LUNA SE MAAN EN DIE PATRON ROBOTTE – Chantal Pretorius

LUNA SE MAAN EN DIE PATRON ROBOTTE – 2015 © Chantal Pretorius

JEUG WETENSKAPFIKSIE (1 230 WOORDE)

 

Luna hou die maan dop wat op sy rug lê, want binnekort sal die aandklok twaalfuur slaan en sy weer die maan beskerm.

Sy sien die sterre vonkel helder. Hou die towerstaf gereed, verander die halwe maan en hy word koelrond. Naderhand verskyn wolke en vergrys. Hier en daar is donderweer wat haar goue sneeuvlokkies laat verdwyn.

Nou gaan staan Luna by die mensgemaakte fontein, en hou die gouevisse stip dop. Probeer dan weer haar towerstaf te gebruik. Sy glimlag vrolik oor haar werk as maangodin. Die komeet wat almal oor skinder.

Planeet of komeet?

Wat maak dit tog nou saak wat die maan is. Gelukkig skitter hy die donkerte op, en bring vrede vir Suid-Afrika se vreesbevange kindertjies, bejaarders en volwassenes. So ook leer ons mensdom lesse oor die buitenste ruimte en al sy wonderwerke. Oor ruimtetuie, ander planete, vreemde wesens en die ongelooflike melkweg van dimensies.

Luna is van die maan af. Die maangodin wat deur die Patron robotte beheer word. Sy verkies eerder die planeet aarde. Veel beter as tegnologiese dinge, en wens die aarde was eerder haar tuiste. Maar ongelukkig vir Luna beheer die Patrons haar. Alles wat sy dink, eet of drink weet hulle dadelik.

Deesdae wil Luna voltyds maangodin wees. Om vir altyd die mensdom te beskerm. So ook van donker figure wat moeilikheid soek.

Om kindertjies mooi drome te gee, en die nagmerries weg te dryf met haar towerstaf. Sy is geen feetjie nie, maar hou die maan in die aande pragtig. Die mensdom kan haar nie sien nie. Sy is ʼn skaduwee wat wegkruip in die donkerte waar flora en fauna is.

Maar dan moet sy maan toe vlieg, want die Patrons het haar nodig.

Sowat ʼn uur later, het Luna geslaag om die hemelruim glansryk te maak. Daar was nie meer donderweer en wolke in sig nie. Net sy, planeet aarde en die onheil.

Kort daarna gluur Luna na die maan. Hy is omtrent groot, en die komete vonkel glasverf kleure van ligblou tot ligrooi. Alles lyk perfek, net soos God dit geskape het.

Dadelik weet Luna hoe laat dit is, net om na die hemelruim se rigtingwyser te kyk. Sy is in die noorde van Suid-Afrika, naby hoë berge waar jakarandabome se ligpers blommetjies vrolik aan die takke hang. Vlinders wat liggroen gloei, en die soet sappies opslurp, dan om Luna vlieg. Weer weg vlieg om ander bome te soek met blommetjies aan met sappies.

Luna glimlag liefies vir die vlinders. Sy sien ʼn ster raak wat vinnig afpyl. Onmiddelik weet Luna wat dit beteken. Die ster val sag op die groen gras langs haar, en Luna staar na haar kloon. Al die klone lyk dieselfde, al wat verskil is net die hare.

“Goeiemôre Luna nommer een,’’ sê sy kortaf. “Jy beter die aarde verlaat, want jou nagskof is verby. En die Patron robotte soek jou op die maan.’’

Luna frons diep en sug sag. “Wat het geword van Luna drie? Sy moes na my kom werk het,’’ wil Luna een dadelik weet. Lig bekommerd ʼn wenkbrou.

“Ek weet glad nie wat aangaan nie,’’ antwoord Luna twee vinnig terug. “Gaan na die maan toe en vind uit wat die robotte van jou soek.’’

Na hulle kort gesprek, hou Luna die towerstaf op en ʼn straal tref die hemelruim na die maan toe. Die straal lig Luna van die gras af op, sy groet Luna twee en verlaat die aarde met ʼn spoed. Al wat sy kon gesien het was die brandende straatligte, voordat sy die ruimte ingevaar het, en binne dertig sekondes op die maan beland het.

Vinnig skuif massiewe staaldeure oop. Luna stap in en die deure gaan weer toe. Sy sien die reuse masjien druk besig is om meer klone van die maangodinne te maak. Dadelik hoor sy die outomatiese blikstem praat.

“Die Patron robotte is in ʼn vergadering. Jy beter na die glaskamer toe gaan. Daar wag hulle vir jou om die nuus te hoor van Luna drie en Luna sewe,’’ is al wat die blikstem sê.

“Goed, ek sal soontoe gaan,’’ antwoord Luna kortaf. “Dankie vir die inligting.’’

“Onthou, dit is kamer honderd-en-dertig,’’ sê die blikstem, voordat sy afskakel.

Luna gluur vlugtig om haar rond. Elke robot is besig met sy eie stukkie werk. Sy weet sy is half mens en half metaal, maar het gevoelens en emosies in haar hart. Al het die Patrons haar brein se funksies verwyder. Het sy bloed in haar liggaam en eie opinies.

Al die robotte is meganiese toestelle wat ook kan transformeer in mens. En op aarde kan loop sonder dat hulle sal agterdogtig raak.

By die glaskamer, skuif die deure outomaties oop en Luna stap in. Kyk na al die wetenskaplikes en spesialiste wat robotte is. Op die maan is geen mens, net klone en staal om mee te werk.

“Ek hoor julle soek my,’’ sê Luna haastig en gaan sit. “Het daar iets ernstig gebeur met kloon drie en sewe?’’

Die Patrons skud geleidelik hulle koppe, en almal praat. Klink erg na blikstemme wat probeer sin maak van hulle eie intelligensie.

“Ja,’’ antwoord hulle kortaf. “Twee van ons maangodinne is oorlede, asgevolg van foutiewe drade en ou bloed.’’

“So, wat moet ek nou eintlik vir julle doen?’’ vra Luna ferm.

Die Patrons kyk vir mekaar met rooi oë aan, voordat hulle weer praat en opstaan. “Skenk bloed,’’ is hulle antwoord. “Dit gaan die klone versterk, en help oorleef.’’

Luna laat sak haar ken en gluur na haar plooilose hande. Sy bestaan al vir ʼn eeu en ken al die regulasies.

Partykeer verkies Luna die stilte. Die Patrons verlaat die kamer en Luna gaan heel laaste uit. Sy loop na die kliniek vir robotte en internet doeleindes.

Hulle is meer bewus van tegnologie as die vreemde wesens. Bestaan al baie lank op die maan, en raak slimmer by die dag. Ontwerp van oggend tot aand patente en glo nie in slaap, net werk en maangodinne kloon.

Die deur maak outomaties oop. Luna stap in die kamer en voel die verkoeling is aan.

Vlugtig gaan lê Luna op die staaltafel. ʼn Masjien begin te werk, ʼn naald in haar arm, en die bloed vloei na die masjien in ʼn glasboks. Sy maak haar bruin oë toe. So nou en dan pyn die arm, maar dit is van korter duur.

Binne tien minute is Luna klaar, en die masjien outomaties af. Sy staan op en verlaat die kamer. Sien die Patrons met nuwe Luna een gesels. Tyd om nader te loop en uit te vind wat hulle doen. Sy gaan nader en groet die nuwe kloon. Op haar voorkop is ʼn pleinweg letter een.

“Patron robot vier,’’ begin Luna die gesprek. “Gaan ek nou in die glasgraf gesit word om te slaap vir die volgende vyf jaar.’’

Die Patron knik sy blikbrein. “Ja, Luna nul,’’ antwoord hy gou terug. “Miskien vir ʼn dekade, dalk meer. Gaan na die glasbord en bevestig jou glasgraf.’’

Luna luister na die robot se beveel.

Voor die glasbord druk Luna knoppies. En ʼn glasgraf skuif uit die metaalkas, dadelik klim sy daarin en verkoel. Alles om Luna het verkleur, en verstand vergaan.

Die nuwe Luna een, keer terug na die aarde en doen haar pligte. Totdat die volgende kloon weer oorneem om nagskof te hou, en die hemelruim te beskerm. Terwyl die Patrons aan nuwe idees dink. Versag Luna se hart en klop van liefde.

  • Salmon Smith

    Dit was nou ‘n lekkerlees wetenskapfiksieverhaal. Glad en vloeibaar. Sterkte Chantal met jou boek.