Emma en die Geheime Gang

Emma en die Geheime Gang is die eerste in 'n baie gewilde WF-reeks deur Marianna Brandt wat in 2012 verskyn het. Die tweede boek, Emma en die Creepy Komplot verskyn in 2015.

Die boek lees baie maklik en die storie is snaaks en bind jou van die begin af. Dit is jammer dat Engels gedurigdeur gebruik word - om die moderne wyse van taalgebruik van die kinders van vandag voor te stel. Dis egter steurend en selfs kinders wat dit gelees het, het dieselfde kommentaar gelewer.

Verder is die storie maar 'n grensgeval van wetenskapfiksie, wat slegs in die finale paar hoofstukke na vore kom en slegs tot 'n geringe mate. Tog is dit 'n baie lekker en geslaagde boek wat sterk aanbeveel word.