DONKER BETOWERING – Chantal Pretorius

DONKER BETOWERING – 2015 © Chantal Pretorius

VOLWASSE FANTASIE (2 201 WOORDE)

 

Amy de Villiers, skep asem en kyk na buitekant. Wolke bring eers die donderstorms en dan reën. Sy maak vlugtig haar blou oë toe en dink aan ʼn reënboog. En wanneer Amy hulle weer oopmaak is hy daar. Lewensgroot en vol verassings. Geverf met kleurskemas van pastel en sonlig vonkel bloedig.

Dit skyn in haar bedompige kamer in. Doen kreatiewe werke van kuns en kultuur. Teen Amy se verblinde witmure. Sy vermaak haarself met plastiek speelgoed en lewelose poppe. Maar kundig is Amy se verstand. Sy wens en alles word waar. Drome bekoor haar illusies.

Amy se magte is kragtig, maar gevaarlik.

Dan sien Amy die speelgoed roep en lewend word. Dit laat haar ongemaklik voel. Meeste poppe is op en wakker. Lag, dans en sing gelukkig. Die motreën spat teen die ronde klein venster. Sy speel en geniet die oomblik. Skielik verskyn ʼn harlekyn en verdwyn weer. Sluit aan by ryperde en feetjie towerstawe.

Nadat alles weer stil is. Trek Amy die poppe aan en beertjies. In verskillende style en modes. Kyk dan hartseer na die photoalbum van Susan en Johan. Hulle lyk gelukkig, net soos ʼn familie hoort, maar Susan het my verlaat en Johan kuier by die towerhuis.

Alles voel lank, lank gelede.

Sy gaan sit op die hemelbed. Probeer te vergeet, maar trane beheer Amy. Dan verander die trane in gloeiende diamante. Angstig tel sy hulle op en sit dit in die skoenboks. Die muis sal dit kom haal en kollekteer. Haar met lekkers verras en met drome betower.

Nog een wens verontrus Amy. Die hangkas vol geheime en nagmerries. Omdat dit donker, koud en vreemd is. Stadig en veilig maak Amy die deur oop. Sien ʼn spookgesig, slaan hom vinnig dan weer toe. Dan kyk sy weer buitekant.

Sien die agtdaegeneesbossie en pokkiesdorings raak. Blink in die skare vol kleure en proe na mint geure van goedhartigheid.

En ʼn pofferige wolk wink in haar rigting. So Amy doen dieselfde en knipoog. Waag om aan die sagtheid te vat. Dit ruik heerlik na vrugte, voëltjies sing liedere en vlieg rond in die akkerbome.

Maar Amy wil meer hê. Sy soek na vryhied en towerkuns. Vinnig rits sy die pennesakkie oop, kleur die mure in, dan maak sy haar oë toe. Sien eers die donkerte, laastens die lig. Sy flikker haar wimpers en sien die atmosfeer in stilswye.

Die reën het opgedroog en wolke verdwyn. Sy hoor die gefluister van stemme. Verlore siele in swart en wit geklee. Wanneer Amy omdraai en na die speelgoed kyk. Is alles weer lewend en bowemenslik. Vlermuise het ingesluip om vir haar skelmpies te kom kuier.

Dan hoor Amy herhaaldelike kloppings aan die rooideur. Amy loop soontoe en luister. Daar is iemand buitekant in die lang gang. Amy klop terug, maar dit raak weer stil. Amy sluk en haar lip bewe van vrees. Sy hardloop weg en kruip in ʼn donker hoek weg.

Minute later kyk Amy na haar hande. Hulle is bloedig en steek soos naalde. Sy kners op haar tande van pyn. Dit brand en Amy gil. Sy maak haar oë toe, dink aan iets anders en wens die lyding weg, gelukkig verdwyn dit.

Los Amy in vrede vir nou.

Sy knip haar wimpers en gaan sit op die end van die bed. In verbasing kyk vreemde gesigte na haar, maar die stemme het bedaar. Amy val agteroor en staar herhaaldelik na die stukkende dak. Dit is al wat sy kan doen – in die towerhuis vir kinders. Noudat Susan en Johan weg is, is haar drome vernietig. Ook haar vermoeëns het verminder om te kan toor.

Net Amy se wense kan betower word. Alles bly in haar gedagtes wat sy volgende beplan. Leeg voel haar verlede en toekoms onbeperk. Alhoewel dit die moderne lewe is nou. Verdra Amy net elke dag, want die weke bly dieselfde en die jaar tweeduisend-en-dertig verskil min. Alles in die buitewêreld is anders. Behalwe die visioene het verminder van medikasies.

Maar Amy blameer die pille. Dit smokkel met haar illusies en omskep dit in werklikhede. Alles raak net gevaarlik elke uur.

Stadig en veilig staan Amy van die bed af op. Sy kyk vlugtig rond. Niks is meer lekker nie, net die gegiggel van marionette. Na alles word haar hande weer normaal, sy glimlag bly en tower die wolke na mistigheid.

Al wat Amy wil doen is buitekant toe gaan. ʼn Bietjie avontuurlik wees en flora en fauna ondersoek. Die blommetjies beruik, skoenlappers sien fladder en berge klim, maar niemand laat haar toe nie. Sy is hier om te bly, gehok tot in ewigheid.

Sy sug mismoedig. ’’Ek is siek en sat vir die plek!’’ gil sy. Stamp haar voet vies op die houtfloer. Krul haar vuiste inmekaar, ruk en pluk beddegoed, komberse en kussings uitmekaar met vuilnaels. Hoor bewilderde stemme alweer nader kom, dan druk sy haar ore toe en sing vreemde liedere. “Los my net uit!’’ skree en huil Amy. “Gaan net weg! Ek praat net eenkeer, anders is daar moeilikheid!’’

Uiteindelik word dit weer stil en Amy haal vinnig asem. Wanneer sy haar kop stadig oplig, sien sy ʼn paar verlore geeste raak. Hulle ruk en pluk aan haar klere, skeur dit van haar lyf af. Hulle is naamloos, maar lyk monsteragtig en het bloedbelope oë. Die kleredrag wat hulle dra is outyds en ruik snaaks.

Nou staan Amy se armhare penregop van vrees. Sy wonder wat gaan volgende gebeur. Alles is mos so onvoorspelbaar, net soos die aarde. Tyd is niks deesdae, want die oupahorlosie kan nie ophou die sekondes wegtik nie. Amy maak haar oë toe, sien die donkerte van boosheid deurstraal. Stadig blink sy hulle oop en staar na buitekant. Die natuur het vergrys; plantlewe het vedwyn en klomp staaltrokke stoot bome om. Dan merk sy die dierelewe op. Hulle probeer te vlug, maar waarheen toe?

Alles word vernietig voor haar aangesig.

Skielik draai sy om en die kamerlig gaan aan. Dit is ʼn helder wit een, verbrand amper haar oë. Merk op die donker hoekie het opgehelder. So, sy kan nie meer daar gaan wegkryp nie. Amy sug moeg en vee slaap weg. Ook haar kinderagtige gedagtes is oorvoed met die toekomstige gebeure. Niks wat sy raaksien is wonderlik nie, maar alles is gedoem.

So, Amy begin te wonder. Waar is Susan dan? Is Johan regtig nog in die towerhuis. Rillings van donker towerkuns ontstel haar. Alweer keer die trane terug en sy sluk dit af.

Iets vreesliks gaan gebeur met die aarde, sy kan dit aanvoel. Een geluk is Amy se sesde sintuig. ʼn Vrou se gawe om die breinfunksies voltyds te beheer.

Dadelik loop Amy na die kabinet toe. Maak hom oop en kyk wat binnekant aangaan. Niks besonders nie, net kouesake van die tuin wat gestroop word van senna, alwyn en rose. Op die oopgronde moet hoë geboue opgerig word. Sodat almal in die land gehuisves word, maar moet bekostigbaar wees.

Die arme fauna en flora, dink Amy harsteer en gooi die lêers rond. Sy neem haar towerstaf in een hand en toor die kabinet weg. Nou weet sy wat gaan gebeur en Johan moet daarvan hoor. Sy kan nie stilbly nie, sy mag nie, dit is onaanvaarbaar.

Almal moet weet! Sy moet die mensdom red van verwoesting! Maar waar begin sy en waar gaan alles eindig?

ʼn Uur daarna, staar sy na buitekant en alles is weer terug na normaal. Kinders speel op die helikopter van gekleurde staal. Ander baljaar op die piekniekpark waar die gras nog groener is anderkant die heinings. Amy se oë rek groot en glimlag ondeund. Sy sien ʼn silwer motortjie by die parkeerterrein stop. Tot ʼn ouerige man uitklim, sy hou hom goed dop. Hy beweeg gou kantoor toe.

Nou kry Amy haar wens, na maande se gewag en Johan ruk die rooideur oop. “Jy beter nou uitkom, Arnu Greyling is hier,’’ mompel hy haastig. “Hier, neem dit saam met jou,’’ oorhandig hy ʼn dik dokument oor aan Amy.

Vlugtig blaai sy daardeur. “Gaan Arnu die towerhuis ook vat?’’ vra sy en sluk.

Johan peter aan sy das. “Hy het die hele dorpie oorgeneem, en ons is laaste op sy lys.’’

“Wat verwag jy van my nou eintlik?’’ wil Amy dadelik weet. “Wat van die ander kinders hier? Sonder medikasie gaan ons ontaard in misdadigers.’’

Johan se skouers val en maak sy brilletjies skoon, dan gluur hy ongeduldig na haar. “Jy weet wat om te doen Amy. Jy is die een met die towerkunste in die huis, die ander kinders wil nog speel, maar jy is anders.’’

Amy wil net buitekant wees, soos die ander kinders. Is dit baie gevra? Uiteindelik loop sy saam met Johan na ondertoe. Besef sy is nie alleen gehok in die towerhuis nie. Haar kamer is op die hoogste verdieping.

Af die trappe, sien sy wetenskaplikes, verpleegsters en spesialiste in angstigheid bokse pak en uitdra. Beteken dit die einde van hulle verblyf hier? Sy wou graag uitvra, maar bedink dit. In die blink van ʼn oog, raak alles net erger en erger. Niemand weet meer watter kant toe nie.

Sugtend betree sy die kantoor en sien Arnu Greyling raak. “So, is dit die dogtertjie wat al my werkers in akkerbome verander?’’ vra Arnu laggend en leun vorentoe.

Amy knik haar kop. Vies-verbaas gluur Arnu haar aan toe sy die towerstaf rondswaai. Dadelik verander Arnu in ʼn akkerboom. Almal om Amy klap hande en sing van verligting. Hulle is uiteindelik vry van die geldwolf en kan nou ontspan.

Na al die drama, stap sy uit na buitekant. Haal behoorlik goed asem en blaas ou suurstof weer uit. Elke venster in die towerhuis is oop en gordyntjies waai rond. Amy kyk op, die lug is gryserig en wolke skitter silwer. Die son kruip weg agter heuningberge van hoop en liefde. Gloei gouestrale van blomme en onkruid. Wat saamgesmeld het om saad te stroei vir ons toekoms.

Hoekom het sy visioene gesien van die aarde? Gaan alles tot ʼn einde kom, dit is nie waarvoor Amy wens nie.

Dan maak sy haar oë toe, sien donderstorms ontwikkel en flikkerende ligte neerpyl. Op die aarde en sy hoor mense gil en skree. Sy skrik vinnig wakker en kyk vlugtig rond. Nou is Amy alweer vasgekeer in die kamer, maar die kamer lyk anders. Groter, witter, maar bitter van koerant uitknipsels teen mure vasgeplak.

Amy sluk en kyk Johan grootoog aan. “Pa,’’ sê sy kortaf. “Wat soek ek hier, wat gaan aan?’’ vra sy gou.

Johan lig sy kop en een wenkbrou omhoog. “Jy het ons gered van die demoon wat alles wou oorneem.’’

Sy hoor harde reën en druppels orals val in die kamer, maar hulle beweeg nie. Amy spring op, Johan bly sit en begin vreemd praat. Hy benoem die medikasie, te veel is dodelik en skadelik vir die breinfunksies en organe.

Gelukkig is hier ʼn klein bedjie en sy gaan sit. “Is hierdie nou my nuwe kamer? Dit lyk so bleek en leeg. Wat het geword van my boekrak en laaikaste?’’

“Ja,’’ bevestig hy. “Susan is hier, sy wil vir jou kom kuier.’’ En skielik skuif die glasdeur oop. Susan stap binnekant en glimlag vroom. Amy spring op van die bed en omhels haar.

Dit is haar ma wat teruggekeer het na al die jare. “Gaan ma my nou kom haal?’’

Susan skud haar kop. “Nee, Amy … um,’’ stotter sy. “Ek is jou dogter en jy my ma.’’

Die woorde ruk aan Amy se hart en sy val neer. Johan help haar dadelik regop.

Bewilderd skud Amy haar kop. “Dit kan nie wees nie!’’ skree sy hard. “Ek is dan ʼn klein dongtertjie gehok in ʼn towerhuis saam met Johan, my pa, Susan.’’

Johan vra Amy om te gaan kyk in die spieël. Sy is grys van die wysheid en plooitjies in die gesig. Haar blou oë het vergrys, maar lippe is bloedrooi gesmeer.

Amy begin kliphard te lag. Johan is haar seun en Susan haar dogter. Sy is ʼn moeder en weet dit nie eers nie, maar het klaar in die toekoms ingestap. Dit is net hulle drankies wat hulle nog jonk en gesond hou.

Daar is niks erger as verlore herinneringe nie. Die verlede is verby en Amy stokoud van al die illusies, visioene en towerkuns. So, Amy maak ander planne en hardloop uit die glasdeur. Sy val af die trappe en rol tot ondertoe.

Stadig beweeg Amy op en kyk om haar rond. Daar is ʼn oorvloed akkerbome en sy weet dit is al die bose mense wat hier staan. Alles lyk nog net so mooi soos sy dit die eerste keer gesien het. Net beter en kleurvol.

Al die donker skaduwees bly agter en stemme van die verlede het gestop. En Amy draai om en loop weg na Moeder Natuur toe. Sy het alles gered deur die honger geldwolwe. Wat alles wou vernietig het, net vir rykdom en eiendom.

Gelukkig staan die towerhuis nog en kinders geniet die speelparke. Al die lewelose poppe, skilderye en beertjies is lewendig en goedhartig teenoor hulle. Sy aan die ander kant, verkies een appelboom se skaduwee. Die boomtakke hang laag, sy pluk een af en smul daaraan.

So soet soos stroop smaak oorwinning, net soos ons drome. Die reg om te groei met sukses.

 

  • chantal

    Het vier spelfoute raakgesien…

  • Johan Van Wyk

    Goeie storie idee! Ek sal nie saam met haar alleen in ‘n kamer wil wees nie 🙂

    • Chantal

      Nou laat jy my lekker lag!

  • Salmon Smith

    Chantal, dis ‘n baie interresante storie. Jy het voorwaar talent. Nevermind die spelfoute, (ek het net 3 raakgelees) jou skryfvernuf oortref.

  • Chantal

    Thanks Salmon Smith, dan sal jy ook hou van Loki en die weerwolf. Gaan lees hom gerus.

  • Salmon Smith

    Klaar gelees en my kommentaar daar gepost

  • OJ du Preez

    Ek het die storie baie geniet!

  • Chantal

    shaduwees=skaduwee