Die Fiktiewe Wêreld

Om te vergeet van jouself en jou omstandighede, of om net iets te geniet wat afwyk van die daaglikse verloop van die lewe is ‘n behoefte wat by feitlik alle mense bestaan. Dit kan ‘n groot verskeidenheid van gewoontes of aktiwiteite insluit, soos,

  • Sport (fisiese uitputting, vaardigheids bemeestering, samelewing ontsnapping)
  • Stokperdjies (versameling, nabootsing)
  • Sosiale (gesprek, kuier, dans)
  • Godsdiens (aanbidding, uitreiking)
  • Gemeenskap (opheffing, beskerming)
  • Kultuur (deelname)
  • Studie (kursuse, navorsing)
  • Skepping (kuns, uitvoering, kos)
  • Aktueel (koerante, tydskrifte, nuus)
  • Vermaak…

Vermaak kan weer verdeel word in dinge soos,

  • Lees
  • Musiek
  • Rolprente
  • Uitvoerings en konserte
  • Uitstallings

Die inhoud wat geskep en beskikbaar gestel word onder die vaandel van vermaak, is self uiteenlopend. So byvoorbeeld bestaan vele werke wat ware geskiedkundige gebeure boekstaaf en deur baie gelees word. Eweneens bestaan vele werk oor die wonders van die wetenskap, nie as handboek nie maar ook om deur leek en kundige gelees te word om die verbeelding aan te gryp. Een voorbeeld hiervan is Die Groot Gedagte deur Gideon Joubert wat die wese van die heelal op aangrypende wyse uitspel.

Maar dan, verwyder uit die sfeer van die feit en die waarheid, is die ruimte waar fiksie heers. Maar selfs fiksie kan meer as een skakering hê. Daar bestaan verskeie klassifikasies van fiksie, maar vir ons doel kan dit gesien word as ‘n veld wat in twee verdeel.

Dit is al gesê dat litirêre fiksie fokus op die ontleding van die werklikheid, terwyl genre-fiksie ‘n manier is om daaruit te ontvlug.

Literêre fiksie verteenwoordig ‘n groot veld in die letterkunde, maar die genre-fiksie is die afdeling van fiksie waarbinne Afrifiksie bevind word.

Genre-fiksie is ‘n populêre en grootliks kommersiële vorm van fiksie wat hoofsaaklik uit die volgende kategorieë bestaan.

  • Misdaad
  • Fantasie
  • Romantiese fantasie
  • Wetenskapfiksie
  • Wilde weste (meestal VSA)
  • Inspirerend
  • Gruwels
  • Enkele ander vorms

Een van die groeperings van ‘n sekere aantal van die genre-fiksie onderafdelings staan bekend in die westerse literatuur as Spekulatiewe Fiksie en binne die Russiese klassifikasie as Fantastika – bespiegeling, in Afrikaans wat die volgende omsluit.

Dít, dan, is uiteindelik die bestek van Afrifiksie – ‘n vorm van fiksie wat gekenmerk word deurdat  elemente daarbinne betekenisvol afwyk van die alledaagse bestaan. Daardie fiksie wat uitreik oor die begrensing van die wetenskap en werklikheid soos dit tans bekend is…

Daar is egter nog een element wat nie in die model aangedui word nie, en dit is die godsdienstige fiksie. Die rede hiervoor is bloot omdat dit so moeilik omvat kan word. Vir sekere mense is alle godsdienstige werke maar fiksie of mitologie en kan dalk daarom meen dat dit deel behoort te wees van hierdie model – maar ons beskou dit nie so nie. ‘n Ander vorm van fiksie rakende godsdienstige literatuur is verhale wat gebou is op karakters of ‘n agtergrond wat ontleen is uit godsdienstige werke – en weereens sien ons dit nie as deel van hierdie model nie. Dit is bloot wanneer die verhaal sekere van die wonderbaarlike of fantastiese elemente gebruik wat wel uit godsdiens voortspruit, maar wat nie inpas in die algemene en alledaagse wêreld van die tyd waarin dit afspeel nie. Sulke inhoud omsluit byvoorbeeld engele, demone, die hel, die hemel, ‘n nuwe aarde, die wegraping, die sondvloed, Armageddon, die Appokalips, ens.