Wat ‘n storie…

Dit het ‘n baie stadige begin.  Nie dat daar nie aksie in is nie, inteendeel.  Die tonele is grafies ontstellend en redelik baie in die begin.  Tog is dit getrou aan die werk, want die hoofkarkaters is immers noodhulp persioneel.

Hulle beleef sekere gebeurtenisse en in die tussentyd worstel hulle met hul privaat lewens. Mens kom vinnig agter dat daar ‘n patroon besig is om te begin vorm, maar wat die uiteinde is – is steeds onduidelik.

Daar is die nuwe dwelem op die mark wat oorals by die grusame tonele verskyn.  Tog is daar geen verduideliking of vermoedelike rede nie. Die storie ontknoop so ‘n bietjie en mens wonder of die regte besluite geneem word.

Aan die einde van die storie besef mens die waarde van ‘n goeie vriend en hoe kosbaar die lewe eintlik is.  Die WF-eienskappe in die fiek is so minimaal dat dit ‘n aangename wegbreek is van die harde-WF wat mens gewoonlik in die buitensteruim plaas.

Die fliek raak aan die psige van die mens, meestal die van mans.  Tog vir ‘n WF-fliek is die een bobaas.  Die idee is goed en die fliek is getrou aan die idee en nie die moderne agendas of trope nie.  Die fliek sal selfs geniet kan word deur mense wat nie WF of fantasie aanhangers is nie.  Ons hou baie van die fliek en beveel dit hoog aan, maar nie vir mense wat sensintiewe kykers is nie.