WRAAK VAN DIE MEERMIN – Chantal Pretorius

WRAAK VAN DIE MEERMIN – 2015 © Chantal Pretorius

JEUGFANTASIE (1 861 WOORDE)

 

Vir Leila Jones is die see haar besitting. Elke vis onder die see is besonders spesiaal en alles is ryk aan kleur. Sy swem diep onder die see, bekyk die seesterre en ander seeplante. Alles behoort aan Leila, maar die dag toe haar vader, Tomhis Jones vermis geraak het, het Leila besluit om hom te gaan soek.

Leila swem twee honderd meter diep waar die onheil en donkerte skuil. Baie duikers het al probeer diamante, kristalle en oesterpêrels kom uithaal, maar die massiewe seekat laat geen besoekers toe nie. Die see behoort aan die seediere, meerminne en meermanne.

Hulle kan net swem en elke dag is ʼn gesukkel. Slegs wanneer haaie hulle aanval en bloedige water agterlaat, mag hulle wraakneem.

Niemand kan ʼn meermin se emosies of gevoelens verstaan nie. Om met ʼn stert gebore te word is glad nie vir Leila maklik nie. Leila het baie drome wat sy wil bereik.

So nou en dan sal Leila na boontoe swem. Haar groen oë wys vir die wêreld. Soms waag sy dit om op ʼn rots te klim en met haar blink woudgroen stert te spog. Leila verkyk haar altyd aan die skepe en skuite. Wat op die waters met gemoedsrus kan seil, maar sy moet onderwater die verskrikking waarneem van visse wat probeer om die rowwe waters te ontsnap. Te gaan wegkruip in rotse en onder plante totdat alles weer bedaar.

Wag vir die maan om sy verskyning te maak en alles wat lig is verdonker, dan kan Leila weer veilig voel en terugkeer na haar tuiste. ʼn Pêrelskulp wat natuurlik ontstaan het deur minerale, wat gevorm het om vir Leila skuiling te gee. Veral wanneer die visnette en skerphoeke indring en haar seevolk beseer of doodmaak.

Nou is Leila die koningin van die see en moet tevrede wees met haar lot. Hier onder is genoeg seeplante en klein seediertjies om van te leef. Soms sal Leila na die hemelruim staar en wonder hoekom die sterre so vonkel.

Wat is planeet aarde, komete en wetenskaplike bloed? Om sulke goed te ken, is moeilikheid soek. Nie die nuuskierige meermin se bedoelings om te weet nie. Die waarheid in die see is opreg, niks word verdraai of niemand verraai.

Al waarna Leila smag is wraak.

So een warm oggend gaan besoek Leila haar vyand. Die draakvrou wat met ʼn elektriese stert spog. Dillicia is groter en sterker, maar bangerig vir sonlig. Dit is waarom Dillicia in die donker skuil, waar die boosheid tussen al die gloei is. Vra of sy ʼn magtige towerdrankie kan maak van allerhande snaakse minerale en towerwoordjies.

“Hoe durf Leila my kom versteur met haar menslike begeertes!’’ lag Dillicia hard en boos dat die rotse bewe, loskom en dieper inval. “Soek Leila dalk na ʼn drankie of twee!’’

Leila sluk die vrees af en oë rek groot. Toe Dillicia opswem na haar toe en kul glimlag. Haar skerp tande wys, gereed om ʼn meermin aan te val. Hulle bloed is mos soet, bene sag en vleis sappig.

Gelukkig besluit Dillicia om besigheid te doen. Dillicia se hamerkophaaie is lyfwagte en staan langs haar. Met goue spiese in hul hande. As Leila vir Dillicia enige verkeerde misleidings gee oor haar besoektog, dan sal sy die nagevolge moet dra. So Leila beter haar kaarte reg speel met die draakvrou.

“Ek wil my begeertes laat waar word,’’ antwoord Leila eerlik terug. “Ek moet Tomhis gaan soek, voordat die landbewoners van ons uitvind en doodmaak.’’

Sy swem bietjie weg, toe Dillicia nader swem en haar gryp aan die stert. Aanbeveel Leila moet saam met haar swem na die grotkantoor waar alle wonderwerke gebeur. Leila luister gehoorsaam. Bewe bietjie van vrees oor die donkerte waarin sy betree. Dit is heeltemal buite Leila se perke, maar sy doen dit vir Tomhis.

By die kantoor verkyk Leila haar aan die blinkgoed. Wat Dillicia so versamel; van antieke potte tot krone en swaarde.

“Nou goed dan Leila, jy wil ʼn drankie drink om menslik te word. Onthou net wat die nagevolge is van sulke gif,’’ sê Dillicia ferm.

Al wat Leila doen is knik. Gaan dan voort met haar besluit. Daarna word daar ʼn drankie gemeng en towerwoordjies gespreek, dan dit aan Leila oorgehandig.

“Dankie vir die moeite Dillicia. Ek skuld jou my lewe,’’ sê Leila dankbaar.

Dillicia skud vlugtig haar kop. “Drink en wees gelukkig. Maar onthou jy mag nooit weer terugkeer see toe nie, anders kry ek die geleentheid om jou op te vreet. Dit is hoe my kontrak werk,’’ antwoord Dillicia boos.

Sien Leila weer knik en die drankie afsluk.

Sien hoe haar stert verkrummel in seesand. Leila kyk in haar slanke bene vas en begin te swem. Sukkel om asem te haal en sluk soutwater in haar longe. Dillicia lag weer boos, en beveel die lyfwagte aan om Leila te help. Hulle luister gehoorsaam.

Net dan en daar hoes Leila die seewater uit. Sy swem en klou aan ʼn rots vas. Maak haar oë toe, want die sonlig is skerp.

ʼn Uur later, tik Pieter Loubster aan haar skouer. Sy is vuurwarm, maar pragtig gebou. Hy sien Leila se hare die naaktheid omklee.

“Goeiemiddag, gouelokkies,’’ groet Pieter vriendelik. Sit sy visstok eenkant neer. Vee die hare weg en staar na Leila se beeldskoonheid. “My goeie genugtig, maar jy is mos dan ʼn meermin!’’ praat Pieter hardop en sleep Leila in sy boot wat sweef op die water.

Sweef dan terug eiland toe en tel Leila in sy arms op. Sit Leila versigtig op die sand neer. Gee haar herhaaldelike asemhalings. Totdat sy haar oë knip en water uitspoeg. Leila ontmoet die vreemdeling. Die mens wat vriendelik na haar kyk.

“Waar is ek nou?’’ vra Leila ontsteld en lig haar kop op. “Wie is jy?’’

Pieter grinnik-lag. Verduidelik aan Leila dat dit die jaar tweeduisend-en-negentien is. Dat sy moet vergeet van die negentienhonderds. Leila kyk spraakloos na Pieter. Haar groen oë blits onverstaanbaar, maar is onweerstaanbaar. Sy was nog ʼn rukkie gelede aan die slaap, maar nou is Leila vinnig in die toekoms.

Stadig en versigtig tel Pieter vir Leila op. Sy sit haar arm om Pieter se skouer. Hy glimlag liefies vir Leila, maar sy is verbaas oor die skielike transformasie van tyd.

Hy loop op die strand na sy tuiste. Die glasdeur is outomaties en skuif self oop. Pieter gaan binnekant met Leila. Sy word saggies op ʼn rusbank neergesit en nou bestudeer Leila die vertrek. Vir die eerste keer kan sy werklik toerusting waarneem. Geniet die opgewonde gevoel van menswees, want nou is alles moontlik. Haar droom om te kan leer lees, skryf en intelligent wees is nou werklik.

Leila glimlag tevrede oor haar ondervinding. Sy is nog steeds spraakloos en probeer op te staan. Skielik kom Pieter nader, en gooi ʼn kombers oor haar liggaam. Hou aan glimlag vir Leila se nuuskierigheid.

“Wees rustig meermin,’’ sê Pieter kortaf. “Niks haas jou om Balltron so gou te leer ken nie. As ek jy was het ek eerder in die see gebly, want nou is jou dae van oorlewing min,’’ sê hy ferm.

Nou frons Leila bekommerd. Hou Pieter stip dop terwyl hy wegstap, en dan ʼn vrugtedrankie vir haar bring. Sy gryp dit uit Pieter se hand. Haastig proe Leila daaraan, verstik en spoeg dit vinnig weer uit. Sy beweeg haar mond om te praat, maar die suurheid van die drankie het haar keel gebrand.

Dan sluk Leila en gril. “Wat noem jy dit, kos of gif?’’ vra Leila vieserig. Vee krulhare weg agter haar skouer. “Gee my eerder soutwater asseblief, sodat ek kan beter voel en probeer om saam met jou te woon.’’

Pieter kyk Luna vas in die oë. “Probeer jy op die misdadige eiland te oorleef, sonder om met ʼn wapen in jou hand te wees, dan praat ons weer,’’ antwoord Pieter eerlik terug.

Dertig minute later leer Piet vir Leila om regop te loop. Verduidelik vir haar hoe mense aantrek, praat en grimering dra, maar Leila weier. Sy is van nature beeldskoon en geen modepop nie.

“Vertel my meer oor julle tyd,’’ sê Leila en gaan sit weer. “Ek het skaars ʼn uur geslaap en het nog in die outyd gelewe, maar nou skielik is dit die moderne wêreld.’’

Pieter knik liggies en glimlag flou. “Ja meermin, dinge het baie verander, maar ons werk nie meer met ʼn geldstelsel nie. Alles wat ons koop word deur ruilhandel gedoen, want dit is veiliger en makliker,’’ antwoord Pieter vriendelik.

Vinnig gaan sit Leila in die leerstoel. Kyk weer vlugtig om haar rond. Orals waar sy kyk is net toerusting. Ook tegnologiese dinge waarsonder die mensdom nie kan klaarkom nie. Al waarna Leila smag is om flora en fauna te sien. Sy weet dit is anders onder die see as op land, veral met al die water en gevaarlike towerkunste.

Leila kyk vir Pieter met groot oë aan. “Wanneer gaan jy my nou uitvat en alles wys wat op die eiland is?’’ vra Leila haastig.

Pieter voer iets in die mou en Leila kan dit aanvoel. Buitendien is sy net hier om wraak te neem oor Tomhis se verdwyning.

Sy verskoon haarself badkamer toe. Haar urine begin van haar bene af te stroom. Skaam voel Leila en bloos bloedrooi. Nie eens geweet sulke menslikheid bestaan nie.

In die badkamer slaan Leila die deur toe en soek ʼn lap. Maak ʼn glaskas oop en haar oë rek groot. Binnekant is honderde beeldjies van meerminne en meermanne wat verskrik lyk. Nou sluk sy vreesbevange spoeg af en tel ʼn beeldjie op wat soos Tomhis lyk. Druk dit vinnig in haar broeksak. Sy maak alles skoon en verlaat die badkamer.

Verstom staan en kyk Leila na Pieter. Langs sy lessenaar is ʼn goue spies en dit het aan Tomhis behoort. Sy voel skielik trane in haar oë brand. Op die punt van die spies is bloubloed.

Tomhis se bloed.

Sy wou die mensdom kom leer ken het, maar nou is Leila spyt. Nou wens Leila sy was weer ʼn meermin. Ongelukkig is die verlede verby, en vandag staar sy na Tomhis se moordenaar.

Pieter het Tomhis koudbloedig vermoor. Haar hele familie gevang en in standbeeldjies verander. Geskok val Leila op die glasvloer. Sy voel duislig en woedend vir Pieter. Hy kom vinnig nader en tel haar op. Gooi Leila op die waterbed neer soos rommel. Sy skrik en kyk na Pieter se bose gesig.

“Dink jy nou regtig ek gaan toelaat dat jy op die eiland loop,’’ sê Pieter. Haal ʼn klein buisie uit sy broeksak. “Dillicia het goed vir my gesorg en sy wag vir my in die see.” Hy maak die deksel oop en sprankel die pers vloeistof oor haar liggaam. Sy keer met haar arms en hande, en dit help.

Leila spring op en gryp die buisie. Sproei dit nou oor Pieter.

Hy krimp en sy klere word groter. Pieter skree in pyn. Binne sekondes is Pieter ʼn standbeeldjie en siel vasgekeer binnekant.

Sy tel die beeldjie op, gaan bêre dit in die badkamerkas en glimlag tevrede. Pieter het haar gekul, maar sy was slimmer.

Nou bly net Dillicia in die see, maar stoksiel alleen. Daar is net liefde in Leila se hart vir die eiland en sy mense.

  • Chantal

    Nie een spelfout raakgesien nie.

  • Salmon Smith

    “dat op die eiland loop.” Ontbreek “jy” nie dalk hier nie? weetend= wetend?
    Verder, was dit ‘n baie lekker interresante storie. Ek voel net jammer oor Leila se lot. Ek sal nogal graag wou he dat sy moes bly lewe het.

  • Chantal

    Dankie Salmon Smith, maar wetend, bly weetend, ek het perongeluk my ‘jy’ vergeet in daardie sin, en om te dink, ek het my verhaal drie keer geproeflees. Weet nie waarom ek sulke foute maak nie, maar ek dink jy sal van die laaste jeug verhaal hou, ‘Karlien en die demoon’, ek het geen foute daar gemaak nie, of so hoop ek. Dit is die geheim van kortverhale, nie alles kan eindig soos wat dit altyd moet nie.

  • Chantal

    Blykbaar was Salmon Smith reg gewees met die wetend se spelling.