Beste skrywer
AFRIFIKSIE bied jaarliks in samewerking met Thompson Boekdrukkery en die Orania Beweging (www.orania.co.za) ‘n Afrikaanse wetenskapfiksie en fantasie kortverhaal skryfkompetisie aan met die doel om wetenskapfiksie en fantasie as kortkuns te bevorder.
U word dus hartlik uitgenooi om deel te neem aan ons jaarlikse skryfkompetisie en die kans om die Thompson toekenning, vir volwasse deelnemers, en ‘n kontantprys, vir die jonger inskrywers, te wen.
Die Afrikaanse wetenskapfiksie en fantasie skryfkompetisie bestaan uit die volgende katagorië:
- Jeugafdeling (7 tot 18 jaar)
- Volwasse (19 jaar en ouer)
Reëls
- Geen inskrywingsgeld word vereis nie en alle soorte wetenskapfiksie en fantasie is welkom.
- Let op dat die verhaal in die KORTVERHAALGENRE val. Maak dus seker dat u weet wat die vereistes vir ‘n kortverhaal is. Dit geld ook vir die lengte van die verhaal. Daar is geen beperkings op hoeveel verhale u mag instuur vir die betrokke jaar nie.
- Let op suiwer Afrikaanse wetenskaplike, biologiese, tegniese en mitologiese terminologie.
- Bou aan sterk en oortuigende karakters wat die Afrikaner se karakter en kultuur uitbeeld, met funksionele en praktiese dialoë tussen u karakters.
- Skep ‘n oortuigende milieu waarin u verhaal afspeel en beperk u storie tot een storielyn, maar daar is geen beperking op die gebied van intriges nie.
- Maak gebruik van suiwer Afrikaanse idiome en let op korrekte spelling (vermy die gebruik van uitheemse woorde bv. Engels en “slang”). ‘n Verhaal wat nie taalkundig goed versorg is nie, kan ongelukkig nie aanvaar word nie. ‘n Goeie skrywer het ‘n goeie greep op sy taal.
- Kyk na die gebruik van nuutskeppings in u verhaal, maar waak tog teen anglisismes.
- Sluitingsdatum vir u verhaal is voor of op 1 JULIE. Die wenners sal persoonlik per vonkpos in kennis gestel word voor of op 1 Augustus.
- Die beoordelaar(s) se beslissing is finaal.
- U verhaal moet u oorspronklike werk wees en enige enige ongerymdheid kan lei tot diskwalifikasie.
- Voltooi asseblief die AWF/FS-I inskrywingsvorm.
- Die organiseerder(s) sal per vonkpos ontvangs erken van alle inskrywings.
- Met u inskrywing gee u die organiseerders die reg om u verhaal te bind en daarmee handel te dryf soos hulle dit mag goed dink, sonder enige verdere vergoeding aan u as skrywer. U as skrywer ontvang 100% erkenning vir u verhaal waar die organiseerders dit mag gebruik.
- Alle verhale word op www.afrifiksie.com geplaas.
Besoek gerus www.wspel.co.za vir ‘n gratis speltoetser vir Afrikaans.
