PIET EN HEIN SE SEE NAGMERRIE – Chantal Pretorius

PIET EN HEIN SE SEE NAGMERRIE – 2015 © Chantal Pretorius

volwasse Wetenskapfiksie (2 670 WOORDE)

 

Piet Zeals staan op die strand. Hy kyk oor die oopsee en probeer vis te vang. Alles lyk perfek by Richardsbaai. Behalwe die stilte wat ʼn tropiese windjie bring van misterie.

Vinnig flits Piet se oë na die hemel. Dit is wolkloos en die lug helderblou. Die son skyn oor melkberge, naby Afrikaners, vilets en onkruid. Wat dit soos ʼn skildery laat gloei.

Maar daar is rooi-blou strale wat vreemd lyk. Vir Piet is dit besonders en ook bonatuurlik. Lyk na instrumente wat in die hemel gespeel word.

Minute later, byt die eerste vis en Piet is bly daaroor.

Die vis ruk-ruk aan sy lyn, maar dan sak die lyn weer en die vis is weg. Wetend die vis het al die aas opgevreet. So, wat gaan Piet nou doen? Terugwaarts huistoe gaan en na leë borde staar. Dit gaan Piet nie toelaat nie.

Nou leun Piet teenaan die rots met sy skouer. Bekyk die seewater wat skuimborrels maak. Wat slaan en spat teen die rotse vas.

Hy sien weer ʼn vis byt en gee een pluk, dan rol Piet die katrol op. Sien die kleinerige geelstert wat hy gevang het. Blywend gaan sit Piet die vis in die plastiekbak met soutwater.

Piet besluit op beter aas. Wat hy gisteraand met bietjie kerrie en witbrood gemeng het. Dit oornag in die kastrol laat staan het, want vandag glo en bid hy dat alles sal goed verloop.

Dalk miskien nog snoek, rog, tuna of salm vang. Wie weet wat alles in die waters leef?

“Piet, my ou vriend. Hoe byt die visse vandag!’’ roep Hein Mason uit en waai na hom.

Piet groet vriendelik en glimlag. “Baie sleg, ou pel,’’ mompel Piet. Sit die visstok op die kampstoel versigtig neer. “Miskien is dit nie die visse nie, maar eerder my aas.’’

Hein se skouers val. Hy Loop na Piet toe en kyk na die aas. Lig albei wenkbroue omhoog. “Mmm,’’ sê hy kortaf en sit die stok weereens neer. “Daar is niks verkeerd met die aas nie. Miskien is dit net die weer wat ʼn groot rol speel.’’

Piet knik sy kop en bevestig. Hein wys na die vissersboot. “Kom ons gaan dieper die see in,’’ brom Hein. “Miskien sal ons geluk daar lê.’’ Maar Piet is onseker oor die see se onstuimigheid. Die branders is rof en raak groter by die uur. Hy wil graag bietjie waag, maar dit kan sy lewe kos. Wie gaan dan vir sy gesin sorg?

“Is jy van jou looitjie getik,’’ antwoord Piet. “Wat van my gesin?’’

“Dink net aan die kinders,’’ noem Hein en vryf oor sy baard. “Jy wil hulle honger magies voed.’’

En nou raak Piet se wange bloedrooi van die hitte.

“Nou goed dan Hein. Ek sal saamgaan, maak jy net seker vir my veilige terugkoms, anders spook ek by jou…’’

“Tot in alle ewigheid, seker Piet,’’ maak Hein tergend klaar.

Hulle lag albei lekker en hardop. Trap hard op die seeskulpe met stukkende skoene, na die bootjie toe. Van ver het die bootjie groot gelyk. Van naby is hy kleiner en die sitplekke oud en stukkend.

Piet klim eerste in, dan Hein. Die golwe slaan skuim teen die bootjie. En Hein slaan neer, val amper in die see, maar Piet gryp vinnig sy arm. Stadig en versigtig gaan sit albei op die sitplekke. Kyk dan vlugtig om hulle rond. Die see raak stiller en die bootjie kantel heen en weer. Totdat hy self seil op die see en al dieper ingaan.

Hein en Piet gluur met groot oë na mekaar. Hulle is verbaas oor die skielike stilte en sluk die vrees af.

Piet vat die roeispaan en begin te roei. Hein doen dieselfde. Probeer die bootjie terug te kry by die strand, maar hy beweeg min. Vinnig vee Hein anggsweet weg en Piet begin te lag.

“Het jy te veel wyn gedrink gisteraand?’’ vra Piet en hou aan roei.

“Hoekom dink jy was ek so braaf om in die bootjie te klim?’’

“So jy daag dronk op vir werk?’’ wil Piet weet en los die roeispaan.

“Kom ons vang sommer net hier vis. Aangesien die bootjie sy eie wil het vandag,’’ sê Hein glimlaggend en kry sy visstok reg.

“Ag toggie,’’ sê Piet kortaf. “Ek wil eerder huistoe gaan, want môre is nog ʼn dag.’’

Piet is bangerig, maar braaf genoeg vandag. Hy kan nie met een vis spog by die huis nie. Dit gaan nie almal se hongerte stil nie.

Al wat Hein kon uitkry is vreestaal en sweet. Niks meer en niks minder nie. Skielik verskyn wolke en vergrys. Rooi-blou strale pyl neer op die see. Sy hoed waai weg en Hein gil van vrees.

Die bootjie ruk en pluk aanhoudend. Seegolwe vergroot en vorm meer skuim. mistigheid spoel oor die see soos ʼn kombers.

Piet lig sy kop heeltemal op. Hy staar na die grys atmosfeer. Die wolke hang laag en son het verdwyn. Dit is die eerste keer dat hulle so iets waarneem.

Dan kyk Piet weer na Hein. Hy wil niks daarvan weet nie. Dit is vir Hein bonatuurliks. Elke keer as Piet hom wil wys, dan weier Hein en kyk weg.

“Vergeet dit Piet,’’ huiwer Hein. “Sulke vreemde dinge wil ek nie ken nie.’’

Piet sug en skud sy kop bewilderd. Hy voel nou skielik bietjie bangerig. Maar niks gaan sy visvang bederf nie. Veral nie slegte en vreemde weeromstandighede nie.

“Glo jy aan ruimtewesens?’’ vra Piet skrikkerig.

“Sien is glo vriend,’’ antwoord Hein gou.

Hein skep asem en kyk rond. Bruin oë nog steeds groot van skok. Maar toe hy Piet se opgewondheid raaksien, kalmeer Hein bietjie.

Hy leun effens vorentoe en gryp die visstok nader. Piet se lyn is nog in die water. Skielik ruk die stok uit sy hand en beland in die water. So diep, dat Piet net die rooi dobbertjie kon sien. Binne sekondes sien Piet niks en mistigheid bedek die kolletjie seewater toe.

Net so nou en dan voel hulle iets van onderaf die bootjie stamp. En hulle met die rillings en agterdog agterlaat.

“Wat het my besiel om saam met jou te gaan roei!’’ skree Piet verboureerd.

“Ja, want nou gaan die ruimtewesens ons ontvoer,’’ sê Hein.

“En ons na hulle planeet toe neem!’’ skree Piet.

Nie lank nie, voel hulle weer die gestampery. Die bootjie kantel vinnig om. Hein en Piet val in die water en skree onder die bootjie, maar niemand kan hulle hoor.

Nou bewe Piet se onderlip vreesbevange. Hein mompel iets, maar Piet kan niks hoor. Hy draai om en is stom geslaan. Albei wenkbroue lig omhoog. Piet staar geskok na die duiker wat vir hom loer. Die duiker haal sy helmet af en hulle skree alweer.

Die besoeker se voorkoms lyk gevaarlik. Met lang swart vinne, groot akkedis oë en velkleur liggroen. Piet sluk swaar en raak stil. Hein probeer weg te swem, maar die golwe keer hom. En hulle is nou vasgekeer onder die boot saam met die wese.

“Noem my Xorbia van Triton X,’’ sê Xorbia en lig die boot op.

Gooi die boot honderde kilometers ver die see in. Sonder die boot gaan hulle verdrink. Gelukkig kan hulle swem. Hein het ʼn lekker boeppens. So, hy kan nie sink, maar Piet aan die anderkant is tingerig. Dit beteken hy gaan eerste sterf.

Piet voel die seewater is louwarm. As hy gaan ophou swem, gaan hy verdrink en die visse hom opvreet. Dalk nog die vreemdeling hom opvreet. Wie weet wat in Xorbia se gedagtes aangaan?

“Wie is jy?’’ vra Piet kortaf. “Waar kom jy vandaan Xorbia?’’

“Waar is jou ruimtetuig?’’ wil Hein weet en sluk.

Xorbia lyk soos ʼn seedier. Die vreemde wese skud sy kop. Xorbia is al gewoond aan die mense se intelligensie.

Geen visnet kon Xorbia gevang kry nie. So ook geen lyn kon hom optrek nie. Hy is te slim en uitgeslape daarvoor, maar nie slu of skelm nie. Hy eet net seeplante en seeslakke. Die mens is te bloederig en vol bene. Gelukkig ken Xorbia geen siektes nie. Al wat hy wel ken is oorlewing en swem.

“Ek kom van geen planeet af. Ek het alles oorleef en is honderde jare oud. Ek kan in enige vis verander en die see dromerig laat lyk, om my vyande te ontsnap.’’

Hein swem nog steeds en dink aan sy gesin. As daar een soort spesie is, dan kan daar meer wees. Dan verduidelik Xorbia waar hy regtig vandaan kom. Blykbaar orals, want die oseane behoort mos aan die seediere. Xorbia was al by Europa se strande, Madagaskar se pragtige kus- die eensame planeet van die aarde. Nou is hy hier in Kaapstad.

Piet wou meer uitvra oor Xorbia, maar bedink dit. Nuuskierigheid is die duiwel se oorkussing. Hy sien die mistigheid begin liggies te verdwyn. Sy lip bewe minder en die water raak warmer. Piet draai om en beloer vir Hein. Arme ou dryf darem nog.

“Nou hoe het jy ontstaan Xorbia? ’’ vra Piet ferm en hou Xorbia dop.

Skielik is Piet en Hein doodstil en sug toe Xorbia verskrik wegswem. Hulle hoor Xorbia iets verlangs skree. Xorbia se woorde is onhoorbaar. Nou durf Piet na onder loer en sien die reuse swart kol onder hom swem. Hein doen dieselfde, maar skree weereens van vrees.

Die seetuig steur hom nie aan Piet en Hein. Hulle is agter Xorbia aan, volg sy aktiewe elektrisiteits sein. Xorbia verander in ʼn dolfyn, dan weer in ʼn reuse walvis. Volgende is dit die loknis monster. Groen van kleur met gevaarlike rooi oë. En Xorbia val die seetuig aan.

Piet voel die seewater weer beweeg, maar dit voel kouer. Die golwe keer terug, minder skuim en mistigheid. Hy draai om en staar na Hein, maar hy het net verdwyn. Piet is stoksiel alleen in die water nou. Al die vreemde dinge maak hom benoud en emosioneel.

Nou moet Piet vinnig ʼn besluit maak. Gaan hy strand toe swem of maar verdrink.

Die seetuig is massief en lig hom saam op. Hy roep Hein se naam herhaadelik uit, maar niks eggo terug nie. Soos Piet kan oplet, het hulle Xorbia se intelligensie onderskat. Hy het sowaar as wragtig weggekom.

Skielik sien Piet ʼn helder witlig skyn. Nogals in sy rigting en dan weer verdof. Meer duikers gluur hom aan. Gooi ʼn visnet om sy liggaam. Hy probeer daaruit te ontsnap, maar dit is te ontmoontlik. Hulle sleep Piet spraakloos in hul seetuig en maak die binnedeur toe.

Nou het Piet die vis geword. Hy is gevang en kyk bewilderd om hom rond. Terwyl aaklige vrae deur sy kop dans. Soek Piet na die antwoorde, maar dit is dolleeg.

“Los my net uit! skree Piet bang. “Ek soek net vrede, nie moeilikheid nie.’’

Piet skrik yskoud toe die duiker sy helmet afhaal. Die besoeker lyk anders, net wreder. Oë pikswart, lang arms en bene. Uniform interessant, met goue vinne bedek as kleding en lang silver hare wat sprankel.

“Nuuskierige mens,’’ brom die kreatuur. “Julle vernietig die see, met olie, plastiekware en visnette.’’

“Ek is net ʼn visserman wat ʼn gesin het om te versorg. Asseblief vat my terug strand toe,’’ smeek Piet.

Die besoeker stel homself bekend as, Finniux van Triton X. Wat ook bekend staan as Atsoom. Hulle beskerm die see en al sy minerale, lewende plante, skulpe, seediere en ook rotse. Dan benoem Finniux die suiweringsproses wat volop is elke dag.

Die rooi-blou ligte wat vroeër afgepyl het in die see, kom van die planeet Triton X se sfinks. Wat deur ondergrondse tonnels van elektrisiteit werk en kommunikeer met die hemelruim en dit afstuur see toe.

“Dit is ons plig om die see te beskerm,’’ sê Finniux ernstig. “Ons het ook families om te versorg, nie net die landbewoners nie.’’

Piet knik en bloos in skaamte oor die waarheid. Oor tien jaar is al die visse opgevreet. Wie gaan die mensdom dan beskuldig?

Die natuur is almal se voedselketting.

“Wat is julle van plan om met my te doen?’’ durf Piet vra. Sien Finniux by die toetsborde knoppies druk. Hy stuur elektriese seine uit in die see. Dit is skokgolwe en trek die aandag van visse.

Visse swem nader en aanskou die seetuig. Stamp liggies aan die glasspieël en swem weer weg.

Finniux hou hom stip dop. “Ons eet nie mensvleis nie,’’ mompel hy en haal die visnet af, gooi dit eenkant neer. “Al waarvoor ons beskermers vra is julle saamewerking.’’

“En as ek instem om te help? Sal julle my laat vry gaan?’’

Nuuskierig gluur Pieter rond. Orals in die seetuig is menslike goed. Leesboeke, breekware, panne, ou speelgoed, en materiale. Piet skrik toe Finniux sy gesin bekendstel.

“Ontmoet vir Susarrah, my eerste vrou,’’ ignoreer Finnuix vir Piet en roep die ander nader. Finnuix lyk opgewonde. “En die is Korall, my tweede vrou en Linduix, my derde.’’

Piet lig sy kop heeltemal op en straal bekommernis uit. Hy wil net uit die seetuig. Nou-nou gaan Finniux moeg raak vir sy geselskap en hom uitgooi.

Oomblik later, gee Korall ʼn glas vir Piet. Hy glimlag verbaas en knik dankbaar. Hy kyk die kos maar skeef aan. Wat daarin is lyk naar, maar  hy sluk dit vinnig af soos koeldrank. Piet gaan die energie benodig.

Skielik voel Piet seesiek en lighooftig. Nou blameer hy die seekosdrankie wat bitter gesmaak het. Hy staan versigtig op. Kyk na die see wat donkerder geword het. Daar is minder visse sienbaar en Piet verlang na sy gesin.

Alles raak nou te veel. Wat het van Hein geword? Hoe gaan hy aan Hein se gesin verduidelik wat gebeur het? Nog vrae, beteken meer antwoorde. Piet sug mismoedig en Finnuix staan langs hom.

“Pragtig, is die see,’’ breek Piet die stilte. “Die see is miskien groot, maar dit beteken nie alles gaan vir ewig bestaan nie.’’

So nou en dan is daar opsetlike rukkings van die seetuig. Piet dink aan Xorbia, die vriendelike seedier van die waters.

“Ja, gereeld word skepe en skuite uitgestuur vir visvang. Ek dink nie ons besef hoe belangrik die oorlewing van seediere en plante is nie,’’ antwoord Finniux kalm.

En skielik kom daar nog rukkings. Nou net erger en Piet gewaar Xorbia. Hy glimlag verlig, maar Finnuix is glad nie ingenome met hom. Sy houding word as astrand beskou en hy is ʼn verwerpde kreatuur. Xorbia verander in ʼn reuse seekat en krul sy lang tektakels om die seetuig. Kort daarna is alle hel los. Finniux het sy klein weermag uitgestuur om Xorbia te vang, maar hulle misluk alweer met Xorbia.

Hartseer sien Piet ʼn liggaam raak. Dit is Hein se lewelose liggaam. Hy het tog verdrink en is dood.

Sy hartkloppings voel hoog en hy vee angssweet weg van vrees. Dan is Xorbia weer normaal en Piet sien die visnet oor hom val. Xorbia tref die glasspieël en hy begin te kraak. Finniux neem sy gesin na veiligheid. Elke ses sekondes raak die krake meer en Piet se hartkloppings ook.

“Xorbia!’’ skree hy verboureerd en die glas breek in duisende stukkies. “Help my hier uitkom seedier! Ek gaan verdrink!’’

Die seetuig stroom vol water en hy sink. Piet skiet uit die gebreekte glasspieël, voel Xorbia hom aan die arms gryp en boontoe neem.

“Haal asem mens, haal asem. Jy beter hier wegkom, want as Finniux jou weer vang, gaan hy jou doodmaak.’’

Piet haal normaal asem. “Jy het my lewe gered. Wat skuld ek jou, vriend.’’

“Gaan net huistoe en beskerm jou gesin.’’

Piet bedank Xorbia vir sy behulpsaamheid met alles en swem. Hy draai nie om en kyk terug nie. Na vandag se belewenis, wil hy net huistoe.

Hein se dood, sal altyd by hom spook. Hy is nou verantwoordelik vir sy gesin. Hoe hy dit gaan regkry, gaan net God weet.

By die strand, sluimer Piet en gaan sit op ʼn klip. Hy is verbaas toe hy die plastiekbak gewaar. Die eensame vissie lewe nog. Hy neem die bak en gooi die vis ver in. Sy gewete voel beter, maar het werk nodig. Hy neem die bak en sy oë blink van trane. Soveel skoonheid het te veel drama.

  • Chantal

    Wetend= weetend
    herhaadelik= herhaaldelik
    demmit= dammit

  • Salmon Smith

    Nigter =nugter
    Friend=vriend
    glaas=glas
    rikkens=rukkens Is dit per abuis of met opset?
    Jou storie het my gedagte gevange gehou, ek het byna die stoel met my alie opge-eet. Lol
    Kwaai storie.

    • Chantal

      Nou laat jy my lekker lag. Dankie vir die spelfoute, ek leer ook maar nog.