Ons het hierdie jaar ‘n nuwe benadering gevolg. Die inskrywings wat ontvang word, word eers deur ‘n vooraf sifting geneem om die inskrywings te identifiseer wat aan die vereistes voldoen.
Die kortlys wat dan die sifting deurstaan het, word dan hier gelys en beskikbaar gemaak sodat almal dit kan lees. Ons het op hierdie benadering besluit weens klagtes wat laasjaar ontvang is dat ons ‘n spul inskrywings op die blad plaas wat eintlik glad nie op standaard is en aan die vereistes voldoen nie.
Met dít gesê, hier is dan die kortlys van inskrywings vir 2019.
- Murmel – Chantal Pretorius (Fantasie: Gruwel)
- Iets by die deur – Riaan Palmer
- Pandora – Jaco van der Merwe (Wetenskapfiksie)
- Karmosyn – Martelize Faber
- ‘n Hoed vol geluk – Ronel Janse van Vuuren
- Neem my Weg! – Henrietta Botes (Wetenskapfiksie)
- Tragedie van die Ligeter – Carmen Edwards (Wetenskapfiksie)
- Anno Domini – Zyrilde Potgieter (Distopie)
- ‘n Duur prys – Rozanne van der Lugt
- Ontmaskering – Amenity Viljoen