KARLIEN EN DIE BOSE ENGEL – Chantal Pretorius

KARLIEN EN DIE BOSE ENGEL – 2015 © Chantal Pretorius

JEUGFANTASIE (1 675 WOORDE)

 

Karlien haal die laaste goed uit die motor en sluit die deur toe. Tel die bokse op van die netjiese patio. Stap dan rustig op die trappe, sluit die hek en voordeur oop. Haar ysblou oë rek groot toe sy die donkerte gewaar. Sit die bokse neer in die woonkamer en stel ondersoek in. Sy maak elke gordyntjie oop. Staar verwonderd na die bed se kopkussings. Geverfde gesigte van mense is daarop. Hulle lyk onvriendelik, maar het gevaarlike rooi oë vol van geheime.

Sy gril van die vreemde kunswerke op die kussings. Verlaat die slaapkamer, en loop in die gang wat nog stikdonker is. Vlugtig skakel Karlien die lig aan. Verkyk haar aan die portrette van interessante mense. Daar is geen groepfoto’s nie, net weer gesigte. En hulle handtekeninge in bloed geskryf.

Nou kry Karlien die vreesaanjaende rillings, en steek die gekleurde kerse aan langs elke portret. Die vlammetjies flikker anders, merk sy op. Dit flam geel-groen terwyl ander wit-blou is.

Vreemd hoe Karlien nie die gang vroeër raakgesien het toe die huisagent, Billy Morris, haar die woonstel kom wys het nie. Sy frons oor die stilte, want dit raak koud en ruik na ʼn slagtershuis.

Vinnig stap Karlien weer woonkamer toe en kyk rond. Sluk swaar toe sy opmerk al die bokse is oop en alles is uitgepak op die rakke.

Om mal te word vloei nie in Karlien se are nie, ook nie illusies nie. Alhoewel sy in die bonatuurlike glo, weet sy spoke is net in die storieboeke.

Skielik gaan sit Karlien op die rusbank. Skree in pyn toe sy vuur aan albei skouers voel.

Vlugtig staan Karlien op, ruk die witlaken van die muurspieël af. Bekyk die ingebrande tattoo wat nog rooi gloei. Vir die eerste minuut die pyn gevoel, maar nou is dit weg.

In die woonkamer gaan sit Karlien. Hou die skootrekenaar reg. Doen haar weeklikse inkopies aanlyn. Dit is makliker, goedkoper en geriefliker. Later daag die afleweringsman op, Thabo Lee, met al haar kruideniersware. Sy bedank Thabo vir al sy moeite en sluit alles weer toe. Betaal die supermark deur foonbanking, sonder om te stres oor te veel belasting betaal.

Dit is waarom Karlien die internet verkies. Blykbaar glo veiliger as tyd en petrol mors, om met ʼn trollie deur die rakke te loop en heeltyd jou handsak dop te hou.

Kort daarna bêre Karlien alles in die kombuiskaste. Sy hoor haar foon biep-biep, haal die foon uit haar broeksak en sien baie boodskappe. Alles is van Herman Pienaar af. Die kêrel wat Karlien gekul het, en haar met die pynlike hart gelos het.

Van woede gooi Karlien die foon stukkend, maar skrik toe die foon weer terug in sy vorm verander. Die skerm gloei helder en lyk nuut. Karlien loop en tel die foon op. Kyk dit met groot oë aan, dan sluk Karlien vrees af. Vee onaangename trane weg oor Herman.

Hy is nie haar trane werd nie en sy verdien beter. Nog te jonk om verlief te wees. Karlien het onlangs matriek voltooi en besluit om ʼn woonstel te huur. Om in ʼn huis te woon saam met haar ouers is verby. Nou verkies sy die verantwoordelikheid. Dit was ʼn groot besluit en baie trane, maar beslis dit werd.

In die kamer hoor Karlien ʼn man boos lag. Klink of hy dit geniet om haar hartseer te sien.

Versigtig sit Karlien die foon op die tafel neer. Loop van een kamer na die ander, maar alles is donker en haar senuwees klaar. Sy vee sweet weg en oë spioeneer op haar. Toe Karlien omdraai, gil sy van die vrees. Gewaar die man in die donkerte staan. En hy het engelvlerke wat liggies beweeg.

Daarna sien Karlien sy gloeiende groen oë raak. Dit voel of sy daarin wil verdrink. Nuuskierig loop Karlien nader en bestudeer die figuur. Al wat hy doen is, fladder sy vlerke en verdwyn weer.

Karlien deuns effens agtertoe, en hoes toe sy swartmis inasem. Sy loop vinnig slaapkamer toe, sien die kopkussings haar kullend aangluur. Sy skakel die lig aan. Gryp met bewende hande na die kalmeerpille op die bedkassie. Sluk sommer twee pille af, begin moeg voel en sy val op die bed neer.

En die botteltjie smelt weg in die mat.

Laat middag, skrik Karlien wakker en haal normaal asem. Sug verlig oor die verandering en staan kalm van die bed af op. Besef die pille het gewerk vir haar. Nou is Karlien se gedagtes vol nuwe dinge, en hande lus vir praktiese werk aanpak.

Dadelik maak Karlien die bed netjies op. Neem ʼn louwarm bad en gaan dan kombuis toe. Beplan ontbyt: eiers, roosterbrood en worsies. En na die ontbyt is Karlien naar en lighooftig. Sy hardloop op die trappe na die badkamer toe. Lig die deksel op en vomeer swartgal wat na klein feertjies lyk.

Karlien trek dan die toilet en spoel haar mond uit. Net toe sy in die spieël kyk, verskyn die engel weer. Hy is nou in sy menslike vorm en hy glimlag liefies vir haar. Karlien glimlag ook liefies vir hom terug.

“Oulike dimpeltjies en gesiggie,’’ sê Karlien saggies, was haar hande met seep, en maak die kraan toe.

Toe Karlien weer haar kop oplig, is die engel weg. Sy maak haar hande droog en loer versigtig in die gang. Haar armhare staan regop van vrees. Die kerse het uitgebrand, en Karlien kan die engel se teenwoordigheid aanvoel.

Al wat Karlien doen is, hardloop na die slaapkamer en slaan die deur toe. Voel trane in haar oë brand. Karlien vind twee pille en sluk dit droog af. Raak sommer aan die slaap, en die engel lag weer boos.

“Ek wens jy was myne,’’ sê die engel kortaf. “Maar binnekort sal jy myne wees.’’

Karlien skrik toe sy die man hoor. Hy besluit om Karlien te tart, maak weer sy verskyning en streel sy naels oor haar gesig. Sy probeer haar liggaam te beweeg, maar sy kan nie. Karlien is verstom en vasgemaak aan die bed. Asgevolg van die engel se magte.

Skielik verdwyn die engelman weer en Karlien se liggaam ontspan. Sy haal normaal asem en slaap sag.

Toe dit middernag word, staan Karlien op en loop in die gang. Die kerse brand wonderlik, en die portrette lyk kleiner. Maar skitter die mense se gesigte op.

Uit die bloute verskyn ʼn bruinkas. Karlien loop nader en maak die kas oop. Binnekant is dit stikdonker, voel-voel vir ʼn toutjie en trek hom saggies. Die kas helder op en ʼn porseleinpop val uit. Sy buk effens af, tel die pop op en lig albei wenkbroue omhoog. Dit lyk net soos die mansengel.

Agter die pop se rug is ʼn tattoomerk van engelvlerke. Nou sit Karlien hom teenaan die muur. Sy seegroen oë gloei, vingers beweeg liggies en hy haal foto’s uit sy hempsak. Gooi dit op die mat eenkant neer. Skrikkerig tel Karlien dit op en kyk vlugtig na almal.

Sy draai skielik om en staar na die geeste wat haar spraakloos aankyk. Hulle is van jonk tot oud, van oorgewig tot tingerig. Almal op die foto’s lyk soos die mense, behalwe een. Karlien buk weer af, en tel die laaste foto op. Sy kyk hom grootoog aan, want dit is sy wat in die foto is. Geskok gooi Karlien die foto weer neer en hardloop slaapkamer toe.

Daar lê Karlien se liggaam lewensloos. Op die rystoel is ʼn kussing en daarop verskyn haar beeldskone gesig. Dan hardloop Karlien weer in die gang, besef sy is dood en blameer die pille. Sy het te veel gedrink en word nou gestraf.

“Wat gaan aan engel?’’ vra Karlien en begin sag te huil. “Hoekom het jy my laat sterf?’’

Die engel lag boos in die agtergrond. “Ek het mos gêse jy gaan myne word Karlientjie. Ek is ʼn engel wat my beloftes kan hou,’’ antwoord hy sarkasties.

Vat sag aan Karlien se skouer. Sy skrik, draai om en gil hard toe haar portret verskyn. Groot, in kleur en haar handtekening in bloed geskryf.

“Hoekom ek engel?’’ vra Karlien ontsteld en snik. “Daar is baie redes waarom ek nog wou leef.’’

Die gelag stop, die pop verander in die engel, maar hy lyk anders. Wreedaardig met lang swart naels, demoonvlerke en het ʼn tong wat sidder soos ʼn slang. Sy vorige voorkoms was ʼn klug. Hy is net hier om Karlien te vernietig.

“Vergeet van jou liggaam Karlientjie,’’ sê die engel. “Jy behoort nou aan my en die bystaanders. Ons wag vir die nuwe eienaar.’’

Karlien weet sy is nou die engel se besitting, maar hardloop na die voordeur toe. Sy ruk en pluk aan die deurhandvatsel, maar dit is vir ewig gesluit.

Toe Karlien verskrik omdraai, staan die bystaanders voor haar en het hulle eie gesiguitdrukkings. Behalwe die engel het ʼn kullende glimlag en loop na Karlien toe. Verwelkom haar in die groep.

“Ek gaan nie toelaat dat die boosheid my siel oorheers nie,’’ sê Karlien ernstig. “Ek sal sorg dat niemand in die huis kom woon nie.’’

Die engel se tong streel oor Karlien se roosmondjie. Sy gril en lyk bitter. Hy hou aan boos glimlag vir Karlien. Gryp met sy hand aan Karlien se nek en druk haar teen die deur vas. Sy probeer los te kom, maar misluk en hou die bose engel dop.

“Ongelukkig vir jou, het jy glad nie ʼn keuse nie. Ek het jou laat sterf en jou demoonvlerke ingebrand.’’

Nou kyk Karlien hom bangerig aan. “So, wat jy regtig vir my wil sê is, ek is die nuwe bose bewaarengel van die huis en bystaanders,’’ wil Karlien weet.

Die engel knik en hou aan glimlag.

“Presies my Karlientjie,’’ sê hy kortaf. “Ek is jou leier van die onheil en jy my slaaf.’’

Karlien skrik oor sy woorde. Daarna verlos die bose engel vir Karlien en aanskou haar verdwyning. En sy verskyn weer voor haar portret, waar sy sielsversteurd wieg.

Nou weet Karlien wie die engel is. Nie ʼn bewaarengel uit die hemel uit nie, maar ʼn koudbloedige demoon. Wat op haar emosies en gevoelens teer soos ʼn bloedsuier wat boos is.

  • Chantal

    inkoopies= inkopies

    enigiets=enige iets

  • Chantal

    Dit lyk nou beter!

  • Chantal

    Enige raad, sal waardeer word!

  • Chantal

    Ek het hier die aanhaligstekens verkeerd ingesit. En my verhaal was bietjie te voorspelbaar gewees. Boonop alles het ek van my sinne laat klink of hulle nie goed vloei met die ander nie, en onnodige paragrawe het ek ook ingesit!