Beste kunstenaar
AFRIFIKSIE bied jaarliks in samewerking met Thompson Boekdrukkery en die Orania Beweging (www.orania.co.za) ‘n wetenskapfiksie- en fantasie kunskompetisie aan met die doel om wetenskapfiksie en fantasie as kuns onder Afrikaners te bevorder.
U word dus hartlik uitgenooi om u potlode skerp te maak, u kwaste nat te kry en u rekenaar aan te skakel en deel te neem aan ons jaarlikse kunskompetisie en die kans om ‘n kontantprys te wen.
Die Afrikaner wetenskapfiksie- en fantasie kunskompetisie bestaan uit die volgende katagorië:
- Jeugafdeling (7 tot 18 jaar)
- Volwasse (19 jaar en ouer)
Reëls
- Geen inskrywingsgeld word vereis nie en alle soorte wetenskapfiksie- en fantasiekunswerke is welkom.
- Enige medium kan gebruik word: van potlood, ink, houtskool, pastel, waterverf, olieverf, akriel tot rekenaar, ens.
- Daar is geen beperking op die aantal kunswerke wat u as kunstenaar in ‘n betrokke jaar aanstuur nie.
- U kunswerke moet u oorspronklike werk wees en enige ongerymdheid kan lei tot diskwalifikasie.
- Die beoordelaar(s) se beslissing is finaal.
- Sluitingsdatum vir u kunswerk(e) is voor of op 1 JULIE. Die wenners sal persoonlik per vonkpos in kennis gestel word voor of op 1 Augustus.
- Geen oorspronklike werke sal aanvaar word nie. Slegs geskandeerde werke (300psi of hoër) of hoëkwaliteit foto’s in .jpg formaat sal aanvaar word.
- Voltooi asseblief die AWF/FK-I inskrywingsvorm.
- Die organiseerder(s) sal per vonkpos ontvangs erken van alle inskrywings.
- Met u inskrywing gee u die organiseerder(s) die reg om met u kunswerk handel te dryf soos hulle dit mag goed dink, sonder enige verdere vergoeding aan u as kunstenaar. U as kunstenaar ontvang 100% erkenning vir u werk.
- Alle kunswerke wat ontvang word sal op www.afrifiksie.com geplaas word.
Besoek gerus www.blender.org vir ‘n gratis rekenaarprogram om te help met u kunswerk(e).
