Om te kan skryf…

Welkom by Afrifiksie se  Om te kan skryf…” waar algemene inligting oor skryfsake maandeliks geplaas sal word om u as Afrikaanse skrywer te help met u skryfloopbaan.

François se foto - Afrifiksie & ThompsonBoekeHierdie opwindende nuwe skakel sou nie moontlik gewees het as dit nie vir dr. François P. Verster was wat ingestem het om elke maand iets te skryf oor die skryfkuns nie.
Dr. François P. Verster is ongeveer 10 jaar lank al betrokke by die skryfkuns, skrywers en boeke en skryf gereeld vir die Kaapse Bibliotekaris en sy artikels kan gelees word op www.westerncape.gov.za.
Sy wens is ook dat u hom sal kontak met enige vrae rakende die skryfkuns of om verder te gesels oor die onderskeie artikels.
Sy vonkposadres is: Francois.Verster@media24.com

  1. Tot by die krip, en nou, wat gaan die perd doen?
  2. Pieter Dirk Uys en die goeie geeste.
  3. ’n Boekomslag is meer as ’n stofjas.
  4. Abstraksie en oordrywing.
  5. Oor die roman, vandag se storiegod: My stuiwer in die kollektebord.
  6. Die kortse afstand tussen twee punte bly ’n reguit lyn: (Beperk jou chaos en verkort die pad na sukses).
  7. Plot en plan.
  8. Jou sonkol: waar wil jy staan as skrywer?
  9. Feite teenoor fiksie: dié terme in Wetenskapfiksie en Fantasie.
  10. Literêre terme is soos kunsmis: oppas vir misbruik.
  11. Kreatiwiteit is ‘n lotsbesluit.
  12. Om Schoeman te lees, of: Oom Karel vertel.
  13. Relevansie.
  14. Skryfskole: om te leer of om te skryf (Deel I)
  15. Skryfskole: om te leer of om te skryf (Deel II)
  16. Die Agste kleur is ’n groovy een
  • Eben

    Sien uit na Dr. Verster se artikels.

  • JV Van Wyk

    Baie goeie artikels

  • francois verster

    My vriendin Joan Kruger (voormalige redakteur by Media24, nou woordkuns-entrepeneur) het die onderstaande e-pos uit Paternoster gestuur – wat ek effens verkort het – het gedink het dit mag lesers van die essays interesseer:
    “More!

    Net vinnig.
    Geskiedskrywing – ‘n onderwerp wat my ná aan die hart lê. En jy kom by die
    (‘n?) kern daarvan uit. Ook fassinered die raakpunte met wetenskapsfiksie. Nog
    nooit so daaraan gedink nie. En dan die punt waar wetenskapsfiksie geskiedenis
    word. Soos met “1984.”

    Verder ook: die
    fiksionalisering van geskiedenis met dialoog, denke. Wel getrou, maar wáár?
    Schoeman se latere boeke en Bossenbroek teenoor Mantel en Matthee. Is dit
    noodwendig teenoor? Aanvullend by? Die weergawe van die feite (Bossenbroek,
    byvoorbeeld) praat ál meer met my, eerder as selfs die uitstekende Mantel. Die
    verbeelding kleur in, maar verwring ook, nuanses sluip in wat nie noodwendig
    waar is nie. Tog maak verbeelding en interpretasie tydperk en mense soveel
    ryker geskakeerd.

    En, soos jy sê, dis dalk
    nou maar ‘n ding van ons oueres, dat ons besef die verlede is so onthutsend
    onthullend omtrent hede en toekoms, en daarom keer op keer daarheen wil
    teruggaan, om onsself en ons eie verlede opnuut te bekyk, te meet, te
    beoordeel, dalk selfs te veroordeel.

    Maar dankie. As ek goed
    wakker is, lees ek dit weer.

    Goeie dag vir jou.

    Joan”