hulle tegnologie en kennis, behoort hulle gou informasie te hê. Hoop net ons kan hulle vertrou. Soos met ons, is daar van hulle wat nie van ons hou nie. Voel ons maak inbreuk.” Hy gee my hand ʼn drukkie.

“Is jy seker hulle sal ons kind kry? Dis naby voedingstyd vir hom! Ek mis ons kind so! Ek voel aan hy soek sy mamma! Vind hom Nebat, vind hom!” roep ek uit! Enige ma wat haar baba liefhet, sal nie eers vyf minute sonder haar kind wil wees nie. Dan dink ek weer aan wat my wakker gemaak het…

“Wat gaan hier buite aan? Hoekom skud die gebou so?” vra ek weer…

“Dis deel van die probleem! ʼn Soort oorlog het uitgebreek en hulle val almal aan! Almal wat nie oorspronklik deel van Sarsus was nie!” skree Nebat nadat nog ʼn bewing die gebou tref. Nebat gryp Arrat se hand en begin met haar in die rigting van die deur hardloop.

“Ons moet hier uit! As ons nog Bonnie lewendig wil sien, sal ons vinnig hier moet wegkom!” roep Nebat uit, en by die groep Sarombas moet uitkom, dink hy by homself. Hulle sal nie net vir ons beskerm nie, hulle sal Bonnie vind en ons veilig hou tot dinge afgekoel het. Hopelik kry ons nie komplikasies nie. Glo nie so nie. Die Sarombas wat ek leer ken het, blyk betroubaar te wees. Hulle is teen die gedurige botsings van die groep wat teen die veranderings is.

Nebat en Arrat kom net deur hulle voordeur gehardloop, toe ʼn sagte geluid Nebat se aandag trek. Hy kyk vinnig na links van hom, in die loopvlak af. Daar staan een van die Sarombas. Sy naam is Arma’aak. Hy dra ʼn suurstofmasker oor sy neus. Net ʼn geoe’fende oog wat weet waar om te kyk, sal dit agterkom. Hy het ʼn los hemp oor ʼn wit t-hemp aan, met gebleikte kniebroek. Hy dra ʼn paar grys tekkies. Hy bly omkyk. Arma’aak weet hoe gevaarlik dit vir homself en die ander twee is. En met die gefluit van die koeëls en die “zwiep – zwiep” van die laserstraalgewere elke nou en dan, maak dat hy selfs nog vinniger wil wegkom. Die androïde is ook in die omtrek en pluk almal wat dit as vyand eien uit die pad in ʼn wagtende, beheerde, swewende voertuig. Sodra ʼn vasgekeerde deur ʼn androïde gevang word, gaan die deur oop en die persoon gaan vinniger in as wat jy kan asemhaal. Blitsvinnig…

“Pssst!” hoor Nebat aan sy linkerkant. Met ʼn sug van verligting sien hy dis Arma’aak. Hy vat Arrat se hand stywer vas.

“Kom!” hits hy haar aan voor sy kan begin vrae vra…

Arrat vertrou nie die vrede nie. Maar sy gaan saam met Nebat en Arma’aak. As hy hom vertrou, hoekom nie sy ook nie? Haar seuntjie is ontvoer, en hierdie Saromba kan hulle dalk help. Snaaks, hulle het gedink op ʼn nuwe planeet gaan sulke dinge nie gebeur nie. Maar nou het dit. Arrat wil nie weer van planeet verander nie… Wat van belang is, is om te oorleef, meer oor die planeet en sy bewoners te leer en ook die tegnologie te leer ken. Dit help met binneshuisversiering en ook voorplanting, wat baie noodsaaklik is. Ons loop versigtig agter Arma’aak. Hy lei ons. Hy loop teen ʼn vinnige, maar seker pas die loopvlak af. Buiten die geweervuur, die lasergeweervuur en die groot androïdes en hulle voertuie, is dit redelik stil, as mens dit stil kan noem. Ons moet koes-koes loop, want jy is nooit seker waar die volgende geweervuur vandaan kom nie.

Ek kyk rondom my terwyl Arma’aak ons uit hierdie verwoesting lei. Die androïdes beweeg teen ʼn moordende pas, gaan by deure in en kom weer net so vinnig uit. Soms sonder enigiemand, baie keer met iemand. Wanneer jy in hulle hande val, is daar geen manier waarop daardie mense weer die straat of hulle woonplekke gaan sien nie. Hulle los ook deure van woonplekke oop, en ʼn kykie na binne toe ons by een verby beweeg, lyk nie mooi nie. Hulle los ʼn verwoester binne, wat na ʼn paar millisekondes, helder ligte afgee en alles binne die wooneenheid verorber. Daar bly niks oor behalwe die mure nie. Nie eens ʼn stoffie of ʼn portret nie. Alles word vernietig.

Ek is só bly toe ons verbybeweeg. Hulle het hierheen gekom vir ʼn nuwe lewe en hulle loop hulself vas in die wedren om oorlewing. Ons word deur Arma’aak ingelig dat die verwoesting net plaasvind by wooneenhede van dié wat hulle vang. Kry hulle niemand nie, los hule dit en beweeg aan, want niemand sal weer terugkom nie. Altans, dis wat hulle dink… So ons besittings is veilig en sodra ons Bonnie teruggekry het, sal ons kan terugkeer na ons lewe.

Ons nader nou die hysbak gedeelte. Alles is ultra-modern. Die geboue is meestal uit staal en glas maar binne jou woongedeelte kan jy die rekenaar instel dat die glasafskortings mistig en klankdig is. Al negatiwiteit is dat jy deur kameras dopgehou word, elke sekonde van jou bewegings word vasgelê, tensy jy so slim is om die rekenaar te uitoorlê. Dit gebeur nie maklik nie. Die rekenaar word deur die planeet se regeringsinstansies beheer. En hulle oë en ore is oral. Sodra jy iets regkry om privaat te wees en in die geheim dinge te wil doen, en hulle sien vir ʼn paar sekondes iets wat nie strook met hulle stelsel nie, is dit die gousste wat jy geelemineer word. Jy en almal na aan jou verdwyn. In ʼn oogwink. Almal is bang vir die tegnologie, behalwe die wat nie veranderings wil hê nie…

Ons beweeg na die hyser. Dit is ook ʼn affêre. Dis van glas, en die beheringspaneel is ʼn drukskerm teen die glaspaneel. Die hyser beweeg tien vloere ondergronds. Mens kan als bo, langs die kant en onder jou sien. Daar is ook nie kabels wat jou aan die hyser bind nie, alles word hanteer deur lug wat bo en onder die hyser uitgedruk word, afhangende of jy op of af wil gaan. Dis ook vinnig, jy is binne ʼn sekonde by die vloer waar jy wil wees. Die negatiewe ding is, wanneer jy aan’t die vlug is soos ons, kan jy nie die hysbak vat nie, want soos met die wooneenhede, is als gedek deur ʼn kamera en video-opnames. So ons gaan maar die harde manier, die trappe kies. Dis van staal, maar wat hierdie gebou onderskei van die ander, is, dat die deel waar die staaltrappe is, geen kameras of videostrome jou posisie kan weggee nie, want daar is nie videostromings by die trappe nie. Dis van staal so nie eers die kommuniksie apparaat op jou arm kry opvangs daar nie.

Ons volg Arma’aak toe hy begin om die trappe te vat ondertoe. Ons moet maar versigtig wees wanneer ons trappe klim. Jy weet nie wie of wat bo of onder jou wag nie. As ons Saromba-geleide dink dis die veiligste opsie, dan aanvaar ons dit so. Ons weet nie waarheen hy ons vat nie…

Ek kan nie onthou hoeveel stelle trappe ons gevolg het nie. Dit is sonder ʼn geluid. Ons tekkies maak nie veel geraas nie. Ons beweeg so vinnig moontlik, en so stil moontlik.

Skielik gaan Arma’aak staan. Hy staan en luister vir ʼn paar vinnige sekondes, dan gaan sy arm vorentoe en hy druk op ʼn deel van die staal muur. ʼn Rooi liggie verskyn teen die muur. Dis ʼn deurskynende drukknoppie. Skielik gaan ʼn paneel reg voor ons oë oop. Dis ʼn baie interessante ontwikkeling… ek wonder waar ons nou is? Dan beantwoord Arma’aak my vraag sonder dat ek iets sê. Vir ʼn oomblik het ek vergeet sy soort lees gedagtes deur telepatie. Ons beweeg nou deur ʼn geheime gang. Die opening is ʼn verskuifbare deur waarvan net sekere van die Sarombas weet. Dis beskermingsprotokol. Word net in ernstige gevalle, soos nou, gebruik.

Ek hoor die opening agter ons toegaan. Dit lyk asof die muur ons ingesluk het. Ons is beslis onder die gebou, iewers, diep onder die grond. Niemand behalwe die groep Saromba’s waarvan Arma’aak een is, weet van hierdie tonnel nie. Dis uiters geheim. Geen seine werk hier behalwe telepatie nie. Ons is heeltemal onder Arma’aak se beskerming. Die tonnel is ʼn verrassing. Dis heeltemal anders as wat ons verwag het. Dit is heeltemal uitgevoer met staal, van bo tot onder. Dis ʼn gang wat stelselmatig na onder daal. Soos ons loop, gaan ligte aan, dis soos die skakelaar, deel van die staalstruktuur. Sodra ons verby beweeg, gaan dit weer af…

Ons beweeg vinnig. Dis ʼn nimmereindigend. Dit hou net aan en aan… Arma’aak staan skielik stil en druk met sy wysvinger teen die staalmuur voor hom. ʼn Deursigtige rooi knoppie verskyn. Arma’aak druk die knoppie en nog ʼn opening verskyn in die staalmuur.Die spasie skuif oop. Nog ʼn tonnel verskyn voor ons oë. Maar die keer gaan dit nie af ondertoe nie, dit loop horisontaal vorentoe. Dit wil voorkom of ons binnekort die einde van die tonnel gaan nader, want die deur gaan geruisloos agter ons toe. Ons beweeg stadiger. Die tonnel verander van voorkoms. Dit het steeds staalmure, maar nie oral nie. Hier en daar is ligte wat aangaan asof uit die niet. Ons kan nou sien ons is ondergronds, want waar die deursigtige glaspanele is, sien ek grond en ook groot rotse. Soos ʼn grot. Ek kom ook agter ons asem die hele tyd vars lug in. So hulle moes op ʼn manier die tonnel se lugweë verander het na suurstof.

Dit interesseer my al hoe meer. Ek hoor ook nou geluide. Soms eggo dit, want dis in ʼn ondergrondse grot. Ons het nie geweet daar is grotte op Sarsus nie. Baie interressant… beslis baie interressant… Ek hoop net hulle kan ons veilig hou en Bonnie vind. Ek sal nie kan leef sonder om my seuntjie terug te kry nie. Ek mis hom! Al is hierdie dinge baie interressant en van lewensbelang, is ek bekommerd oor my seuntjie. Hy is nog ʼn baba, moet gevoed word. Hy ken net sy ouers. Hy het sy maniertjies en sy tye van dinge doen, en mis hy iets, kan dit hom lelik omkrap.

Arma’aak steek weer sy hand uit, raak aan die glasmuur en ʼn deurskynende groen knoppie verskyn. Arma’aak druk dit en dadelik verdwyn die glaspaneel voor ons. Die volgende oomblik staan ons binne ʼn heel ander wêreld as wat ons gedink het moontlik is. Ek vergeet skoon om asem te haal. Dis te pragtig! Dis ʼn wêreld gemeng met tegnologie en die natuur soos ek dit onthou van die aarde voor die oorlog begin het en nou ook bokant ons koppe… Dis te pragtig! Hoe op aarde het die Sarombas dit reggekry om die twee uiterstes so te meng dat dit mooi saamsmelt? Nogals vér ondergronds!

Dit is soos ʼn stad op sy eie, net ondergronds. Dit het alles wat ʼn stad moet hê, net hier kan mens sien hoe die natuur gebruik word. Die wande van die groot grotte is uitgegrawe en lyk soos ʼn klomp woonstelle met die verskil dat ʼn rotsmuur elke eenheid van mekaar skei. Die eenhede binne is gemeng met deels staal en deels glas, afhangende van wie daarbinne bly. Binne is alles elektronies toegerus en meestal transpirant. Die televisieskerms is ʼn stuk glas wat binne die rotsmuur vas is en wat beheer word deur stem opdragte of telepatie, afhangende van hoe jy dit verlang. Al die sit, slaap, ontspannings benodighede is van glas, net die eetgerei is van aliminium en die kos is natuurlik afkomstig van die natuur of Asa, soos die Sarombas dit noem.

In die middel van die grotte groei bome en plante. Mens kan selfs die voëltjies hoor fluit! Dit lyk soos ʼn pragtige park in die middel. Hierdie grot is een van ʼn hele paar! Reg in die middel van die park is ʼn groot oopte waar landerye bewerk word vir lusern, mielies, selfs ʼn wingerd. Rondom die boorde is klein landerytjies waar die groente bewerk word. Wraggies, hulle het aan alles gedink. Tot die water kom uit strome uit die rotswande. Dis waar hulle water kry vir almal, om van te leef. Ja, hulle het tot diere. Beeste, skape, bokke vir die produksie van melk, kaas, yogurt en hoenders vir eiers. Dan sien en hoor ek ook honde blaf, en sien ʼn paar katte wat rondloop. Is dit wat ek hier sien alles in lewende lywe of net ʼn versindsel? Ek glo nie. Rondom die park en landerye is daar ʼn grondpad, waaruit kleiner paadjies lei. Reg langs die grondpad is ʼn kliprandjie so 10cm hoog en bo-op dit het hulle ʼn sypaadjie gebou! Sodat niemand per ongeluk omgery kan word nie. Ek wonder hoe gaan dit lyk in die aand wanneer dit donker is en daar nie lig van bo kom nie?

Arma’aak loop na ʼn opening in een van die rotswande die naaste aan ons en wys ons moet ingaan. Die staaldeur beweeg outomaties oop asof ʼn onsigbare hand dit oopgeskuif het. Daar is ʼn gang wat tot so 500 meter na binne gaan. Dan loop dit dood teen die rotsmuur agter. Dit is so 500 meter breed. In die middel is ʼn hysbak uit glas wat deur lug na bo of na onder gedryf word. Dis groot genoeg om vier mense of Sarombas te vervoer met ʼn stoelgrootte meubelstuk. Daar is ʼn soort stoepie aan elke kant van die hysbak. Afhangende van waar jou wooneenheid is, op die eerste, tweede, derde, vierde of vyfde vloere, stop die hysbak en kan jy uitkom aan die kant waar jou voordeur is. Daar is net een manier om in en uit te gaan, beide by dieselfde opening. Daar is so ʼn hysbak by elke tien wooneenhede in die rotswande, reg rondom. En daar is vier sulke grotte. Ons wooneenheid word vir ons aangewys op die tweede vloer. Dit lyk identies soos die een wat ons op die oppervlak het. Alles lyk dieselfde. Die enigste verskil is dat hier nie kameras en gedurige video-stroming is om jou elke stap te volg nie. Hulle hou dit wat binne die wooneenhede gebeur as ‘privaat’.

Ek is skoon verbaas oor al die tegnologie hier so diep onder die grond. Dis asemrowend! Hulle het tot ʼn interkomstelsel! Sodat jy weet wie jou kom besoek. Nie te sleg nie. Alles wat bo op die oppervlak gebeur, word weergegee op die ‘televisieskerm’. Ons sellulêre kommunikasie is ʼn deursigtige armband wat anti-allergies is. Wanneer jy ʼn oproep kry, begin dit flikker en druk teen jou oorlel en antwoord die oproep deur visuele drie-dimensionale stroming op die armband, in video. Soos wanneer ʼn mens deur ʼn rekenaar of sellulêre foon ‘skype’, net, hierdie is in die lug bo die armband.

Soveel tegnologie ondergronds! Ons loop by ons woonarea in. Alles lyk soos ons een op Sarsus 1. Ek staan skielik stil. Is dit moontlik? Hoor ek reg? Of is ek besig om mal te word? Dit klink soos Bonnie wat huil! Maar hoe kan dit wees? Hy is ontvoer! Ek loop na die kamer waar ek sy huilgeluidjie hoor. Ek stap die leefruimte binne. In die bababedjie, lê my pragtige, skattige, babaseuntjie. Ek tel hom op en druk hom styf teen my vas.

“Nou hoe…?” begin ek… ek sluk om die trane wat opdam te keer.

“Ons moes, Arrat, anders sou jy geweier het om saam te kom.” Nebat gee ʼn skaam “verskoon my” glimlag.

“Jy sou geweier het om jou huis te verlaat, al gaan dinge nie so goed nie. Is ek reg?” vra hy.

“Weet jy, ja… jy ken my goed. Ek sou gebly het en Bonnie se lewe in groter gevaar gestel het. Dankie, Arma’aat, Nerat, dat julleBonnie veilig gehou het…” eindig Arrat in ʼn snik. Sy is nou in ʼn pragtige, ondergrondse grot, het haar man en baba by haar en hulle het nuwe vriende gemaak. Wie kan beter vra? Die oorlog kan ophou daar bo ja. Hulle kan terugkeer na hulle wooneenheid op die oppervlakte van Sarsus 1. Maar ná alles wat ons ondervind het? En dit wat aan die gebeur is daar bo, nee… ek glo nie ek sal terugkeer nie.

Ek bly in die kamer agter om Bonnnie borsvoeding te gee terwyl Arma’aak en Narat verder in die ontspannings/televisiekamer gaan gesels. Hulle weet om ma en seun nou vir ʼn rukkie alleen te los. Ek kyk na my seuntjie en sien hoe na aan perfek hy lyk. Ek het al ʼn hele rukkie agtergekom die gewone dinge van ʼn baba van sy ouderdom, dis nou ses maande, interesseer hom nie. Hy blyk baie geïnteresseerd te wees in tegnologie. Iets wat babas van sy ouderdom op aarde nie gewoonlik doen nie. Bonnie kommunikeer ook nie per mond met klank soos ander babas nie. Hy gebruik telepatie deur na jou te kyk met sy oë en dan met sy een handjie aan jou te vat. Dan weet hy presies wat jy dink en hy “sê” vir jou wat volgende gaan gebeur. Ek het hierdie neigings tot nou toe nie ernstig opgevat nie oor ek dit nie ken nie. Maar nou…, ek dink ek moet dit aan Nerat en Arma’aak noem. Hoewel menslike kinders nie met sulke tegnologie gebore word nie, kan Bonnie ʼn uitsondering in die geval wees. Waar hy sy intelek vandaan kry, is vir my ʼn raaisel. Dalk kan Arma’aak daarmee help.

Nebat en Arma’aak kyk na mekaar. Hulle hoop hulle was reg toe hulle Bonnie so gou kon laat “verdwyn” het. Nebat het ʼn paar keer agtergekom Bonnie is anders as die babas van sy ouderdom en het Arma’aak se hulp ingeroep. Daarom die gemaakte “ontvoering”. Bonnie is veilig, sy ouers ook. As die Kêne-Sarombas moet uitvind van Bonnie, sal hulle hom van sy ouers wegneem en as wapen grootmaak of selfs doodmaak, want daardie groep Sarombas, sal Bonnie as gevaar vir die Saromba-spesie beskou en hom en ander moontlike gevalle wil uitwis. Hulle glo net hulle kan so intelligent in tegnologie wees en telepateer.

Arrat kom die vertrek binne met ʼn glimlag. Haar liggaamstaal wys sy is beide bly en bekommerd. Miskien het sy ook opgemerk wat hulle reeds vermoed. As dit waar is, kan Arma’aat Bonnie getoets kry in die laboratorium wat beide tegnologes uitstaande is maar ook mens/Saromba-vriendelik is.

“Nerat, Arma’aak, ek is bly vir my seun, maar ek is ook bekommerd. Hy kan nie praat nie. Hy is uiters geïnteresserd in tegnologie en hy kan telepateer. Wanneer hy aan jou raak, dan “praat” hy met jou, en dis nie babataal nie. Sy oë het die manier om alles om hom in te neem en meer te sien…” eindig sy na die lang relaas.

Die twee manne kyk na mekaar. Dan is hulle vermoedens nie verkeerd nie. Bonnie is die eerste menslike baba wat al drie die bomenslike eienskappe van die Sarombas besit terwyl beide sy ouers doodgewone mense is wat tegnologie gebruik om hulle lewe beter en gemakliker te maak. Nou begin die regte werk eers. Hulle moet hierdie drie mense en die ander wat hulle kon red, beskerm en ook uitvind tot hoe ver Bonnie se “bomenslike kragte” strek en waarop hulle kan verbeter en hoe sy vermoëns gebruik kan word ter beskerming van sy ras en ook hoe hulle hulle eie tegnologie kan verbeter. Hulle kan dit net doen met Bonnie se bereidwilligheid en sy mamma en pappa se hulp. Die arme kind dink seker daar is iets groot fout met hom.

“Arrat, ek dink van môre af moet ons Arma’aak en die Terak toelaat om ons te help om uit te vind hoeveel hy met hulle verskil en ook hoe gevorderd hy is. Ons het hom laat “verdwyn” omdat ons bang was die Kêne kry hom in die hande, en dit kan een van twee dinge beteken… óf hy word gevange gehou en sy gawes uitgebuit vir militêre gewin… óf hulle maak hom dood. Dis hoekom ons blitsvinnig gereageer het toe ons ingelig is oor die Kêne se plan om al die mense met babas, met geweld uit hulle wooneenhede te verwyder. Ons kon ʼn paar gesinne red, maar daar is van hulle wat nie wou luister nie… en hulle is nou opgesluit, hulle lewens uitgewis en hulle babas vermoor.” hy sug. Hy wou almal red, maar as iemand nie wil luister nie…

“Sal Bonnie kan aangaan om baba te kan wees of gaan hy nou in ʼn ander plek moet bly?” vra Arrat bekommerd. Dit waarvan hulle praat is nie die gewone groei van ʼn kind nie. Maar dan weer, Bonnie is nie ʼn gewone baba nie.

“Hy sal steeds by ons bly, maar meer tyd in die laboratorium en kamers spandeer. Ons gaan ons bes doen om als so menslik moontlik te hou. Bonnie is ons seun en ek sal niks sleg toelaat nie. Arma’aak en die Tarek wil ons help om Bonnie en ander soos hy te help.” verduidelik Nerat. Hy voel baie sterk oor die gebeure. Sy seun mag dalk nie die enigste mens-baba wees wat al hierdie dinge kan doen nie. As hy ander ouers kan inlig om na die tekens te kyk en hulle baba’s en hulself vir ondersoek kan stuur, kan hulle meer uitvind omtrent die “gawes” wat hulle het en dit bemeester ten goede en nie ter vernietiging nie.

Arma’aak gee net ʼn kopskud en ʼn glimlag. Miskien kan hulle die Terak dan ook leer vokaliseer as hulle wel stembande het. Arma’aak gee my ʼn kopknik en ʼn glimlag. Wel, wel, wel! Hy het my gedagtes gelees en so pas bevestig dat hulle wel stembande het! Mooi! Dalk kry ek nou ekstra take by! Deel van moeder wees is om jou kind te leer vokaliseer. Lyk my die Terak Sarombas gaan my nodiger kry as ek vir hulle! Mooi so!

Ek kyk uit by die venster. Tussen al die opwinding deur het ek nie agtergekom dat dit donker word nie. Ek gee ʼn klik geluid met my duim en middelvinger en die ligte gaan aan. Ek kyk na buite. ʼn Hele ander wêreld kry lewe. Hulle het tot straatlampe! Dit verlig die sypaadjies en die pad rondom die landerye en die park en woud. Hulle het ʼn soort park gemaak aan die een kant en bankies daar gesit en ook paadjies wat tussen die bome deur kronkel vir die wat aktief wil draf om fiks te bly. Oral is lampe om dit te verlig. Daar is ook hier en daar fyn liggies in die bome en struike wat dit ʼn soort feëwêreld maak. Baie romanties. Omdat dit so ʼn groot grot is, en so baie Sarombas en mense die plek deel, het hulle gevoel dat die verkeer gereguleer moet word. Die verkeersligte hang in die lug asof dit daar gehou word deur grawi’tasie, en die motors wat ek sien beweeg, sweef ʼn paar sentimeter bo die grond. Dit beweeg so stil. Dis herlaaibaar en werk met of hidroliede of batterykrag. Nou, terwyl die ligte aan is, lyk die grot soos ʼn stad in die binnekant van ʼn berg. Neonligte is oral. Aan weerskante van die hysbakke in die rotsmure is groot deursigtige “televisieskerms”. Elkeen is so groot soos een muur binne ʼn kamer in jou wooneenheid. Daarop kan alles gesien word wat nuus is in die grotte sowel as op die oppervlak van Sarsus…

“Hoe kry julle energie en water vir alles, Arma’aak?”vra Arrat die belangrike vraag. Dit word deur Nebat beantwoord.

“Die water kom van ʼn rivier en baie watervalle wat tussen die drie grotstede vloei. Die energie kom van ʼn verskuilde sonpaneel wat in die middel van die drie grotte gebou is. Dit vang direkte sonlig van die son op en stoor dit op een kamergrootte battery vir dag gebruik en saans stoor dit energie in ʼn kamer vir elke aand se gebruik. Daar is toestelle geskep wat die sonlig oorsit in energie, wat seker maak daar is altyd krag, (al is dit bewolk en al reën dit dat geen son-energie opgevang word nie). Daar is ook genoeg ingenieurs wat probleme oplos soos dit opduik. Hulle het ook ʼn groot resevoyer wat water opvang, net ingeval die watervloei van die strome, watervalle en rivier dalk verminder. Die plekke is regtig ʼn soort utopia.

Arma’aak bly nog ʼn rukkie by ons en drink ʼn koppie koffie voor hy verskoning maak om te gaan. Hy moet die dokters, ingenieurs, rekenaarspesialiste en almal wat nog betrokke moet wees gaan inlig dat daar van môre af ʼn baba op die perseel gaan wees en dat baie toetse op die mees menslik moontlike manier uitgevoer gaan word. Ook moet die mense ingelig word waarna om uit te kyk as jy dalk kan telepateer of dalk in jou direkte toekoms kan sien. Daardie persone moet ook getoets word. Dan moet hulle geleer word hoe om hulle “mag” te beheer. En intussen gaan Arrat begin om al die Sarombas te leer klank en uiteindelik te kan praat.

Omdat almal moeg is, val Arrat, Nerat en Bonnie gou aan die slaap. Môre wag ʼn besige dag op hulle al drie… Omdat hulle beligting ook op sensor gestel is, kom dit gou agter dat al drie se asemhaling verdiep het, so al die beligting en onnodige energie word afgeskakel behalwe vir die naglig in Bonnie se kamer wat sagte skoenlapper skaduwees teen die muur en matbedekking werp. In die kombuis is die beligting teen die mure op “skemer” gestel, sodat niemand in die skemerdonker in iets vasloop nie. Met die gang af is net die naglig sigbaar. ʼn Baie tevrede en moeë gesinnetjie…

In ʼn ander woongedeelte van die grotstad is Arma’aak in diep gesprek gewikkel met sy Terak kollegas. Dis kopknikke en vuiste en nou en dan ʼn seldsame “o” geluid wat gehoor word. Arma’aak het hulle vertel van die menslike babaseuntjie se buitengewone bomenslike kragte en dat sy ouers dit ook agtergekom het. Ja, hulle sal hom beslis toets en dan ook begin leer hoe om dit na goede te beheer en sy rotsstad met sy “gawes” te beveilig. As daar ander soos hy is, maak nie saak of hulle volwasse of nog kind is nie, des te beter. Toe hulle ook ingelig word dat hulle van môre af klank en spraaklesse gaan kry, wil hulle eers weier, tot Arma’aak aan hulle stel dat dit net tot almal se voordeel gaan strek. Hulle verdaag vreedsaam. Arma’aak en twee van sy vriende vertrek na ʼn gebou wat eenkant aan die oorkantste rotswand ingebou is. Dis groot en het verskeie kamers. Die sekuriteit is ook streng, want nie almal het toegang nie. Net diegene wat met die toetsing van Bonnie en dalk ander te doen het. Hulle wil nie hê almal moet weet van wat môre gaan plaasvind nie, want dit kan nie uitgeskakel word dat iemand van die Kêne wel hulle groep geïnfiltreer het nie… Hulle wil dit vermy. Die menslike spesie, die Sarombas en die nuwe menslike inteligensie spesie waarin hulle vermoed Bonnie val, se voortbestaan is op die spel.

Die volgende oggend word Nebat en sy gesin vroeg wakker gemaak deur Arma’aak. Hy is haastig om te begin, en wil seker maak niemand kan, wat hulle beplan, in die wiele ry nie. Hulle trek vinnig aan, en neem van Bonnie se speelgoed saam. Hy is geïnteresserd in moderne tegnologie, maw die armband selfoon, die transpirant tablet. Bonnie se hele wese begin “lewe” kry sodra jy enigiets wat moderne en ultramoderne tegnologie in het, voor hom neersit. Babas van sy ouderdom begin net te klank, en Bonnie reageer op heel moeilike terme (wat tot vir sy pa, ʼn sekuriteitshoof, moeilik is) wat hom baie opgewonde maak en ons laat kop krap.

Arma’aak lei ons na ʼn klein, bruin sweefvoertuig, geparkeer voor die wooneenhede. Hy raak aan die een kant en die deur swaai geruisloos oop, en wys vir Arrat om in te klim en Bonnie in die babastoel neer te sit. Die veiligheidsgordels gaan dadelik om sy middel en kruis oor sy borsie, verstewig en klik dan stewig vas. Arrat gaan sit langs hom en ook daar gaan die veiligheidsgordel onmidellik om haar heupe en dwars oor haar bolyf om aan die kant van haar regterheup vas te klik. Die deur skuif geluidloos na onder en klik dan sag in posisie. By hierdie tyd het beide Nerat en Arma’aak hul sitplekke ingeneem en die sweeftuig neem hulle geruisloos na die laboratorium.

Arma’aak neem ʼn transpirant (wat lyk soos ʼn bankkaart) toegangskaart, druk dit teen die rotswand en ʼn opening verskyn. Arma’aak beduie vir ons om in te aan. Die opening verdwyn onmidellik nadat ons binne is. Dit lyk soos ʼn hele ander wêreld binne. Alles om jou vervaag… Soos ons loop gaan die ligte aan. Al die rekenaars en masjiene, skerms teen die mure, en lugtoevoer skakel aan. Ons is, vir nou, die enigstes hier binne.

Dan verskuif almal se aandag na Bonnie. Dis asof ʼn ligskakelaar in hom aangeskakel is. Hy woel so erg dat ek hom moet neersit. Tot nou toe kon hy nog nie eers ʼn tree gee sonder dat ek of sy pa sy handjies vashou nie… Ek laat hom op sy twee beentjies staan, maak reg om sy handjies vas te vat… Tot ons al drie se verbasing wag hy nie vir my om sy handjies vas te vat nie, maar loop vanself reguit na ʼn kamer so tien tree van ons af. Ons is so verbaas dat dit ons ʼn paar sekondes vat om die feit dat ons seuntjie sy eerste onbegeleide treë geneem het, te laat insink. Bonnie is nog nie eers ses maande oud nie en hy loop op seker beentjies reguit na ʼn sekere kamer binne die laboratorium! Hoe op dees Sarsus kry Bonnie só vinnig geloop en nogal direk na ʼn sekere kamer toe? Ek kyk van Arma’aak na Nerat. Hulle lyk net so geskok soos ek. Dan verhelder Arma’aak se gesig.

Terwyl ons na die kamer loop waar Bonnie reeds is, verduidelik Arma’aak aan ons dat Bonnie deel is van ʼn nuwe generasie van half mens, half Saromba. Die Sarombas het nie geglo dat dit ooit sal waar word nie. Dat ʼn mens-baba die begin sou wees van ʼn nuwe stam van Sarombas. In hulle wêreld noem hulle die stam die Sorom, dis ʼn baie sterk stam. Hulle doen alles vinnig… groei, leer, ontwikkel, spesiale “krag” ontwikkeling, intellektueel… ʼn Superieur ras. Die Kêne vrees hierdie ras, want dit sou beteken hulle gaan leierskap oor Sarsus verloor, en hulle weier dit. Dié dat hulle begin het om elke mens-gesin op te spoor, in hegtenis te neem en die babas onder een jaar oud van die ouers weg te neem en in die meeste gevalle dood te maak. Hulle wou seker maak die Sorom sou nooit bestaan nie. Nou is Arma’aak baie bly. Nie net is sy beste mens-vriend se baba uniek nie, maar ook die begin van die nuwe Sorom-ras wat die Tarek, die mens en die planeet Sarsus tot elke prys sal beskerm.

Ons en die Tarek moet nou hierdie nuwe ontdekking so geheim moontlik hou, net ingeval die Kêne dalk ʼn spioen onder die Tarek het wat dalk informasie kan weergee na die Kêne op Sarsus. Ons volg Arma’aak en loop agter Bonnie na die kamer wat hom soos ʼn magneet trek.

In die deuropening kom ons tot stilstand. Bonnie staan in die middel van ʼn kamer vol transpirant skerms, almal op verskillende hoogtes. Dit lyk asof hy die aandag van als het, want hy spring op een plek op en af terwyl verskillende goed terselftertyd op die skerms verskyn. Nie een het dieselfde informasie op nie. Dit lyk of hy in beheer is van altesaam dertig skerms. Sy handjies beweeg van die een na die ander, hy gee dieselfde tongklik wat Arma’aak en die Terak gebruik en sy koppie beweeg vinnig van die een na die ander skerm. Dis asof hy al die informasie op die sisteem binne dertig sekondes opslurp. En dit maak hom net meer opgewonde… om nie van Arma’aak te praat nie! Arrat en Nebat kan net hulle seuntjie en vriend in skone verbasing aangaap. Arma’aat en Bonnie is nou in gesprek met mekaar en die klomp skerms.

Dis regtig ʼn “gawe”, en iets om te aanskou! Dat so ʼn klein seuntjie in beheer van rekenaars kan wees! Verstommend! Ons kom ook nou agter dat dit nie meer net ons vier in hierdie laborarorium is nie. Die ander Terak het nou ook bygekom en hulle is eers net so verbaas soos ons, maar toe hulle sien hoe Bonnie met Arma’aak gesels deur telepatie en ook die rekenaars ten volle in sy beheer het, gaan hulle ook nader en so tussen die tongklikke, die informasie wat so vinnig verskyn en verdwyn en verander op die talle skerms, leer hulle so ‘speel-speel’ met Bonnie op watter vlak sy intelligensie is en hoeveel hy reeds weet, en wat hy doen.

Vir Bonnie voel dit of hy “tuis” is. Hy is in die “sewende hemel” toe hy al die tegnologie sien en dadelik met dit begin kommunikeer en opdragte verander en verskerp en nuwe programme skep. Hy is in sy element. Hy is klein in liggaam, maar sy brein is die van ʼn volwasse persoon. Dis asof hy tot nou toe gesluimer-slaap het en nou wakker skrik. En dit wat hy leer binne sekondes, maak hom tegelyketyd kwaad, bang, bekommerd en ook gereed om op die regte oomblik in aksie oor te gaan. Hy weet presies wat hom te doen staan. Hy weet ook dat sy liggaam vandag nog drasties gaan verander. Ja, hy is die nuwe ras, die Sorom. Hoewel hy uit die liggaam van ʼn mens kom, het hy nog altyd geweet, aangevoel dat dit nie is wat hy moet wees nie, dat hy iemand belangrik is, en dat hy nog ʼn planeet, sy boorlinge en die nuwe ras gaan beskerm en help voortbestaan. Dis die doel hoekom hy is wat hy is. En dit maak hom baie gelukkig. Hy weet ook daar is ander soos hy, en soos hy met hulle kommunikeer, weet hy dat hulle ook nou-nou hier by hom sal wees en dat hulle, tesame met hom en die Terak, met die eintlike werk gaan begin. Baie werk om te doen in ʼn kort tyd. En sy ouers staan hom net en aangaap! Daar wag nog ʼn baie groot verrassing op hulle. Dit gaan hulle gelukkig, bekommerd en hartseer maak. Van nou af is hy nie meer hulle kind nie. Hy is ʼn Sorom. Sy lewe het nou begin…

Die Soroms en hulle tegnologie het gou die regering ontwapen en met hulle gehandel soos van die wette verwag word en vrede herstel. Maar soos almal maar weet is daar altyd een of meer wat beter as ʼn ander wil wees, en daar is ʼn klein groepie Sarombas en mense wat nie gelukkig is met die Sorom se tegnologiese regering nie, en wat probeer om Bonnie onkant te vang. Die ding is dat Bonnie so vinnig en slim is, dat hy met telepatie, tegnologie en sy eie superieur Sorom-ras geniale maniere gebruik en die kleinste verandering (of geen veranderings) opvang en baie gou in die bek ruk nie. Maar daar sal altyd daardie paar wees wat sal probeer om ʼn einde aan hom en sy ras te maak. Dit was ook so voorspel… maar eers duisende jare nadat die androïde-regering in beheer is. ʼn Baie klein foutjie het ongesiens ingesluip. Bonnie sou nie vir ewig leef nie, maak nie saak hoe fantasties sy ras is nie…

 

  • Pingback: Selfpub-Sandput()

  • Chantal

    ‘n Baie goeie storie. Sal graag hierdie fantasie kortverhaal in boekvorm wou lees.

  • OJ du Preez

    Goeie storie!